About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 59
|
|
S v Nyakhe and Others (358/2000) [2007] ZAFSHC 59 (12 July 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 358/2007
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
ISHMAEL
NEYAKHE
1ste Beskuldigde
JAMES
MAFOOA
2de Beskuldigde
TEBOHO
ISAIA SELEMA
3de Beskuldigde
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
12
JULIE 2007
[1] Die beskuldigdes het
in die Landdroshof te Botshabelo tereggestaan op ân aanklag van
roof deurdat hulle op of omtrent 2 April
2006 te Botshabelo vir die
klaer, Moses Ramatelile, van R150,00 kontant beroof het. Aldrie
beskuldigdes het skuldig gepleit op die
ten laste gelegde misdryf en
nadat hulle ondervra is in terme van Artikel 112(1)(b) van die
Strafproseswet, Wet nr. 51 van 1977,
is hulle dienooreenkomstig
skuldig bevind, na my mening heeltemal tereg. Daarop is die
beskudigdes elkeen tot 30 maande gevangenisstraf
gevonnis.
[2] Die
aangeleentheid het in die gewone loop van sake op hersiening voor my
gedien. Ek het ân skriftelike navraag tot die Landdros
gerig
waarin ek redes vir die opgelegde vonnis versoek het. Die
Verhoorlanddros het daarop omvangryke en volledige sodanige redes
verskaf, waarin hy aan die einde daarvan aan die hand gedoen het dat
hoewel dit âân stewige vonnisâ is, dit nie skokkend onvanpas
is
nie.
[3] Dit
blyk uit die Artikel 112(1)(b) ondervraging dat die klaer, ân
16-jarige seun, die dag van die voorval ân kruiwa gestoot
het
terwyl hy die geld in sy hand vasgehou het. Die klaer was oppad om
te gaan bier koop. Die beskuldigdes het besluit om hom te
beroof en
het hom genader. Beskuldigde 2 het die klaer vasgegryp en vasgehou,
terwyl beskuldigde 1 sy hand oopforseer het en die
R150,00 uit sy
hand geneem het. Die drie beskuldigdes het toe weggehardloop en die
R150,00 in ân taverne gaan uitdrink.
[4] Wat
die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes betref, het die
Verhoorlanddros tereg die volgende in ag geneem. Beskuldigde
1 is 20
jaar oud, ongetroud en het nie kinders nie. Hy het Standard 4 op
skool geslaag. Hy was werksaam en het R240,00 per maand
verdien. Hy
is by sy moeder woonagtig en sy vader is oorlede. Hy is sy moeder
behulpsaam om haar medikasie en pensioen te gaan
haal en is ook
andersins sy moeder behulpsaam. Hy is ân algeheel eerste
oortreder. Wat beskuldigde 2 betref, is hy 19 jaar oud,
ongetroud en
het nie kinders nie. Hy het Standard 3 op skool geslaag. Hy is
werkloos en by sy moeder woonagtig. Hy is ook ân
algeheel eerste
oortreder. Ten opsigte van beskuldigde 3 blyk dit dat hy 24 jaar oud
is, saam met ân vrou woon en ân kind van
6 jaar oud het. Hy het
Standard 9 op skool geslaag. Hy is werkloos, maar kry ân mediese
toelaag van R800,00 per maand. Hy is
ook ân algeheel eerste
oortreder.
[5] Soos
tereg deur die Verhoorlanddros in sy redes vir die opgelegde vonnis
uitgewys, moet die voormelde persoonlike omstandighede
van die
beskuldigdes opgeweeg word teen die aard en erns van die misdryf en
die belange van die gemeenskap. Volgens die redes deur
die
Verhoorlanddros verskaf, neem geweldsmisdade epidemiese afmetings aan
in die Hof se distrik en âis daar geen teken van ân
afname in
roofsake nie ten spyte van skuldigbevindings wat volg en gevalle waar
swaar vonnisse opgelê wordâ. Hy meld ook tereg
dat by ân
misdaad soos die onderhawige die gemeenskapsbelang na vore tree. In
laasgenoemde verband merk die Verhoorlanddros op
dat âhierdie
misdaad word veelal strafloos gepleeg en die enigste middel om so ân
misdaad mee te bestry is om swaar vonnisse
aan diegene wat gevang en
skuldig bevind word op te lêâ.
[6] Na
my mening is dit inderdaad ân ernstige misdryf waaraan die
beskuldigdes skuldig bevind is en vereis die gemeenskap dat daar
gepaste vonnisse in sodanige geval opgelê word. Daar moet egter
daarteen gewaak word om nie laasgenoemde element van vonnisoplegging
te oorbeklemtoon deur die onderhawige beskuldigdes op ân wyse te
vonnis wat dit laat voorkom asof hulle gestraf word vir die ander
oortreders wat met die pleging van soortgelyke misdrywe wegkom en nie
gevang en skuldig bevind word nie. Daar moet ân ewewigtige
opweging tussen al die elemente van vonnisoplegging plaasvind.
[7] Na
my mening is die feit dat die beskuldigdes relatief jonk was ten tyde
van die pleging van die misdryf en die feit dat hulle
algeheel eerste
oortreders is omstandighede wat as versagtende faktore ten gunste van
die beskuldigdes in ag geneem moet word. Dit
word ook in ag geneem
dat daar nie oormatige geweld ten tyde van die pleging van die
misdryf op die klaer uitgeoefen is nie. Verdermeer
was die
beskuldigdes sowat `n maand in hegtenis tussen die datum van
skuldigbevinding en die datum van vonnisoplegging.
[8] Die
oogmerke van vonnisoplegging moet insgelyks ewewigtig teen mekaar
opgeweeg word. In die onderhawige geval het die Verhoorlanddros
in
sy redes vermeld dat âdie vonnisse wat voorheen opgelê was, is
heel duidelik te lig en het geen afskrikkingswaarde nieâ.
Dit
beteken egter na my mening nie dat daar telkens net swaarder en
swaarder vonnisse opgelê moet word sonder behoorlike inagneming
van
die relevante feite en omstandighede van ân bepaalde saak nie.
[9] Wanneer
die totaliteit van bogemelde beginsels, feite en omstandighede in ag
geneem word, meen ek dat die opgelegde vonnis die
aard en erns van
die misdryf, die belange van die gemeenskap en die
afskrikkings-oogmerk van vonnisoplegging oorbeklemtoon ten koste
van
die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes. Die gevolg
hiervan is dat ek van oordeel is dat die opgelegde vonnisse skokkend
swaar en onvanpas is en ân onreg teenoor die beskuldigdes daarstel,
wat inmening met die opgelegde vonnis regverdig.
[10] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding van
aldrie beskuldigdes word bekragtig.
Die opgelegde vonnis ten
opsigte van aldrie beskuldigdes word ter syde gestel en vervang met
een van 18 (agtien) maande genvangenisstraf
ten aansien van elke
beskuldigde, welke gevangenisstraf geag moet word opgelê te gewees
het op 19 Maart 2007.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
________________
G.F
WRIGHT, R
/em