About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 50
|
|
Nketoana Plaaslike Munisipaliteit v Ixia Trading (Edms) Bpk (CA&R48/2006) [2007] ZAFSHC 50 (14 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : CA & R
48/2006
In
die appèl tussen:
NKETOANA
PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
Appellant
en
IXIA
TRADING (EDMS) BPK
Respondent
______________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
et
ZIETSMAN, WND R
et
MILTON, WND R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
et
ZIETSMAN, WND R
AANGEHOOR
OP:
11 JUNIE 2007
______________________________________________________
GELEWER OP:
14
JUNIE 2007
[1] Hierdie is ân
appèl, met verlof van die verhoorhof (Rampai R), teen ân bevinding
slegs op die meriete van die eiser (respondent)
se eis teen
verweerder (appellant). Die verhoofhof het bevind dat appellant
teenoor respondent aanspreeklik is vir skade voorspuitend
uit ân
veldbrand op 29 Julie 2002 in die distrik van Reitz.
[2] Die partye is dit
eens dat die enigste wesenlike geskilpunt handel oor die vraag na
waar die brand waarskynlik ontstaan het, hetsy
die suidekant van die
betrokke pad (wat nie die eiendom van verweerder is nie) of die
noordekant van die pad by die skougronde (wat
wel die eiendom van die
verweerder is). Eiser se getuies getuig dat die brand aan die
noordekant ontstaan het; verweerder se saak
is dat dit aan die
suidekant ontstaan het. Die verhoofhof het bevind dat dit aan die
Noordekant ontstaan het, en uitspraak ten gunste
van eiser
(respondent) gegee.
[3] Mnr. Jordaan, vir
appellant, voer aan dat die verhoorhof se bevinding in die guns van
respondent in 20 opsigte beïnvloed is deur
wanvoorligtings:
Die bevinding dat die
getuienis vir eiser aanvaarbaar is omdat daar geen motief aangetoon
is vir die getuies om onwaarhede te verkondig
nie.
Vir hierdie submissie
verwys Mnr Jordaan na paragraaf 46 van die uitspraak waar die
verhoorhof met Du Plessis handel. Die hof sê:
ïg
Du Plessis was
an independent witness. He had no motive to give false evidence. He
readily made concessions
.â
In verband met Rautenbach
sê die hof (volume 4 bladsy 366, paragraaf [52]:
ïg
No ulterior
motive was shown which could possibly have actuated this witness to
deceive the court by giving false evidence
.â
Met verwysing na Tsotetsi
sê die hof in volume 4 bladsy 369 paragraaf [55]:
ïg
[55] Tsotetsi
was relaxed and composed in the witness box. He too did not have any
interest in the outcome of this action. He did
not have any motive
to fabricate a false story in favour of the plaintiff. He answered
the question in a straight forward manner.
My assessment of him as a
witness moved me to regard him as an honest, credible and reliable
witness.â
Die feit dat ân getuie
onafhanklik is en geen motief het om onwaarhede te vertel nie is ân
faktor wat ân hof geregtig is om
in aanmerking te neem by die
beoordeling van die getuienis. Dit is verkeerd om die getuienis te
benader op die basis dat gesê word
dat die getuie geen rede het om
vals getuienis te lewer nie, daarom moet dit geglo word (
SCHULLES
v PRETORIA CITY COUNCIL (1950)
(ongeraporteer, aangehaal in
S
v RAMOCHELA
1997 (2) SASV 494 (O) op 496 d â e). Die
motief om onware getuienis te gee is maar ân enkele faktor wat die
verhoorhof by die
beoordeling van die getuienis in ag neem. Daar is
niks mee verkeerd nie.
(2) Die verhoorhof het
verkeerdelik bevind dat Du Plessis getuig het dat hy met sy terugkeer
na ete die brand aan die suidekant van
die pad gesien het.
Du Plessis se getuienis
is dat die vuur definitief aan die skougronde se kant was
(noordekant). Hy sluit sy hoofgetuienis af deur
te sê dat daar geen
vuur aan die suidekant van die pad was nie (volume 1 bladsy 49 reël
20 â 23). Hy het nie gesien hoe die
vuur ontstaan het nie (volume
1 bladsy 52 reël 12). Hy het geen vuur in die koringland (die
suidekant) gesien nie (volume 1 bladsy
53 reël 9). Ook nadat hy
geëet het het hy niks gesien wat brand aan die suidekant nie (volume
1 bladsy 56 reël 5 â 9).
Hierdie is ân fout wat
die verhoorregter maak, maar dit is nie wesenlik nie. Die kern van
Du Plessis se getuienis is dat die vuur
aan die skougronde se kant
ontstaan het, en dit is onaangetas.
(3) Die verhoorhof het
verkeerdelik bevind dat Rautenbach op die punt was om die skougronde
verby te steek toe hy die tak op die elektriese
kabel sien val.
Mnr Jordaan wys tereg
daarop dat Rautenbach getuig het dat hy ongeveer 500 meter van die
skougronde was toe hy die tak sien val.
Of hy nou 500 meter weg was,
of by die skougronde doen geen afbreuk aan die feit dat Rautenbach
die tak sien val het nie. Dis nie
ân weerspreking nie; die
verhoorhof kon ewegoed gesê het hy was 500 meter weg toe hy die tak
sien val. Die belangrike deel van
sy getuienis is dat hy aan die
suidekant geen rook of brand gesien het nie, maar wel toe hy later
teruggekom het (volume 1 bladsy
60 reël 6 â 9). Hy het wel by die
eerste geleentheid, toe hy die tak sien val en die brand onstaan het,
na die suidekant gekyk
want hy het die trekker daar gesien in die
koringland, welke getuienis Tsotetsi staaf.
(4) Die verhoorhof se
bevinding dat die weerspreking in Rautenbach se getuienis omtrent
presies wat hy gesien en waargeneem het wat
van beduidende aard sou
wees indien die weerspreking andersom geskied het.
Hierdie weerspreking is
dat Rautenbach in hoof van ân vonk gepraat het maar nie in
kruisondervraging nie. Die moontlike teenstrydigheid
word behoorlik
deur die verhoorregter ge-evalueer in paragraaf [49] van die
uitspraak, waar hy korrek opmerk dat dit gaan oor besonderhede,
nie
die wese van sy waarneming nie.
(5) Die verhoorhof se
bevinding dat bome na die brand afgesaag is, aanduidend is van ân
evaluering dat die bome die brand veroorsaak
het (paragraaf [51] van
uitspraak, bladsye 365-266).
Mnr Claasen, vir
respondent sê dat indien na die fotoâs gekyk word, die toestand
van die bome en die kragdrade wat tussen en deur
die takke geloop
het, die verskeidenheid kabels wat al herstel moes word, die vorige
brande wat al bestaan het, die bome wat gedeeltelik
afgebrand is, is
alles aanduidend dat die munisipaliteit bewus was van ân
gevaarsituasie en was die verhoorhof heeltemal korrek
dat dit ân
operasie was om ook toekomstige skade te voorkom.
Die afsaag van die bome
is een van die faktore wat die Hof in ag geneem het; dis nie die
enigste nie. Die verhoorhof was geregtig
om dit in ag te neem.
(6) Die feit dat die Hof
bevind dat die verskil tussen Tsotetsi en die ander getuies oor
wanneer die bome afgesaag is, nie wesenlik
is nie (paragraaf [54]).
Die verhoorhof maak die
punt dat dit nie eiser se saak is dat die tak wat geval en die brand
veroorsaak het, deur verweerder se werknemers
afgesaag is nie. Dan
is die weerspreking tussen Tsotetsi (wat sê dat die werkers ongeveer
8h00 die oggend begin bome afsaag het),
en ander getuies wat die
afsaag eers die middag gesien het, van weinig belang nie. Die
verskil waarmee die verhoorhof handel is
wanneer
begin
is met
die afsaag. Dit gaan oor waarnemings van getuies.
(7) Die verhoorhof se
bevinding dat die bome al voorheen in brand beskadig is, en dat dit
die waarskynlikhede in die eiser se guns
verhoog.
Mnr Jordaan se kritiek
dat die verhoorhof se bevinding op fotoâs gebasseer is, is soos Mnr
Claasen tereg sê, nie korrek nie. Starke
het getuig dat die bome
deur vroeëre brande beskadig is, sowel as verweerder se getuie,
Labuschagne.
Die feit dat die bome
voorheen deur brande beskadig is, en dat die kabels gelas is, toon
dat daar wel voorheen probleme was met drade
en die bome; dis ân
faktor wat die verhoorhof kon oorweeg.
(8) Hoewel die verhoorhof
bevind dat die getuienis van Strydom, eiser se deskundige, in ân
groot mate geneutraliseer is, vind die
Hof steeds dat dit stawing
verleen aan die getuienis namens eiser (paragraaf [68]).
Die verhoorhof
benader die getuienis van Strydom versigtig, neem die swakhede daarin
in ag, en heg dan beperkte waarde daaraan. Daar
is geen fout te vind
met sodanige benadering nie.
(9) Die verhoor se
kritiek op die verdedigingsgetuie, De Jager, dat hy sy getuienis
aangepas het oor die plek waar die brand ontstaan
het, is ongegrond.
Die verhoorhof bevind dat
De Jager in sy hoofgetuienis sê dat die eerste brand wat hy gesien
het nie ver van die tweede paal op die
suidekant was, en dat hy in
kruisondervraging gesê het dat dit 300 â 400 meter wes van die
vliegtuigstoor was 10 meter van die
pad af.
Mnr Claasen sê dat De
Jager aanvanklik getuig het dat die brand ontstaan het waar twee mans
gestaan het, links van die pad.
Dis moeilik om te bepaal
presies watter plek hy bedoel. De Jager was ân swak getuie. Sy
getuienis is onpresies en onduidelik.
Die verhoorhof se kritiek was
geregverdig.
(10) Die verhoorhof
bevind sonder voldoende gronde dat De Jager sy getuienis improviseer.
Mnr Claasen sê De Jager
pas wel sy getuienis aan:
(i) Wat betref die wind,
sê hy so 400-500 meter van die brand af het die âwind begin sterk
opkomâ.
(ii) Hy sê die brand het
âsekerâ oor die pad geklim, hy weet nie of daar vuur aan die
anderkant (regterkant) was nie, hy het
net rook gesien. Op een
stadium sê hy:
ïg
toe
het ek gesien dat vuur het oor die pad gespring
.â
Hy maak nie duidelik of
hy net rook of die vuur ook aan die anderkant gesien het nie. Later
blyk dat hy nie die vuur oor die pad
sien spring het nie.
Die verhoorhof se kritiek
oor hierdie getuienis is geregverdig. Dis allermins duidelik presies
wat De Jager gesien het, en wat hy
aflei.
(11) Die verhoorhof het
bevind dat De Jager ân belang in die saak het aangesien hy vir
verweerder se elektrisiteitsafdeling werk
(wat nie die geval is nie).
De Jager getuig dat hy as
watersuiweringsoperateur vir die appellant werk. De Jager getuig dat
die hoof van elektrisiteit ook sy
hoof is.
Die verhoorhof se
bevinding dat De Jager in die elektrisiteitsafdeling werk is korrek
in die sin dat hy onder die hoof van elektrisiteit
val. Die kritiek
is hoogstens semanties.
(12) Die verhoorhof moes
nie die feit dat De Jager nie onmiddellik probeer het om die vuur te
blus nie, teen De Jager gehou het nie.
Soos Mnr Claasen aanvoer,
die kritiek teen De Jager is geregverdig:
ïg
14.2 Hierdie
hele verhaal van DE JAGER van twee persone wat staan en dat die vuur
onmiddellik by hulle begin as ân klein vuurtjie
kan op geen ander
manier interpreteer word dat DE JAGER probeer oordra dat hulle die
vuur laat ontstaan het nie. Hulle stap daarna
net ewe rustig weg van
hierdie klein vuurtjie.
....
14.4 Hierdie
opmerking is maar een van die vele negatiewe indrukke van DE JAGER
wat uiters swak indruk in die getuiebank geskep het.
Dit sluit
verder aan by sy improvisering van sy getuienis dat hy niks gedoen
het toe die vuurtjie nog ân klein vuurtjie was nie,
baie naby die
pad, en dat hy moes jaag om by die watersuiweringswerke met
betrekking tot chloor te kom. Daar is reeds daarop gewys
dat dit hom
nie vroeër verhoed het om eers te gaan inkopies doen nie.â
(13) Die verhoorhof
bevind verkeerdelik dat Labuschagne gesien het hoe die vuur begin
het.
Die punt wat die
verhoorregter in paragraaf [71] maak, is dat volgens Labuschagne, die
brand aan die suidekant van die pad moes begin
het, want hy het
gesien hoe die brand oor die pad spring na die noordekant.
Hierdie kritiek is
ongeregverdig.
(14) Die verhoorhof het
verkeerdelik bevind dat Labuschagne teruggeskram het in sy getuienis
met betrekking tot die vraag of hy gesien
het toe die vuur oor die
pad spring.
In Hoof is die getuienis:
â
Mnr Labuschagne dat ons dit net
duidelik kry, het u asât ware gesien hoe spring die brand oor?
-
Ja, ek het gesienâ
(Volume 3, bladsy 199
reël 14 â 15).
In kruisondervraging lees
mens:
â
A: Ja, maar soos ek sê volgens my
het hy toe net oorgespring.
V:
Ja, dit is maar ân afleiding wat u maak, né?
A: Ja.â
(Volume 3, bladsy 246
reël 2 â 4).
Die verhoorhof se
bevinding was korrek.
(15) Die verhoorhof het
fouteer deur die feit dat geen rede aangevoer word waarom ân kat
teen die betrokke paal sou opklim nie,
as negatief vir verweerder se
saak te beskou.
Die verhoorhof sê:
â
There seemed to be no obvious
reason, and none was suggested to me, as to what could have prompted
a cat to climb to the top of an
electrical power pylon.â
(Paragraaf [72]).
Mnr Claasen voer korrek
aan dat daar geen aanduidings van ân nes of voëls op die paal.
Daar is geen rede aangevoer hoekom die
kat op daardie paal sou gaan
klim het nie. Dis net een van die vele aspekte wat die verhoorhof
vermeld in sy deeglike oorweging
van al die faktore.
(16) Die hof het fouteer
deur te veel waarde te heg aan die aantekening op bewysstuk âXâ
dat die brand by die skougronde was.
Mnr Jordaan sê bewysstuk
âXâ gee nie voor om die onstaanbron van die brande te
identifiseer nie, maar wel die omgewing. Dit
sou ewe maklik wees om
te sê âoorkant skougrondeâ. Dis weereens maar net een van die
faktore wat die verhoorhof oorweeg.
Dit is ook belangrik om
daarop te let dat Van der Walt nie die bewysstuk voltooi het toe hy
die oproep ontvang het nie. Toe hy die
vorm âXâ invul was die
brand al afgeloop.
Hierdie was ân faktor
wat die verhoorhof geregtig was om in ag te neem, soos hy doen in
paragraaf [72], as een van die faktore.
(17) Die verhoorhof
fouteer deur die verweerder se weergawe dat die kragonderbreking
reeds om ongeveer 11h00 plaasgevind het te verwerp
op grond daarvan
dat verweeder se rekords dit nie bewys nie; die verhoorhof ignoreer
die direkte getuienis daaromtrent.
Die verhoorhof handel in
paragraaf [72], waarna hierdie beswaar verwys, met die vraag of daar
11h00 ân kragonderbreking was, en
gee drie redes aan waarom dit nie
aanvaar kan word, waarvan die afwesigheid van rekords maar een is.
Die âdirekte getuienisâ
waarna Mnr Jordaan verwys, waarop die verhoorhof volgens hom moes
gesteun het, was hoorsê getuienis:
â
Kan u onthou wanneer dit was wat u
die oproep ontvang het? --- Dit was net na elf gewees wat ons die
oproep by hom ontvang het.
Het
u die tyd aangeteken? --- Op daardie oomblilk het ons nie die tyd
aangeteken nie, maar ons het wel die tyd, na die tyd by Riemland
gekry.â
Labuschagne getuig oor
die tyd wat die krag af was, naamlik naby 11h00. De Jager,
verweerder se ander getuie, dra nie ân horlosie
nie, en steun vir
sy tydsbepaling op die horlosie in sy voertuig en die tyd wat hy sê
hy sy lesings geneem het by die reservoirs
voor hy winkel toe is. ân
Mens moet onthou dat baie van die verwysings na tyd skattings is.
Hierdie beswaar doen nie afbreuk
aan die uitspraak nie.
(18) Die verhoorhof
bevind verkeerdelik dat Labuschagne getuig het dat stukke afgebrande
aluminium op die grond langs die kat gekry
is.
Labuschagne getuig
inderdaad dat hy geen aanduiding van ân stuk metaal op die grond
gekry het nie.
Mnr
Claasen verduidelik dat hierdie bevinding van die verhoorhof in die
konteks van die hele paragraaf gelees moet. Labuschagne se
getuienis
is dat daar wel fyn stukkies aluminium (âfyn vonkiesâ) is, en dus
moet val, waar die draad afbrand.
Hierdie kritiek is nie
geregverdig nie.
(19) Die Hof fouteer deur
Labuschagne se getuienis dat die fotoâs van die paal geneem is
weens die buitengewone aard van die voorval,
bloot omdat die Hof van
mening is dat die primêre doel van die neem van die fotoâs is om
getuienis vas te lê.
Soos Mnr Claasen sê
LABUSCHAGNE het geweet dat hierdie brand kilometers ver na plase
versprei en dat daar erge beskadiging van eise
teen die
munisipaliteit kan ontstaan. Hy het dit inderdaad voorsien. Daarom
is sy verduideliking van die fotoâs omdat dit iets
interessant is,
onoortuigend. Die videokasset wat toon dat die koppelkabels af was,
het skynbaar verlore geraak. Daarvan is nooit
in hoofverhoor melding
gemaak nie. Hy kan geen verduideliking gee waarom hulle reeds
herstelde drade afneem, wat niksseggend is.
Hierdie kritiek raak ân
sekondêre aspek van die saak: die saak gaan oor die brand; die
neem van fotoâs gaan oor bewys en geloofwaardigheid
van getuienis.
Labuschagne se getuienis is onoortuigend, soos die verhoorhof korrek
bevind, en die verhoorhof se kritiek is in die
kol.
(20) Die verhoorhof
bevind verkeerdelik dat Labuschagne reeds bewus was daarvan dat die
gebreekte kabel by die skougronde nie die
kragonderbreking veroorsaak
het nie, op die stadium toe Labuschagne terug is na die substasie om
die krag te probeer aanskakel.
Hierdie is ook ân
sy-aspek, en behels geen wanvoorligting wat die verhoorhof se
bevinding verwater nie. Dit raak wel die kernvraag
oor waar die
brand ontstaan het, waarmee ons vervolgens handel.
[4] Die vernaamste
getuienis wat oorweeg moet word ten aansien van die oorsprong van die
brand, m.a.w. of dit noord van die Petrus
Steyn/Reitz teerpad of suid
daarvan begin het, is welke direkte getuienis daar bestaan en indien
geen aanvaarbare direkte getuienis,
op welke omstandigheidsgetuienis
so ân bevinding gemaak kan word.
[5] Die
direkte getuienis in hierdie verband bestaan uit die volgende:
5.1 Mnr. L.S. du Plessis,
wie getuig het dat hy vanaf Petrus Steyn op pad na Reitz was ongeveer
12h00 die dag van die 29ste Julie
2002. Hy getuig voorts dat hy ân
brand aan die linkerkant van die pad, soos hy gery het, opgemerk het
wat so 15 na 20 meter in
deursnee was. Laasgenoemde dus aan die
noordekant van die teerpad waar die skougronde, wat aan verweerder
behoort, geleë was.
Hy is seker dat daar nie vuur aan die
regterkant van die pad (oftewel suidekant van die teerpad), was nie.
5.2 Mnr.
H.W. Rautenbach, wie getuig het dat hy vanaf Petrus Steyn na Reitz
onderweg was op dieselfde dag en net na die vierrigtingstop,
in die
rigting van Reitz, hy gesien het hoe ân tak van een van die
Bloekombome aan die linkerkant van die pad (dus noord van die
teerpad), afbreek en op die kragdrade val en ân vonk veroorsaak wat
die veld aan die brand steek. Hy het na Van Zyls Staalwerke
gery,
aangesien hy daarheen op pad was en hulle versoek om dit te
rapporteer.
5.3 Mnr.
D. Tsotetsi, wie getuig het dat hy op ân trekker gewerk het op die
betrokke dag in die koringlande aan die suidekant van
die teerpad en
dat hy omstreeks 8h00 die oggend, gesien het toe munisipale amptenare
van die Bloekombome aan die noordekant van die
pad afsaag, en getuig
hy ook dat hy later gemerk het ân boomtak het op die kragdrade
geval waarna daar vuur by die bome begin het.
5.4 Mnr.
P.J. de Jager getuig dat hy vanaf Reitz in die rigting van Petrus
Steyn gery het en gemerk het dat daar twee mense ± 10
meter van die
teerpad aan sy linkerkant gesien is, welke gesels het met mekaar (dus
die suidekant van die teerpad), en dat daar in
hulle onmiddellik
omgewing daar vlamme begin brand het, welke toe hy ân ent verder
ry, oor die pad na die regterkant gespring het.
5.5 Die
eersgenoemde drie getuies het vir die eiser getuig terwyl die
laasgenoemde getuie namens die verweerder geroep was.
[6] Die
omstandigheidsgetuienis deur verweerder aangebied, is dat daar ân
snaakse verskynsel na vore getree het wat na die brand
ontdek was.
Laasgenoemde hou in dat na die brand, Mnr. Labuschagne wie verbonde
is aan die elektrisiteitsafdeling van die munisipaliteit,
ân
koppeldraad bo-op ân paal, welke ongeveer die derde paal vanaf die
teerpad af is aan die suidekant, moes vervang het alwaar
daar
klaarblyklik ân kortsluiting was. Sy getuienis is dat hulle ân
dooie kat aan die onderkant van die paal gevind het, welke
volgens
hom waarskynlik bo-op die paal moes doodgeskok het. Sy waarnemings
is ook dat dit moontlik die brand veroorsaak het aan
die linkerkant
oftewel die suidekant van die pad. Hy sê ook dat die kragdrade aan
die noordekant van die pad by die Bloekombome
gebreek was, maar kon
geen tekens van brandskade wat sigbaar sou wees as daar ân
kortsluiting was, opmerk by laasgenoemde drade
nie. Sy getuienis is
ook dat indien die kat bo-op die paal ân geleier was, welke tot die
kortsluiting gelei het, daar ân vuurbol
van minstens twee meter
sigbaar sou wees vanweë die hoë kragtoevoer wat deur die drade
gelei word. Dit is ook uit die fotoâs
duidelik dat die kat nie
verbrand het nie en dat daar gras teen die paal en onder die kat was
wat nie gebrand het nie.
[7] Volgens Mnr. Jordaan
is laasgenoemde die meer waarskynlike oorsaak van die brand op die
betrokke dag en dat die brand toe vinnig
na noord versprei het as
gevolg van die sterk wind en oor die pad gespring het na die
skougronde aan die linkerkant (oftewel die
noordekant) van die pad.
[8] Alhoewel
omstandigheidsgetuienis wel waarskynlikhede kan beïnvloed, behoort
die eerste vraag te wees of daar direkte getuienis
oftewel
ooggetuienis bestaan waarop die hof ân bevinding kan maak. Dit
dien daarop gewys te word dat direkte getuienis, getuienis
is van die
waarneming van ân feit in geskil, terwyl omstandigheidsgetuienis,
getuienis is van die waarneming van ân feit waaruit
ân afleiding
omtrent ân feit in geskil gemaak kan word. Direkte getuienis
verskaf dus onmiddellike bewys terwyl omstandigheidsgetuienis
slegs
middellike bewys verskaf. (Vergelyk Schmidt:
Bewysreg
, 4de
Uitgawe, p.4.)
[9] Alhoewel daar kritiek
uitgespreek is teenoor die getuienis van Tsotetsi en Du Plessis,
welke nie altyd geregverdig is nie, was
daar geen regverdiging vir
enige kritiek teenoor die getuienis van Rautenbach nie. Daarteenoor
was die getuienis van De Jager tereg
deur die verhoorhof verwerp as
ongeloofwaardig.
[10] Die gevolg van
voormelde is dat daar ten minste aanvaarbare direkte getuienis ten
aansien van die oorsprong van die brand bestaan
deur die getuienis
van Rautenbach wat in ân groot mate deur ten minste die getuienis
van Du Plessis gestaaf word. Laasgenoemde
getuienis pas ook in by
die waarskynlikhede en die algemene waarnemings die betrokke dag.
[11] Die
omstandigheidsgetuienis waarop die respondent steun pas ook nie in by
die waarskynlikhede vanuit die balans van die getuienis
nie, so
byvoorbeeld:
(a) De Jager se getuienis
verskil wesenlik van Labuschagne sân ten aansien van die plek aan
die linkerkant van die pad waar die
brand sou begin het;
(b) De
Jager beweer dat die twee persone, nieteenstaande die ontstaan van
die vlamme doodluiters sou wegloop, klaarblyklik onbewus
daarvan.
Laasgenoemde veral inaggenome ân twee meter grootte vuurbol wat sou
ontstaan het toe die kat die kortsluiting sou veroorsaak
het.
(c) Die
kat het nie verbrand nie, en so ook nie die gras teen die paal waar
die kat gelê het nie.
[12] Gevolglik is op ân
oorwig van waarskynlikhede deur die eiser bewys dat die brand op die
gronde van die munisipaliteit begin
het en dat die oorsaak daarvan
toegeskryf kan word aan verweerder se versuim om die betrokke
Bloekombome sodanig in stand te hou
dat die elektrisiteitsdrade wat
daardeur loop, nie daardeur beskadig kan word, welke ân brand tot
gevolg sal kan hê nie.
[13] Die bevinding van
die hof
a quo
is nie aanvegbaar en behoort die appèl te
misluk.
[12] Die
appèl word van die hand gewys met koste.
___________________ ___________________
A. KRUGER, R
P. ZIETSMAN, WND R
Ek
stem saam.
________________
D. MILTON, WND R
Namens
die appellant: Adv. A.F. Jordaan SC
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/em