About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 91
|
|
S v Tsipane and Another (476/2007) [2007] ZAFSHC 91 (6 September 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 476/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
SABATA
PIET MOALUSI EN PETRUS TSIPANE
CORAM:
KRUGER,
R
et
C.J. MUSI, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
6
SEPTEMBER 2007
[1] Hierdie
is ân hersiening. Beide beskuldigdes was aangekla van huisbraak
met die opset om te steel en diefstal. Beide het skuldig
gepleit.
Die aanklaer het daardie pleite aanvaar.
[2] Ná ondervraging
ingevolge artikel 112 het die landdros uitspraak gegee. Sy was nie
tevrede dat die beskuldigdes al die bewerings
op ân aanklag van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal erken nie. Sy was
wel tevrede dat hulle al die elemente van
diefstal erken, en het
hulle aan diefstal skuldig bevind.
[3] In ân navraag is
die punt geopper of die landdros nie die beskuldigdes voor uitspraak
moes gevra het of sy ân pleit van skuldig
aan diefstal kan notuleer
nie. Die landdros gee toe dat sy die beskuldigdes so moes gevra het
en dat dit nie gedoen was nie. Sy
versoek dat die saak ingevolge
artikel 312 terugverwys moet word. ân Skuldigbevinding kan nie
onder artikel 112 gemaak word op
ân ander klagte as waarop skuldig
gepleit is nie; ook nie ân mindere alternatiewe klagte, tensy die
beskuldigde daartoe toestem.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevindings van beide beskuldigdes en hulle vonnisse ter syde
gestel en die landdros ingevolge artikel
312 van die Strafproseswet,
No. 51 van 1977 gelas om die bepalings van artikel 112 (1)(b) na te
kom.
_________________
KRUGER,
R
Ek stem saam.
_________________
C.J.
MUSI, R
/em