About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 55
|
|
S v Tumisi and Another (408/07) [2007] ZAFSHC 55 (28 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 408/07
DIE
STAAT
versus
TSOEU JOHANNES
TUMISI
Beskuldigde 1
SABATA
PAUL TUMISI
Beskuldigde 2
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
VOGES WND R
UITSPRAAK:
VOGES
WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
28
JUNIE 2007
Hierdie saak dien op
hersiening voor hierdie hof, nadat die twee beskuldigdes op 28
Februarie 2007 in die landdroshof Ficksburg skuldig
bevind is op twee
aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die
aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis
en elkeen van hulle
is op 1 Maart 2007 gevonnis tot ân boete van R1 000 of, in die
alternatief, 6 (ses) maande gevangenisstraf.
Dit
was hulle ten laste gelê dat hulle die klaagster in aanklag 1
aangerand het deur haar met vuiste te slaan, met ân mes te steek
en
te byt. Haar man, die klaer in aanklag 2, is met ân mes gesteek.
Uit die klaagster se
getuienis blyk dit dat daar die betrokke middag ân onderonsie
tussen haar en die beskuldigdes was. Aldus die
klaagster het die
twee beskuldigdes haar toe met gebalde vuiste aangerand. Haar dogter
het tussenbeide getree en klippe na beskuldigde
1 gegooi, waarop hy
weggehardloop het. Beskuldigde 2 het haar daarop aan die pols gebyt,
met ân kierie geslaan en met ân mes
bokant die regteroog gesteek.
Sy het hom ook op die wang gebyt. Toe haar man op die toneel
opdaag, het beskuldigde 2 hom ook met
ân mes gesteek.
Die
klaer voer aan dat hy met sy tuiskoms gesien het dat die klaagster
bloei. Hy het nader gegaan om te help en is toe deur beskuldigde
2
met ân mes op die rug gesteek. Beskuldigde 1 het niks aan hom
gedoen nie, maar het daar naby gestaan.
In antwoord op die
getuienis van die staatsgetuies het beskuldigde 1 getuig dat die
klaagster ontevrede was omdat hulle beeste op
haar perseel gewei het.
Sy het hulle toe beledig. Haar man en kinders het klippe na hulle
gegooi, hyself het weggehardloop, maar
hulle het beskuldigde 2 gevang
en aangerand. Die klaer se seun wou na beskuldigde 2 steek met ân
mes, maar het die klaer getref.
Beskuldigde
2 bevestig dat die klaer, die klaagster en hul kinders hom vasgegryp
het. Toe hy losruk, het hy die klaagster met die
elmboog bokant die
oog gestamp, vandaar haar besering. Hyself is met ân klip op die
wang raakgegooi toe hy weghardloop. Hy bevestig
dat die klaer deur
sy eie seun raakgesteek is.
Die verhoorlanddros het
die staatsgetuies se getuienis aanvaar en die beskuldigdes se
getuienis tereg as vals verwerp. Die twee beskuldigdes
is daarop aan
beide aanklagte skuldig bevind op die grondslag van ân
gemeenskaplike opset.
In verdere redes deur die
verhoorlanddros verskaf ten aansien van die skuldigbevinding van
beskuldigde 1, stel hy dit as volg:
â
In respect of count 2, it is indeed
accused 2 who stabbed the second complainant on the back. Accused no
1 had been pelted with stones
by the first and second complainantâs
daughter and fled and thus could not assist his brother accused 2 to
carry out their plans.
Of
utmost importance, the state of affairs that ensured was entirely and
created by the conduct of both accusedâs intentional and
unlawful
conduct.
Stating
it loosely, the doctrine of common purpose states that the act of one
of the co-perpetrators is imparted on the other co-perpetrators
who
acts in concert with the former in fulfilling the common purpose.
Hence,
accused no 1 was convicted of count 2 on these basis as a
co-perpetrator in respect of that count!â
Op die getuienis
beoordeel, kan, myns insiens, nie bevind word dat die twee
beskuldigdes met ân voorafbepaalde gemeenskaplike opset
die
klaagster of die klaer aangerand het nie. Hul ontmoeting met die
klaagster die betrokke dag was bloot toevallig. Net so het
hulle nie
voorsien dat die klaer daar sou opdaag nie.
Wanneer daar nie bewys
van ân voorafgaande afspraak is nie, kom die vereistes uiteengesit
in
S v MGEDEZI AND OTHERS
1989 (1) SA 687
(AD) en
S
v SAFATSA AND OTHERS
1988 (1) SA 868
(A) ter sprake en moet
dit vasstaan dat die beskuldigde (beskuldigde 1 in hierdie geval)
(i) op die toneel van die
aanranding teenwoordig was;
(ii) bewus was van die
aanranding;
(iii) gemenesaak
gemaak het met die aanrander;
(iv) homself
aktief met die optrede van die aanrander vereenselwig het;
(v) met
die nodige
mens rea.
Wat aktiewe assosiëring
met die aanranding aanbetref, is dit die uitdruklike getuienis van
die klaagster dat beskuldigde 1 na die
aanvanklike vuishoue nie meer
op die toneel was en geen aktiewe handeling verrig het ten tye van
die aanranding nie. Net so getuig
die klaer dat beskuldigde 1 ook
wat die aanranding op hom aanbetref geen daad van assosiëring
gepleeg het nie.
Ek is gevolglik oortuig
dat die skuldigbevinding van beskuldigde 1 nie ooreenkomstig die reg
is nie. Hy het hom hoogstens skuldig
gemaak aan aanranding gewoon
ten opsigte van die klaagster in aanklag 1 deur die toediening van
vuishoue.
Dit volg dan noodwendig
dat die vonnis ten aansien van beskuldigde 1 gewysig moet word. Daar
is voldoende inligting op rekord om
hierdie hof in staat te stel om
ân alternatiewe vonnis te bepaal.
Die skuldigbevinding en
vonnisse van beskuldigde 2 op beide die aanklagte blyk ooreenkomstig
die reg te wees.
Die
volgende bevel word gemaak:
Die skuldigbevinding van
beskuldigde 1 op beide aanklagte word tersyde gestel en vervang met
die volgende:
Aanklag 1: Skuldig:
Aanranding
Die vonnis van
beskuldigde 1 word as volg gewysig: Aanklag 1: R250 of 30 (dertig)
dae gevangenisstraf.
Die skuldigbevinding en
vonnis van beskuldigde 2 op beide aanklagte word bekragtig.
________________
M.
VOGES, WND R
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
MV/sp