Tomanyane v S [2007] ZAFSHC 49 (7 June 2007)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Dolus eventualis — Appellant convicted of murder after assaulting deceased who was found in his vehicle — Appellant claimed self-defense but evidence showed prolonged assault leading to death — Court found appellant's version implausible and upheld conviction. Appellant, a 45-year-old security officer, was convicted of murder for the death of Johannes Lubbe, whom he found in his vehicle outside his home. Witnesses testified to hearing the deceased crying and being assaulted over several hours. Appellant argued he acted in self-defense, claiming the deceased attempted to steal his vehicle, but the court found this defense unconvincing given the evidence of a sustained attack. The legal issue was whether the appellant's actions constituted murder with dolus eventualis, given the circumstances of the assault and the evidence presented. The court held that the appellant was guilty of murder, affirming the conviction and sentence of 10 years imprisonment, as the evidence demonstrated he acted with the foresight that his actions could result in death.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 49
|

|

Tomanyane v S [2007] ZAFSHC 49 (7 June 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A62/2007
In
die appèl van:
THOTHANYANE
ISAAC TOMANYANE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
MALHERBE,
RP
et
EBRAHIM, R
AANGEHOOR OP:
21
MEI 2007
UITSPRAAK:
MALHERBE,
RP
GELEWER OP:
7
JUNIE 2007
Appellant is ‘n
45-jarige man wat in die Streekhof tereggestaan het op ‘n aanklag
van Moord op ene Johannes Lubbe. Hy was deur
‘n prokureur
verteenwoordig en het onskuldig gepleit op die aanklag. Hy is egter
skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot
10 jaar gevangenisstraf.
Hierdie appèl is gemik teen beide die skuldigbevinding en vonnis.
Die feite van hierdie
saak is betreklik eenvoudig: Mnr. Jakob Tamako en sy vrou Josephine
is onderskeidelik 39 en 38 jaar oud. Hulle
woon direk langs
appellant. Albei getuig dat hulle ongeveer 2 v.m. die betrokke nag
vanuit hulle huis gehoor het dat daar iemand
huil buite appellant se
huis. Beide van hulle het opgestaan en na appellant se huis gestap.
Hulle tref hom in sy erf aan waar hy
by ‘n bebloede persoon (wat
later geblyk het die oorledene te wees) gestaan het. Die oorledene
was die persoon wat hulle hoor
huil het. Hy het op sy rug gelê en
sy hande was voor sy bors geboei. Appellant het half gebukkend oor
hom gestaan en hom vasgehou.
Naby appellant se voete het ‘n
vuurwapen gelê. Op Jakob se vraag wat fout is, het appellant
geantwoord dat hy oorledene in sy
motorvoertuig gekry het wat direk
buite sy huis by sy voordeur geparkeer was, klaarblyklik op die punt
om dit steel. Jakob en sy
vrou is terug na hulle huis om verder te
gaan slaap. Die res van die nag, getuig Jakob, het
“
daardie persoon aanhoudend gehuil
tot om en by vyfuur se kant. Toe het dit eers stil gewees ...
deur
die loop van die nag het ek ‘n geluid gehoor van ‘n persoon wat
aangerand word en hy het gehuil ....
dit
klink soos houe ....
ons
het nie weer gaan kyk nie.”
Teen ongeveer 6 v.m. het
appellant by hulle deur kom klop. Josephine het oopgemaak, met
appellant gepraat en later ‘n rapport aan
Jakob gemaak met
betrekking tot haar gesprek met appellant. Ongeveer 7 v.m. is beide
Jakob en Josephine weer na appellant se huis.
Daar was heelwat ander
mense ook teenwoordig. Oorledene het op sy rug gelê. Hy was reeds
dood en sy hande was nie meer geboei
nie.
Josephine
staaf haar man in alle wesenlike opsigte. Al wat sy byvoeg tot Jakob
se getuienis is dat appellant teen 6 v.m. toe hy by
hulle deur geklop
het, vir haar gesê het
“
... die persoon wat hy aangerand
het, is oorlede ...
En hy het toe vir ons meegedeel dat as
die mense in die omgewing vir ons vra of die Polisie ons kom vra, ons
moet hulle moet sê dat
die mense wat uit die sjebeen uitgekom het,
dit is hulle wat hom aangerand het...”
Die oorledene is dood as
gevolg van veelvuldige beserings wat met stomp geweld toegedien is.
Ek haal die opsomming van die beserings
aan uit die
lykskouingsverslag van Dr. Monatisa:
g
4.
External
appearance of body and condition of limbs:
4.1 Fully clothed body of an adult
black male.
4.2 Multiple
blunt trauma injuries as per the diagrams.
4.2.1 Laceration of the scalp over the
vertex 58 mm long, 6 mm wide and undermined 15 mm deep below the left
margin (reference to
the decedent).
4.2.2 Laceration
of the scalp over the rigth frontal area 30 mm long and undermined 40
mm below the right margin (reference to the
decedent).
4.2.3 Laceration
of the schalp of the left temporal area 40 mm long, 15 mm wide and 10
mm deep.
4.2.4 Laceration
of the left cheek on the lateral aspect 25 mm long, 10 mm wide and 10
mm deep.
4.2.5 Abrasions
of the face on the left side of the nasal bridge; the lateral aspect
of the right cheek.
4.2.6 Abrasions
of the neck below the angle of the jaw on the left side and on the
right of the anterolateral aspect of the base of
the neck.
4.2.7 Multiple
deep impact abrasions of the front of the chest on both sides.
4.2.7.1 The abrasions had tram line
patterns, consistent with being inflicted by an elongated blunt
object, e.g. a rod.
4.2.8 Tram line deep impact abrasion
of the right lateral aspect of the lower chest.
4.2.9 Mutiple
impact abrasions of the back of the trunk and on the buttocks and the
back of the thights with tram line patterns.
4.2.10 Constusions
of the back of the trunk and on the buttocks.
4.2.11 Contusion
of the right forearm on the posterior and lateral aspects.
4.2.12 Contusions of the lower limbs
on the front of the right thigh, the medial aspect of the right leg
and lateral aspects of the
left thigh and leg.
4.2.13 Mutiple deep impact abrasions
of the front of both knees and legs.
4.2.14 Fracture
of the left tibia in the middle third of the leg.
4.2.14.1 The fibula adjacent to this
tibia was intact.”
Wat
sy borskas betref, het die geneesheer die volgende bevind:
g
10.
Thoracic
cage and diaphragm:
10.1 Fractured rib 9, 10, 11 and 12 of
the left side on the lateral aspect of the chest.
10.2 Contusions
of the intercostal muscles of the right lower region from rib 8 to
tib 10.”
Die
longe was ook gekneus. Daar was 14 aparte areas van die liggaam wat
beseer is en ongeveer 42 aparte beserings.
Appellant het destyds
gewerk as ‘n sekuriteitsbeampte. Hy getuig dat hy ongeveer 2.15
v.m. die betrokke nag by sy huis aangekom
het van die werk af en sy
motor by die voordeur geparkeer het. Net toe hy in die bed klim,
hoor hy ‘n geluid wat klink of dit
sy motor se deur is wat
toegemaak word. Hy het sy dienspistool geneem en na buite gegaan.
Oorledene het agter die motor se stuurwiel
gesit. Hy het oorledene
beveel om stil te sit sodat hy die Polisie kon ontbied. Oorledene
het egter uit die kar geklim en hom vasgegryp.
Hulle het begin
stoei. Appellant se vuurwapen het op die grond geval. Hulle het al
stoeiende tot by die hek van die perseel gevorder.
Op daardie
oomblik het 4 of 5 mans vanuit ‘n nabygeleë drinkplek gekom.
Hulle was met kieries gewapen. Op hulle vraag wat aangaan,
het
appellant gesê dat hy oorledene in sy motor betrap het, waarna
hierdie persone die oorledene met hulle kieries aangerand het.

Appellant het probeer keer en die Polisie op sy selfoon probeer
ontbied. Die aanvallers is daar weg en hy het die oorledene in
sy
erf ingesleep en geboei. Oorledene is later dood en die Polisie en
ambulans het nog later opgedaag en oorledene verwyder.
Appellant
erken dat Jakob en Josephine in die loop van die nag by hom was en
navraag gedoen het oor wat aangaan. Hy erken ook dat
hy vir hulle
gesê het dat hy oorledene in sy motor gekry het. Hy ontken egter
dat hy die oorledene hoegenaamd aangerand het of
dat hy later daardie
oggend na Jakob en Josephine se huis is soos hulle getuig.
Mev.
Murray het in ‘n baie volledige betoog alles gesê wat
redelikerwyse namens appellant gesê kan word. Sy het die getuienis
in die fynste besonderhede ontleed en aangevoer dat daar verskeie
onwaarskynlikhede en/of onbeantwoorde vrae in die Staatsaak is.
Haar
betoog is dat appellant se verontskuldigende weergawe redelik
moontlik waar is. Ons het haar betoog versigtig oorweeg maar
kan nie
daarmee saamstem nie.
Die
kern van die Landdros se uitspraak lui soos volg:
“
Dit is duidelik dat die twee
Tamako’s van al ongeveer 02:15 tot 05:00 gehoor het toe die
oorledene huil en hoe hy aanhoudend geslaan
word Dit is duidelik dat
wanneer daar na die getuienis in totaliteit gekyk word, die hof
tevrede is dat hierdie twee Tamako’s
eerbare en onafhanklike
getuies is wat hulle getuienis op ‘n eerlike wyse hier by die hof
afgelê het sonder dat hulle enige poging
aangewend het om die wêreld
vir die beskuldigde moeilik te maak.
Die
beskuldigde se verduideliking dat die gemeenskap hom aangerand het,
is duidelik ‘n versinsel. Dit verduidelik dan ook hoekom
hy vroeg
die volgende oggend, toe hy nou besef die oorledene is dood, aan die
twee Tamako’s gaan sê het hulle moet sê dit is
die gemeenskap wat
die oorledene aangerand het as die polisie navrae sou doen. Dit is
duidelik gedoen in ‘n poging om hom uit
sy dilemma te probeer help.
Die twee Tamako’s was egter nie bereid om dit te doen nie.
Dit
is wanneer na die omstandighede in die geheel gekyk word dat ek
tevrede is dat hierdie weergawe van die beskuldigde so onwaarskynlik
is dat ek dit met veiligheid as vals kan verwerp. Die hof bevind
derhalwe as ‘n feit dat die beskuldigde die enigste persoon is
wat
die oorledene sy beserings toegedien het.
Nou
is dit so dat hy die oorledene aangetref het in sy voertuig. Dit is
duidelik dat die oorledene daar ingebreek het en hy is op
heterdaad
betrap. Die beskuldigde het toe hierdie man te lyf gegaan. Hy het
te ver gegaan en in die proses van toediening van houe,
vanaf
ongeveer 02:15 tot 05:00, het hy sy dood veroorsaak.
Alhoewel hy moontlik nie begeer het om
die oorledene dood te maak nie, is dit baie duidelik dat enige
persoon wat ‘n ander soveel
houe toedien, op die wyse en met die
geweld wat dit toegedien is, voorsien dat die dood kan intree.
Hierdie was ‘n wrede en langdurige
aanranding op die persoon van
die oorledene. Ek het geen twyfel dat skuldvorm
dolus eventualis
by die beskuldigde teenwoordig was nie.
Gevolglik word hy dan
SKULDIG
BEVIND AAN MOORD.
”
Ek kan nie hiermee fout
vind nie. Appellant kon met reg kwaad gewees het vir die oorledene
toe hy hom as’t ware op heterdaad betrap
in sy motor. Dit is
verstaanbaar dat hy oorledene sou wou te lyf gaan. ‘n Knuppel was
deel van sy toerusting as sekuriteitsbeampte.
Oorledene se kneusings
kon deur ‘n knuppel veroorsaak gewees het luidens die mediese
getuienis. Waarom sou ‘n groep vreemde
mans oorledene so
genadeloos aanrand as sy beweerde optrede hoegenaamd niks met hulle
te doen gehad het nie? Die aanvaarding van
Josphine se getuienis oor
appellant se besoek aan hulle huis ongeveer 6 uur daardie oggend en
wat hy vir haar gesê het, is eintlik
die einde van die
verdedigingsaak. Alhoewel die Staatsaak op omstandigheidsgetuienis
berus, is appellant se skuld na my mening bo
redelike twyfel bewys.
Wat die opgelegde vonnis
betref, het die Streeklanddros wesenlike en dwingende omstandighede
bevind in appellant se ouderdom, sy skoon
rekord, die feit dat daar
by sy motor ingebreek is, asook die skuldvorm van
dolus
eventualis
. Daar kan ook nie met die vonnis ingemeng word nie.
Gevolglik
misluk die appèl en word beide die skuldigbevinding en vonnis
bekragtig.
__________________
J. P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
______________
S.
EBRAHIM, R
Namens die
Appellant: Adv. H. Murray
In opdrag van:
Symington & De
Kok
BLOEMFONTEIN
Namens die
Respondent: Adv. C. F. Steyn
In opdrag van:
Die Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em