About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 56
|
|
Masala v S [2007] ZAFSHC 56 (28 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 249/2006
In
die appèl van:
MOKHOKHENI
DANIEL MASALA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
MALHERBE,
RP
et
VAN ZYL, R
et
MILTON, WND R
AANGEHOOR OP:
25
JUNIE 2007
UITSPRAAK:
MALHERBE,
RP
GELEWER OP:
28
JUNIE 2007
Appellant was tydens sy
verhoor in die Streekhof gedurende 2002 ongeveer 42 jaar oud. Hy het
tereggestaan op ân aanklag van verkragting
van ân 5-jarige
dogtertjie. Hy het onskuldig gepleit en was deurgaans deur ân
prokureur verteenwoordig. Hy is egter skuldig
bevind soos aangekla
waarna sy saak na hierdie Hof verwys is vir vonnisoplegging ingevolge
die bepalings van Artikel 52(1) van die
Strafregwysigingswet, Nr. 105
van 1997. Op 1 Augustus 2003 word hy deur kollega Ebrahim gevonnis
tot lewenslange gevangenisstraf.
Hy kom nou hoër beroep teen beide
die skuldigbevinding en vonnis met verlof van die Hof
a quo
.
Die voorval het
plaasgevind in ân woonbuurt in Qwa Qwa waar meeste mense mekaar
blykbaar ken. Die Staat het gepoog om die klaagster
se getuienis
voor te lê deur middel van ân tussenganger, maar na ân klompie
vrae aan haar het die Streeklanddros bevind dat
sy nie ân bevoegde
getuie is nie. Ek meen dat hierdie bevinding van hom korrek was.
Die Staatsaak berus in wese op die getuienis
van twee ooggetuies en
die getuienis van Dr. Kahn wat die klaagster die dag na die voorval
ondersoek het. Daar is geen vrae aan
Dr. Khan in kruisondervraging
gestel nie en die tersaaklike gedeelte van haar hoofgetuienis lui
soos volg:
ïg
...
the
positive findings was deep bruising on the right of the vestibule,
the hymen was intact but swollen. And the rest of the examination
was normal.
And
your conclusion, doctor? Penetration of the genitalia beyond the
labia majora
.â
Die eerste ooggetuie wat
getuig het is ân 15-jarige dogter, E, ook bekend as T. Sy getuig
dat toe sy die betrokke middag te voet
vanaf die skool na haar huis
oppad was, ân ander dogter, S of P, aan haar ân rapport gemaak
het. Sy is saam met Sna die plek
langs die pad of straat waar hulle
appellant en die klaagster aantref. Appellant het op die grond gesit
en hy het die klaagster
vasgehou op sy skoot. Sy het na hom gekyk.
Sy was vreesbevange en het gehuil. Appellant se broek was afgetrek
tot op sy bobene
en die ritsluiter van die gulp was oop. Sy het toe
vir die klaagster gesê dat sy geroep word. Appellant het klaagster
laat gaan
en die drie dogters is toe daar weg na die klaagster se ma.
P
is 12 jaar oud. Kronologies pas haar getuienis vòòr die die van E
in. Sy getuig dat sy vir appellant en die klaagster langs
die pad
teëgekom het en vervolg dan soos volg:
â
Nou wat het hy gedoen, waarmee was
hulle besig? --- Hy het daar gesit en Maloase het op sy bobene gesit
en die beskuldigde se broek
en die onderbroek was getrek tot op sy
knieë.
En
die klaagstertjie se klere? --- Sy het ân rok aangehad.
Was
die rok op enige wyse ook versteur gewees of was hy opgelig, het hy
plat gehang, wat? --- Dit was opgelig, sy het bo-op die beskuldigde
gesit.
Het
u haar klein broekie gesien? --- Ja, haar damesbroekie was getrek tot
af haar bobene.
Het
hulle stil gesit of beweeg? --- Hulle het beweeg.
Kan
u vir ons verduidelik hoe? --- Voor en agter beweeg.
Hof
: Sy wys met haar lyf ân
beweging van voor na agter.â
Volgens
haar het klaagster op daardie stadium met haar rug na appellant
gesit. Sy is toe daar weg en het aan ander kinders, onder
wie E,
vertel wat sy gesien het. In kruisondervraging getuig sy soos volg:
ïg
When
you came back with the other children, with T, were they sitting in
the very same position you left them before? --- She was
still
sitting the way she was seated before I left when we came. That is
when T pulled her. However, just before we arrived there,
she
started sitting properly.
Court:
Sitting properly? --- That is correct.
How?
How properly? --- The way they were sitting when she was sitting on
top of him.
But
how did she change her position? You saw her sitting facing the same
direction as the accused, then you went to call T. How
did she
change her position? --- When I said she started sitting properly, I
mean now she pulled her panty up, because at that stage
it was pulled
down.
Mr
Moselane
: When you saw them the second time the complainant
pulled her panty up? --- That is correct.
And what was the position of the
accusedâs trouser and underwear, was he still in the same position
you left him? --- Once we were
approaching them, the accused pulled
his trouser and the underpants and then he carried the complainant.
However, the zip was open
still.
Did you see the accused pulling the
trouser or you found him already pulled the trouser and only the zip
was open? --- I saw him when
he pulled the trouser up and closed his
zip. At this stage he was standing in front of me
.â
Appellant
het getuig dat hy die betrokke dag tot ongeveer 3 n.m. by ân sekere
Mnr. Motlokoa se huis gewerk het en daarna na sy huis
is waar sy
werkgewer hom ongeveer 8 uur daardie aand gekonfronteer het met die
beskuldiging dat hy iemand verkrag het. Hulle is
daarna na die
Polisiestasie op aandrang van Mnr. Motlokoa waar klaagster en haar
moeder reeds was en hy ingelig is van die bewerings
teen hom. In
kruisondervraging getuig hy soos volg oor Mnr. Motlokoa se
beskuldigings:
ïg
Nou
het hy u gekonfronteer oor die voorval met die klaagster die middag?:
--- Ja, hy het my daaroor gekonfronteer, dit was so drie-uur
se kant
toe ek af diens gaan en toe ek moes loop dit is toe hy vir my gesê
het dat hy het gehoor dat ek wou iemand verkrag het.
En hy het toe
my gelos, en het toe huis toe gegaan.â
Hy
ontken dat hy die beweerde daad met klaagster gepleeg het. Trouens,
hy ontken dat hy haar ken of op die betrokke dag gesien het.
Die Streeklanddros sê
die volgende van die twee ooggetuies in sy uitspraak.
ïg
Die
twee getuies T en P het beide ân uiters gunstige indruk op die Hof
gemaak. Hulle is bekend met die beskuldigde. Daar is klaarblyklik
geen motief om hom valslik te wil inkrimineer nie. Van sameswering
kan hier geen sprake wees nie. Dit was helder oordag toe die
twee
getuies beskuldigde met hierdie kind doenig gesien het. Daar is
enkele weersprekings wat die Hof nie as wesentlik beskou nie,
in die
getuienis van die twee dametjies. Oor presies hoe ver die broek dan
nou afgetrek sou gewees het, en so meer. ân Mens moet
egter in
gedagte hou dat hierdie twee getuies nie gelyktydig op die toneel
aangekom het nie en daarom kan hulle getuienis tog nie
eenhonderd
persent ooreenstem nie. Feit van die saak egter is dat hierdie twee
getuies se weergawe gestaaf word deur die mediese
getuienis wat
ongetwyfeld aantoon dat hierdie kind gepenetreer is. Ten spyte dus
daarvan dat die klaagstertjie nie kon getuig nie
omdat sy te klein en
nie ân bevoegde getuie is nie, is die Hof tevrede dat die staatsaak
ân duidelike prentjie skets van wat
daar gebeur het.â
Reeds in sy hoofpunte van
betoog namens appellant maak Mnr. Pretorius tereg die volgende
toegewings:
â
2.6 Dit blyk met eerbied bewese te
wees dat die klaagster en die Appèllant op die betrokke dag, tyd en
plek in mekaar se teenwoordigheid
was.
2.7 Dit
blyk verder bewese te wees dat die Appèllant besig was met een of
ander onsedelike daad teenoor die klaagster.
2.8 Dit
blyk ook bewese te wees dat penetrasie van een of ander voorwerp by
die klaagster plaas gevind het.â
Hy voer egter aan dat dit
nie die enigste afleiding is dat appellant die klaagster met sy
privaatdeel gepenetreer het nie maar dat
appellant hom wel skuldig
gemaak het aan poging tot verkragting of aan onsedelike aanranding.
Ek stem nie saam nie: Die aanvaarde
getuienis van die twee
ooggetuies regverdig die skuldigbevinding aan verkragting soos deur
die Hof
a quo
bevind. Die appèl teen die skuldigbevinding
kan derhalwe nie slaag nie.
Wat
die vonnis betref, is lewenslange gevangenisstraf die voorgeskrewe
minimum vonnis tensy die hof wesenlike en dwingende omstandighede
bevind wat die oplegging van ân mindere vonnis regverdig (Artikel
51(1) en (3) van bogenoemde Wet). Tydens vonnisoplegging sê
Ebrahim
R die volgende:
ïg
Ms
Edeling, who appears on your behalf, very bravely conceded that in
your particular case she was unable to argue that any such
substantial
and compelling circumstances exist. She has placed
before me your personal circumstances and those factors which are
mitigating
in your favour and I have taken these into account. These
are briefly that you are 43 years of age; you have a standard 5
education;
that you are not gainfully employed, that you are married
with two young daughters, 16 and 15 years old respectively, that you
have
been in custody since the date of your arrest for two and a half
years and that the State has proved no previous convictions against
you.
These
factors however, pale into insignificance when viewed in the light of
the aggravating factors in your case. The complainant
was five years
old when you raped her. You insist that you did not commit the deed
and have decided not to take the Court into your
confidence. You
have not shown any remorse; your refuse to take responsibility for
this heinous crime. You are fortunate that the
complainant did not
sustain very serious injuries although the physical injuries which
she sustained were serious enough. It is
also to be hoped that the
complainantâs luck holds out and that she does not suffer any
psychological trauma as a result of what
you did to her.
However, at the end of the day the
Court is still faced with dealing with an offender who raped a very
young minor child and in this
regard I take judicial cognisance of
the fact regularly the media and television report sexual abuse
and/or rape of minors. This
sort of conduct just cannot be tolerated
by the courts. You do not even have the excuse of youth on your
side, you were 43 years
of age when you committed this rape. There
can be no excuse for what you have done and because you have not
taken the Court into
your confidence, the Court can only conclude
that you acted out of inherent vice when you raped the complainant
.â
Na my mening kan daar
sekerlik heelwat ernstiger gevalle van verkragting op ân jong
dogtertjie voorgestel word as die onderhawige
en waarvoor die
swaarste vonnis gepas sal wees. So, byvoorbeeld, word dikwels
ernstige beserings aan die klaagstertjie se geslagsdele
of ernstige
psigiese letsels gevind wat nie hier die geval was nie. Appellant se
ouderdom en sy skoon rekord (juis op daardie ouderdom)
tel ook in sy
guns. Ek meen dat bogemelde faktore kumulatief ân mindere vonnis
as lewenslange gevangenisstraf regverdig en dat
die Hof
a quo
fouteer het deur nie aldus te bevind nie. Gevolglik moet die appèl
teen die vonnis slaag. Vyftien jaar gevangenisstraf behoort
voldoende te wees.
Die
volgende bevel word uitgereik:
1. Die appèl teen die
skuldigbevinding word afgewys.
2. Die
appèl teen die vonnis slaag. Die opgelegde vonnis word tersyde
gestel en vervang met ân vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
wat
geag moet word opgelê te gewees het op 1 Augustus 2003.
__________________
J. P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
______________
C.
VAN ZYL, R
Ek stem saam.
________________
D.
MILTON, WND R
Namens die
Appellant: Adv. K. Pretorius
In opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die
Respondent: Adv. M. Strauss
In opdrag van:
Die Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em