About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 92
|
|
S v Matsolo (570/2007) [2007] ZAFSHC 92 (6 September 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 570/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PAKISO
MATSOLO
______________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
R
et
VAN
DER MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
6
SEPTEMBER 2007
[1] Die
beskuldigde is tereg skuldig bevind aan twee misdrywe, te wete
eerstens huisbraak met die opset om aan te rand en tweedens
aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die beskuldigde is op
die eerste aanklag gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf en
op die
tweede aanklag tot vyf jaar gevangenisstraf, dit wil sê effektief 8
jaar gevangenisstraf.
[2] Dit blyk uit die
getuienis wat die verhoorhof aanvaar het dat die klaagster, ân
17-jarige meisie, as gevolg van ân geraas
wakker geword het waar sy
in haar huis gelê en slaap het. Toe sy opgestaan het, het sy die
beskuldigde in die huis aangetref.
Dit blyk dat die beskuldigde
toegang tot die huis verkry het deur ân venster te breek. Die
beskuldigde het toe die klaagster op
die vloer vasgedruk en haar drie
keer met ân skerp voorwerp gesteek. Sy het daarin geslaag om los
te ruk en deur ân oop venster
te vlug. Die klaagster se buurman,
aan wie sy toe sy die geraas gehoor het ân boodskap per selfoon
gestuur het, het opgedaag,
maar die beskuldigde het deur die oop
venster na buite gevlug en weggehardloop. Die klaagster het ân 2cm
wond aan die agterkant
van die regterskouer, ân 2cm wond agter die
linker arm en ân skraapmerk aan die linkerkant van die nek
opgedoen. Dit was nie
nodig om enige van hierdie wonde met hegsteke
te heg nie. Die klaagster is na behandeling by die hospitaal
onmiddellik ontslaan.
Tydens die verrigtinge voor vonnisoplegging
was die beskuldigde hardkoppig en het hy geweier om enigiets te sê.
[3] Die verhoorlanddros
het bevind dat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis in
die omstandighede is. Hiermee kan geen
fout gevind word nie. Die
klaagster is in die veiligheid van haar eie huis bedreig en aangeval
en die beskuldigde het ân vorige
veroordeling van aanranding met
die opset om ernstig te beseer waarvoor hy gedurende 1999 ân vonnis
van twaalf maande gevangenisstraf
opgelê is. Die opgelegde vonnisse
is egter na my oordeel so buitensporig swaar en buite verhouding tot
die misdrywe wat gepleeg
is dat dit nie kan bly staan nie. Die
misdrywe is baie nou aan mekaar verbonde en die klaagster het nie
ernstige beserings opgedoen
nie.
[4] Myns
insiens moet die aanklagte saamgeneem word vir doeleindes van vonnis
en is ân vonnis van drie jaar gevangenisstraf gepas
in die
omstandighede van hierdie saak.
[5] Gevolglik word die
opgelegde vonnisse tersyde gestel en vervang met ân vonnis van drie
jaar gevangenisstraf op aanklag 1 en
2 saamgeneem vir doeleindes van
vonnis. Hierdie vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 23
Mei 2007.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
________________
G.A.
HATTINGH, R
/em