About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 89
|
|
Wessels h/a VR Vervoer v Makelaars (1295/2005) [2007] ZAFSHC 89 (30 August 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1297/2005
In
die saak tussen:-
RIEBEEK
WESSELS h/a VR VERVOER
Eiser
en
CONRAD
SCHOEMAN MAKELAARS
Verweerder
AANGEHOOR OP:
23
MEI 2006
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé
R
GELEWER OP:
30
AUGUSTUS 2007
[1]
Agtergrond:
Op 10 Junie 2004 is
eiser se Mercedes Benz meganiese voorhaker met registrasienommer
CSY934FS, hierna âdie Mercedesâ genoem,
geskaak en gesteel. Dit
was deel van eiser se vloot van voertuie waarmee hy ân
vervoerbedryf beoefen. Die versekering van eiser
se voertuie was te
alle relevante tye deur verweerder as makelaar hanteer. Die Mercedes
was op daardie tydstip by Regent Insurance
verseker. Die polis het
ân uitsluitingsklousule bevat wat vereis dat voorhakers met ân
versekerde waarde van meer as R200 000,00
met ân goedgekeurde
opsporingstelsel toegerus moet wees ten einde dekking te hê teen
diefstal. Eiser het ân eis vir sy verlies
ingedien by gemelde
versekeringsmaatskappy. Die eis is repudieer.
[2]
Die
Eis:
In
sy besonderhede van eis beweer eiser dat
â
die
versekeraar die eis repudieer het weens eiser se versuim om ân
opsporingstelsel in die voertuig te installeer.â
In paragraaf 11 van die
besonderhede van eis beweer eiser dat
â
Verweerder het kontrakbreuk gepleeg
deur nie eiser van hierdie voorwaarde en beperkings in eiser se nuwe
poliskontrak in te lig of
eiser se aandag op hierdie beperkende
voorwaarde te vestig nie.â
Dit word opgevolg in
paragraaf 13 van eiser se besonderhede van eis met ân bewering dat
eiser skade gely het in ân genoemde bedrag
as gevolg van verweerder
se voormelde beweerde kontrakbreuk.
[3]
Die
Verweer:
Verweerder ontken in
paragraaf 11 van sy verweerskrif die beweerde kontrakbreuk en skade.
[4]
Geskilpunte:
Die geskil tussen die
partye is dus die vraag of verweerder die eiser ingelig het van die
tersaaklike bepalings in die versekeringspolis.
[5]
Gemene
saak:
Beide partye aanvaar dat
die uitsluitingsklousule van toepassing was op die tersaaklike
Mercedes en dat die versekeraar regmatig die
eis repudieer het. Die
partye is dit eweneens eens dat eiser die las dra om verweerder se
beweerde nalate, soos voormeld, te bewys.
[6]
Reël
33(4)
By die aanvang van die
verrigtinge is op versoek van die partye beveel dat die omvang van
eiser se beweerde skade sal oorstaan vir
latere beregting.
Verweerder se beweerde aanspreeklikheid, soos hierbo uiteengesit, is
die enigste geskilpunt waarop tans ân beslissing
van die hof gevra
word.
[7]
Eiser
se getuienis:
Die eiser se getuienis
was dat ân ander makelaar tevore sy versekering behartig het. Toe
was sy versekeraar Trade & General.
Vir tans ontersaaklike redes
het hy sy portefeulje oorgeplaas na verweerder as makelaar. In Maart
2004 het verweerder hom ingelig
dat hulle beter diens by Regent
Insurance sal ontvang en is aanbeveel dat hy van versekeraar
verander. Hy het ingestem. Hy is ook
ingelig dat verweerder deur
AON Risiko Dienste werk. Later ontvang hy die polis bewysstuk âB11â
â âB36â onder dekking
van ân begeleidende brief van
verweerder. Hy aanvaar dat hierdie polis op âB29â die gewraakte
uitsluitingsklousule bevat.
Sy aandag is egter nie in die
begeleidende brief deur verweerder daarop gevetig nie. Ook is hy nie
mondeling daarvan ingelig nie.
Hy was dus onbewus van die bestaan
van hierdie uitsluitingsklousule. Na die diefstal van die voertuig
ontvang hy bewysstuk âB99â
wat wel melding maak van so ân
vereiste. Dit is gepos aan hom vanaf verweerder. As hy van so ân
vereiste geweet het, sou hy
die vereiste opsporingstelsel
geïnstalleer het in die Mercedes, want die koste daarvan is, volgens
hom, relatief gering. Hy het
wel in ander voertuie van hom
opsporingstelsels, besonderlik ook ân BMW motorvoertuig,
geïnstalleer. Dit het hy gedoen omdat
verweerder by versekering
daarvan aan hom gesê het om dadelik so ân stelsel te installeer.
Die BMW motorvoertuig se versekering
is egter by ân ander
versekeraar.
Na die Mercedes vermis
geraak het, skakel hy dadelik die verweerder en meld dat hy vermoed
die voertuig is gekaap. Die verweerder
vra hom toe wat Netstar sê
waar is die voertuig. Hy antwoord toe dat die voertuig nie ân
opsporingstelsel in het nie. Die verweerder
meld toe dat daar een in
moet wees. Hy sê toe dat die verweerder hom net ingelig het dat die
versuim om so iets te installeer net
die omvang van sy bybetaling
affekteer.
[8]
Verweerder
se Getuienis:
â
n
Egpaar Mostert, destyds verbonde aan Fitment Centre te Bethlehem, wat
installasie van opsporingstelsels in voertuie doen, het beide
namens
verweerder getuig. Ek vind dit nie nodig om in detail met hul
getuienis te handel nie. Die belangrikheid van hul getuienis
is
bloot dat daar verskeie kere gepoog was om met eiser te reël vir die
installering van opsporingstelsels in sy voertuie. Betreffende
die
Mercedes is die getuies ingelig deur verweerder dat dit ân hoë
risiko voertuig is en is hulle versoek om eiser te kontak vir
die
installering van ân opsporingstelsel. Die eiser is ten aansien van
hierdie Mercedes gekontak, maar elke keer was die voertuig
óf nie
beskikbaar nie óf moes dit ân ander werk doen. Verweerder het
elke keer versoek dat ân ander datum gereël moet word.
Gedurende
Julie 2004 is daar wel so ân stelsel in een van eiser se ander
voertuie installeer. Die effek van die getuienis was
dat die
verweerder altyd versoek het dat ân opsporingstelsel binne 7 dae in
voertuie installeer moes word. Die eiser het egter
nie sy
samewerking gegee dat die installasie in die Mercedes spoedig of
hoegenaamd geskied nie. Die getuie, Mostert, bevestig dat
hy op ân
stadium na Vereeniging is om ân opsporingstelsel uit ân
ingeruilde vragmotor van eiser te verwyder en dit in die Mercedes
te
installeer. Te Vereeniging het hy gevind dat die ingeruilde voertuig
reeds verkoop en op pad na Upington toe was.
Die verweerder self se
getuienis was dat eiser sy portefeulje na hom geskuif het ongeveer
September 2002. Op daardie stadium was
eiser by Truck & General
verseker. Vanweë redes ontersaaklik vir hierdie uitspraak is die
versekering op 1 Maart 2004 geskuif
na Regent Insurance. Dit alles
het geskied met verweerder se medewete en instemming. Reeds toe die
dekking nog by Truck & General
was, was daar al vereistes vir ân
opsporingstelsel. Die nie-installering daarvan het egter destyds net
die bybetaling affekteer.
Die eiser het ân houding van
ongeërgdheid daaroor gehad en wou eerder die ekstra bybetaling doen
as om die koste vir ân opsporingstelsel
aan te gaan. Verweerder
getuig dat toe die versekering geskuif is na Regent Insurance het hy
na die eiser gery
â
... By hom gaan sit en vir hom gaan
meedeel die polis gaan verander, dit gaan na Regent toe en pertinent
by hom genoem is al wat wesenlik
verskil op hierdie polis is dat die
opsporingstelsels moet geïnstalleer word, dit is nie van toepassing
soos by die ou polis waar
hy wel dekking het vir diefstal al het hy
nie ân opsporing in nie, dat hy net ân hoër bybetaling gaan
betaal nie. In hierdie
geval soos die klousule wys in die bybetaling
skedule, gaan hy nie diefstaldekking hê nie. Nee ekskuus, ek praat
nou verkeerd,
ja dit is reg, nee â waar is ek nou? By die nuwe
polis.
Ja.
--- Dit is korrek.
Dit
is nou by bladsy 29. --- Dit is reg, jammer daaroor.
En
wat was sy houding in dié verband? --- Elke keer as ons gepraat het
oor Netstar produkte, het hy net vir my gesê hy is bewus
daarvan, hy
moet dit in hê, hy is besig met Netstar op die goed, hy toets dit en
hy het twee in en hy is besig met Netstar met die
goed.
Het hy op enige stadium vir u die
indruk gegee dat hy nie die aard en omvang van sy versuim om hierdie
bepaling na te kom, besef het
nie, dat hy in onkunde voortgaan met sy
transportbesigheid of vervoerbesigheid? --- Hy het vir my net gesê
hy is baie duidelik bewus
dat hy nie diefstaldekking gaan hê in
daardie nie, want ek het dit vir hom pertinent uitgewys en weereens
beklemtoon dit is nie
soos by die vorige polis wat hy net ân hoër
bybetaling gaan hê nie.â
Volgens die verweerder
het die eiser aan hom genoem dat daar wel ân opsporingstelsel in ân
voertuig van hom is wat hy te Vereeniging
aan die verkoop was. Die
verweerder het toe self met die Mosterts van Fitment Centre van
Bethlehem gereël dat dit te Vereeniging
uitgehaal moet word en in
die Mercedes geïnstalleer moet word. Hy was onder die indruk dit is
toe wel gedoen.
Volgens verweerder het
eiser hom geskakel toe die voertuig vermis geraak het. Hy het aan
eiser gevra watter tipe opsporingstelsel
is geïnstalleer. Die eiser
het toe geantwoord dat hy ân afspraak met Netstar gehad het vir ân
demonstrasiemodel, maar nie die
afspraak kon nakom nie. Hy het
daarop die eiser aanbeveel na ân kundige privaat opspoorder om die
Mercedes te soek. ân Eis
is namens eiser ingedien in die hoop dat
dit suksesvol sou wees, welke hoop soos verwag was, egter beskaam
het. Hy kon egter daarin
slaag om die vrag op die sleepwaens asook
die sleepwaens self uitbetaal te kry. Die verweerder was baie
pertinent in sy getuienis
dat die eiser hom op daardie stadium nooit
verkwalik het dat verweerder hom nie sou ingelig het van die
gewraakte uitsluitingsklousule
nie. Na die diefstal van die Mercedes
het eiser voortgegaan om sy versekering deur verweerder te doen.
Eers toe die dagvaarding
uit die bloute deur hom ontvang is, het
eiser sy mandaat aan verweerder as sy makelaar gekanselleer.
[9]
Bespreking:
Dit is duidelik uit die
getuienis dat daar by verskeie geleenthede aandrang by die eiser was
om ân opsporingstelsel te installeer.
Selfs eiser aanvaar dat die
Mosterts en verweerder by tye so gedoen het. Vir soverre as wat
eiser en die Mosterts se getuienis
in hierdie verband weersprekend
is, het ek geen huiwering om die getuienis van die Mosterts te
aanvaar nie. Hulle is onafhanklike
getuies wat met dokumente hul
weergawe kon staaf. Dit is egter van belang om te onderskei tussen
ân situasie waar eiser by versuim
om ân opsporingstelsel te
installeer enersyds geen dekking sou hê nie, teenoor andersyds ân
verhoogde bybetaling ingeval van
intrede van die risiko. Dit is
gemene saak dat eiser se versekering aanvanklik sodanig was dat slegs
ân verhoogde bybetaling betaalbaar
sou wees en dat eiser deeglik
daarvan bewus was. Op welke stadium dit verander het na geen
dekking, is ietwat onduidelik. Die verweerder
beweer dat dit reeds
toe die versekering nog by Truck & General was deur middel van
endossemente sodanig gewysig was. Verskeie
dokumente in eiser se
bundel âAâ spreek egter tot die teendeel. Die aard en formaat
van die beweerde endossemente deur verweerder
voorgelê, pas ook nie
mooi in by die Truck & General polis nie en skep twyfel hieroor.
Dit is moeilik om ân bevinding te
maak op die voorgelegde getuienis
of ân geen-dekking situasie al gegeld het in die Truck &
General tydperk al dan nie. Feit
van die saak is egter dat toe die
versekering verskuif is na Regent die eiser sonder dekking gelaat sou
wees as hy nie ân opsporingstelsel
in die Mercedes het nie en die
vraag in hierdie saak is of eiser by inwerkingtreding van die Regent
polis pertinent deur verweerder
hiervan ingelig was.
Die getuienis van die
Mosterts lewer nie werklik ân bydrae om hierdie vraag te beslis
nie. Dit is ewe versoenbaar met die situasie
van ân blote
verhoogde bybetaling. Dit noodsaak ân noukeurige oorweging van die
getuienis van die eiser self teenoor die verweerder
self in hierdie
verband. Volgens verweerder se hoofgetuienis het hy toe die Regent
polis in werking getree het, spesiaal ân besoek
by die eiser afgelê
en het plaasgevind dit wat
supra
aangehaal is. Tydens kruisverhoor en daarna tydens ondervraging deur
die hof lyk daardie getuienis egter as volg:
â
Toe die Mercedes aangekoop is, het
u vir Melanie die lead gegee dat ân opspoorstelsel in die voertuig
aangebring moet word? ---
Dit is korrek.
Daarna
rapporteer Melanie aan u terug dat dit kon nie ingesit word nie, want
die kliënt het nie die afspraak nagekom nie? --- Dit
is korrek en sy
sal weer ân afspraak reël.
Het
sy enigiets daarna weer aan u terug rapporteer of nie? --- Soos ek
gesê het, u Edele, sy het een keer vir my gesê hy het nie
die
afspraak nagekom nie, maar sy sal met hom reël.
Ja,
maar dit is nou die enige, die keer, né? --- Dit is die twee kere.
Sy
sê sy sal nou weer met hom reël? --- Dit is reg.
My
vraag is het sy daarna weer na u toe teruggekom en iets gerapporteer
of nie? --- Nie wat ek van kan onthou nie.
Toe
tree die Regent polis in werking hier in Maart 2004? --- Dit is
korrek.
Toe
gaan sien u vir die eiser? --- Dit is korrek.
Op
daardie stadium het u nie geweet of Melanie toe wel die
opspoorstelsel laat installeer het nie? --- Ek was nie bewus of hy in
of
uit, u weet, ek aanvaar hy is in.
Vra
u toe vir die eiser toe u daar by hom kom, jong het Melanie toe
hierdie ding kom insit? --- Ek kan nie onthou of ons daardie gesprek
gehad het nie.
Maar
die hele doel van u besoek is dan nou juis om vir hom te kom inlig
dat Regent vereis nou dat so ân stelsel moet in wees? ---
Dit is
korrek.
En u sê u het nie sekerheid van
Melanie gekry dat die stelsel wel in is nie? --- Nee.
Maar
sê u toe nie vir hom, maar kyk man, Melanie het vir my gesê dat sy
kon nie die eerste afspraak nakom nie omdat jy dit gekanselleer
het
en sy het toe vir my gesê sy het weer ân latere afspraak en ek wil
nou net van jou weet of die stelsel in is of nie, want
as hy nie in
is nie, dan moet ek vir jou sê dan het jy nie dekking nie. --- Dit
is korrek, nee, ek kan nie onthou ...(tussenbei).
Nee, wat? --- Ek kan nie onthou dat so
pertinent gepraat is nie. Soos ek getuig het elke keer as ons
gepraat het oor Netstar en opsporingprodukte,
het mnr. Wessels elke
keer vir my gesê hy en Melanie is besig en hulle onderhandel, hy sal
sorg daarvoor.
Nee, my vraag op hierdie stadium is
eintlik net, toe u nou, gewapen met die Regent polis die man gaan
spreek, toe het u nie duidelikheid
of die stelsel ingesit is of nie?
--- Dit kan ek nie onthou nie. Soos ek gesê het ek kan nie onthou
of dit definitief daar toe
gepraat is nie.
Maar niemand het aan u gerapporteer
dat dit ingesit is nie? --- Ons het aanvaar dit is in.
Vra u toe vir hom is dit in, want dis
is mos nou die hele doel van u besoek om vir hom in te lig dit moet
in wees? --- Dit is reg.
Soos ek gesê het as ons gepraat het op
daardie punt.
Nee, my vraag is net vra u toe vir hom
is die stelsel in? --- Ek kan dit nie pertinent onthou nie, maar
wanneer ons daaroor gepraat
het, het hy altyd vir my gesê hy
onderhandel daarmee self. Dit kan ek nie onthou nie. Hy sal sorg
daarvoor.
Maar
kyk soos ek nou dink hoe logika werk, is u gaan nou soontoe spesiaal
om hom te sien oor die Regent polis en die vereiste dat
so ân
stelsel moet in wees. --- Dit is korrek.
En
u weet nou dat Melanie vroeër aan u gerapporteer het dat die man het
nou allerlei verskonings gehad toe sy dit die eerste keer
wil insit
en dat sy toe ân latere afspraak weer met hom gehad het. --- Dit is
korrek.
Nou
my logika sê vir my dat die eerste ding wat ân man eintlik vir die
kliënt sal vra is, jong, maar is die stelsel nou ingesit,
want ek is
eintlik hier om vir jou te kom sê dat die nuwe polis vereis dit dat
dit moet in wees? --- Dit is aanvaarbaar so, dit
is reg.
Dat
u dit so vir hom gesê het? --- Soos ek gesê het ek kan dit nie
onthou of dit so definitief gesê is nie.â
Hierdie getuienis van
verweerder laat by my ernstige twyfel of die eiser hoegenaamd deur
die verweerder by intrede van die Regent
polis ingelig was van die
uitsluitingsklousule. Trouens, die gedeelte uit verweerder se
getuienis hierbo aangehaal, is aanduidend
van die onsekerheid waarin
die verweerder self verkeer of hy so iets gedoen het. Die eiser se
laksheid om ân opsporingstelsel
te installeer, word nié deur my
uit die oog verloor nie. Dit is egter soos reeds aangedui ewe
versoenbaar met ân opvatting dat
dit finansieel beter is om die
verhoogde bybetaling te doen as wat dit is om die koste van die
installering van ân opsporingstelsel
aan te gaan. Dit is juis die
eiser se getuienis dat hy bereid was om die risiko van ân verhoogde
bybetaling te aanvaar, maar nie
die risiko van geen dekking sou
aanvaar nie.
Die eiser se getuienis
was ook nie vlekkeloos nie, maar na oorweging van al die getuienis
het ek tot die gevolgtrekking gekom dat
op die waarskynlikhede die
eiser nooit pertinent ingelig was dat hy geen dekking sou hê as ân
opsporingstelsel nie in die Mercedes
installeer was nie.
[10] Mnr. Fischer, namens
die verweerder, het in sy betoogshoofde meen ek ook heeltemal tereg
toegegee dat daar nie veel peil op die
verweerder se getuienis getrek
kan word aangaande die vraag of hy die eiser ingelig het van hierdie
uitsluitingsklousule nie. Hy
gee egter vir oorweging dat die waan
waaronder die eiser verkeer het, naamlik dat hy aanspreeklik is vir
ân verhoogde bybetaling
in die geval waar geen opsporingstelsel in
die Mercedes geïnstalleer is nie, teen hom toegepas moet word. Uit
die getuienis is
dit duidelik dat daardie verhoogde bybetaling
eintlik beteken dat die versekerde (die eiser) 25% van die waarde van
die uitbetaling
sou verbeur. Mnr. Fischer vra my dan vir ân bevel
dat die verweerder slegs aanspreeklik is om eiser 75% van sy skade te
betaal.
Ek is nie bewus van
enige regsgrondslag waarop so ân bevel by ân kontraktuele eis
gemaak kan word nie. Die vraag is tog bloot
wat die terme van die
versekeringsooreenkoms tussen eiser en Regent was op die tydstip toe
die risiko realiseer het. Daardie ooreenkoms
het op daardie tydstip
geen term bevat dat eiser die 25% voormeld sou verbeur nie. Sy skade
weens verweerder se kontrakbreuk moet
op daardie basis bereken word.
Die waan waaronder hy verkeerdelik was, is vir hierdie doeleindes
irrelevant.
Dit word dan as volg
beveel:
1. Verweerder is
verantwoordelik om eiser sodanige skade te vergoed as wat eiser bewys
hy gely het as gevolg van verweerder se bevinde
kontrakbreuk.
Verweerder moet eiser se
koste tot dusver betaal.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens
die eiser: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. P.U. Fischer
In
opdrag van:
A.P.
Pretorius en Vennote
BLOEMFONTEIN
/sp