About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 72
|
|
s v Cele and Others (277/85) [1986] ZASCA 72 (30 May 1986)
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MBOBO CELE
Eerste Appellant (beskuldigde 1 in die
Hof
a quo)
TULANI MKIZE
Tweede Appellant (beskuldigde 2 in die
Hof
a quo
)
JOB LUNGU
Derde Appellant (beskuldigde 3 in die
Hof
a quo)
ANDRIES MAJOLA
Vierde Appellant (beskuldigde 4 in die
Hof
a quo)
ELIAS MOKOENA
Vyfde Appellant (beskuldigde 5 in die
Hof
a quo
)
AMOS ZULU
Sesde Appellant (beskuldigde 6 in die
Hof
a quo
)
PHINEAS MALULEKA
Sewende Appellant (beskuldigde 7 in die
Hof
a quo)
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HOEXTER, HEFER et SMALBERGER, ARR
VERHOOR
: 12 Mei 1986
GELEWER
: 30 Mei 1986
UITSPRAAK
HOEXTER
, AR
2.
HOEXTER
, AR,
Dit is 'n strafappèl. In die Rondgaande Hof te
Bethal, Transvaal, het die sewe appellante op 'n aanklag van moord onskuldig
gepleit. Die verhoorhof (CURLEWIS, R en twee assessore) het die appellante aan
moord skuldig bevind. By ontstentenis van versagtende
omstandighede is die
appellante ter dood veroordeel. Met verlof van die verhoor= regter kom die
appellante teen die skuldigbevindinge
in hoër beroep.
Die oorledene in die saak was 'n bewaarder by
die Gevangenis te Bethal. Op die oggend van 21 Oktober 1981
het die oorledene die bevel gevoer oor 'n werkspan van agt
gevangenes
bestaande uit die sewe appellante en ene Dlamini.
Die werkspan was van
tuingereedskap soos spitgrawe en harke
voorsien. Die randgebied van die
gevangenisterrein het 'n
draadomheining en die werkspan het geskoffel in 'n
grasveld
wat aan die Bethal-Ermelo teerpad grens. Die oorledene was
ongewapen...
3. ongewapen. Die rede vir sulke dwaasheid is vir hierdie Hof
net so onverklaarbaar as wat die tragiese gevolge daarvan vir enige
skoolkind
voorspelbaar behoort te gewees het. Die oorledene is deur een of meer van die
agt lede van die werkspan aangerand, bewusteloos
geslaan, en daarna na 'n
nabygeleë asgat gesleep. Die oorledene is lewend in die asgat begrawe as
gevolg waarvan hy aan versmoring
beswyk het. Teen die tyd wat sy lyk in die
asgat ontdek is, het aï agt lede van die werkspan verkas.
Toe hy die werkspan na die grasveld geneem het, was die oorledene in sy
bewaardersuniform geklee. Die uniform het bestaan uit 'n pet,
'n tuniek, 'n
langbroek en 'n paar bruin skoene. Nadat hy in die grasveld oorrompel is maar
voordat hy in die asgat begrawe is, is
die oorledene van sy uniform ontdoen. Die
uniform is toe deur 'n lid van die
werkspan
4.
werkspan aangetrek. 'n Rukkie daarna het 'n lid van die
Gevangenisdiens, ene kapt Hartzenberg, met 'n voertuig op die Morgenzon-Bethal
pad gery toe hy 'n span gevangenes aan die kant van die pad gewaar het. Hierdie
span het heel netjies twee-twee in gelid gedraf en
hulle was vergesel van 'n
Swart man in die uniform van 'n bewaarder met 'n send-ontvanger in sy besit. Die
voertuig het langs die
pad stilgehou en terwyl lede van die span met hul
implemente in hul hande in 'n halfmaan om die voertuig gestaan het, het kapt
Hartzenberg
met die man in die bewaardersuniform 'n gesprek gevoer. Kapt
Hartzenberg wou weet wat die betrokke span so ver van die gevangenis
gemaak het.
Die man in die uniform het beduie dat in opdrag van "die luitenant" hy die span
neem om by die nuwe begraafplaas te gaan
skoffel. Aldus gerusgestel het kapt
Hartzenberg verder aangery. Toe hy later na die gevangenis terugkeer, het die
kaptein die optog
wat hy vroeër langs die pad teëgekom het onder die
aandag van die bevelvoerder van die gevangenis gebring. Navraag het
spoedig
5.
spoedig aan die lig gebring dat geen dusdanige opdrag deur
enige luitenant aan enige bewaarder in bevel van 'n werkspan gegee is nie;
en
twee bewaarders is op soek na die dwalende werkspan uitgestuur. Toe hulle
onverrigter sake na die gevangenis teruggekeer het,
is 'n behoorlike soektog van
stapel gestuur. Kort daarna is die lyk van die oorledene in die asgat ontdek. By
die verhoor was kapt
Hartzenberg een van die staatsgetuies. Hy het die sewende
appellant uitgeken as die man in die bewaardersuniform met wie hy op die
betrokke dag langs die teerpad gepraat het.
Binne 'n kwessie van dae na hul ontvlugting is elkeen van die sewe appellante
weer gevange geneem. By die inhegtenisneming van die
sewende appellant is hy in
besit gevind van die oorledene se bruin skoene. Al sewe appellante is in 'n
streekhof ingevolge art 48(1)(a)
van die Wet op Gevangenisse, 8 van 1959, weens
ontvlugting skuldig bevind en gevonnis. Die
vonnisse
6. Die vonnisse deur die streekhof weens die ontvlugting
opgelê, sal mettertyd aangedui word. By wyse van 'n tweede verhoor
het die
sewe appellante daarna gedurende April 1985 op 'n aanklag van moord in die
onderhawige saak tereggestaan. Ten tyde van laasgenoemde
verhoor was Dlamini,
die agste lid van die werkspan, nog steeds op vrye voete.
Binne enkele dae na hul hergevangeneming het elkeen van die appellante
óf aan 'n vrederegter of aan 'n landdros 'n verklaring
gedoen wat deur
die betrokke vrederegter of landdros op skrif gestel is en deur die verklaarder
bevestig is. By die verhoor in die
Hof
a quo
wou die Staat gemelde
verklarings as deel van die staatsaak aanbied en moes hy derhalwe die
toelaatbaarheid van die verklarings bewys.
Namens die appellante is die
toelaatbaarheid van iedere en elke verklaring bestry en die verhoorhof het twee
afsonderlike binneverhore
gevoer om die geskil te besleg, Een binne= verhoor het
gegaan oor die toelaatbaarheid van die verklarings
wat
7.
wat die eerste, tweede en derde appellante onderskeidelik aan luit J J du
Plooy van die S A Polisie gedoen het; en die ander het gegaan
oor die
toelaatbaarheid van die verklaring wat die vierde appellant aan landdros D J G
du Preez asook die verklarings wat die vyfde,
sesde en
sewende
appellante onderskeidelik aan landdros I
Weidemann gedoen het. Kragtens art 145(4)(b) van die Strafproseswet, 51 van
1977, het die
twee assessore ook aan die beslissing van gemelde geskilpunte deel
gehad.
Die bewyslas dat 'n bekentenis of erkenning deur 'n beskuldigde nie
ongedwonge gemaak is nie rus op die beskuldigde alleen wanneer
die betrokke
verklaring voor 'n landdros afgelê is, en nie wanneer dit aan 'n
vrederegter afgelê is nie. Wat betref die
verklarings van die eerste,
tweede en derde appellante enersyds en ande'rsyds die verklarings van die
vierde, vyfde, sesde en sewende
appellante het die desbetreffende bewyslas dus
hier aan verskillende
kante
8.
kante gelê. Na die oordeel van die verhoorhof egter het die
getuienis wat die appellante gedurende die binneverhore afgelê
het teen
dié van die staatsgetuies wat daartydens opgeroep is so swak afgesteek
dat die trefpunt van die bewyslas i v m die
ongedwongenheid van die verklarings
minder belangrik was. In hierdie verband het die verhoorregter in sy uitspraak
gesê:-
"In our view the matter is so clear that we have preferred to look upon it as
if the onus was on the State in regard to all seven
accused."
Bygevolg het die verhoorhof eenparig beslis dat al sewe verklarings
toelaatbaar is.
Dit dan wat betref die verloop van die binne= verhore. By die inhoud van die
verklarings sal ek aanstons kom. By die verhoor op die
meriete van die saak is
buiten die reedsgenoemde kapt Hartzenberg etlike ander lede van die
Gevangenisdiens
9. Gevangenisdiens asook sekere lede van die S A Polisie
as staatsgetuies opgeroep. Die Staat kon egter geen ooggetuie van die aanranding
op die oorledene aanbied nie. Wat betref die orige staatsgetuies is dit slegs
nodig om kortliks na die strekking van die getuienis
van twee van hulle te
verwys: kapt M S Scheepers van die S A Polisie en 'n patoloog, prof M J
Scheepers. Kapt Scheepers, 'n distrikspeuroffisier
te Standerton, het getuig oor
sekere uitwysings aan hom deur elkeen van die appellante onderskeidelik by
verskillende geleenthede
met betrekking tot die plek waarop en die omgewing
waarin die oorledene aangeval en oorrompel is. Prof Scheepers het op 23 Oktober
1981 op die lyk van die oorledene 'n lykskouing uitgevoer. Volgens prof
Scheepers het die lyk uiterlik veelvuldige beserings getoon
waaronder veral
skaafwonde aan die volgende liggaamsdele: die regterkant van die nek; die
regterskouer; die linker onderbeen; die
wangbene; die ken; die punt van die
neus; die voorkop; die bors en die onderlyf. Daar was ook kneusings aan die
linkerarm
10. linkerarm en linkerdy. Inwendig was daar stuwing van die
longe met vreemde stowwe in die lumina van die kleiner long= pypies.
Die brein
was sianoties en petegiale bloedings en opvallende stuwing is opgemerk. Prof
Scheepers het die mening uitgespreek dat die
oorledene as gevolg van die
beserings wat hy ten tyde van die aanranding opgedoen het waarskynlik sy
bewussyn verloor het. Hieraan
het hy toegevoeg dat dit nie moontlik is om te
verklaar dat indien hy nie in die asgat begrawe sou gewees het nie die oorledene
in
alle geval aan sodanige beserings sou beswyk het nie. Die oorsaak van dood
soos deur prof Scheepers bevind, was asfiksie weens die
inaseming van stof en
bloed.
Na afloop van die staatsaak het elkeen van die appellante sy saak gesluit
sonder om self te getuig of om enige getuies namens hom
op te roep. Daar moet
vervolgens gelet word op die hoofinhoud van die buitegeregtelike verklarings
deur die appellante wat na die
binneverhore
toelaatbaar
11.
toelaatbaar verklaar is. In elke verklaring kom daar veelal
verwysings voor na die doen en late van die verklaarder se mede-appellante.
Dit
is kwalik nodig om te sê,.en die verhoorhof hetdan ook deeglik voor oe
gehou, dat wat enige appellant in sy verklaring
kwytgeraak het hoegenaamd nie
teen enigeen van sy mede-appellante toelaatbaar is nie. Wanneer daar hieronder
aangehaal word uit die
verklarings sal egter bloot geriefshalwe onmiddellik na
die naam van enige mede-appellant waarna die verklaarder verwys, in hakies
die
nommer van die betrokke mede-appellant aangedui word.
Volgens die verklaring van die eerste appellant het die sesde appellant sowat
drie maande voor die betrokke dag vir die eerste appellant
vertel dat lede van
die werkspan planne maak om te ontsnap. Die plan was dat die bewaarder met 'n
tou vasgebind sou word. Voorts
beweer die eerste appellant in sy verklaring dat
hy die bestaan van hierdie plan 'n maand voor die ontsnapping onder die aandag
van
die
oorledene .,
12.
oorledene gebring het. Die eerste appellant het ontken dat hy
enige aandeel in die aanranding op die oorledene gehad het. Van wat
hy self
waargeneem het, gee die eerste appellant in sy verklaring die volgende relaas
-
"Ek het gesien dat Phinias (nr 7) die baas om sy nek vashou. Hy was agter die
baas. Hy het die baas op die grond neergegooi. Ek het
gesien die ander staan met
grawe in die lug by die baas. Amos Zulu (nr 6) het die baas se skoene uitgetrek.
en ook sy jas en klere.
Ek sê toe vir Tulane (nr 2) ons moet wegkom van
hierdie plek en dat hulle ons gaan doodmaak want hulle sal dink ons het gehelp
om die baas aan te val. Ek en Tulane (nr 2) het nader gegaan. Ek het gehoor die
baas roep my en vra dat ek hom moet help. Amos (nr
6) het gesê dat as ek
help hy my sal doodmaak saam met die baas.
Phinias (nr 7) het die baas se klere aangetrek. Ek het eenkant gestaan. Hulle
het die baas opgetel en gedra tot by 'n gat waar ons
gewoonlik vuilgoed ingooi.
Hulle het hom begrawe. Tulane (nr 2) was een van hulle. Ek het gesien hy was
daar met sy graaf. Nadat
die baas begrawe is, het ons ons baadjies aan Phinias
(nr 7) gegee. Hy en Tulane (nr 2) het die baadjies en 'n graaf waarmee ek gewerk
het in 'n gat gegooi.
Phinias ......
13.
Phinias (nr 7) sê toe dat ons "na die begraaf= plaas daar naby moet
stap - twee-twee in 'n ry
Terwyl ons stap het die kaptein en 'n
ander bewaarder daar met 'n motor gekom. Phinias
(nr 7) en die kaptein het
gepraat. Ek:het
nie verstaan wat hulle praat nie. Die kaptein
het weggery
en ons het toe in die begraafplaas
ingegaan. Van die gevangenes het hulle
skoene
uitgetrek en dit daar gelos - een was Shorty.
Ons het oor die draad
geklim en ons het twee
bymekaar geloop langs die hoofpad op 'n
plaas
"
Die tweede appellant het in sy verklaring gesê dat toe hy twee weke
tevore by die betrokke werkspan begin werk het die eerste
appellant hom vertel
het dat die span wil ontsnap. Van die aanranding op die oorledene gee die tweede
appellant in sy verklaring
die volgende beskrywing -
"Terwyl die wit bewaarder met Elias (nr 5) gepraat het, het Job (nr 3) van
agteraf gekom en die bewaarder om sy nek gegryp met sy
arm Die bewaarder het op
die grond geval. Terwyl hy gelê het, het Elias (nr 5), Job (nr 3), Phinias
(nr 7) en Amos (nr 6) 'n
band van die radio geneem en die bewaarder om sy nek
vasgebind.
Phinias (nr 7) het die bewaarder toe met 'n
ysterpaal
14.
ysterpaal teen sy nek geslaan. Die bewaarder wie op die grond gele het, wou
opstaan.. Ek het hom met my voete vas teen die grond getrap
en hom slegs een hou
op die mond geslaan. My regterhand het seergekry. Ek wys nou drie (3)
klein
merkies om my kneukels Phinias
(nr 7) sê toe dat ek moet ophou want
dit help' nie ek slaan die man met die vuis nie. Die man lawaai. Phinias (nr 7)
vat toe
'n stuk yster 're-enforce' en slaan die Blanke bewaarder oor die
linkerkant van sy nek. Hy het hom 'n paar houe toegedien. Die bewaarder
het toe
stil gelê. Phinias (nr 7) en Elias (nr 5) tel die bewaarder toe op en dra
hom 'n entjie weg tot by 'n asgat daar naby.
Hulle het. hom daar in gegooi en sy
lyk met.. as toegegooi.
Ek het nie gehelp om die lyk toe te gooi nie. Ek het die oorledene se baadjie
en die prisoniere se baadjies gevat en dit oor die draad
gegooi. Ek het oor die
draad gespring en 'n gat gegrawe. Ek het die klere toe in die gat geplaás
en die gat toegegooi met
'n graaf. Dit was die graaf waarmee ek gewerk het. Ek
het sy baadjie ook daar begrawe, Phinias (nr 7) het toe die uniform van die
bewaarder aangetrek. Hy het ook die 'walkie-talkie' gedra. Hy het gesê dat
ons
na die skietbane moet gaan Ons het verby
die skietbaan gegaan tot by
die begraafplaas. 'n Motor van die Gevangenisdiens bestuur deur 'n kaptein en 'n
adjutant-offisier as
passasier en 'n swart seun het by ons verby gery. Het het
met Phinias (nr 7) wie in uniform was gepraat en vir Phinias (nr 7) gevra
waar
ons werk en waarheen ons gaan. Phinias (nr 7) het toe
gesê .....
15.
gesê dat die luitenant gesê het dat ons by die
begraafplaas moet gaan skoonmaak Die
kaptein het weggery.
Hierna het van die prisoniere Elias (nr 5) en
die een wie se naam ek nie
ken nie hulle skoene
uitgetrek en hulle broekspype opgerol. Phinias
(nr 7)
sê toe dat ons nou moet loop want die
kaptein het ons gesien. Ons het
toe deur 'n
draad geklim en die gereedskap daar gelaat en
weggeloop na 'n
plaas naby die begraafplaas "
Hoewel die tweede appellant in sy verklaring erken het dat hy
aan die
aanranding op die oorledene meegedoen het, het hy sy
verklaring met die
volgende woorde afgesluit -
"Ek wou nie die bewaarder doodmaak nie. Dit was die ander. Oorledene was net
in sy onderbroek begrawe."
Die derde appellant het in sy verklaring o a gesê:-
"Die baas wie ons oppas was sleg en ons was ontevrede. Ek het gehoor dat Amos
(nr 6) en Phinias (nr 7) met mekaar praat. Ek het nader
gestap en toe Phinias
(nr 7) die baas gryp, het ek en Amos (nr 6) hom ook platgedruk. Tulane (nr 2)
het die baas met 'n stuk ysterpaal
geslaan. Ek het toe deur die draad geklim. Ek
het gesien dat phinias (nr 7), Amos (nr 6), Thele (nr 1) en Tulane (nr 2) die
baas
optel en
in
16.
in 'n gat gooi. Die baas was toe reeds
uitgetrek. Phinias (nr 7) het al
die baas se
klere gevat en ook sy jas en horlosie. Ek het
niks gevat nie.
Hulle vier het die baas
toegegooi. Vir my was dit duidelik dat hy
reeds
dood was. Ek was bang en wou nie help
om hom dood te maak nie. Ek het net
gehelp
om hom op die grond te druk. Daar was al in
begin September 1981
beplan om die baas vas te
maak en te ontsnap. Nadat die baas begrawe
is,
het ons ons baadjies aan Tulane (nr 2) en
Mbombo (nr 1) gegee. Dit was
in 'n gat gegooi.
Ons het toe saam gestap na die begraafplaas.
Toe ons
naby die begraafplaas kom het die kaptein
van die Gevangenis daar aangekom.
Daar was ook
'n adjudant-offisier by hom. Hy het vir
Phinias (nr 7) geroep
en gevra waarheen ons gaan.
Phinias (nr 7) wie toe al die uniform
aangehad
het van die baas wie dood was, het gesê dat ons
gaan
skoonmaak by die begraafplaas. Ons gaan
toe verby die begraafplaas na die
skietbaan.
Daar het ons uitmekaar gegaan "
In die slotparagraaf van sy verklaring het die derde appellant
gesê -
"Ek wou nie die bewaarder dood gemaak het nie. Ek het nie gedink dat die
ander hom sal doodmaak nie. Ek het gedink hulle wil hom net
vasbind."
Die vierde appellant het in sy verklaring gesê dat hy nie gesien het
wie die oorledene aangerand het nie. Van
wat
17.
wat op die betrokke dag gebeur het, gee hy in sy verklaring die volgende
relaas -
"Ek hark en Elias (nr 5) spit. Onverwags hoor ons die Blanke huil en skreeu
'eina', terwyl hy by die mense is met wie hy werk. Toe
ek hoor hy sê
'eina', vra ek Elias (nr 5) hoekom sê hy so. Ons het daarheen gehardloop
om te gaan hoor waarom huil hy.
Toe ek op die toneel kom, het ek gevind hy is
met 'n graaf geslaan. Dit kon die linkerkant of die regterkant gewees het.
Ek vra hoekom slaan julle die blanke. Hulle het gesê hulle wil loop.
Toe hulle sê hulle wil loop, het ek besef dit sal
nie help om tronk toe te
hardloop nie, omdat hulle grawe het en my kan seermaak. Ek voel dit is beter om
weg te hardloop. Ek het
deur die draad gekruip terwyl hulle nog met hom besig
was. Nadat ek deur die draad gekruip het, het ek na die pad gehardloop. Toe
ek
in die pad was, sien ek 'n ander een kruip deur die draad en hy was in die
Blanke persoon se uniform geklee. Daarna sien ek hulle
kruip almal deur die
draad en volg die een wat die Blanke se uniform aangehad het. Hulle volg my want
ek was reeds weg, daarna het
ons uitmekaar gegaan...."
Volgens die vyfde appellant was al agt lede yan die werkspan lede van 'n
bende waarvan die sesde appellant
die
18. die leier was. Die lede van die werkspan het vooraf ooreengekom
om die oorledene "vas te maak en dan ontsnap." Later is hiervan
afgesien "want
die Blanke bewaarder sal skreeu". Amos (nr 6) het vir Tulane (nr 2) gevra of dit
nie die oorledene se dood sal beteken
indien Tulane (nr 2) die oorledene met 'n
stuk betonstaal sou slaan nie. Tulane (nr 2) het gesê hy ken dié
soort werk,
en dat hy die oorledene bewusteloos sal slaan en nie sal doodmaak
nie. Daar is toe besluit dat wanneer die oorledene sy bewussyn
verloor hy
vasgemaak sal word. Tulane (nr 2) het gesê dat as die ander die oorledene
vashou, sal hy hom slaan. Van die gebeure
op die betrokke dag gee die vyfde
appellant in sy verklaring die volgende beskrywing:-
"Ons agt het vooraf besluit om te ontsnap, op die dag. Amos (nr 6) en Phinias
(nr 7) het vir ons gewys waar ons moet staan. Amos (nr
6) het vir Job (nr 3)
gesê hy moet die oorledene van agter nader en hy moet met sy regterarm die
oorledene se nek gryp van
agter, sy regterknie op oorledene se rug druk sodat hy
kan agteroor val. Amos (nr 6) het gesê hy
sal
19.
sal dit doen. Amos (nr 6) het die oorledene van agter genader sy regterarm om
oorledene se nek gesit en hom agteroor getrek. Oorledene
het geval. Terwyl
oorledene op die grond gelê het, het Tulane (nr 2) oorledene genader en
hom met die 'ring-force' staal aan
die nek geslaan. Die oorledene het sy
bewussyn verloor. Toe sê Tulane (nr 2) vir ons ons moet naderkom om die
oorledene vas
te maak. Amos (nr 6) het 'n spitgraaf gevat en oorledene twee keer
op die nek geslaan. Amos (nr 6) vra toe vir ons wie wil ook doodgaan
saam met
die oorledene. Niemand het ingestem om dood te gaan nie. Phinias (nr 7) het die
oorledene se klere uitgetrek en aangetrek.
Ek het rondgekyk om te sien of daar
nie dalk 'n ander bewaarder sou aankom om vir Amos hulle te waarsku. Phinias (nr
7) het gesê
ons moet oorledene se lyk in 'n sloot gooi. Ek het die lyk aan
sy arms getrek; na die sloot toe gevat; en hom in die gat gegooi.
Ek het hom
omtrent twaalf meter gesleep. Ek het gesien die bewaarder is reeds dood en ek
het hom weggesleep. Toe gaan ek terug na
die ander toe. Amos (nr 6) vra toe
hoekom is die lyk nie toegemaak nie?' Tulane (nr 2) sê hy sal weer sy
bewussyn herwin. Amos
(nr 6) het vir Tulane (nr 2) en Bobocele (nr 1) gesê
hulle moet die lyk goed toemaak. Toe het ons as bo-op die lyk gegooi.
Toe ons klaar was, het ons oor die draad gespring en na Morgenzon pad geloop.
Ons het toe by die begraafplaas geloop op Morgenzon
pad. 'n Kaptein van die
gevangenis het by die begraafplaas opge= daag en direk na ons toe gekom en gevra
wie het
magtiging ......
20.
magtiging gegee dat die span daar moet kom werk.
Phinias
(nr 7) het oorledene se klere aangehad
en hy het gesê die luitenant het
magtiging gegee.
Die kaptein het omgedraai en gevangenis toe
gegaan.
Elkeen het toe besluit om sy eie pad
te gaan "
Volgens die verklaring van die sesde appellant het
hy geen aandeel in die aanranding op die oorledene gehad nie.
Hy was egter
'n ooggetuie daarvan. In sy verklaring gee hy
die volgende beskrywing van wat
gebeur het:-
"Bewaarder Matthysen was besig om te rook. Bewaarder Matthysen het vir
Phinias (nr 7) geroep. Terwyl Phinias (nr 7) na bewaarder Matthysen
toe geloop
het, het Job (nr 3) van agter af gekom en bewaarder Matthysen vasgegryp, om sy
arms. Tulane (nr 2) het van vooraf gekom
en bewaarder Matthysen met 'n spitgraaf
een keer op sy nek geslaan. Toe bewaarder Matthysen besig was om te val, het
Elias (nr 5)
nadergekom en bewaarder Matthysen om die nek gegryp en gewurg.
Andries (nr 4) het op bewaarder Matthysen gespring en sy klere uitgetrek
Bewaarder Matthysen was op daardie stadium bewusteloos gewees. Bobocele (nr 1)
het nadergekom en oorledene een hou op die nek geslaan
met 'n spitgraaf. Job (nr
3) was besig om oorledene se sakke te visenteer. Hy het oorledene se horlosie
gegryp en in sy sak gesit.
Ek het geskrik en gevra 'wat doen julle?' Hulle
het
gesê
21.
gesê 'shoot' en hulle vingers voor hulle monde gehou en
gesê ek moet stilbly. Bobocele (nr 1) en Dlamini het oorledene
getrek na
'n sloot toe. Oorledene was toe ontklee gewees. Hy het net sy onderbroek
aangehad. Dlamini het oorledene in die as begrawe.
Phinias (nr 7) het oorledene
se pet aangetrek, asook sy broek aangetrek nadat Phinias (nr 7) sy eie broek
uitgetrek het. Toe sê
Phinias ons moet al die gereedskap vat en weggaan,
met die bedoeling ons moet ontsnap. Ek het die ander agtervolg toe hulle geloop
het en ek was bang as ek weier om te loop, dat hulle my sou aanrand. Ons het
skietbaan toe beweeg. By die hek van die skietbaan het
'n kaptein van die
Gevangenis
opgedaag Die kaptein het na ons gekom
en gevra wie se span is dit. Phinias (nr 7) het
vir die kaptein gesê
dat luitenant Magalies hom
gestuur het om die begraafplaas skoon te
maak.
Die kaptein het sy kop geknik voor en agter toe
asof hy verstaan. Hy
het omgedraai en is toe
daar weg. Ons prisoniere het toe oor die
draad
geklim teerpad toe. Ander prisoniere het hulle
skoene uitgetrek en
langs die draad neergesit.
Ons het langs die draad afgestap. Nadat ons
1/4
kilometer beweeg het, het ons na regs beweeg,
en oor 'n draad geklim.
Ons het toe verskillende
rigtings gevlug "
Volgens die sewende appellant se verklaring het
'n mede-appellant, ook bekend as "Shuta" hom voor die betrokke
dag vertel
dat die gevangenes wat onder bewaarder Matthysen
werk
22.
werk 'n plan het om te ontsnap deur hom met 'n draad vas te
maak en hom in 'n sloot te gooi. Hierop het die sewende appellant gereageer
deur
voor te stel dat die werkspan moet wegglip sonder om iemand te beseer. Daarna
het die derde appellant
aan die sewende appellant herhaal wat Shuta reeds aan hom
vertel het; en daarop het die sewende appellant belowe om na hulle te
luister en om te doen wat hulle sê in verband met die
ontsnapping."
Op die betrokke dag, so sê die sewende appellant
in sy verklaring, het
hy nog nie geweet "dat daar planne was
om te ontsnap nie"; maar toe lede van
die werkspan tekens
van onwilligheid om te werk, begin toon het, het hy
vermoed dat
hulle gaan ontsnap. Van wat daarna gebeur het, gee die
sewende
appellant die volgende beskrywing:-
"'n Rukkie later het ek onder 'n boom gaan staan en begin rook. Op daardie
stadium het bewaarder Matthysen my van agter stilletjies
genader terwyl ek rook.
Ek het op die grond gekyk en gemaak asof ek hom nie sien nie. Voordat bewaarder
Matthysen baie na aan my
was het ek gehoor hy skreeu drie keer 'Phinias kom help
my'. Toe sien ek net Thani (nr 2) en Bobocele (nr 1) gryp bewaarder Matthysen
aan die voete en bewaarder
Matthysen
23.
Matthysen het geval. Job (nr 3) het op daardie
stadium oorledene om die nek gegryp. Op daardie stadium wou ek gevangenis toe
hardloop,
maar ek kon nie want Dlamini en Amos (nr 6) en Tulane (nr 2) het in my
pad gestaan. Op daardie stadium het ek Tulane (nr 2) gesien
die broek van
bewaarder Matthysen uittrek. Op daardie stadium het bewaarder Matthysen op die
grond gelê en baklei. Toe het
Tulane (nr 2) oorledene drie keer met 'n
spitgraaf op sy nek geslaan. Toe Tulane (nr 2) bewaarder Matthysen met die
spitgraaf slaan
het bewaarder Matthysen doodgegaan. Ek het dit gesien want
bewaarder Matthysen het op daardie stadium nie meer asem gehaal nie. Tulane
(nr
2) en Bobocele (nr 1) het oórledene na 'n sloot toe getrek. Ek het toe
die klere, dit is die uniform, aangetrek en buitekant
die Gevangenisterrein gaan
staan. Ek het gesien dat Tulane (nr 2) bewaarder Matthysen se twee-rigting radio
vat. Vandaar af het ek
gevra waar gaan ons. Toe sê Job (nr 3) dat ek daar
buitekant die erf moet gaan staan van' die tronk sodat indien iemand ons
sien,
sal hulle dink ek die leier van die span is. Ek het dit gedoeh. Almal van ons
het na die skietbaan toe gegaan. Toe besluit
ek dat ek saam met hulle sal
ontsnap. Voordat ons die begraaf= plaas bereik, het 'n kaptein opgedaag in
'n
bakkie Shuta het gesê dat indien die
kaptein vra wat maak ons
moet ek sê die luitenant het ons gestuur om die begraafplaas
skoon te
maak Die kaptein het gevra wat
soek ons daar en ek het gesê ons is
gestuur
om daar skoon te maak. Hy vra toe wat se span
is dit. Toe sê ek 'n terreinspan. Die kaptein
draai
24.
draai toe om en hy is toe weg Vandaar
af het ons saam weggehardloop van die begraaf=
plaas. Toe ons binne die lande
van die plaas
was, het ons opgebreek en twee-twee verskillende
rigtings
geneem "
Vir 'n skuldigbevinding van al sewe
appellante aan moord moes die Staat bewys dat die vereiste opset om die
oorledene te dood by elkeen
van die appellante afsonderlik aanwesig was. Op die
skrale getuienis wat aangevoer is, was dit egter vir die verhoorhof nie moontlik
om te bevind watter lid of lede van die werkspan die dood van die oorledene
daad= werklik veroorsaak het nie. Wat die verhoorhof
se skuldig= bevinding aan
moord van al die appellante ten grondslag lê, is die slotsom wat hy in sy
uitspraak in die volgende
woorde gestel het:-
" the only inference that can be drawn
is that all of the team had a common intention to murder in order to make good
their escape."
en voorts dat dusdanige
gemeenskaplike oogmerk ontstaan het -
" either before they went out, or at the time
the first attack was made upon the
deceased."
25.
Die verhoorhof se gevolgtrekking dat iedere en elke lid van die werkspan hom
aldus verbind het tot 'n gemeenskaplike plan en optrede
om die oorledene om die
lewe te bring, word dan verder in die uitspraak soos volg toegelig:-
"The statements have been weighed by us of course in coming to this
conclusion. The State, in our view, made out an extremely strong
case against
the accused. Their failure to testify is a matter of importance, and we have
considered it as such."
En verder -
"It must not be thought that we have overlooked the argument of counsel that
the desire to escape would be very strong in prisoners
and that prisoners, if
they see someone else incapacitating a warder, might very well, without taking
part in that, make use of it
to escape. We have not overlooked that, but I say
on the facts of this case, in our view, there is no room for that, taking into
account as I say not only all the facts, but the failure of the accused to
testify."
Rakende die bewysregtelike status van die buitegeregtelike verklarings van
die appellante is in die
verbygaan
26.
verbygaan enkele opmerkings nodig. Die feit dat sodanige verklarings nie
onder eed afgelê is nie en dat (soos die verhoor in
die Hof aquo ontvou
het) hulle nie deur kruis= ondervraging van die verklaarders getoets kon word
nie bring noodwendig mee dat die
verklarings minder gewig as getuienis onder eed
dra. Dit beteken egter nie dat alleen die selfbeswarende elemente in gemelde
verklarings
'n bewyswaarde het nie of dat die verontskuldigende elemente daarvan
sonder meer buite rekening gelaat kan word nie. Elke sodanige
verklaring moet in
sy geheel bekyk en beoordeel word; en wat betref die verontskuldigende gedeelte
daarvan is dit die Hof se plig
-
" to weigh the credibility of such portion
and to give such weight to it as in its opinion it deserves, and this applies
not only to such portions as explained or gualify any
portion adverse to the
party who has made the statement, but to everything in the statement which
relates to the matter in issue."
(per GREENBERG, AR in
Rex v Valachia &
Another
,
1945 AD 826
op 835).
Wat
27. Wat verder ook nie buite beskouing gelaat moet word nie is die
volgende oorweging. Waar dit gaan oor die vraag of die staatsaak
so stewig staan
dat die aangeklaagde hom in die getuiebank moet verantwoord, is die feit dat die
aangeklaagde reeds by wyse van 'n
buitegeregtelike verklaring waaroor die
vervolging beskik, sy teenwoord gegee het, 'n faktor wat (afhangende van die
strekking en
oortuigingskrag van die verklaring) ten gunste van die aangeklaagde
in die weegskaal gewerp kan word. Anders gestel, by beoordeling
van die vraag of
die Staat se getuienis 'n
prima facie
saak teen die beskuldigde daarstel,
behoort die verhoorhof hom af te vra of daar getuienis is wat die inhoud van die
beskuldigde
se verontskuldigende buitegeregtelike verklaring afdoende
weerlê. Kyk:
Rex v Kumalo & Another
1930 AD 193
per STRATFORD,
AR op 215; Schmidt,
Bewysreg
, tweede uitg. 498.
Nou is dit so dat wanneer daar na die aangevoerde getuienis in die
onderhawige geval gekyk word daar onmiddellik
na
28.
na vore tree die feit dat al sewe appellante saam met die
oorledene by die toneel van die noodlottige aanranding was; en dat die enigste
ander persoon daar teenwoordig Dlamini was. Maar in die besondere omstandighede
van die huidige geval kan daardie feit alleenstaande
nouliks dien om 'n
prima
facie
saak op die been te bring wat daarop neerkom dat die hele werkspan
deelgenote aan 'n moordoptog was. Die appellante se teenwoordigheid
aldaar word
eenvoudig en afdoende verklaar deur die feit dat hul in opdrag van hul
bevelvoerder daar moes werk. In hierdie verband
is die volgende opmerkings van
VAN WINSEN, AR in
Barnabas Magawana & Fifteen Others
(in 'n uitspraak
van hierdie Hof op 6 Maart 1962 gelewer en aangehaal in
S v Macala &
Others
1962(3) SA 270 (A) op 274 A/B) toepaslik -
"Where the State can bring no evidence that the accused took part in the
actual assault resulting in the death of the deceased, but
seeks to rest its
case upon the fact that the accused made common cause with the actual killers,
it must prove beyond reasonable
doubt
that
29.
that the accused had a common intention to kill and that in execution of that
intention they became-members of the band of killers.
While it is true that,
depending upon all the circumstances of the case, the mere presence of the
accused at the scene of a killing
may afford
prima facie
evidence of
their being members of the band of killers all of whom entertained a common
intention to kill, yet, in the particular
circumstances of this case their mere
presence there does not afford such proof."
In sowel
die saak van
Barnabas Magawana, supra
, as in die saak van
S v Macala,
supra,
het dit gegaan oor teësinnige toeskouers van 'n moord wat deur
dreigemente van hul eie dood gedwing is om die moordbende na
die toneel van
misdaad te vergesel. Om bloot 'n passiewe toeskouer van 'n moordaanval te wees,
is vanselfsprekend nie voldoende vir
aanspreeklikheid by pleging van moord nie.
Kyk:
S v Williams en 'n Ander
1980(1) SA 60(A) op 64 E/H.
Die volgende vraag is watter gevolge die appellante se stilswye by die
verhoor vir die beslissing
van
30. van die saak inhou. Uit die passasies van die uitspraak van die
Hof benede is dit duidelik dat die verhoorhof die
appellante se versuim om die getuiebank binne te gaan as 'n
belangrike,indien nie 'n lotsbepalende faktor nie in die saak
aangemerk het. Met daardie beskouing kan ek met eerbied nie
saamgaan nie.
Was daar in die onderhawige saak enige direkte
ooggetuienis wat een of meer
van die appellante by die
aanranding op die oorledene betrek het, sou die
swye van
sodanige appellante
ipso facto
gedien het om die saak
teen
daardie appelante te verstewig. Hier egter berus die
staatsaak geheel
en al op omstandigheidsbewys en buiten die
feit van die appellante se
teenwoordigheid ten tyde van die
pleging van die misdaad steun die vervolging
wesenlik op
'n reeks buitegeregtelike verklarings deur die
appellante.
Hiervan is drie verklarings (dié van die eerste, vierde
en
sesde appellante) volkome verontskuldigend. Elkeen van die
orige vier verklarings bevat 'n aanduiding van 'n voorafgaande
komplot om die oorledene aan te rand en om daarna te ontvlug.
Twee
31. Twee van laasgenoemde verklarings (dié van die tweede en
derde appellante) bevat erkennings dat die verklaarders aan die
aanranding op
die oorledene deelgeneem het. Hierdie
verklaarders ontken egter uitdruklik
dat hul enige opset om
die oorledene te dood, gehad het. Hier dien
terloops
opgemerk te word dat indien moord op die oorledene 'n element
was
van die plan om te ontsnap dit ietwat vreemd is dat die
oorledene se
aanvallers hom nie met die eerste aanval summier
en sonder meer doodqemaak
het nie. Niks het verhoed dat die
slagoffer nie onmiddellik om die lewe gebring word nie. In
die verklaring
van die vyfde appellant erken hy dat hy die
liggaam van die oorledene na die asgat gesleep het en dat hy
as op die
oorledene in die asgat gegooi het; maar hy beweer
dat hy gemeen het dat die
oorledene se dood toe reeds ingetree
het. Die sewende appellant sê in
sy verklaring dat hy na die
aanranding op die oorledene laasgenoemde se
uniform aangetrek
het en hy laat duidelik blyk dat ter bewerkstelliging van
die ontvlugting van die werkspan hy vir kapt Hartzenberg
daarna bedrieg het.
By
32.
By beoordeling van die waarskynlikhede in die saak duik daar onmiddellik 'n
moontlikheid op wat vanself spreek, nl dat daar ten minste
sommige lede van die
werkspan blote passiewe toeskouers van die aanranding op die oorledene was; en
wat na sy oorrompeling deur ander
lede van die werkspan die versoeking om te
ontsnap nie kon weerstaan nie. Hierdie moontlikheid is deur die verhoorhof
ingesien en
oorweeg maar as onredelik verwerp. Dit is vir my nie duidelik uit
hoofde waarvan die verhoorhof hierdie moontlikheid as 'n redelike
gebeurlikheid
in die saak uitgeskakel hetnie.Die getuienis in sy geheel beskou, so meen ek,
laat wel ruimte vir so 'n redelike moontlikheid;
en erkenning van daardie
redelike moontlikheid druis in teen die bestaan van enige samespanning om te
vermoor, waaraan
algar
die appellante deelgenote was.
Uit die Verhoorhof se redes vir skuldigbevinding blyk dit dat hy o a gesteun
het op die versuim van enige lid van die werkspan om
ten tyde van die aanranding
op die oorledene
alarm
33. alarm te maak; asook die redes vir sodanige versuim soos in
sommige van die buiteregtelike verklarings verduidelik. Ek haal aan
uit die
uitspraak van die Hof benede:-
"It is in regard to this aspect I may say, the failure to give an alarm, that Mr
Visser
has criticised and in our view legitimately criticised the
statements of some of the accused, many of the accused. Many of the accused
say
that they did not run to the gaol or that they did not give
the
alarm because they were
frightened or
something of that nature. That argument, based upon what is stated in the
statements, in our view, does not go up. Mr
Visser
has legitimately
criticised that. The accused are not children. We do not know about their
background but we do know that they were
in gaol. while this vicious assault was
taking place and he was being dragged about, covered up, stripped, there was
ample time for
any of the accused to give the
alarm."
Indien daar egter veronderstel word dat
sommige lede van die
werkspan inderdaad nie aan die aanranding meegedoen het
nie en
dat hul bloot passiewe toeskouers daarvan was, tref
bostaande
kritiek my as enigermate onbillik. Gesien die
meedoënloosheid
van die aanranding op die oorledene sou menigeen wat
dit
aanskou het sonder om hom daarmee te vereenselwig nogtans
gemeen
34. gemeen het dat versigtigheid die moeder van wysheid is; en
dat enige poging aan sy kant om alarm te máak groot en onmiddellike
gevaar vir sy eie lewe inhou.
Ek vind dit moeilik om saam te stem met die verhoor= hof se siening dat die
Staat hier "made out an extremely strong case against
the accused." Op die keper
beskou tref die getuienis deur die Staat aangebied my as ietwat wankelrig
-altans vir sover dit die bewys
van al sewe appellante se aan= spreeklikheid aan
die misdaad moord aangaan. Ofskoon die swye wat die appellante by hul verhoor
bewaar
het by beoordeling van die saak in sy geheel 'n faktor bly wat in
aanmerking kom, is dit m i in al die omstandighede van die huidige
geval beslis
nie 'n oorheersende of selfs 'n belangrike faktor nie.
Na my oordeel is, wat die sewe appellante as 'n groep betref, nie bo redelike
twyfel bewys dat hulle in uitvoering van 'n gemeenskaplike
oogmerk die oorledene
gedood het nie, Soos reeds aangetoon was die bevinding dat die sewe
appellante
aldus ..
35. aldus saamgespan het die sluitsteen van die
skuldigbevinding in die Hof a quo. Dit is vervolgens nodig om aan die hand van
die
appellante se onderskeie verklarings, individueel bêskou maar gesien
in die lig van sodanige bewese feite as wat die staatsaak
opgelewer het en die
waarskynlikhede, te beslis of die aanspreeklikheid van enigeen of meer van die
appellante óf aan moord
óf aan enige mindere misdaad teen die lewe
of die liggaam van die oorledene bo redelike twyfel bewys is.
Soos reeds daarop gewys is die hele inslag van die verklarings van die
eerste, vierde en sesde appellante volkome verontskuldigend.
Nog in die ander
getuienis wat die Staat aangebied het nog by 'n beoordeling van die
waarskynlikhede van die geval vind ek enigiets
wat met gemelde drie verklarings,
elk afsonderlik beskou en ontleed, klaarblyklik onbestaanbaar is. Bygevolg is na
my oordeel die
eerste, vierde en sesde appellante op hul vryspraak geregtig,
Die tweede appellant erken in sy verklaring
dat
nadat ........
36.
nadat die oorledene op 'n kwesbare liggaamsdeel (sy nek)
met
'n ysterpaal geslaan is en terwyl hy op die grond gelê hét
die
tweede appellant hom met sy voet teen die grond vasgedruk het; en dat die
tweede appellant die oorledene toe 'n vuishou toe= gedien
het. Verder is bloed
wat aan die oorledene se bloed= groep (groep "O" ) behoort aan die hemp van die
tweede appellant gevind. Die
tweede appellant se bloedgroep is "B". Dat dit 'n
harde vuishou was, kan afgelei word uit di,e feit dat as gevolg daarvan die
tweede
appellant sy kneukels beseer het. Na my mening is dit duidelik dat die
tweede appellant die opset gehad het om die oorledene ernstig
te beseer. Daar
bestaan afdoende bewys dat die tweede appellant aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer skuldig is.
Die derde appellant sê in sy verklaring dat toe die sewende appellant
die oorledene gryp hy (die derde appellant) en die sesde
appellant gesamentlik
die oorledene "platgedruk" het; en dat die tweede appellant die oorledene toe
met 'n
ysterpaal .
37.
ysterpaal geslaan het. Die onafwendbare afleiding is m i dat
die derde appellant die oorledene platgedruk het sodat hy verder geslaan
kon
word sonder om sy aanvallers enige weerstand te bied. Die aard van sy aandeel
aan die aanranding en die mate van geweld wat onmiddellik
daarna op die
oorledene toegepas is, dui na my mening op die gevolgtrekking dat die derde
appellant ook die opset gekoester het om
die oorledene ernstig te beseer.
Bygevolg is hy ook skuldig aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer.
Die vyfde appellant sê in sy verklaring dat na die aanranding op die
oorledene hy die oorledene oor 'n afstand van 12 meter
aan sy arms gesleep het.
Volgens die vyfde appellant het hy toe gesien dat die bewaarder reeds dood is.
In verband met hierdie bewering
het die verhoorhof in sy uitspraak hom as volg
uitgelaat:-
"The argument has gone up here that they ( d w s die appellante) may not have
known that he was still alive. One or other of the
accused in
that
accused's
38.
accused's statement suggests such a possibility. Counsel have argued that
perhaps having seen that he was completely incapacitated
and senseless, they did
not appreciate that he was still alive and simply buried the man in panic
believing him to be dead.
We are not prepared to accept this They
stripped this person of his clothes. It would have been obvious to the meanest
intelligence that he was breathing."
Hier dien
eerstens opgemerk te word dat volgens die vyfde appellantse verklaring hy nie
die persoon was wat die oorledene se uniform
uitgetrek het nie. Hoe dit ook sy,
is dit aan die hand van die veelvuldige letsels wat die oorledene opgedoen het
voordat hy na die
asgat gesleep is duidelik dat hy gruwelik aangerand is; en die
waarskynlikhede dui op die gevolgtrekking dat hy in daardie stadium
reeds
bewusteloos was. Of in die heersende omstandighede dit vir 'n leek duidelik sou
geblyk het dat die oorledene nog lewend is,
val m i moontlik te betwyfel. Dit
mag wees dat in daardie stadium die oorledene se asemhaling so vlak was dat dit
vir 'n leek nie
waarneembaar sou gewees het nie. Hierdie belangrike aspek van
die saak is nie met die
patoloog
39.
patoloog wat namens die Staat getuig het, uitgepluis nie. Na my
oordeel kom dit gewaagd voor om as 'n redelike moontlikheid uit te
sluit dat toe
die vyfde appellant die oorledene na die asgat gesleep het die vyfde appellante
geglo het dat die oorledene reeds beswyk
het. Dit is derhalwe nie bo redelike
twyfel bewys dat die vyfde appellant die verwyt van moord dra nie. Wat egter
verder ondersoek
moet word, is of die vyfde appellant hom nie aan strafbare
manslag skuldig gemaak het nie. Strafbare manslag is die wederregtelike
nalatige
veroorsaking vandie dood van 'n medemens. Dat die vyfde appellant deur die
liggáam van die lewende oorledene in die
asgat te help toegooi die dood
van die oorledene mede-veroorsaak het, behoef geen argument nie. Die vraag is
dan net of daar aan
die nalatigheidsvereiste voldoen word. Na my oordeel moet
hierdie vraag bevestigend beantwoord word. In sy verklaring vertel die
vyfde
appellant dat toe die sesde appellant verneem het hoekom "die lyk" nie toegemaak
was nie, die tweede appellant pertinent onder
sy (die vyfde appellant) se
aandag
gebring
40.
gebring het dat die bewaarder sy bewussyn weer sal herwin. In die lig
van hierdie erkenning, so meen ek, behoort die vyfde appellant
redelikerwys die
moontlikheid te voorsien het dat hy. besig is om 'n lewende wese met noodlottige
gevolge te begrawe. Die vyfde appellant
moet dus aan strafbare manslag skuldig
bevind word.
Ten slotte moet die posisie van die sewende appellant oorweeg word. Uit sy
verklaring is dit duidelik dat hy hom verbind het om opdragte
uit te voer m b t
'n komplot waarvolgens die werkspan die oorledene met 'n draad sou vasmaak en
daarna in 'n sloot sou gooi. Dat
die sewende appellant ook daadwerklik meegedoen
het aan die uitvoering van hierdie plan blyk uit sy beskrywing van hoe hy (deur
te
rook en deur voor te gee dat hy die naderende bewaarder nie gewaar het nie)
'n geleentheid geskep het vir ander lede van die werkspan
om die oorledene aan
te val. Die sewende appellant het m a w as die lokvoël opgetree. Na my
oordeel het die Staat deur die inhoud
van die sewende appellant se verklaring bo
redelike twyfel bewys
dat......
41. dat hy aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer
skuldig is.
Sowel die advokate wat namens die appellante
betoog
het as mnr
Visser
wat die appèl
namens die Staat beredeneer het, was dit eens dat indien die skuldigbevinding
aan moord deur 'n skuldigbevinding
of skuldigbevindinge aan 'n mindere misdaad
of misdade vervang word hierdie Hof oor genoegsame gegewens beskik om self 'n
geskikte
vonnis of vonnisse op te lê. By sodanige vonnisoorweging is dit o
a nodig om ag te slaan op die vonnisse by die voorafgaande
verhoor in die
streekhof weens ontvlugting opgelê. Mnr
Visser
het ons meegedeel
dat die appellante aldaar onderskeidelik die volgende vonnisse weens ontvlugting
opgelê is:-
(a)
Die eerste, vierde en sesde
appellante is elkeen tot gevangenisstraf van drie jaar
gevonnis.
(b)
Die tweede appellant is gevonnis
tot gevangenis= straf van drie jaar en ses houe,
(c)
Die derde appellant is gevonnis tot gevangenisstraf van drie jaar en
vier houe.
(d) Die ......
42.
(d) Die vyfde appellant is gevonnis tot gevangenis=
straf
van vier jaar.
(e) Die sewende appellant is gevonnis tot
gevangenisstraf van vyf jaar.
Met inagneming van al die omstandighede van die geval wil dit ons voorkom dat
geregtigheid sou geskied as die tweede, derde en sewende
appellant elk 'n vonnis
van gevangenisstraf van vier jaar opgelê word; en die vyfde appellant 'n
vonnis van gevangenisstraf
van ses jaar.
Uit hoofde van die voorgaande redes kan die verhoor= hof se skuldigbevinding
aan moord en die opgelegde doodvonnis nie staande bly
nie. In die geval van die
eerste, vierde en sesde appellante slaag die appèl en word sowel die
skuldig= bevinding aan moord
as die opgelegde doodstraf ter syde gestel. Die
appêlle van die tweede, derde, vyfde en sewende appellante slaag
gedeeltelik.
In die geval van die tweede, derde en sewende appellante word die
skuldigbevinding aan moord vervang deur 'n skuldigbevinding aan
aanranding met
die opset om ernstig
te
43. te beseer en in plaas van die doodstraf word elkeen 'n vonnis van
gevangenisstraf van vier jaar opgelê. In die geval van
Jie vyfde appellant
word die skuldigbevinding aan moord vervang deur 'n skuldigbevinding aan
strafbare manslag en in plaas van die
doodstraf word hom 'n vonnis van
gevangenisstraf van ses jaar opgelê.
G G HOEXTER, AR
HEFER, AR )
SMALBERGER, AR .)