About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 58
|
|
S v Mokhoaebane (362/2007) [2007] ZAFSHC 58 (12 July 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr: 362/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
TEBOHO
JAMES MOKHOAEBANE
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
12 JULIE 2007
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ân
19-jarige man, is skuldig bevind aan roof en gevonnis tot 30 maande
gevangenisstraf.
[2] Hy
het onskuldig gepleit maar is, myns insiens, tereg deur die Landdros
skuldig bevind en die enigste vraag is derhalwe of 30
maande
gevangenisstraf gepas is in die lig van al die omstandighede.
[3] Die
beskuldigde is ân 19-jarige eerste oortreder. Hy egter ter
versagting van vonnis gepleit vir ân opgeskorte vonnis. Daar
is
egter ân verslag van ân proefbeampte ingehandig wat ook ân
opgeskorte vonnis aanbeveel het.
[4] Wat
die verslag van die proefbeampte betref het die Hof soos volg vermeld
in sy redes ten aansien van vonnis:
â
5. ....Geen hof
is egter gebonde aan die aanbeveling van ân maatskaplike werker
nie. In
Gouws
1967 (4) SA 527
(C)
laat Kotze R hom soos volg uit: âthe prime function of an expert
seem to me to be to guide the court to a correct decision on
questions falling within his specialised field. His own decision
should not however, displace that of the tribunal which has to
determine the issue to be tried.â In
P
2001 (1) SASV 70 (K)
laat Moosa R hom soos volg uit: âa presiding officer should not
slavishly follow recommendation of probation officers.â
6. Ek
het die verslag in diepe bestudeer en oorweging geskenk aan die
maatskaplike werker se aanbevelings van ân opgeskorte vonnis
en
korrektiewe toesig. In soverre dit ân opgeskorte vonnis betref,
moet geen hof toelaat dat ân beskuldigde se persoonlike
omstandighede
sy emosies sodanig beinvloed dat hy nie ân gesonde
oordeel behou nie. Die persoonlike omstandighede moet tesame met die
ander
twee faktore op ân gebalanseerde wyse oorweeg word ten einde
ân gepaste te vonnis te vind. Selfs die feit dat die beskuldigde
ân eerste oortreder is, kan hy dit nie as ân dekmantel gebruik om
nie na die gevangenis verwys te word nie. Ek is derhalwe van
mening
dat ân opgeskorte vonnis nie ân gepaste vonnis is nie. In
soverre dit korrektiewe toesig betref, het die wetgewer duidelik
onderskei tussen twee soort misdadigers, naamlik dié wat deur
gevangenissetting uit die gemeenskap verwyder moet word en dié wat
strafwaardig is, maar nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word
nie. In die onderhawige geval is ek juis van oordeel dat die
beskuldigde van die gemeenskap afgesonder moet word en is korrektiewe
toesig nie ân gepaste strafvorm nie.â
Ek
stem saam met hierdie opmerkings wat veral van toepassing is in die
geval van roof in teenstelling met gewone diefstal en in die
lig van
die besondere situasie in die betrokke hof se regsgebied.
[5] Ek meen egter nie dat
daar voldoende ag geslaan is op die beskuldigde se jeugdigheid, die
feit dat hy ân eerste oortreder is
en die feit dat die klaer nie
beseer is nie asook die faktore wat blyk uit die bogemelde verslag.
Dit geld veral wat betref die
tydperk van die gevangenisstraf en meen
ek dat die helfte daarvan opgeskort behoort te gewees het op gepaste
voorwaardes in die lig
van al die omstandighede van hierdie saak.
Derhalwe meen ek dat die onderstaande vonnis in die plek van die
opgelegde vonnis opgelê
behoort te gewees het omdat die opgelegde
vonnis in die lig van alle omstandighede sodanig onvanpas was dat
daarmee ingemeng behoort
te word.
[6] Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis ter syde gestel
en vervang met die volgende:
Dertig (30) maande
gevangenisstraf waarvan een helfte (15 maande) opgeskort word vir ân
periode van 4 jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig
bevind word aan roof gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie. Die vonnis moet geag word opgelê
te gewees het op 23 Maart
2007.
______________
G.F.
WRIGHT, R
/em