About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 87
|
|
Khatala and Others v S [2007] ZAFSHC 87 (23 August 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : A122/2006
In die
appèl tussen:
DAVID
THABO KHATALA
1ste
Appellant
PIET
THEBE SELLO
2de Appellant
MAPHATHI
SIMON MELANI
3de Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
______________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
WnRP
et
RAMPAI, R
et
KRUGER, R
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
13
AUGUSTUS 2007
______________________________________________________
GELEWER
OP:
23
AUGUSTUS 2007
[1] Die
drie appellante was beskuldigdes 1, 2 en 3 voor die Rondgaande Hof te
Parys (Hancke R). Daar was ook ân 4de beskuldigde.
By die aanvang
van die verrigtinge voor ons het Mnr. Pretorius ons meegedeel dat hy
nie daarin kon slaag om die derde appellant
op te spoor nie, en dat
hy dus geen prokurasie van derde appellant kon kry nie. Hy het
versoek dat die appèl slegs aangehoor word
ten opsigte van die
eerste twee appellante. Hierdie uitspraak handel dus slegs met
eerste en tweede appellante.
[2] Die
drie appellante is op 25 April 2001 skuldig bevind op klagtes 3 en 4.
Klagte 3 was een van moord en klagte 4 een van roof
met verswarende
omstandighede. Al drie appellante het lewenslange gevangenisstraf
gekry op klagte drie en 15 jaar op klagte 4.
[3] Namens appellante no.
2 en 3 is slegs aansoek gedoen om verlof om te appelleer ten opsigte
van die skuldigbevinding op klagte
4, die roof met verswarende
omstandighede. Die verhoorhof het sodanige verlof toegestaan. Die
moord en die roof gaan in alle opsigte
saam en enige inmenging met
die skuldigbevinding ten opsigte van die roof sal ook ân invloed
moet hê op die moord hoewel daar
nie verlof voor gevra was nie.
Namens appellant no. 1 is aansoek gedoen om te appelleer teen sy
lewenslange gevangenisstraf op klagte
3 (moord). Die verhoorregter
het verlof toegestaan.
[4] Die
roof wat die onderwerp vorm van klagte 4 vorm het op 17 Julie 1999
plaasgevind toe John Mzimkulu Konziwe van R500,00 kontant
beroof is.
Die moord in klagte 3 het op dieselfde dag plaasgevind toe Mokomhane
Ishmael Tladi vermoor is. In die uitspraak op die
aansoek om verlof
om te appelleer ten opsigte van appellante 2 en 3 vermeld die
verhoorregter dat hulle skuldigbevindings tot ân
groot mate op die
getuienis van enkel getuienis berus. In die geval van tweede
appellant, Sello Majuba, en in die geval van die
derde appellant,
Simon Panyane.
[5] Die getuienis van
Majuba was dat op die betrokke dag besig was om potbalspel te speel
by die Paradise Taverne. Om 19:30 die aand
het vier mense
binnegekom. Twee het vuurwapens gehad en twee het messe gehad.
Hulle was agt tree van hom af toe hy hulle sien.
Die vier het geraas
en gesê die mense moet op die vloer lê. Terwyl hulle gelê het het
hy ân skoot hoor klap maar het nie gesien
wie geskiet het nie.
Daar is ligte bokant die potbalspeltafel. Daar is ook ligte by die
ontspannings-area en by die toonbank en
ân ander lig wat die
toilette verlig het. Majuba het die vier mans wat hy die aand gesien
het nie voorheen gesien nie. In die
hof het hy appellante no. 1 en 2
uitgewys. Op 22 September 1999, nagenoeg twee maande na die voorval,
het die getuie ân uitkenningsparade
bygewoon. Daar het hy
appellante 1 en 2 uitgewys waar 25 mense op die parade was. Hy het
gesien dat appellant no. 2 ân vuurwapen
gehad het die aand van die
voorval. Appellant no. 2 is een van die twee persone wat in die
taverne na die toonbank gegaan het.
[6] Mnr. Pretorius,
namens appellante, doen aan die hand dat die uitkenning van appellant
no. 2 deur die getuie Majuba nie betroubaar
was nie. Hy wys daarop
dat hoewel die uitkenning ten opsigte van appellant no. 1 deur ander
getuienis ondersteun word is daar geen
stawende of onderskragende
getuienis ten einde die korrektheid en betroubaarheid van Majuba se
uitkenning van appellant no. 2 te
bevestig nie. Verder sê Mnr.
Pretorius dat Majuba nooit ân beskrywing van appellant no. 2 gegee
het nie.
[7] Majuba kon nie onthou
of eerste appellant ân hoed opgehad het nie of watter klere hy
aangehad het nie. Hy het nie na sy klere
gekyk nie. Hy het nie voor
die uitkenningsparade ân beskrywing van die aanvallers vir die
Polisie gegee nie.
[8] Me.
Claasen, namens die staat, voer aan dat beskrywing maar een van die
aspekte is wat ân betroubaarheidswaarborg sou kon wees.
Die
beligting was uitstekend. Die afstand van agt tree is nie ver nie en
hy het die persoon duidelik gesien, hy het net nooit beskryf
hoe hy
lyk nie. Sy sê die blote feit dat hy nie ân beskrywing gegee het
van die persoon nie doen nie afbreuk aan sy waarneming
nie, dit is
maar een van die aspekte wat ân hof in ag neem by die beoordeling
van getuienis. In hierdie verband word in
S
v MTHETWA
1972 (3) SA 766
(A) te 768 A â C gesê:
ïg
Because
of the fallibility of human observation, evidence of identification
is approached by the Courts with some caution. It is
not enough for
the identifying witness to be honest: the reliability of his
observation must also be tested. This depends on various
factors,
such as lighting, visibility and eyesight; the proximity of the
witness; his opportunity for observation, both as to time
and
situation; the extent of his prior knowledge of the accused; the
mobility of the scene; corroboration; suggestibility; the accusedâs
face, voice, build, gait and dress; the result of identification
parades, if any; and, of course, the evidence by or on behalf of
the
accused. The list is not exhaustive. These factors, or such of them
as are applicable in the particular case, are not individually
decisive, but must be weighed one against the other, in the light of
the totality of the evidence, and the probabilities...â
[9] Majuba getuig dat hy
vir appellante 1 en 2 gesien het toe hulle daar inkom. Daar was lig,
en hulle was agt tree van hom af.
Daar was geen mense tussen hom en
die appellante nie. Hy kon appellante 1 en 2 mooi sien. Op die
uitkenningsparade was Majuba seker
van twee persone, (appellante no.
1 en no. 2) maar onseker van ân derde. Dis aan hom gestel dat hy
vir appellant no. 2 by die
hof in Hennenman gesien het voor die
uitkenningsparade maar Majuba ontken dat hy daar was. Hy sê hy kon
vir no. 2 uitken omdat
hy hom gesien het op die toneel. In
kruisondervraging namens appellante 2 en 3 sê Majuba die eerste ding
wat sy aandag getrek het
terwyl hy besig was om potbalspel te speel
was die mense wat binnegekom het terwyl hulle geraas gemaak het.
Appellant no. 1 het
ân mes gehad en no. 2 ân vuurwapen. Hy het
hulle vir ongeveer 35 sekondes dopgehou maar gee toe dat dit heelwat
korter kon wees.
[13] Wat
spesifieke punte van kritiek teen Majuba betref:
(i) Die
eerste punt wat Mnr. Pretorius noem is die presiese posisie wat
appellant no. 1 tydens die roof ingeneem het. Hy wys op die
teenstrydigheid tussen Majuba en Miriam Goliath. In
kruisondervraging namens 1ste appellant het advokaat Van Rensburg aan
Majuba
gestel dat Miriam Goliath gesê het dat appellant no. 1 agter
die potspeltafel gaan staan het. Majuba sê dis wat sy gesien het,
hy het vir appellant no. 1 laas gesien toe hy by die ontspanningsarea
ingegaan het. Hy het hom nooit by die potspeltafel gesien
nie. Dit
word verder aan Majuba gestel dat Masilo getuig het dat appellant no.
1 nooit by die ontspanningarea was nie. Majuba hou
voet by stuk.
Waar Majuba was, kon hy nie die plek sien waar Masilo vir 1ste
appellant gesien het nie. Majuba sê dis wat sy gesien
het en hy
getuig oor wat hy gesien het, dieselfde geld ten opsigte van Masilo.
Elke getuie sien en beleef die situasie anders -
S
v BRUINDERS EN âN ANDER
1998
(2) SASV 432 (SOKPA) op 439 E â F
:
ïg
Ondervinding
het geleer dat daar byna nooit twee of drie getuies sal wees wat
presies dieselfde getuienis sal aflê met betrekking
tot dieselfde
voorval of gebeure nie. Dit is derhalwe vir die verhoorhof om te
besluit, inaggenome die getuienis as ân geheel,
of sodanige
verskille wesenlik genoeg is voordat gesê kan word dat die Staat se
weergawe nie aanvaar kan word nie.â
(ii) Tweedens
wys Mnr. Pretorius daarop dat Majuba se twee verklarings botsende
weergawes bevat ten aansien van die aanvanklike verloop
van die
gebeure en hoeveel mense betrokke was. Majuba se Polisieverklarings
is aan hom gestel, met betrekking tot teenstrydighede
oor of daar
twee of drie persone na die toonbank gegaan het. Hy verduidelik dat
drie persone in die rigting van die bedieningsarea
beweeg het en toe
het twee by die deur van die ontspanningsarea ingegaan en die ander
een het hy nie mooi gesien nie. Wat betref
die twee of drie wat na
toonbank area beweeg verduidelik Majuba dat die persone nie stil
gestaan het nie. Die verhoorregter het oorweging
aan die
weersprekings gegee en bevind dat hulle nie op wesenlike aspekte is
nie. Dit is die soort te vinde waar verskeie persone
hulle eie
ervaring oorvertel. Teenstrydighede wat in polisieverklarings
voorkom moet versigtig hanteer word. Weersprekings op sigself
lei
nie tot verwerping van ân getuie se weergawe nie (Vergelyk
S
v MKOHLE
1990
(1) SASV 95 (A) op 98 f â g).
(iii) Mnr.
Pretorius sê die Staat het leidende vrae gevra ten aansien van
wesenlike aspekte. Daardie vrae is aan die einde van die
hoofgetuienis en beliggaam ân opsomming van wat reeds gesê is deur
die getuie. Die getuie het reeds voorheen getuig waar hulle
ingekom
het en hoe die lig was. Daar was geen beswaar deur die verdediging
nie, en geen was geregverdig nie. Die antwoorde was
reeds op rekord.
(iv) Die
laaste punt wat Mnr. Pretorius noem is die kwessie van appellant no.
1 se naam, en of Majuba vir appellant no. 1 voorheen
geken het. Mnr.
Pretorius sê hierdie getuienis is misleidend en duidelik vals.
Aanvanklik sê Majuba dat hy appellant no. 1 se
naam eers gehoor het
toe hulle van die uitkenningsparade teruggekom het. Dan sê die
getuie dat hy deurmekaar was. In vrae deur
die hof sê hy dan dat 20
minute na die voorval het hy by die mense in die taverne gehoor dat
die een man se naam Thabo was. In
verdere kruisondervraging sê
Majuba dat hy vir Thabo voor die voorval van sien geken het. Majuba
sê hy sou nie die naam in sy
verklaring noem terwyl hy dit nie geken
het nie. Appellant no. 1 bevestig in sy getuienis dat hy vir Majuba
voor die voorval ontmoet
het.
Hierdie
kwessie oor die naam van die appellant no. 1 kan verklaar word deur
die feit dat die persone na die aanval waarskynlik gepraat
het en van
die mense toe gesê het dat die een aanvaller Thabo was. Dit sou ân
normale reaksie wees van persone wat aangeval en
beroof is dat hulle
sou bespreek wie die mense is en of hulle die name ken. Sommige
mense sou die name ken, ander weer nie. Die
getuie sê in sy
aanvanklike verklaring dat hy nie die mense geken het nie maar hy
onderskei nie in sy latere verklaring tussen wat
hy later gehoor het
en wat hy voorheen geweet het nie. Dit is ân subtiele vorm van
denke.
[14] Die belangrikste
vraag gaan oor Majuba se geleentheid tot waarneming. Hy was op die
vloer en nie besonder naby aan die persoon
nie en die vraag is of hy
inderdaad die geleentheid gehad het om ân behoorlike waarneming te
kan doen. Betroubaarheidswaarborge
hier is die volgende:
(i) Appellant no. 2 word
ook deur Konziwe in die beskuldigdebank uitgewys, hoewel hy hom nie
op die uitkenningsparade kon uitwys nie.
Hy sê hy was op daardie
stadium onder doktersbehandeling met griep. Sodanige uitkenning is
normaalweg nie van veel waarde nie,
en is nie deur die verhoorregter
in ag geneem nie. Maar, sê Me. Classens namens die staat, dit toon
aan dat daar ân persoon in
die groep was wat so gelyk het soos wat
appellant no. 2 lyk. Dit verleen ân mate van stawing.
(ii) Die
feit dat die beskuldigdes vriende was.
(iii) Beligting
was baie goed.
(iv) ân
Uitkenningsparade word beskou as ân betroubare stawing vir
uitkenning. Die feit dat Majuba op die uitkenningsparade getwyfel
het oor ân derde persoon, en ook so gesê het, wys dat hy bewus was
daarvan dat hy moontlik ân fout kon maak, en dus versigtig
was met
sy uitkenning van appellant no. 2, wat oorwoë was. Dit dui op sy
betroubaarheid en eerlikheid.
(v) Majuba
het gesien dat twee van die aanvallers vuurwapens gehad het en twee
het messe gehad. Appellant no. 1 het ân mes gehad
en no. 2 ân
vuurwapen. Die feit dat twee van die aanvallers vuurwapens gehad
het, word gestaaf deur Konziwe. Hierdie getuienis
van Konziwe
rugsteen die betroubaarheid van Majuba se waarneming en gevolglik
uitkenning van appelant no. 2.
[15] Daar was voldoende
betroubaarheidswaarborge vir die waarneming van appellant no. 2 deur
Majuba.
[16] Wat
die appèl van appellant no. 1 betref, gaan dit slegs oor sy
lewenslange vonnis. Mnr. Pretorius sê die verhoorhof het fouteer
deur te bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede afwesig was
en hy noem die volgende as wesenlike en dwingende omstandighede:
Appellant was 19 jaar
oud tydens die voorval.
Appellant het ân
vorige veroordeling vir aanranding gepleeg op 24 Mei 1997 waarvoor
hy ân opgeskorte vonnis gekry het. Dit
was nagenoeg twee jaar
voor die voorval.
Appellant no. 1 was
slegs met ân mes bewapen en geensins teenwoordig by die dood van
die oorledene nie. Appellant no. 1 was by
die ontspanningsarea, nie
in die direkte aanwesigheid waar die oorledene gedood is nie.
Die dood was onbeplan en
op die ingewing van die oomblik gepleeg.
Niemand was beseer en ân
relatief klein bedrag is geroof.
[17] Me. Claasen namens
die Staat voer aan dat die verhoorhof appellant se persoonlike
omstandighede in ag geneem het. Sy noem verswarend
die feit dat ân
persoon se lewe onnodig geneem is; appellant no. 1 geen berou toon
nie en ân aktiewe rol gespeel het, hy was
met ân mes bewapen wat
hy in ân steekposisie gehou het. Eintlik is die enigste punt wat
in sy guns tel die feit is dat hy ân
jeugdige is. Me. Claasen wys
daarop dat hy tydens hierdie gebeure hom soos ân volwassene gedra
het. Om daardie rede sou ân
Hof van Appèl nie kon inmeng nie. ân
Ander rede waarom ân Hof van Appèl nie sou kon inmeng nie is omdat
hoewel hierdie hof
miskien nie dieselfde vonnis sou oplê nie beteken
dit nie dat daar ân wanvoorligting was nie of dat die vonnis
skokkend swaar
en onvanpas is nie. In die vooropstelling bestaan
daar geen rede om met die vonnis in te meng nie.
[18] Die
appelle van eerste en tweede appellante word afgewys en hulle
skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
___________________
KRUGER, R
Ek stem saam.
___________________
BECKLEY,
WnRP
Ek
stem saam.
___________________
M. H. RAMPAI, R
Namens
die appellante no. 1
en
2: Mnr. K. Pretorius
In opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Me. Claasen
In opdrag van:
Die Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/EM