S v Matsheka (368/2007) [2007] ZAFSHC 94 (6 September 2007)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Sentence review — Accused pleaded guilty to driving a vehicle while under the influence of alcohol, resulting in a 30-month prison sentence and suspension of driver's license — Court questioned the appropriateness of the sentence given the circumstances — Original sentence deemed excessively harsh compared to similar offenses — Sentence substituted with a fine of R6,000 or six months' imprisonment, half of which is suspended for three years, with conditions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 94
|

|

S v Matsheka (368/2007) [2007] ZAFSHC 94 (6 September 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 368/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
OLEHILE
HERCULUS MATSHEKA
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER
R,
et
BLOEM
WND R
UITSPRAAK:
BLOEM,
WND R
GELEWER OP:
6
SEPTEMBER 2007
[1] Hierdie
is ‘n hersiening. Volgens die oorkonde was die beskuldigde aangekla
daarvan dat hy die bepalings van artikel 65(1)(a)
gelees met artikel
89 van die Nasionale Padverkeerswet, 1996 (No. 93 van 1996) oortree
het deurdat hy op 9 Maart 2007 en op die N8
hoofpad in die distrik
van Botshabello wederregtelik en onwettig ‘n voertuig bestuur het
terwyl hy onder die invloed van sterk
drank of ‘n verdowingsmiddel
wat ‘n narkotiese uitwerking het was. Hy het skuldig gepleit en
was gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf.
Hy was ook onbevoeg
verklaar om ‘n vuurwapen te besit ingevolge die bepalings van
artikel 103(1) van die Wet op Beheer van Vuurwapens,
2000 (No. 60 van
2000). Verder was sy bestuurderslisensie opgeskort vir twee jaar
ingevolge die bepalings van artikel 35(1)(c) van
die Nasionale
Padverkeerswet.
[2] Ek het bedenkinge
gehad of die skuldigbevinding ooreenkomstig die reg geskied het. Die
landdros se redes vir die skuldigbevinding
en vonnis was daarom na
die Direkteur van Openbare Vervolgings en die Regshulpraad gestuur
vir hul opinie en moontlike beredenering
in die hof. Ek is dank
verskuldig aan Mnr. Chalale van die Bloemfonteinse kantoor van die
Direkteur van Openbare Vervolgings vir
sy opinie oor die
skuldigbevinding en vonnis. Dieselfde kan egter nie van die
Regshulpraad gesê word nie omdat ek nie enige terugvoering
van
daardie kantoor ontvang het nie. Telefoniese navrae het nie gehelp
nie.
[3] Na verdere oorweging
van die verrigtinge in die landdroshof, die landdros se vermelde
redes en Mnr. Chalale se insette blyk dit
dat die skuldigbevinding
ooreenkomstig die reg geskied het. Die beskuldigde se
skuldigbevinding moet derhalwe bekragtig word. Ek
handel vervolgens
met die vonnis.
[4] Die beskuldigde is 42
jaar oud. Hy is geskei en onderhou sy vrou, 3 minderjarige kinders
en ‘n ander kind wat op Technikon
is. Hy was vir 10 jaar ‘n
staatsamptenaar maar sy dienste was om mediese redes beëindig. Hy
verdien tans ‘n pensioen van R1
200,00 per maand. Hy het verder
genoem dat hy òf goedere òf mense vervoer om sy inkomste aan te
vul. Ongelukkig was hy nie gevra
hoeveel geld hy deur sodanige
besigheid verdien nie. Dit moet genoeg wees om hom in staat te stel
om onderhoud van R2 000,00 per
maand aan sy kinders te betaal. Die
beskuldigde is ‘n eerste oortreder wat skuldig gepleit het.
[5] Die beskuldigde het
hom skuldig gemaak aan ‘n ernstige misdryf. Hy het op ‘n dubbele
sperstreep ‘n bus verby gesteek.
Dit is alom bekend dat die pad
waar die misdryf gepleeg was ‘n verskriklike besige pad is wat
bekend is vir padongelukke. Die
beskuldigde was aangekeer omdat ‘n
verkeersinspekteur vanaf die teenoorgestelde rigting gery het. Hy en
twee bestuurders voor
hom moes hul voertuie na links swaai om die
beskuldigde toe te laat om die bus verby te steek om ‘n ongeluk te
vermy. Die verkeersinspekteur
het omgedraai, die beskuldigde gevolg
en hom gearresteer.
[6] Die
landdros beklemtoon dat die beskuldigde sterk onder die invloed van
drank was toe die misdryf plaasgevind het. Hy sê dat
die
beskuldigde op die betrokke dag soos ‘n potensiële moordenaar
opgetree het. Dat die beskuldigde aan ‘n ernstige misdryf
skuldig
is is gewis. Hoewel die beskuldigde ‘n ernstige misdryf gepleeg
het is ek van mening dat die opgelegde vonnis in hierdie
saak buite
verhouding is met die gangbare vonnisse wat opgelê word op
soortgelyke misdrywe.
[7] In
aggenome die erns en die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg
was, die persoonlike omstandighede van die beskuldigde
en die belange
van die gemeenskap is ek van mening dat ‘n stywe boete gepas is.
Ek stem nie saam dat 30 maande gevangenisstraf
gepas is nie. Dit was
ook nie nodig om die beskuldigde se bestuurslisensie op te skort nie
as ‘n mens sou kyk na die rede waarvoor
hy sy bestuurslisensie
gebruik. Die opgelegde vonnis is buitengewoon swaar en verg
ingryping deur hierdie hof.
[8] Na my mening is ‘n
gepaste vonnis ‘n boete van R6 000,00 of ses maande gevangenisstraf
waarvan die helfte opgeskort word vir
drie jaar. Dit was nie nodig
om die beskuldigde se bestuurslisensie op te skort nie.
[9] Vir
bogenoemde redes:
word die
skuldigbevinding bekragtig; en
word
die vonnis tersyde gestel en vervang met die volgende:
“
D
ie
beskuldigde word gevonnis tot ‘n boete van R6 000,00 of ses maande
gevangenisstraf waarvan die helfte vir drie jaar opgeskort
word op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n
oortreding van artikel 65(1) van die Nasionale Padverkeerswet,
1996,
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.”
9.3 Die vonnis word
ingevolge artikel 280 van die Strafproseswet, 1977 (No. 51 van 1977)
geag opgelê te gewees het op 11 April 2007.
___________________
G.
H. BLOEM, WND R
Ek
stem saam.
_______________
KRUGER,
R
/em