Dumezweni and Others v S [2007] ZAFSHC 52 (21 June 2007)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences under the Criminal Law Amendment Act — Appellants convicted of housebreaking with intent to steal and attempted theft of goods valued over R500,000 — Sentences imposed below statutory minimums based on substantial and compelling circumstances — Appellants argued that the Criminal Law Amendment Act did not apply to attempted theft — Court held that the Act's provisions are applicable to attempted theft as it relates to theft in general, and that the sentencing discretion was properly exercised by the magistrate in light of mitigating factors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 52
|

|

Dumezweni and Others v S [2007] ZAFSHC 52 (21 June 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A58/2007
In
die appèl van:
WILLIAM
DUMEZWENI
1
st
Appellant
MOSES
MPOSI
2
nd
Appellant
MARTIN
MOLELEKI
3
rd
Appellant
DANIëL
HLATSWAYO
4
th
Appellant
JOSEPH
MUTLANYANA
5
th
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
EBRAHIM,
R
et
ZIETSMAN, Wnd R
AANGEHOOR OP:
14
MEI 2007
UITSPRAAK:
ZIETSMAN,
Wnd R
GELEWER OP:
21
JUNIE 2007
[1] Die appellante in
hierdie appèl is die beskuldigdes 1, 2, 3, 4 en 5 in die hof
a
quo
, kom in hoër beroep ten aansien van slegs die vonnisse hulle
opgelê.
[2] Die
streeklanddros vir Kroonstad het al 5 die beskuldigdes skuldig bevind
aan huisbraak met die opset om te steel en poging tot
diefstal ten
aansien van goedere waarvan die waarde meer as R500 000,00 beloop.
[3] Wat vonnis betref is
beskuldigdes 1, 3 en 5 elk tot 9 jaar gevangenisstraf in terme van
artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet
nr. 51 van 1977 gevonnis,
beskuldigde 2 tot 10 jaar gevangenisstraf en beskuldigde 4 tot 12
jaar gevangenisstraf.
[4] Die
gronde van appèl ten aansien van die vonnis was in breë trekke die
volgende:
4.1 Dat alwaar die
beskuldigdes skuldig bevind is aan poging tot diefstal waarby goedere
ter waarde van meer as R500 000,00 ter sprake
is, die
Strafregwysigingswet nr. 105 van 1997 wat sekere minimum vonnisse
voorskryf, nie van toepassing is nie, vanweë:
4.1.1 Die waardes soos na
verwys in Bylaag 2, Deel II waarvan iemand aan diefstal skuldig
bevind word, na diefstal van geld verwys
en nie na die waarde van
goedere by die misdryf betrokke nie.
4.1.2 Dat
Bylae 2, Deel II slegs na ondere andere diefstal verwys en nie poging
daartoe nie.
4.2 Dat die vonnis deur
die landdros opgelê in ieder geval skokkend onvanpas is, en
ingryping deur ‘n Hof van Appèl regverdig.
[5] Dit dien vermeld te
word dat die landdros bevind het dat die
Strafregwysigingswet nr.
105 van 1997 wel van toepassing is, op grond daarvan dat:
5.1 Die waarde in Deel II
van Bylae 2 nie beperkend is tot geld nie aangesien so ‘n uitleg
tot ‘n absurditeit sou lei en;
5.2 Die
verwysing na onder andere diefstal in Deel II ook poging daartoe
insluit vanweë die aanvangsreël ter sprake, te wete “’n
misdryf
wat verband hou met...”, en dat ‘n poging tot diefstal ‘n
misdryf is wat verband hou met diefstal.
[6] Die landdros het
egter ook bevind dat ooreenkomstig artikel 51(3)(a) van die
Strafregwysigingwet nr. 105 van 1997, daar wesenlike
en dwingende
omstandighede bestaan wat die oplegging van ‘n mindere vonnis as
die vonnis deur die wet voorgeskryf, regverdig,
vandaar die vonnisse
van onderskeidelik 9 jaar, 10 jaar en 12 jaar en nie die minimum van
15 jaar en/of 20 jaar soos bepaal in artikels
51(2)(a)(i) en (ii) van
voormelde wet nie.
[7] Die voormelde
dwingende of wesenlike omstandighede wat die landdros bevind het is
geleë daaraan dat:
7.1 Die beskuldigdes vir
ongeveer 15 maande verhoorafwagtend was en in die gevangenis
deurgebring het;
7.2 Dat
die klaer se skade beperk is deurdat die items teruggevind is voor
dit verwyder kon word;
7.3 Dat
dit onbillik sou wees teenoor die beskuldigdes om 15 jaar
gevangenisstraf vir die tipe misdryf in die omstandighede op te
lê
uit die staanspoor.
[8] Die landdros het
voorts beskuldigdes 1, 3 en 5 as eerste oortreders behandel en
beskuldigdes 2 en 4 met toepaslike vorige veroordelings,
anders
hanteer en aldus gevonnis. So ook is die persoonlike omstandighede
van elk van die beskuldigdes oorweeg asook die erns van
die misdryf,
welke klaarblyklik redelik swaar geweeg het in die lig van die
modus
operandi
waarmee die beskuldigdes te werk gegaan het in die
pleging daarvan asook die omvang van die goedere wat die beskuldigdes
gepoog het
om te steel.
[9] Dit verdien ook
vermeld te word dat alhoewel diefstal inderdaad (as voltooide
misdryf) bewys is, het die staatsaanklaer nooit
die klagstaat gewysig
nie en is die beskuldigdes dan tereg slegs aan poging tot diefstal,
soos hulle aangekla is, skuldig bevind.
Wat vir doeleindes van
vonnis egter in ag geneem kan word, is dat die beskuldigdes op
heterdaad betrap was en dat dit die enigste
rede is waarom die klaers
nie heelwat meer skade gely het in die omstandighede nie.
[10] Wat betref die vraag
of die Strafregwysigingswet van 1997, toepaslik is in die lig die
appèlgronde word die volgende bevind:
10.1 Ten opsigte van die
argument dat Deel II van Bylae 2 na bedrae van onderskeidelik R500
000,00 en R100 000,00 onderskeidelik verwys
synde dat dit slegs na
geld sou verwys, kan die argument nie opgaan nie, vanweë die
volgende:
10.1.1 Dit sou tog tot ‘n
absurditeit lei as die geheel van gedeelte II in oorweging geneem
word. Die genus van die gedeelte wat
begin met die woorde “’n
misdryf wat verband hou met ...”, het klaarblyklik korrupsie in die
algemeen in gedagte, vandaar die
begrippe soos deviese beheer,
afpersing, bedrog, vervalsing, uitgifte, diefstal ensovoorts. Die
gemelde misdrywe is tog nie beperk
tot geld nie alhoewel daar
natuurlik ‘n geldwaarde gekoppel kan word aan die onderwerp wat ter
sprake is in pleging van die misdryf.
10.1.2 Die
Engelse teks van die wet, welke die ondertekende teks is, verwys na
die woord “amounts”, welke in die “New Shorter
Oxford English
Distionary” beskryf word om onder andere te beteken: “the total
to which anything amounts; the total quantity
or number... the full
value... ".
10.2 Ten opsigte van die
argument dat Deel 2 van Bylae II nie poging tot diefstal insluit nie,
is daar wel meriete in geleë. Poging
om ‘n gemeenregtelike
misdryf te pleeg kan in sekere omstandighede, minder blaamwaardig
wees as die voltooide misdryf. Dit bly
egter ‘n selfstandige
gemeenregtelike oortreding. Die wetgewer, alwaar hy sekere minimum
vonnisse voorskryf in sekere gevalle,
verander egter aan die
gemeenregtelike diskresie wat by die regbank gesetel het, ter
oorweging van ‘n gepaste vonnis. Die uitleg
van so ‘n wet moet
dus beperkend wees. Die vraag word ook afgevra waarom die wetgewer
in sekere bylaes, soos byvoorbeeld misdrywe
na verwys in Bylaes 1 en
2 tot die Strafproseswet, nr. 51 van 1977, spesifiek ook na poging
tot die pleeg van daardie misdade in
die bylae genoem, te verwys en
in die onderhawige geval dit sou weglaat. Ook is dit belangrik om
daarop te let dat die bedoeling
van die wetgewer eerstens vasgestel
behoort te word deur die algemene gramitikale betekenis wat aan die
woorde geheg word, in ag
te neem. In hierdie geval sou die wetgewer
as dit sy bedoeling was, die woorde “of poging daartoe” op iets
dergliks gebruik
het.
10.3 Die landdros se
argument dat die woorde in Bylae 2, Deel II: “...wat verband hou
met...”, enige misdryf wat byvoorbeeld
verband hou met diefstal,
daarby sal insluit, meen ek kan nie korrek wees nie. Die rede
hiervoor is dat:
Die woorde “’n
misdryf wat verband hou met...” eerder gesien moet word as ‘n
verwysing na ‘n sekere genus, soos ook hierbo
na verwys. Met
ander woorde misdrywe wat verband hou met korrupsie in die algemeen
en daarna species van die genus, byvoorbeeld
bedrog, vervalsing,
uitgifte, deviese beheer ensovoorts.
Dit moet ook in gedagte
geneem word dat “... verband hou met...” tot ‘n hopelose te
wye interpretasie sou lei en denkbaar
ook misdrywe sou insluit soos
oortreding van artikel 36 en/of artikel 37 van die Algemene
Regswysigingswet, Wet nr. 62 van 1955,
welke klaarblyklik nie die
bedoeling van die wetgewer sou wees nie.
Gevolglik meen ek dat die
landdros fouteer het deur te bevind dat die Algemene
Strafregwysigingswet nr. 105 van 1997 ook op poging
tot diefstal
toepaslik is.
10.4 Dit dien voorts
verder kortliks verwys te word na die feite waarop die appellante
skuldig bevind is deur die streeklanddros.
Die appellante is daaraan
skuldig bevind dat hulle op 15 Januarie 2005 en te Cure Agric,
Kroonstad die besigheidsperseel onder die
beheer van Mnr. Neville de
Bruyn, wederregtelik en opsetlik oopgebreek het en binnegegaan het en
gepoog het om goedere daarin te
steel synde rekenaars en ander items
asook ‘n Toyota Hino trok, ‘n Nissan trok en ‘n Nissan bakkie
ter waarde van meer as R500
000,00. Die appellante het gedurende die
nag van 15 Januarie 2005 toegang verkry tot die betrokke perseel deur
middel van ‘n venster,
die goedere wat hulle wou steel op die
betrokke vragmotors en bakkie gelaai, en is daarna op heterdaad
betrap alvorens hulle die
perseel kon verlaat met betrokke vragmotors
en bakkie. Die skuldigbevinding derhalwe, aan huisbraak met die
opset om te steel en
poging tot diefstal van die goedere sowel as die
vragmotors en voertuig het vir doeleindes van die
Strafregwysigingswet, Nr. 105
van 1997, en wel Deel II van Bylae 2 ‘n
waarde van meer as R500 000,00, en was daar persone in die vorm van
die appellante as groep
ter bevordering van ‘n gemeenskaplike doel
of sameswering betrokke insoverre die pleging van die misdryf betref.
Soos hierbo genoem,
is die appellante egter slegs aan poging tot
diefstal skuldig bevind, en word die voorgaande paragraaf bevestig
insoverre as wat
die landdros fouteer het deur te bevind dat die
algemene Strafregwysigingswet, Nr. 105 van 1997 ook op poging tot
diefstal toepaslik,
nieteenstaande die feit dat bedrae van meer as
R500 000,00 betrokke is of dat ‘n groep of sindikaat ter bevording
van ‘n gemeenskaplike
doel of sameswering die misdryf gepleeg het.
[11] Die volgende vraag
is of die voorgaande mistasting die Hof van Appèl noop om in te meng
ten aansien van die vonnisse opgelê,
veral in die lig daarvan dat
die landdros in ieder geval wesenlike en dwingende omstandighede
bevind het ten einde ‘n mindere vonnis,
as die voorgeskrewe minimum
vonnis op te lê volgens artikel 51(3)(a) van Wet nr. 105 van 1997.
[12] Daar is
geargumenteer dat die blote feit dat die landdros bevind het dat die
Strafregwysigingswet nr. 105 van 1997 met verwysing
na die statutêre
minimum vonnisse, toepaslik is, terwyl dit nie die geval is nie, die
Hof van Appèl noop om van nuuts af vonnis
te oorweeg aangesien die
minimum vonnis deur die wet voorgeskryf, klaarblyklik as ‘n faktor
of uitgangspunt oftewel af vertrekpunt
deur die landdros oorweeg is
by die oplegging van vonnis in die onderhawige geval, deur die vonnis
te verminder in sy diskresie vanaf
die 15 en/of 20 jaar minimum
vonnis deur die Wet voorgeskryf.
[13] In die beslissing
van
S v DZUKUDA
;
S v TILLY
;
S v
TSHILO
2000 (3) SA 229
(W) het Lewis R ‘n volbank
beslissing van die Witwatersrand
S v HOMAREDA
1999 (2)
SACR 319
(W), nagevolg waarin onder andere die benadering vir die
uitoefening van ‘n diskresie met verwysing na artikel 51 van Wet
nr. 105
van 1997 beoordeel is. Ek haal die aanhaling deur Lewis R
vanuit die Homareda-beslissing
supra
, soos dit verskyn op
pagina 242 van Lewis R se uitspraak, hierby aan, welke as volg lees:
g
The correct
approach to the exercise of the discretion conferred on a court in s
51 of the Act, as I see it, may be summarised as
follows:
(1) The starting-point is that the
prescribed minimum sentence must be imposed.
(2) It
is only if a court is satisfied that substantial and compelling
circumstances exist which justify the imposition of a lesser
sentence, that it may do so.
(3) In
deciding whether substantial and compelling circumstances exist, each
case must be decided on its own facts. The Court is required
to look
at all factors - mitigating and aggravating - and consider them
cumulatively.
(4) If the Court concludes in a
particular case that the minimum prescribed sentence is so
disproportionate to the sentence which
would have been appropriate -
bearing in mind that the Legislature perceives the necessity for
sentences emphasising the deterrent
component, but equally bearing in
mind that this does not necessarily lead to an automatic increase of
sentences previously imposed
- it is entitled to impose a lesser
sentence. If the Court is of the view that application of this test
would result in the imposition
of a sentence less than the prescribed
minimum in most cases, it should set in train the process necessary
for the Constitutional
Court to adjudicate upon the constitutionality
of the legislation in question....”
[14] Lewis R bevind egter
ook dat die benadering in die Homareda-beslissing van die hof vereis
om
g
...
to
determine what sentence it would have imposed but for the provisions
of section 51, and then determine whether that sentence is
significantly
less severe than that prescribed by the legislature
.
If it is,
then the
court will find that the sentence prescribed by the legislature is
manifestly unfair, such that substantial and compelling
circumstances
exist which required the court to impose a lesser sentence.”
Vergelyk
S v
DZUKUDA
supra
op 243 C – D.
[15] Laasgenoemde
beslissing het ook natuurlik gehandel met die grondwetlikheid van die
Strafregwysigingswet, welke bevinding deur
die Konstitionele Hof
omvergewerp is op ‘n latere stadium, en is die Wet wat betref die
bepaling van minimum vonnisse grondwetlik
verklaar. Daar word op die
aanhaling vervat in paragraaf 14 hierbo gesteun as synde die siening
van die geleerde Reger as die grondslag
van toepassing van artikel 51
van Wet nr. 105 van 1997. Vergelyk
S v DZUKUDA AND OTHERS
;
S v TSHILO
2000 (4) SA 1078
(CC).
[16] In die beslissing
van
S v KAROLIA
,
2004 (3) All SA 298
(SCA) op 312 C –
E haal die geleerde Appèlregter vanuit die beslissing van
S v
MALGAS
2001 (2) SA 1222
(SCA), die beginsel ter sprake nadat
die Wysigingswet in werking getree het. Die aanhaling wat as volg
lees:
g
First, a court
was not to be given a clean slate on which to inscribe whatever
sentence it thought fit. Instead it was required to
approach that
question conscious of the fact that the Legislature had ordained life
imprisonment or the particular prescribed period
of imprisonment as
the sentence which should
ordinarily
be imposed for the commission of the listed crimes in the specified
circumstances. In short, the Legislature aimed at ensuring severe,
standardised, and consistent response from the courts to the
commission of such crimes unless there were and could be seen to be,
truly convincing reasons for a different response. When considering
sentence the emphasis was to be shifted to the objective gravity
of
the type of crime and the public’s need for effective sanctions
against it.”
[17] In die beslissing
van
S v BRANDT
2005 (2) All SA 1
(SCA) op 5 paragraaf
10 skep die indruk dat die beginpunt vir die oorweging van vonnis dus
die minimum vonnis deur die wetgewer voorgeskryf
is indien daar
bevind word daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om
daarvan af te wyk. Dit word as volg deur die geleerde
Appèlregter
beskryf:
g
For adult
offenders the starting point is the minimum sentence prescribed by
the Legislature. That sentence, which is intended to
be a severe and
standardised one, may only be departed from if there is weighty
justification therefor (
S
v Malgas
2001 (1) SACR 469
(SCA) paragraph 25).... It is for the adult
offender to establish that substantial and compelling circumstances
justifying a departure
are present.”
[18] Dit wil dus vanuit
die voormelde gesag vanaf die Appèlhof blyk dat alhoewel die normale
beginsel by die oplegging van vonnis
soos destyds uiteengesit in
S
v ZINN
1969 (2) SA 537
(A) steeds toepaslik is, daar ‘n
verdere oorweging ter sprake is, naamlik die minimum vonnis soos deur
die wetgewer voorgeskryf
in die Strafregwysigingswet. Dit wil verder
voorkom dat die uitgangspunt sodanige minimum vonnis deur die
wetgewer voorgeskryf behoort
te wees en dat indien daar bevind word
dat daar dwingende en wesenlik omstandighede teenwoordig is, die
betrokke minimum vonnis as
vertrekpunt geneem behoort te word.
[19] In voormelde
omstandighede, en alwaar hierdie hof dus bevind dat die agbare
landdros homself wanvoorgelig het deur te bevind
dat ook poging tot
diefstal ‘n misdryf is wat resorteer onder die
Strafregwysigingswet, sou ‘n Hof van Appèl dus geregtig wees
om ‘n
vonnis van nuuts af te oorweeg aangesien sodanige wanvoorligting
wesenlik van aard is.
[20] Indien
hierdie Hof van Appèl dus as hof van eerste instansie vonnis in
bogemelde aangeleentheid oorweeg het sonder dat die Wet
op Minimum
Vonnisse soos deur die Strafregwysigingswet voorgeskryf, toepaslik
is, en inaggenome al die verskeie faktore en omstandighede
soos wat
die Landdros uitgelig het, sou die Hof van Appèl dus as hof van
eerste instansie dieselfde vonnis opgelê het in die omstandighede
van die vyf beskuldigdes. Alwaar die Hof van Appèl dus geregtig is
in die omstandighede om in te meng met die vonnis vanweë die
wanvoorligting, en die Hof van Appèl nie bereid is om sodanig in te
meng en ‘n ander vonnis op te lê, nie, kom die vraag na skokkend
en onvanpastheid van die vonnis oftewel ‘n “
disturbingly
inappropriate
” vonnis, nie ter sprake
nie.
[21] Bygevolg is ek van
mening dat vir die voorgaande redes, die appèl te behoort te misluk
wat vonnis betref, en word die appèl
van die hand gewys en die
vonnis ten opsigte van al vyf appellante bekragtig.
__________________
P. ZIETSMAN, Wnd R
Ek stem saam.
_______________
S. EBRAHIM, R
Namens die
appellant: Adv. T. B. van Rensburg
In opdrag van:
Die Regsulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. B. G. Claassens
In opdrag van:
Die Direkteur:
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em