About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 111
|
|
Badenhorst v Liberty Group Properties (Edms) Beperk (A1/06) [2007] ZAFSHC 111 (7 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer : A1/06
In
die appèl tussen:-
S
J BADENHORST
Appellant
en
LIBERTY
GROUP PROPERTIES
Respondent
(EDMS)
BEPERK
_______________________________________________________
CORAM:
MALHERBE RP
et
RAMPAI
R
et
VAN
DER MERWE R
_______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
7
MEI 2007
_______________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE R
_______________________________________________________
GELEWER
OP:
7
JUNIE 2007
_______________________________________________________
[1] Die
appellant het die respondent in die verhoorhof op grond van delik
aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond daarvan
dat die
appellant op 29 Mei 2000 op ân gladde vloeroppervlakte in die
Liberty Life winkelsentrum te Welkom (âdie sentrumâ)
sou gegly en
geval het. By die aanvang van die verhoor het die verhoorhof by
ooreenkoms tussen die partye gelas dat die geskilpunte
met betrekking
tot
quantum
van skadevergoeding oorstaan vir latere beregting en dat alle ander
geskilpunte tussen die partye aanvanklik afsonderlik bereg word.
Na
afloop van die verhoor op hierdie geskilpunte het die verhoorhof
absolusie van die instansie met koste teen die appellant beveel.
Verlof om teen hierdie uitspraak en bevel te appelleer is deur die
verhoorhof geweier, maar daarna het die Hoogste Hof van Appèl
op
versoekskrif verlof aan die appellant verleen om na die Volle Hof van
hierdie Afdeling te appelleer.
[2] In ân besonder
kriptiese voorbehoue uitspraak het die verhoorhof teen die appellant
bevind op ân enkele punt wat soos volg
in die uitspraak gestel is:
â
[5] The issue that I am called upon
to decide in this case is accordingly one of causation, that is what
exactly was it which caused
the plaintiff to fall? That being the
case and there being no evidence whatsoever placed before me of the
kind of rubber-soled shoes
which the plaintiff alleges she had been
wearing at the time, I find that the probabilities in this matter are
evenly balanced.
Since there is no evidence upon which I might find
for the plaintiff, the defendant is absolved from the instance and
the plaintiff
is ordered to pay the defendantâs costs of suit.â
[3] Afgesien
daarvan dat kousaliteit bepaald nie die enigste vraag vir beslissing
voor die verhoorhof was nie, bevat die voormelde
passasie ân
wesenlike wanvoorligting op die feite. Die appellant het inderdaad
volledige en duidelike getuienis afgelê aangaande
die aard en
toestand van die skoene wat sy op die betrokke dag gedra het.
Hierdie hof is gevolglik geroepe om die aanspreeklikheid
al dan nie
van die respondent opnuut op die rekord te oorweeg.
[4] Behalwe die appellant
het in haar saak ook getuig Mnr. André Wessels, Me Charlene van der
Merwe en Me Berta Wilhelmina van Heerden.
Mnr. Wessels is ân
argitek en het as sulks deskundige getuienis afgelê. Namens die
respondent het Mnr. Kobus Greyling getuig.
Hy is in diens van die
respondent en is sedert Oktober 2000, d.w.s na plaasvind van die
onderhawige voorval, die bestuurder van
die sentrum.
[5] Die sentrum is ân
groot moderne winkelsentrum. Dit het vier hoofingange vanaf die
straat sowel as twee vanaf die kelderverdieping.
Dit het breë
deurgangareas of gange waarlangs handelsware van winkels deur groot
glasvertoonvensters uitgestal word. Die respondent
is die eienaar
van die sentrum en in beheer daarvan. Op hierdie wyse word die
algemene publiek asât ware deur die respondent tot
die sentrum
uitgenooi. In die omstandighede is dit myns insiens duidelik dat op
grond van die gemeenskapsoortuiging ân regsplig
op die respondent
rus om deur redelike stappe in die omstandighede te verhoed dat lede
van die publiek wat die sentrum besoek, beseer
word deur of as gevolg
van die aard of toestand van die sentrum self. Anders gestel, indien
ân lid van die publiek as gevolg van
die nalatige versuim van die
respondent deur of as gevolg van die toestand van die sentrum beseer
word en skade ly, sal daardie versuim
onregmatig wees. Die bestaan
van so ân regsplig en derhalwe bewys van die element van
onregmatigheid, is nie by die verhoor of
voor ons in geskil geplaas
nie.
[6] Gevolglik is die vrae
vir beslissing na my oordeel of die vloeroppervlakte in die sentrum
ân gevaar geskep het, of die appellant
as gevolg daarvan geval het
en beseer is, en indien die antwoord op beide vrae positief is, of
die respondent nalatig was.
[7] Die vloeroppervlakte
van die gange van die sentrum is bedek met vloerteëls. Hierdie
vloerteëls is vervang teen die einde van
1999. Twee tipes
vloerteëls is toe gebruik. Die een tipe teël is beskryf as
okerkleurig, ongeveer 290 mm x 290 mm groot en die
ander tipe is ân
swart teël van ongeveer 290 mm x 100 mm. Die swart teëls is as ân
inleg gebruik op so ân wyse dat elke
ongeveer 9 vierkante meter
okerkleurige teëls (d.w.s. elke vierkant met sye van ongeveer 3
meter elk) omsoom is met ân ry van
die swart teëls.
[8] Mnr. André Wessels
is ân baie ervare argitek. Volgens sy onbetwiste getuienis was hy
as argitek betrokke by letterlik duisende
vierkante meters van
kleinhandelareas, winkels en kantore. Hy het getuig dat die groter
okerkleurige teëls ân redelike growwe
oppervlakte het en dus
voldoende glyvry is om vir gebruik in ân winkelsentrum soos die
onderhawige gespesifiseer te word. Hy het
getuig dat die swart
vloerteëls egter hoëglansteëls is, wat so glad is soos glas. Hy
het getuig dat sulke gladde teëls nie in
ân winkelsentrum soos die
onderhawige op die vloeroppervlakte van die openbare gange gebruik
moet word nie, omdat dit ân onredelike
gevaar van gly vir die
publiek inhou. Hy het getuig dat dit in besonder so is omdat in die
sentrum die aandag van die publiek asât
ware weggetrek of weggelei
word van die vloeropppervlakte na die vertoonvensters. Sy getuienis
was verder dat die probleem vererger
is in die sentrum omdat die
okerkleurige teëls ân gevoel van sekuriteit vir die voetganger
skep sodat gevaarlike of gladde teëls
nie verwag word nie.
[9] Die getuienis van
Mnr. Wessels is bevestig deur dié van Me Van der Merwe en Me Van
Heerden. Me Van der Merwe het as ân haarkapper
gewerk in die
sentrum en het dus dikwels oor die onderhawige teëls geloop. Sy is
23 jaar oud. Sy het getuig dat die swart teëls
baie glad is en dat
sy dikwels daarop gegly het, ongeag die tipe skoene wat sy aangehad
het, selfs met tekkies. Sy het getuig dat
dieselfde in haar
teenwoordigheid dikwels gebeur het met ân dame wat saam met haar
gewerk het. Sy het vertel dat sy kort voor
die verhoor nuwe skoene
met rubbersole by Foschini gekoop het en dat toe sy die volgende dag
daarmee in die sentrum geloop het, sy
ook gegly het. Me Van Heerden
was vir jare voor en nadat die vloerteëls aan die einde van 1999
vervang is, werksaam in die sentrum
waar sy ân bestuursposisie
beklee het. Sy het getuig dat die genoemde swart vloerteëls baie
glad is en dat sy self by geleentheid
as gevolg van die gladheid
daarvan daarop gegly het. Die verhoorhof het nie die getuienis van
Me Van der Merwe gekritiseer of verwerp
nie en daar is myns insiens
geen rede om dit nou te doen nie. Dit is nie die getuienis van Me
Van der Merwe dat sy gly-gly deur
die sentrum beweeg het, soos wat
dit namens die respondent gestel is nie. Die effek van haar
getuienis is dat sy meermale op die
swart teëls gegly het wanneer
haar aandag nie op die vloer was nie. Me Van der Merwe is ân
totaal onafhanklike getuie wat getuienis
van haar eie ervarings en
waarnemings volgens die rekord op oortuigende wyse afgelê het. Die
advokaat vir die respondent het gedurende
kruisverhoor van Me Van
Heerden in opdrag van die respondent uitdruklik nie die
geloofwaardigheid van Me Van Heerden aangeveg nie.
[10] Mnr. Greyling het
getuig dat sy kantoor in die sentrum is, dat hy daagliks op die
betrokke vloeroppervlakte beweeg en selfs daarop
gehardloop het, maar
nooit gegly of geval het nie. Hy het ook gesê dat ondanks die feit
dat ongeveer vyf miljoen lede van die publiek
per jaar die sentrum
besoek, hy in die ongeveer vier jaar waartydens hy tot by die verhoor
bestuurder van die sentrum was, geen klagtes
ontvang het met
betrekking tot die vloeroppervlakte nie en dat hy ook geen rekord
gevind het van sodanige klagtes ten opsigte van
die tydperk voordat
hy diens in die sentrum aanvaar het nie.
[11] Dat Mnr. Greyling
self nie in die sentrum gegly of geval het nie, beteken op sigself
nie veel nie. Dit is vanselfsprekend dat
die lede van die publiek
wat die sentrum besoek, uiteenlopend van aard is en dat sommige
lomper en minder oplettend as ander is.
Dat lede van die publiek nie
amptelik by die sentrum gekla het oor die vloeroppervlakte daarvan
nie, beteken ook nie dat die swart
vloerteëls nie glad was nie.
Afgesien van die voormelde getuienis blyk dit dat klante inderdaad by
Me Van Heerden daaroor gekla
het en deur haar na die sentrum se
kantoor verwys is. Daar het ook op 14 Desember 1999 ân brief in
Vista verskyn wat neerkom op
ân klagte dat die swart teëls
gevaarlik glad is. Die vraag hier is natuurlik nie of die inhoud van
die klagtes of brief waar
is nie, maar watter gewig geheg kan word
aan die respondent se getuienis dat daar nie sulke klagtes was nie.
Mnr. Greyling het toegegee
dat Mnr. Wessels beter bevoeg is as hy om
ân opinie uit te spreek oor die aanvaarbaarheid al dan nie van die
vloerteëls in die
omstandighede waarin dit gebruik is. Vir sover
Mnr. Greyling gepoog het om die getuienis van Me Van der Merwe en Me
Van Heerden
teen te spreek, kan sy getuienis myns insiens nie aanvaar
word nie. Mnr. Greyling was ân besonder onobjektiewe getuie. Hy
het
byvoorbeeld gesê dat dit onmoontlik is om met ân rubbersool op
die swart teëls te gly en het geweier om toe te gee dat die
vloeroppervlakte
van die sentrum nie altyd absoluut stofvry kan wees
nie. Veral belangrik vir my in hierdie verband is sy getuienis met
betrekking
tot die aard van die oppervlakte van die teëls. Dit was
nooit namens die respondent in geskil geplaas dat die swart teëls
glad
is nie, trouens dit is aan Me Van Heerden in kruisverhoor gestel
dat dit gemeensaak is dat dit die geval is. Nogtans het Mnr.
Greyling
herhaaldelik getuig dat die swart teëls net glad lyk, maar
in werklikheid nie gladde teëls is nie. Op ân stadium het hy
selfs
probeer voorhou dat die okerkleurige vloerteëls en die swart
vloerteëls ongeveer dieselfde oppervlakte het, iets wat selfs op die
fotoâs wat ingehandig is, ooglopend nie korrek is nie.
[12] Ek kom dus tot die
gevolgtrekking dat die gebruik van die swart vloerteëls in die
sentrum in die voormelde omstandighede, ân
gevaar vir die algemene
publiek geskep het.
[13] Die
appellant het getuig dat terwyl sy normaalweg reguit op die betrokke
dag in ân gang in die sentrum gestap het, haar voete
onder haar
uitgegly het as gevolg waarvan sy op haar sitvlak te lande gekom het
en beseer is. Sy het Green Cross skoene, ân tipe
mediese skoen,
aangehad met rubbersole wat in ân goeie toestand was. Sy het na
die val probeer vasstel wat haar laat gly en val
het en het toe op
een van die swart teëls ân merk gesien wat deur haar skoen gemaak
is. Sy het opgemerk dat die teëls besonder
glad is. Daar was geen
nattigheid, vuiligheid of iets dergliks op die vloer nie. Derhalwe
het sy tot die gevolgtrekking gekom dat
sy op die gladde swart teëls
gegly het en daarom geval het. Die getuienis van die appellant is
nie deur direkte getuienis teengespreek
nie en daar is geen rede
waarom dit nie aanvaar kan word nie. Dit is voldoende om te sê dat
op die getuienis die meer natuurlike
en aanvaarbare gevolgtrekking
dan enige ander is dat die appellant as gevolg van die gladde swart
teëls beseer is. Dit is gevolglik
op ân oorwig van
waarskynlikhede aangetoon dat appellant beseer is as gevolg van die
gevaar wat deur die swart teëls geskep is.
[14] Soos gemeld het die
swart teëls ân wesenlike gevaar vir die algemene publiek geskep.
Ek is op die getuienis tevrede dat die
respondent redelikerwys
behoort te voorsien het dat lede van die publiek beseer mag word as
gevolg van die gevaar van gladde teëls
en redelikerwys daarteen
behoort te gewaak het. Dit is gemeensaak dat die respondent geen
sodanige voorsorgmaatreëls getref het
nie. Dit is tereg deur Mnr.
Greyling toegegee dat ân goedkoop en effektiewe voorsorgmaatreël
sou wees om waarskuwingsborde by
elk van die ses ingange tot die
sentrum aan te bring. Hierop kon maklik duidelik op die gevaar van
gladde teëls gewys gewees het
en tot versigtigheid gemaan gewees
het. Nalatigheid aan die kant van die respondent is na my oordeel
dus bewese.
[15] Dit volg dat die
appèl moet slaag met koste. Namens die respondent is na my oordeel
tereg nie aangevoer dat bydraende nalatigheid
aan die kant van die
appellant bewys is nie.
[16] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Die appèl slaag met
koste.
Die verhoorhof se bevele
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â
(a) Dit word bevind
dat die verweerder aanspreeklik is om die eiseres te vergoed vir
sodanige skade as wat die eiseres mag bewys sy
gely het as gevolg van
haar val in die verweerder se winkelsentrum op 29 Mei 2000;
(b) Die
verweerder word gelas om die eiseres se koste van die verhoor te
betaal.â
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
______________
M.H. RAMPAI, R
Namens
appellant: Adv. C. Ploos van Amstel SC
In opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. P.C.F. van Rooyen SC
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp