S v Swanepoel (600/2007) [2007] ZAFSHC 61 (13 July 2007)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea of guilty — Acknowledgment of debt — Accused paid acknowledgment of debt for contravention of s 65(5) of Act 93 of 1996 — Accused unaware that payment rendered him automatically unfit to hold a driver's license — Accused sought to have acknowledgment set aside to contest charges — Court held acknowledgment of debt should be set aside, allowing for a proper inquiry into the accused's fitness to hold a driver's license — Amount paid to be refunded to the accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 61
|

|

S v Swanepoel (600/2007) [2007] ZAFSHC 61 (13 July 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr: 600/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
FRANCOIS
SWANEPOEL
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
13 JULIE 2007
_____________________________________________________
[1] In hierdie saak het
die beskuldigde ‘n Erkenning van Skuld ten aansien van die
oortreding van Artikel 65(5) van Wet 93 van 1999
ten bedrae van R1
000,00 betaal op 28 Mei 2007. Hy het toe ‘n skrywe aan die
betrokke Landdros gerig wat soos volg lui:
“Mnr F Swanepoel
Craiblaan 44
Riebeeckstad
Welkom
Tel
Nr. 0764294121
4
Junie 2007
Die
Hooflanddros
Landdroskantoor
Welkom
Insake: Betaling van Erkenning
van skuld: A1926/07
Op
28 Mei 2007 het ek voor die hof verskyn op oortreding van Art 65(5)
van Wet 93 van 1996. Nadat ek aangetoon het dat ek wil skuldig
pleit, het die aanklaer Erkenning van Skuld op die saak vasgestel
waarna ek dit betaal het en verskoon is. Later het dit aan die
lig
gekom dat ek outomaties onbevoeg is om ‘n bestuurslisensie te besit
en dat die hof nie bevoeg is of by magte is om ‘n ondersoek
te doen
nie.
Ek
het nie kennis gedra dat indien ek Erkenning van Skuld betaal, ek
outomaties onbevoeg is nie en sou ek in die omstandighede dan
nie
voort gegaan het om sodanige Erkenning van Skuld te betaal nie.
Omstandighede
van die misdryf:
Ek is ‘n eerste oortreder en was
nog nooit vantevore aan ‘n misdryf skuldig bevind nie.
Tydens die oortreding, het ek geen
ongeluk veroorsaak nie en was niemand anders ook in die proses
beseer nie.
Ek is tydens ‘n roetine ondersoek
afgetrek en gevra om op die masjien te blaas en is daarna
gearresteer.
Ek
het die gebruik van my lisensie nodig aangesien ek daagliks met my
voertuig moet ry om die werk by te woon en om vervoer aan my
familie
te verskaf. Indien ek nie my eie voertuig mag gebruik nie, sal ek
probleme ondervind om by my werk te kom wat buite die
dorp is en kan
dit lei tot ontslag by die werk.
Hiermee
versoek ek dat die Erkenning van Skuld wat ek reeds betaal het,
tersyde gestel word sodat ek op die aanklag in die hof kan
verskyn en
daar ‘n ondersoek gehou kan word rondom my bevoegdheid om ‘n
bestuurslisensie te besit.
MNR
F SWANEPOEL”
[2] Daarna
is die saak op spesiale hersiening aan hierdie Hof gerig. Die Hof
meen in die lig van die beskuldigde se vertoeë die
Erkenning van
Skuld ter syde gestel behoort te word. Natuurlik sal dit tot gevolg
mag hê dat die beskuldigde weer aangekla mag
word.
[3] Bygevolg word die
skuldigbevinding gegrond op die Erkenning van Skuld ter syde gestel
en word dit gelas dat die bedrag van R1
000,00 weer aan beskuldigde
terugbetaal moet word.
______________
G.F.
WRIGHT, R
/em