Ericsen v Germti Motor (Edms) Bpk. (70/1985) [1986] ZASCA 70; [1986] 2 All SA 495 (A) (29 May 1986)

82 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Misrepresentation — Sale of stolen vehicle — Appellant sold a vehicle to the respondent under a verbal agreement, asserting ownership while knowing it was stolen — Respondent claimed damages after the vehicle was repossessed by the lawful owner — Legal issue of whether the appellant's misrepresentation constituted a breach of contract — Court held that the appellant was liable for damages as he had made a fraudulent misrepresentation, leading the respondent to enter into the agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 70
|

|

Ericsen v Germti Motor (Edms) Bpk. (70/1985) [1986] ZASCA 70; [1986] 2 All SA 495 (A) (29 May 1986)

LL
Saak No 70/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêlAFDELING
In die saak tussen:
N.R. ERICSEN
Appellant
en
GERMIE MOTORS (EDMS) BEPERK
Respondent
CORAM: RABIE HR, HOEXTER, BOTHA, BOSHOFF
ARR et NICHOLAS WN AR
VERHOORDATUM
: 6 MEI 1987
LEWERINGSDATUM
: 29 MEI 1986
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
2.
BOTHA AR
:-
Die appellant kom in hoër beroep teen 'n uit= spraak van FRIEDMAN R, in
die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, waarvolgens
vonnis ten gunste van
die respondent teen die appellant toegestaan is vir die betaling van
skadevergoeding ten bedrae van R7 900,
met koste. Die uitspraak is gerapporteer
in
1985 (2) SA 389
onder die opskrif
Germie Motors (Pty) Ltd v Ericksen
.
Die korrekte spelling van die naam van die appellant, die verweerder in die Hof
a quo
, is Ericsen. Ek sal hieronder na hom by name verwys, wanneer ek die
getuienis en die feite behandel; maar waar dit gaan om sy posisie
in die
gedingvoering as sodanig, sal ek hom die verweerder noem. Na die respondent sal
ek deurgaans verwys as die eiser.
'n Opsomming van die bewerings in die pleit= stukke kom voor in die
gerapporteerde uitspraak van die Verhoorregter, op 389H - 390G.
Vir die
doeleindes
/van ...
3.
van my uitspraak, met die oog op wat later gaan volg, is dit
egter noodsaaklik om gedeeltes van die inhoud van die pleitstukke self
aan te
haal. Paragrawe 3 tot 8 van die eiser se besonderhede van eis, soos dit uit=
eindelik, na talle wysigings, daar uitgesien
het, lui soos volg:
"3. Gedurende Desember 1978 het die Ver= weerder 'n 1978 model Mercedes Benz
250 voertuig aan die Eiser verkoop in terme van 'n mondelinge
ooreenkoms teen 'n
koopprys van R7 900,00.
4.
Voormelde koopprys is ten
volle deur die Eiser aan die Verweerder betaal, en die Verweerder het die
genoemde voertuig aan die Eiser
gelewer.
5.
Ten tye van gemelde Koopooreenkoms het die Verweerder aan die Eiser
voorgehou dat hy regtens die voertuig aan die Eiser kon verkoop,
terwyl die
Verweer= der geweet het dat dit 'n gesteelde voer= tuig was en dat hy derhalwe
nie regtens die voertuig aan die Eiser
kon verkoop
nie.
6.
Uit hoofde van die voorgaande het die
Verweerder 'n bedrieglike wanvoorstelling aan die Eiser gemaak, deur welke voor=
stelling die
Eiser beweeg is tot
die
/sluiting ...
4.
sluiting van genoemde ooreenkoms.
6A In die alternatief tot die voorgaande, en slegs indien dit nie bewys word
dat Verweerder geweet het dat dit 'n ge= steelde voertuig
was nie, voer Eiser
aan:
(1) dat Verweerder, met die bedoeling
om Eiser (soos verteenwoordig
deur
Jacobus Basson Nell) tot sluiting van die ooreenkoms te beweeg, na= latiglik
aan Eiser voorgehou het dat Verweerder regtens namens
'n
derde gemagtig was om die gemelde voertuig aan Eiser te verkoop;
(2) dat Verweerder nalatig was deurdat
hy versuim het om enige, alternatiewe= lik genoegsame, stappe te neem ten
einde vas te stel of hy of die derde party regtens bevoeg
was om gemelde
voertuig aan Eiser te verkoop ter= wyl daar 'n regsplig op Verweerder gerus het
om sodanige stappe te neem;
(3) dat voormelde voorstelling vals was,
deurdat gemelde voertuig 'n
gesteelde
voertuig was, en dat Verweerder ge=
volglik nie regtens bevoeg was om gemelde voertuig aan Eiser te verkoop
nie;
(4) dat voormelde voorstelling wesenlik
was en dat Eiser daardeur tot
sluit=
ing van die ooreenkoms beweeg is.
/6B ...
5.
6B In die verdere alternatief tot paragrawe 5, 6 en 6A hierbo voer Eiser
aan:
(1)
dat Verweerder uitdruklik,
alterna= tiewelik stilswyend, aan Eiser ge= waarborg het dat hy regtens gemagtig
was om gemelde voertuig
namens 'n derde aan Eiser te
verkoop;
(2)
dat Eiser, verteenwoordig soos
voor= meld, deur gemelde waarborg tot sluiting van die ooreenkoms beweeg
is;
(3)
dat Verweerder in werklikheid nie
regtens gemagtig was om gemelde voer= tuig aan Eiser te verkoop nie, aan= gesien
dit 'n gesteelde
voertuig was en Verweerder se prinsipaal nie be= voeg was om
daaroor te beskik nie;
(4)
dat Verweerder se
prinsipaal, uit hoofde van die voorgaande, nie die ooreenkoms kon ratifiseer
nie;
(5)
dat Verweerder, uit hoofde van die
voorgaande, teenoor Eiser aanspreek= lik is vir terugbetaling
van
R7 900.
7. 7.1 Nadat Eiser lewering van die gemelde voertuig ontvang het, het Eiser
die voertuig op 11 Januarie 1979 aan ene Adv Hennie La
Cock verkoop, welke
transaksie deur Boland Bank gefinan= sier is.
/7.2 ...
6.
7.2
Gedurende
Januarie 1979, en na sluiting van voormelde transaksie, het
Santamversekeringsmaatskappy Beperk wat opgetree het namens
die werklike eienaar
van die gemelde voertuig, besit daarvan opgeëis in die hande van gemelde La
Cock.
7.3
Op of ongeveer 30 Januarie 1979 het
Eiser die koopsom plus rente aan Boland Bank terugbetaal, soos wat eiser in die
omstandighede
regtens verplig was om te doen.
7. Uit
hoofde van voorgaande het die Eiser skade gely in die bedrag van R7 900, vir
welke bedrag Verweerder aanspreeklik is."
Die eiser het van tyd tot tyd op versoek van die verweerder nadere
besonderhede verstrek. Ek hoef nie daarna te verwys nie, maar ek
noem dit ter
verduide= liking van die feit dat daar in die verweerder se ver= weerskrif,
waaruit ek nou gaan aanhaal, verwysings
voor= kom na besonderhede van datums,
plekke en ander aange= leenthede wat nie verskyn in die besonderhede van eis
self nie; dit
slaan op inligting wat by wyse van nadere be= sonderhede verstrek
is. Paragrawe 3 tot 9 van die
/verweerskrif ...
7.
verweerskrif, soos uiteindelik gewysig, lui soos volg:
"3.
AD PARAGRAPH 3 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF CLAIM
:
The allegations made in this paragraph are denied.
4.
AD PARAGRAPH 4 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS
OF CLAIM
:
(1)
Defendant admits that on or
about the 29th December, 1978 he delivered to the said NELL, who represented
Plaintiff, a 1978 model Mercedes
Benz 250 motor car and received from the said
NELL, acting as aforesaid, the sum of R7 900-00 in
cash.
(2)
Save as aforesaid, the allegations
made in this paragraph are denied.
5.
AD
PARAGRAPH 5 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF
CLAIM, (AS AMENDED)
:
(1) Defendant admits that on or about the
28th December, 1978, and at or
near
Blouberg Strand, he informed the said
NELL, who represented
Plaintiff, that
Defendant had been duly authorised by a
third party to act
on the latter's be=
half for the purpose of selling the said
motor
car.
(2) Defendant has no knowledge as to who was
the lawful owner of the said
motor car
/on ...
8.
on the said date, does not admit that it was one C POLLATSCHER, trading as
MARINA FASHIONS, as alleged by Plaintiff, and puts Plaintiff
to the proof of its
allegation to this effect.
(3) Save as aforesaid, the allegations made in this paragraph are denied.
6.
AD PARAGRAPH 6 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF
'
CLAIM:
The allegations made in this paragraph are denied.
7.
AD PARAGRAPH 6 A
:
(a)
Defendant admits that he
informed the said NELL that he had been duly autho= rised by a third party to
act on the latter's behalf
for the purpose of sel= ling the said motor car and
that some time subsequent to the transaction Defendant discovered that the said
motor car was in fact stolen.
(b)
Save as
aforementioned, each and every allegation of fact and conclusion of law in this
paragraph contained, is denied.
8.
AD PARAGRAPH 6
B
:
(a) Defendant admits that he informed the said NELL that he had been duly
autho= rised by a third party to act on the latter's behalf
for the purpose of
sel= ling the said motor car and that some
/time ...
9.
time subsequent to the transaction Defendant discovered that
the said motor car was in fact stolen.
(b) Save as aforementioned, each and every
allegation of fact and conclusion of law in this paragraph contained, is
denied.
9.
AD PARAGRAPHS 7 (AS TO BE AMENDED) AND 8 OF PLAINTIFF'S PARTICULARS OF
CLAIM
:
Save for denying that he is liable to Plain= tiff as alleged or at all,
Defendant has no , knowledge of the allegations made in these
paragraphs, admits
none of them, and puts Plaintiff to the proof thereof."
Kort voor die aanvang van die verhoor het die
partye se
regsverteenwoordigers ooreengekom, soos opge=
teken in 'n dokument onder die
opskrif "Notule in terme
van Reël 37",
".... dat die volgende feite erken word:
1.
Dat die betrokke Mercedes
Benz-motorvoer= tuig wat op 29 Desember 1978 deur Verweer= der aan Eiser gelewer
is, in daardie stadium
'n gesteelde voertuig was.
2.
Dat die wettige eienaar van gemelde voer= tuig op gemelde datum
Marina Fashions (Edms) Beperk was."
/Oor ....
10.
Oor die verkoop van die betrokke voertuig is daar getuienis
afgelê deur Nell (die verteenwoordiger van die eiser), Ericsen (die
verweerder) en ene Fargher (die vlieg in die salf). Fargher het die voertuig aan
Ericsen gelewer om te verkoop. Fargher het geweet
dat dit 'n gesteelde voertuig
was. Hy is namens die eiser as 'n getuie geroep om te getuig, soos hy gedoen
het, dat hy aan Ericsen
meegedeel het dat die voertuig wat hy aan hom gelewer
het, 'n gesteelde voertuig was. Sy getuienis in hierdie opsig, wat deur Ericsen
betwis is, is deur die Verhoorregter verwerp (op 391 G). Voor hierdie Hof is
daar tereg nie namens die eiser betoog dat die Verhoorregter
in hierdie verband
gefouteer het nie. Fargher was klaarblyklik 'n ongeloofwaardige getuie en sy
getuienis kan verder buite beskouing
gelaat word. Dit staan dus vas, volgens die
getuienis, dat Ericsen onbewus was van die feit dat die voertuig wat hy aan Nell
te koop
aangebied het, 'n gesteelde voertuig was.
/Die ...
11.
Die omstandighede waaronder Ericsen die voer= tuig van
Fargher verkry het en dit toe aan Nell verkoop het, soos dit blyk uit Ericsen
en
Nell se getuienis, word opgesom in die Verhoorregter se uitspraak, op 390 H -
391 E, en ek ag dit onnodig om dit hier te her=
haal. Dit sal wel later nodig
wees om enkele aspekte van die getuienis soos opgesom deur die Verhoorregter van
naderby te beskou.
Wat ek egter in hierdie stadium wil weergee, omdat dit nie in
die Verhoorregter se uit= spraak behandel word nie, en omdat dit later
in
hierdie uitspraak ter sprake sal wees, is die strekking van Nell en Ericsen se
getuienis oor wat laasgenoemde aan eers= genoemde
sou gesê het aangaande
sy magtiging om die voertuig te verkoop "namens 'n derde", soos dit in die eiser
se besonderhede van
eis gestel word. Nell het getuig dat, toe Ericsen die
voertuig aan hom aangebied het en hy dit gaan besigtig het, hy van Ericsen
verneem het of daar nie foute is met die voertuig nie, of hy die
/kar ...
12.
kar mag koop, of dit nie "onder huurkoopwet" is nie, en of
Ericsen dit "mag verkoop", waarop Ericsen geantwoord het dat daar "geen
probleme" is nie, "want dit is 'n vriend van hom se voertuig wat hy verkoop". Hy
het ook gesê dat die yoertuig by 'n handelaar
gestaan het voordat hy dit
ter beskikking van Nell gestel het om dit te besigtig. Nell het getuig dat hy
nie kon ont= hou of hy Ericsen
gevra het watter handelaar dit was nie." Volgens
Nell het hy die volgende dag in die Paarl op die lisensiestrokie van die
voertuig,
wat Ericsen aan hom oorhandig het, gesien dat die eienaar van die
voer= tuig aangegee word as ene Burger, van Hoofstraat, Paarl.
Hy het toe
"aangeneem" dat dit die vriend van Ericsen is, wie se voertuig verkoop word. Hy
het weer van Ericsen verneem of hy die
motor "mag verkoop", waarop Ericsen se
reaksie was dat "alles reg" was, dat daar "geen probleme" was nie, en dat Nell
maar die voertuig
kon kry. Wat Nell betref, was die registrasiedokumente van die
voertuig
/in ...
13.
in orde. In kruisondervraging het Nell gesê dat hy
geweet het dat Ericsen iemand is wat karre koop en ver= koop, aan handelaars
en
aan die publiek. Hy het ont= ken dat Ericsen aan hom gesê het dat Fargher
die handelaar is namens wie Ericsen die kar verkwansel.
Hy het egter toegegee
dat hy Ericsen se woord aanvaar het dat dit nie sy motor was nie, dat hy "vir
iemand anders optree", en dat
hy 'n "agent" was. Volgens Nell het Ericsen op 'n
vraag van Nell te kenne gegee dat hy toestemming het om die voertuig te verkoop
namens 'n vriend. Nell sê hy het nie gevra wie die vriend is nie; soos
reeds vermeld, hy het "aangeneem" dis Burger, wie se
naam hy op die
lisensiedokument gesien het, en dat hy die eienaar van die voertuig was. Hy wou
nie met hom kontak gemaak het nie,
want hy het met Ericsen kontak gemaak en "hy
het as agent dan opgetree". Ericsen, in sy getuienis, het bevestig dat hy aan
Nell meegedeel
het dat hy die voertuig verkoop namens 'n vriend. Hy sê dat
sy
/verwysing ...
14.
verwysing na 'n vriend inderdaad 'n verwysing was na Fargher. Burger se naam
is nie genoem nie en daar is nooit na hom verwys nie.
Reg aan die begin van
Ericsen se kruisondervraging is daar pertinent aan hom gestel dat hy maar net
as die "agent" van Fargher opge= tree het en dat hy
sy magtiging om die voertuig
te ver= koop van Fargher en niemand anders nie verkry het, waar=
op hy
bevestigend geantwoord het. Daar is sekere ge= deeltes van Ericsen se getuienis
onder kruisondervraging waaruit blyk dat hy
nie heeltemal seker was wat presies
hy aan Nell sou gesê het nie, maar in die geheel beskou is die strekking
van sy getuienis
tog dat hy taamlik oortuig was daarvan dat hy aan Nell die naam
van Fargher genoem het as die handelaar (synde ook die vriend) namens
wie hy die
voertuig verkoop het. Hy het ontken dat Nell hom gevra het of hy die kar "mag
verkoop" of "kan verkoop", en of hy toestemming
het om dit te verkoop, en hy het
aangevoer dat Nell geen rede sou gehad het om sulke vrae
/te ...
15.
te vra nie en dat hy ook niks in dier voege aan Nell
meegedeel het nie, aangesien Nell 'n vriend van hom was, hom persoonlik geken
het, en terdeë bewus was van die feit dat hy motorkarre aan ander
handelaars verkoop het. Hy het toegegee dat dit duidelik was
dat hy die voertuig
namens iemand anders verkoop en dat hy aan Nell die ver= sekering gegee het dat
dit 'n "wettige" en 'n "egte"
voer= tuig was en dat dit in orde was vir Nell om
dit te koop. Hy dink (alhoewel hy nie heeltemal seker was daarvan nie) dat hy
aan
Nell gesê het dat ene Frikkie van Rensburg die eienaar van die
voertuig was (dit is wat hy van Fargher verneem het, soos later
sal blyk). In
een stadium van sy getuienis het hy erken dat hy aan Nell verduidelik het dat hy
die voertuig namens die eienaar daarvan
ver= koop en dat Nell te alle tye onder
daardie indruk verkeer het (na hierdie getuienis word daar in die Verhoorregter
se uitspraak
verwys op 392 H), maar daarna het hy hierdie getuienis gewysig deur
te sê dat hy Nell meegedeel het
/dat ...
16.
dat hy die voertuig verkoop namens Fargher, 'n handelaar van
wie hy die voertuig verkry het, en dat Van Rensburg die eienaar was.
Ek sal
later in meer besonderhede na hierdie gedeelte van Ericsen se getuienis
verwys.
Uit die voorgaande blyk dus dat Nell en Ericsen in hulle getuienis dit met
mekaar eens was dat Ericsen, volgens die mededelings wat
hy aan Nell gedoen het,
met die verkoping van die voertuig opgetree het as die "agent" van 'n vriend van
hom, maar dat oor ander
aspekte van Ericsen se mededelings aan Nell die getuies
van mekaar verskil het. Wat dit betref, het die Ver= hoorregter hom nie
uitgespreek
oor die geloofwaardigheid van die twee getuies nie. In die
beoordeling van hulle getuienis is hierdie Hof dus aangewese bloot op
die in=
houd van die oorkonde (vgl
Van Aswegen v De Clercq
1960 (4) SA 875
(A) op
881 G - 882 E). Gelukkig skep die afwesigheid van 'n geloofwaardigheidsbevinding
deur die Verhoorregter ten opsigte van Nell
en Ericsen geen
/wesenlike ...
17.
wesenlike probleme by die beslissing van hierdie appèl
nie, ten spyte van die feit dat hulle getuienis op 'n breër grondslag
in
oënskou geneem sal moet word as wat in die uitspraak van die Verhoorregter
die geval was. Dit is naamlik moontlik om die
uitslag van die appèl te
bepaal sonder om die geskilpunte in die getuienis van Nell en Ericsen te probeer
besleg, soos algaande
sal blyk uit wat volg.
Die Verhoorregter het sy uitspraak ten gunste van die eiser gegrond op die
eiser se tweede alterna= tiewe eisoorsaak, soos uiteengesit
in paragraaf 6B van
sy besonderhede van eis (hierbo aangehaal), en op die volgende stelling van die
Verhoorregter (op 392 E - F),
wat gemaak is onder andere met verwysing na
Blower v Van Noorden
1909 TS 890:
"If a third party is induced to enter into a contract as a result of a
representation by an agent that the latter has authority to
conclude such
contract on behalf of his principal, the agent will be liable to
the
/third ...
18.
third party for damages for the so-called breach of warranty of authority if it
should transpire that he had no such authority."
Met
die toepassing van hierdie stelling op die feite van die saak het die
Verhoorregter (op 392 G) as sy uitgangs= punt geneem die
erkenning in die
verweerskrif dat Ericsen aan Nell meegedeel het dat hy behoorlik gemagtig was
deur 'n derde persoon om namens laasgenoemde
op te tree met die doel om die kar
te verkoop, en die erkenning in Ericsen se getuienis dat hy sy magtiging verkry
het van Fargher
en van niemand anders nie. Voortbouende op hierdie grondslag was
die Verhoorregter se beredenering, om dit kortliks saam te vat,
soos volg:
Fargher het geweet dat die persoon van wie hy die voertuig verkry het (ene
Jaffer), nie die eienaar.daarvan was nie en
dat dit 'n gesteelde voertuig was;
hy het geweet dat die oordrag van die eiendomsreg van die voertuig aan die
uiteinde= like koper
daarvan vir beide Ericsen en die koper van belang was; daar
het 'n plig op hom gerus om te openbaar
/dat ....
19.
dat die voertuig 'n gesteelde voertuig was; hy het op= setlik
daardie plig nie nagekom nie, met die oogmerk om die voornemende koper
te
bedrieg; die koper is be= nadeel deur die verswyging van die ware feite; indien
Fargher self die voertuig aan die eiser verkoop
het, sou hy hom skuldig gemaak
het aan bedrog in 'n straf= regtelike sin; slegs handelinge wat regtens
geoorloof is, kan die onderwerp
wees van 'n geldige lasgewingskon= trak; toe
Fargher aan Ericsen 'n mandaat verleen het om die voertuig te verkoop, het hy
hom opsetlik
mislei aan= gaande die herkoms van die voertuig, met die oogmerk
dát die koper insgelyks mislei sou word; die doel van die
mandaat was dus
dat die koper bedrieg moes word in 'n strafregtelike sin; dit was onwettig;
gevolglik was die mandaat wat Fargher
aan Ericsen gegee het, nietig; Ericsen,
alhoewel hy onkundig was van die ware feite, heb aan Nell gewaarborg dat hy
volmag het om
die voer= tuig te verkoop; in der waarheid het hy geen volmag
gehad ...
20.
gehad om dit te doen nie, aangesien sy mandaat van Fargher
onwettig en gevolglik nietig was; daarom is Ericsen skuldig aan 'n verbreking
van sy waarborg van volmagsbestaan ("breach of warranty of authority"); en
daarom is hy aanspreeklik vir skadevergoeding teenoor
die eiser.
Met hierdie beredenering kan ek, met eerbied, nie saamstem nie. Na my mening
is die kern daarvan verkeerd: dit is die bevinding dat
Fargher se mandaat aan
Ericsen onwettig en dus nietig was. Dit is die spil waarom die hele beredenering
draai, maar na my mening
bêstaan daar geen regsbeginsel wat die bevinding
kan regverdig nie, aangenome die korrektheid van die feitlike bevindings wat
dit
voorafgaan. Feit is dat Fargher se mandaat aan Ericsen in wese niks meer behels
het nie as dat Ericsen die voertuig namens hom
moes ver= koop. Op sigself was
dit natuurlik 'n regtens geoor= loofde opdrag. Dit kan nie in 'n onwettige
mandaat
/verander ...
21.
verander op grond van Pargher se opset om Ericsen en, deur hom, die koper van
die voertuig te bedrieg nie, aangesien Ericsen onbewus
was van die bedrog. Dit
kom my voor dat die Verhoorregter se bevinding aangaande die nietigheid van die
mandaat in werklikheid verklaar=
baar is slegs op die grondslag dat hy, in
effek, die inhoud van die mandaat gelykgestel het aan 'n opdrag om bedrog te
pleeg teenoor
die koper. So 'n beskouing van die feite is egter nie geregverdig
nie, omdat Ericsen weens sy onkunde nie 'n deelgenoot was aan die
bedrog
nie.
Soos hierbo geblyk het, was dit deel van die Verhoorregter se beredenering
dat slegs handelinge wat regtens geoorloof is die onderwerp
kan wees van 'n
geldige lasgewingskontrak (op 394 C: "Only acts which are legal can be the
subject-matter of a mandate"). Die stelling
is onaanvegbaar, soos ook blyk uit
die bronne wat die Verhoorregter ter ondersteuning daarvan
/aangehaal ...
22.
aangehaal het -
Voet
,
Van Leeuwen
en
Pothier
(die bewys-plekke verskyn op 394 D - E). Maar nog die stelling
nog die bronne regverdig die gevolgtrekking dat 'n in= herent, geoorloofde
prestasie waartoe 'n lashebber hom verbind (soos om 'n motorkar te verkoop)
nogtans kan lei tot die ongeldigheid van die kontrak
uit hoofde daarvan dat die
lasgewer eensydig die bedrieglike opset koester om daardeur 'n derde persoon
(die koper) in te loop. 'n
Bespreking van die bronne aangehaal deur die Verhoor=
regter, tesame met ander gemeenregtelike bronne, is te vind in drie artikels
wat
die uitspraak van die Ver= hoorregter uitgelok het: D J Joubert in 1985
De
Jure
405 op 406; J R Harker in
1985 SALJ 596
op 598-9; en
Pieter Pauw in
1985 SALJ 603
op 604-5. Ek stem saam
met die gevolgtrekking wat in elk van die artikels be=
reik is, dat die bronne nie die beredenering van die
Verhoorregter
onderskraag nie. Ek volstaan met die
vermelding van 'n interessante voorbeeld
wat aangegee
/word ...
23.
word deur Voet (17.1.6). Hy bespreek eers die algemene
reël dat geen verbintenisse voortspruit uit 'n lasgewings= kontrak waarvan
die inhoud regtens ongeoorloof is nie, en hy gee voorbeelde van die toepassing
van die reël; dan sê hy dat in die geval
van 'n mandaat wat
onregmatig is (soos om 'n misdaad te pleeg), beide die lasgewer en die lashebber
aanspreeklik is vir die gevolge
van die uitvoering daarvan, sivielregtelik sowel
as strafregte= lik; met dié soort geval kontrasteer hy vervolgens die
geval
waar daar aan 'n onwetende lashebber 'n mandaat gegee word wat nie volgens
die aard daarvan skandelik of onregmatig is nie (
quod sua natura neque turpe
est neque delictum continet
), maar wat nogtans skade aan 'n derde persoon
veroorsaak; in so 'n geval loop net die lasgewer, en nie ook die lashebber nie,
aanspreeklikheid
op, siviel- en strafregtelik: en ter toeligting hier= van noem
Voet dan die voorbeeld van iemand wat sy werk= nemers op 'n ander
man se grond
laat gaan om oeste in te
/samel ...
24.
samel, bome af te kap of soortgelyke handelinge te ver= rig,
terwyl hulle glo dat hulle opdraggewer die eienaar van die grond is.
Voet
sê dit nie uitdruklik nie, maar na my oordeel is dit klaarblyklik
implisiet in sy voor= beeld dat die lasgewing nie ongeldig
en nietig is nie.
Inderdaad is dit ondenkbaar dat die onskuldige werk= nemers nie hulle loon vir
die werk van die werkgewer sou kon
vorder nie. Hulle kan dit doen, omdat die
werk= gewer se eensydige misdadige oogmerk nie die lasgewings= kontrak ongeldig
maak nie.
Die analogie tussen Voet se voorbeeld en die verhouding tussen Fargher en
Ericsen in die onderhawige saak lê voor die hand.
As Ericsen nie reeds sy
kom= missie uit die verkoping aan Nell sou ontvang het nie en Fargher sou
onderneem het om hom 'n bepaalde
bedrag aan kommissie te betaal, sou Ericsen
sekerlik na af= handeling van die transaksie sy kommissie van Fargher kon
verhaal het.
Dit is ondenkbaar dat Fargher hom teen 'n
/eis ...
25.
eis om betaling van die kommissie sou kon verweer het op die
grondslag dat sy mandaat aan Ericsen vanweë sy eie bedrog onwettig
en dus
nietig was. Bowendien sou die bevinding dat die mandaat nietig was en dat
Ericsen dus as 'n feit geen volmag gehad het om
namens Fargher op te tree nie,
tot 'n verdere geheel onaanvaarbare re= sultaat aanleiding gee, soos tereg deur
die verweerder se
advokaat in sy betoog beklemtoon is. Dit kom na vore as 'n
mens die moontlikheid oorweeg dat die eiser sou besluit het om nie Ericsen
aan
te spreek nie, maar Fargher, en wel op grond van kontrakbreuk van sy kant,
vanweë die uitwinning van die voertuig. Op die
grondslag van die Hof
a
quo
se bevinding sou Fargher 'n goeie verweer teen so 'n eis gehad het, want
weens die afwesigheid van volmag sou daar dan deur Ericsen
se optrede geen
kontrak tussen Fargher en die eiser tot stand gekom het nie. 'n Eis van die
eiser teen Fargher gegrond op bedrieglike
wanvoorstelling sou vanweë
Ericsen
/se ...
26.
se gebrek aan volmag ook tot mislukking gedoem gewees het.
Dit sou beteken dat Fargher, die bedrieër, vry van aanspreeklikheid
teenoor
die eiser sou wees, terwyl Ericsen, die onskuldige, wel teenoor die eiser
aanspreek= lik gehou sou kon word. So 'n resultaat
kan klaarblyk= lik nie gedoog
word nie.
Die gevolgtrekking is onvermydelik dat die Verhoorregter gefouteer het deur
te bevind dat Fargher se mandaat aan Ericsen nietig was,
dat Ericsen as 'n feit
geen volmag gehad het om Fargher te verteenwoordig nie, en dat Ericsen daarom
teenoor die eiser aanspreeklik
is op grond van die verbreking van sy waarborg
van volmags= bestaan.
In sy betoog voor hierdie Hof het die advokaat van die eiser die verweerder
se beweerde waarborg van volmagsbestaan oor 'n ander boeg
probeer gooi as wat in
die Hof
a quo
die geval was. Die betoog was dat Fargher se mandaat aan
Ericsen buite rekening gelaat moes word,
/en ...
27.
en dat die saak beslis moes word op die grondslag dat Ericsen in sy getuienis
erken het (soos vroeër vermeld) dat hy aan Nell
te kenne gegee het dat hy
die voertuig namens die eienaar daarvan verkoop en dat Nell te alle tye onder
daardie indruk verkeer het.
Ericsen het dus aan Nell voorgehou (aldus die
betoog) dat hy volmag van die eienaar van die voertuig self gehad het om hom te
verteenwoordig,
wat nie die geval was nie, en daarom is hy aanspreeklik op grond
van waarborgbreuk.
Na my mening is hierdie betoog nie ontvanklik op appèl nie, omdat dit
indruis teen die hele grondslag waarop die eiser se saak
in die Verhoorhof
gevoer is. Die eiser se advokaat het aan die hand gedoen dat die betoog gedek
word deur die pleitstukke, met verwysing
na paragraaf 6B van die eiser se
besonderhede van eis (hierbo aangehaal). Dit is nie so nie. Inteendeel: die
gedagte dat die verweerder
aan die eiser sou ge= waarborg het dat eersgenoemde
deur die eienaar van die
/voertuig ...
28.
voertuig gemagtig was om dit te verkoop, is lynreg in stryd
met die bewerings in paragraaf 6B. Die eiser se advokaat het die Hof gevra
om
die woorde in paragraaf 6B (1), "namens 'n derde", te lees as "namens die
eienaar". Dit is logies onmoontlik om dit te doen, want
dit sou indruis teen die
bewerings in paragraaf 6B (3) dat "dit 'n gesteelde voertuig was en
Verweerder se prinsipaal
nie bevoeg was om daaroor te beskik nie".
Hierdie woorde is nie te rym met die suggestie dat die verwysing na "'n derde"
verstaan
moet word as 'n verwysing na "die eienaar" nie. Bowendien, soos aan die
eiser se advo= kaat uitgewys is gedurende die betoog, as
dit die eiser se saak
was dat die verweerder gewaarborg het dat hy deur die eienaar van die voertuig
gemagtig was om dit te verkoop,
dan sou die eiser se saak al klaar gewonne
gewees het op die tydstip toe die partye kort voor die verhoor ooreengekom het
(soos vroeër
vermeld) dat die voertuig 'n gesteelde voertuig was. Die
advokaat moes
/dit ...
29
dit toegee, maar het nietemin verder betoog dat die grondslag waarop hy
nou die saak beslis wou hê, wel in die getuienis voor
die Verhoorhof
uitgepluis is. Dit is dus nodig om na die getuienis te verwys.
Uit die opsomming van Nell se getuienis wat ek vroeër verstrek het, is
dit duidelik dat Nell nie beweer het dat Ericsen aan hom
sou gesê het dat
hy vol= mag het van die eienaar van die voertuig om dit te ver= koop nie. Daar
is slegs verwys na 'n vriend.
Dit was Nell se eie afleiding dat die vriend ene
Burger was, wie se naam op die lisensiestrokie verskyn het, en dat hy die
eienaar
was. Daar is aangevoer dat die strekking van Nell se getuienis as 'n
geheel daarop dui dat Ericsen stilswyend, deur sy gedrag, te
kenne gegee het dat
hy namens die eienaar optree. Aangenome dat dit so is, verskaf dit nouliks enige
grondslag vir 'n betoog dat
Nell in sy getuienis dit duidelik gemaak het dat die
eiser se eisoorsaak soos geformuleer in sy pleitstukke
/nou ...
30
nou 'n drastiese gedaanteverwisseling ondergaan het, des
te meer as daar in gedagte gehou word dat (soos vroeër vermeld) daar aan
die begin van die kruisondervraging van Ericsen aan
hom gestel is dat hy sy
magtiging van Fargher en niemand anders nie verkry het - klaarblyklik met die
doel om die grondslag te lê
vir die betoog wat deur die Verhoorregter
oorweeg en aanvaar is, en seker= lik nie met die oog op 'n betoog soos
dié wat ons
tans gevra word om te oorweeg nie. Daar is egter sterk ge=
steun op die meermaal genoemde gedeelte van Ericsen se getuienis waarin
hy erken
het dat hy te kenne gegee het dat hy namens die eienaar optree. Dit is gerade om
nou daardie gedeelte van sy getuienis aan
te haal. Dit lui soos volg:
"Mr Ericsen, just before we leave Paarl, in Mr Nell's enguiries and in the
things that you told him can we accept that you made it
clear to him that you
were acting on behalf of the owner -whoever the owner might have
been? Yes, I've agreed - I've admitted
to that before.
/Yes ...
31.
Yes. You didn't indicate to Mr Nell at any stage, that the person or persons you
are representing, are not in fact, the
legal owners of this car? I can't remem=
ber whether I actually made a statement like that to him.
You wouldn't have told them that they are not the owners, would you? You had no
reason to believe that the persons Fargher and Van
Rensburg were not the owners? Oh no, excuse
me, I didn't quite understand the question - no, that is quite correct.
O.K. So one can accept then, that Mr Nell
has at all times been under the
impression that
you were in fact, representing the owner of
this car?
That is correct, yes."
Soos ek vroeër aangedui
het, het Ericsen daarna hierdie getuienis van hom gewysig. Dit het gebeur toe hy
aan die einde van sy
getuienis deur die Verhoorregter ondervra is. Sy getuienis
het toe soos volg verloop:
"
COURT
: You said this afternoon, I think it
was in answer to the first
question that was
put to you, that you gave Nell to understand
that you
were acting for the owner of this
Mercedes. Your evidence, apart from
this
answer has been that you made it clear to Mr
Nell that you were
selling the car for someone
else. That is correct, Your
Lordship.
/I ...
32.
I just want you to clarify this. Did you talk about the owner of the car? Or
did you simply talk about selling it on be=
half of someone else? I was
talking about
selling the car on behalf of somebody else.
You said that you were selling it on
behalf of a friend. That is
correct.
So that if Mr Nell had seen the name Burger on the documents that he received
with the car, he would have been perfectly entitled
to assume, from what you had
told him, that Mr Burger was the person on whose behalf you
were selling the
car. Your Lordship - I
- I - you know, I can vaguely remember when during
the time that I was discussing with Mr Nell, that - you know - that I told Mr
Nell
that I was - I'm almost sure that Fargher's name came into it. I mean, Mr
Nell knew - as I said, I can't verify that exactly because
I can't quite
remember with all the discussions and meetings and so on, but I am sure at some
time or other, that I actually told
Mr Nell as well, that Mr Fargher was the
gentleman who had offered me the car.
I know that it's difficult after all this time to recollect everything in the
exact se= quence in which it occurred. Can you tell
me what you remember about
what you told Mr Nell as to the origin of this car. Before you answer that - in
other words, I don't want
you to try and remember what happened at Blouberg
Strand and what happened at the Paarl -at Paarl, but what's your memory today of
what
/you ...
33.
you told him? About where the car came
from? Whose car it was? Sir, I told -
I - I - as far as I can remember, during the discussions, I told Mr Nell that I
was selling the car on behalf of a Mr Fargher. Durlng
our discussions, I also
told Mr Nell that the car belonged to Mr Van Rensburg. And I also told Mr Nell
that Mr Fargher was in fact,
a dealer.
So that you told - you told Mr Nell
really, that you had got this car from
ano=
ther dealer. That is correct.
And that you were selling it for that
other dealer. That's
correct.
The car actually belonged, not to
the
dealer, but to Mr Van Rensburg. That is
right.
So Van Rensburg's name was mentioned
as
the person that was - who owned the car?
I'm sure it was, yes.
And that accorded with what Fargher had
told you. I don't quite .....
I say, that - that was in line with what
Fargher had told you, that it was
Van Rensburg's
car. Yes, Sir."
Die
Verhoorregter het in sy uitspraak (op 392 H) verwys na die getuienis vervat in
die eerste aanhaling hierbo (die rede daarvoor
is my nie duidelik nie, aangesien
dit
/geen ...
34.
geen verdere rol in sy beredenering gespeel het nie), maar
nie na die getuienis vervat in die tweede aan= haling hierbo nie. Daaruit
kan
egter nie afgelei word dat laasgenoemde getuienis deur die Verhoorregter as
onaanvaarbaar beskou is nie, want per slot van sake
is sy uitspraak in wese
gebaseer op die bevinding van waarborgbreuk met betrekking tot die nietigheid
van die mandaat wat Ericsen
verkry het van Fargher, wat kenne= lik nie die
eienaar van die voertuig was nie. Dit is
egter nie nodig om verder te
bespiegel oor die Verhoor=
regter se benadering van die getuienis nie.
'n Oorsigtelike beskouing van die getuienis loop na my oordeel uit op die
beeld dat daar namens die eiser gepoog word om 'n brokkie
van Ericsen se
getuienis aan te gryp en uit verband uit te ruk, ten einde 'n nuwe eisoorsaak op
appèl te opper wat geensins
in die Verhoorhof ter sprake was nie. Ek is
hoege= naamd nie oortuig daarvan dat Ericsen in die gewraakte
/stukkie ...
35.
stukkie getuienis bedoel het om toe te gee dat hy aan Nell
voorgehou het dat hy sy volmag om die voertuig te verkoop van die eienaar
self
verkry het nie; die getuie= nis is versoenbaar met die gedagte dat hy (en Nell)
bloot aanvaar het dat die verkoping van die
voertuig uiteinde= lik ten behoewe
van die eienaar daarvan sou plaasvind, soos normaalweg die geval is, tensy daar
willens en wetens
'n gesteelde voertuig van die hand gesit word. Ek is wel
oortuig daarvan dat dit hoogs onbillik teen= oor die verweerder sou wees
om
oorweging te skenk aan die betoog wat nou op appèl vir die eerste keer
namens die eiser voorgedra is. As die eiser se saak
in die Hof
a quo
gevoer sou gewees het op die grondslag dat Ericsrn teenoor Nell voorgehou of
gewaarborg het dat hy sy magtiging om die kar te verkoop
van die eienaar self
verkry het, dan sou na alle waarskynlikheid die kruis= ondervraging van Nell in
'n ander rigting verloop het
as wat die geval was, en die gewraakte stukkie van
Ericsen
/sr ...
36.
se getuienis nie sonder verdere verduideliking daarge= laat
gewees het nie. Daar kan dus nie gesê word dat die beweerde vorm
van
waarborgbreuk waarop die eiser hom nou wil beroep, in die getuienis uitgepluis
is op so 'n wyse dat beide partye van die Hof
a quo
verwag het om dit as
een van die geskilpunte te besleg nie (vgl
South British Insurance Co Ltd v
Unicorn Shipping Lines (Pty) Ltd
1976 (1) SA 708
(A) op 714.G en
Director
of Hospital Services v Mistry
1979 (1) SA 626
(A) op 636 C). Die betoog
namens dié eiser op hierdie aspek van die saak moet dus verwerp word.
Dit volg uit die voorgaande dat die eiser se eis, in soverre dit gegrond was
op 'n beweerde verbreking van 'n waarborg van volmagsbestaan
van die kant van
die verweerder, nie moes geslaag het nie. Hierdie slotsom berus op die
eenvoudige grondslag, enersyds, dat die ver=
wysing in die partye se pleitstukke
na "'n derde" en "a third party" (paragraaf 6B van die besonderhede van eis
/en ...
37.
en paragraaf 8 van die verweerskrif), aan die hand van die
wyse waarop die saak in die Hof a quo gevoer is, opgevat moet word as 'n
verwysing na Fargher, en, ander= syds, dat Fargher inderdaad 'n geldige volmag
aan Ericsen verleen het om die voertuig te verkoop.
Dit is onnodig om verder as
dit te gaan ten einde oor hierdie aspek van die saak tot 'n beslissing te
geraak. Gevolglik is die huidige
nie 'n gepaste geleentheid om die
regswetenskap= like grondslag van die beslissing in
Blower v Van Noorden
supra
in oënskou te neem of te heroorweeg nie (vgl
Claude Neon
Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel
1976 (4) SA 403
(A) op 409 C - D). In hierdie
verband wil ek volledigheids= halwe meld dat die advokate van beide partye,
nadat die appèl
aangehoor is, aanvullende betoogpunte voorgelê het
oor die feit dat daar geen getuienis voor die Ver= hooorregter geplaas was
aangaande die geldelike vermoëns van Ericsen se "prinsipaal" (wie dit ook
al was) en die uitwerking daarvan op die verweerder
se beweerde aanspreek=
/likheid ...
38.
likheid nie - 'n aangeleentheid waaraan die Verhoorregter in
sy uitspraak geen aandag gegee het nie. Vanweë die beperkte basis
waarop
hierdie aspek van die saak afge= handel kan word, soos hierbo aangedui, is dit
egter ook onnodig om op die genoemde verdere
betoë van die advo= kate in te
gaan.
Die Verhoorregter en die advokate van albei partye in hulle betoë voor
hierdie Hof het oënskynlik uitgegaan van die standpunt
dat paragraaf 6B van
die besonderhede van eis niks meer behels nie as 'n eisoor= saak wat gebaseer is
op 'n beweerde verbreking van
'n waarborg van volmagsbestaan in sy gebruiklike
verskynings= vorm. As dit so is, dan is paragraaf 6B nou reeds van= weë die
bespreking hierbo afgehandel. Ter wille van duidelikheid moet ek egter sê
dat dit my voorkom dat paragraaf 6B in werklikheid
verder gaan as wat
oënskyn= lik veronderstel is. In paragraaf 6B (1) word die uitdrukking
gebruik: "
regtens
gemagtig was", en dieselfde
/uitdrukking ...
39.
uitdrukking kom weer voor in paragraaf 6B (3). Wat waarskynlik daardeur
bedoel is, blyk uit die verdere woorde in pairagraaf 6B (3),
"aangesien dit 'n
gesteelde voertuig was en
Verweerder se prinsipaal nie bevoeg was om daaroor
te beskik nie
." Die paragraaf in sy geheel is dus vatbaar vir die vertolking
dat die eiser beweer dat die verweerder gewaarborg het dat sy prinsipaal
be=
voeg was om oor die voertuig te beskik, en dat hy dáár= die
waarborg verbreek het. Dit is iets anders as die gewone
waarborg ten opsigte van
die blote bestaan van volmag, want hier gaan dit nou om die bykomende vraag of
die prinsipaal die bevoegdheid
gehad het om oor die voertuig te beskik. Ons weet
dat die prinsipaal, by name Fargher, inderdaad geen sodanige bevoegdheid gehad
het nie. As die beweerde waarborg dus gegee is, dan is dit ook verbreek. Kan die
eiser se eis op hierdie grondslag slaag? Om dit
te bépaal, is dit nodig
om weer die getuienis, soos ek dit vroeër opgesom het,
/te ...
40.
te bekyk.
Alhoewel Nell en Ericsen dit in hulle ge= tuienis nie eens was oor wat
presies laasgenoemde aan eersgenoemde sou gesê het nie,
is daar tog na my
oordeel 'n mate van eenstemmigheid tus'sen hulle te bespeur ten opsigte van wat
gesê is aangaande wat genoem
kan word die verkoopbaarheid van die
voertuig. Nell het uit= drukkings gebruik soos "geen probleme nie", "mag
verkoop", "alles reg",
en so meer. Ericsen het gepraat van "in orde om te koop",
'n "wettige" en 'n "egte" voertuig (sy werklike woorde was "a legitimate
car" en
"the authen= ticity of the vehicle"), en so meer. Ek meen dat dit 'n billike
áfleiding uit die getuienis as 'n geheel
is dat Ericsen by implikasie aan
Nell te kenne gegee het dat hy (Ericsen), sowel as die vriend namens wie hy die
voertuig verkoop
het (sy prinsipaal),die be= voegdheid gehad het om daaroor te
beskik.
Daaruit volg dit nog nie dat die eisoorsaak
/soos
...
41.
soos in paragraaf 6B geformuleer, bewys is nie. Die paragraaf
gebruik die woorde "gewaarborg" en "waarborg". Dit is woorde wat gewoonlik
dui
op die aanvaarding van aanspreeklikheid kragtens 'n kontrak, in teenstelling met
aanspreeklikheid wat voortspruit uit 'n wanvoorstel=
ling wat aanleiding gee tot
'n kontrak. Dat daar inder= daad beoog was om in paragraaf 6B staat te maak op
kon= traktuele aanspreeklikheid,
is duidelik, enersyds om= dat daar in paragraaf
6B geen bewering van skuld (opset of nalatigheid) van die kant van die
verweerder
gemaak word nie, en andersyds omdat daar, by wyse van kontras, in
paragrawe 5 en 6 staatgemaak word op 'n bedrieglike wanvoorstelling
en in
paragraaf 6A (wat in 'n groot mate oorvleuelend is met paragraaf 6B) staatgemaak
word op 'n nalatige wanvoorstelling. Vir die
doeleindes van paragraaf 6B is die
vraag dus of die getuienis aantoon dat Ericsen kontraktuele gebondenheid aanvaar
het en aldus
ingestaan het vir die waarheid van sy geïmpliseerde
/verklaring ...
42.
verklaring dat Fargher die bevoegdheid gehad het om oor die
voertuig te beskik. . Na my oordeel is die antwoord ontkennend. Die uitdrukkings
wat Ericsen teenoor Nell gebesig het, soos hierbo genoem, of dit nou beskou word
volgens Nell se getuienis of Ericsen s'n, is van
so 'n vaag omlynde aard dat dit
hoogs onwaarskynlik is dat of die een of die ander van hulle sou bedoel het om
die krag van kontraktuele
aanspreeklikheid daaraan toe te skryf, en dié
oorweging geld des te meer ten opsigte van 'n stilswyende verklaring wat daaruit
afgelei word, maar wat hulle self nie eers probeer formuleer het nie. Bowendien
is dit inherent onwaarskynlik dat Ericsen ooit kon
beoog het om homself
kontraktueel te verbind ten opsigte van sy prinsipaal se titel om oor die voer=
tuig te beskik, en dat Nell
sy uitlatings in dié sin sou opgevat het.
Ericsen en Nell was dit eens dat Eric= sen klaarblyklik bloot as 'n agent namens
sy prinsipaal opgetree het met betrekking tot die verkoping van die
/voertuig ...
43.
voertuig, en in al die omstandighede kan daar nie uit die getuienis afgelei
word dat 'n afsonderlike kontrak tot stand gekom het tussen
Nell en Ericsen
waarvolgens laasgenoemde hom verbind het om in te staan vir die bevoegdheid van
sy prinsipaal om oor die voertuig
te beskik nie.
Aansluitend by die voorgaande, is dit ver= volgens nodig om die eiser se
eisoorsaak gebaseer op nalatige wanvoorstelling te oorweeg,
soos uiteengesit in
paragraaf 6A van die besonderhede van eis. Uit hoofde van wat reeds hierbo
gesê is, aanvaar ek dat dit
uit die getuienis blyk dat Ericsen by
implikasie aan Nell voorgestel het dat hy "regtens namens 'n derde gemagtig was"
om die voertuig
aan die eiser te verkoop (paragraaf 6A (1)), en dat dit 'n
voorstelling behels het van die feit dat sy prinsipaal, te wete Fargher,
en dus
ook hy self (Ericsen), "regtens bevoeg was" om die voertuig te verkoop
(paragrawe 6A (2) en (3)), wat
/'n ...
44.
'n wanvoorstelling was vanweë die feit dat dit 'n ge=
steelde voertuig was. Ek gaan nou voort om die ander feitlike bewering
in
paragraaf 6A (2) te ondersoek, naamlik dat die verweerder nalatig was met
betrekking tot die wanvoorstelling.
Ter ondersteuning van sy betoog dat Ericsen nalatig was, het die eiser se
advokaat hoofsaaklik ge= wag gemaak van die volgende feite
wat blyk uit die
getuienis (ek verwys nou weer terug na die opsomming in die Verhoorregter se
uitspraak, op 390 H - 391 E, en kyk
verder op 391 F - 392 D): Ericsen het
Fargher heel toevallig ontmoet kort voordat Fargher aan hom die betrokke
voertuig gelewer het
om te verkoop; alhoe= wel Fargher aan Ericsen voorgestel is
as 'n handelaar in gebruikte motorkarre, deur Neethling, by wie se besig=
heidsplek hulle mekaar raakgeloop het, het Ericsen geen stappe gedoen om te
bevestig dat dié inligting korrek is nie; Fargher
het aan Ericsen
meegedeel dat die
/eienaar ...
45.
eienaar van hierdie betreklike duur voertuig ene Frikkie van Rensburg was,
wat maar net 'n motorwerktuigkundige was; Fargher het aan
Ericsen gesê dat
Van Rensburg werksaam was by 'n motorhawe in die Paarl wat behoort het aan ene
Pilkington, iemand met wie
Ericsen goed bekend was, maar tog het Ericsen geen
stappe gedoen om van Pilkington bevestiging van Fargher se mededeling te verkry
nie; Fargher het gesê dat die voertuig 'n 1978-model was, en toe Ericsen
sy aandag daarop geves= tig het dat dit in werklikheid
'n 1977-model was volgens
die registrasiedokumente van die voertuig, was Fargher heeltemal bereid, en het
hy aangebied, om die jaartal
op die registrasiedokumente te verander; uit die
re= gistrasiedokumente het dit geblyk dat die voertuig inderdaad nie
geregistreer
was op naam van Van Rensburg nie, maar wel op naam van ene Burger.
Die betoog namens die eiser was dat daar soveel agterdogwekkende
aspekte aan
Fargher se optrede verbonde was dat Ericsen
moes ...
46.
moes gedink het aan die moontlikheid dat die voertuig 'n
gesteelde voertuig was en dat sy versuim om verdere navrae te doen in ieder
geval nalatigheid daargestel het.
Uit 'n ontleding van Ericsen se getuienis blyk dit dat hy 'n verduideliking
verskaf het van elke beweerde agterdogwekkende kenmerk
van Fargher se optrede,
asook van sy (Ericsen se) nalate om verdere navrae te doen aangaande die
inligting wat aan hom verstrek is.
Die strekking van sy getuienis in hierdie
verband was soos volg: toe Neethling Fargher aan hom voorgestel het as 'n
handelaar, het
hy terselfdertyd ingestaan vir Fargher ("Mr Neethling vouched for
Mr Fargher"); toe Fargher die betrokke voertuig aan Ericsen gelewer
het, het die
voertuig die besondere soort nommerplate aangehad wat slegs deur motorhandelaars
gebruik mag word, wat beves= tig het
dat Fargher 'n handelaar was; volgens
Ericsen se ervaring is dit geen buitegewone verskynsel dat 'n
/motorwerktuigkundige ...
47.
motorwerktuigkundige die eienaar is van 'n betreklike duur
motorkar nie; bowendien het Fargher aan Ericsen verduidelik dat Van Rensburg
die
kar gekoop het met fondse wat aan hom uitbetaal was ten opsigte van be= serings
wat hy in 'n motorongeluk opgedoen het,'n verhaal
wat Ericsen geen rede gehad
het om te betwyfel nie; toe Fargher hom vertel het dat Van Rensburg by Pilking=
ton werksaam was, het
hy (Fargher) bygevoeg dat Ericsen vir Pilkington kon bel,
wat Ericsen egter onnodig geag het om te doen; die voertuig is in die Paarl
deur
Fargher aan Ericsen beskikbaar gestel juis by die motorhawe van Pilkington, waar
Van Rensburg werksaam sou gewees het; die wysiging
van die jaar van
vervaardiging yan 'n voertuig op die registrasiedokumente daarvan is iets wat in
bepaalde omstandighede veelal in
die motorhandel voorkom; die feit dat 'n
voertuig geregistreer is op naam van iemand anders as die persoon wat die
eienaar daarvan
is, kom dikwels voor in die motorhandel, soos
/bv .....
48.
bv wanneer die eienaar dit van die hand wil sit betrek= lik kort nadat hy dit
self gekoop het, en voordat dit op sy naam oorgeplaas
is. " Origens het Ericsen
byge=. voeg dat die koopprys wat Fargher vir die voertuig wou gehad het, nie 'n
buitegewone lae prys was
nie, en dat al die registrasie- en lisensiedokumente
van die kar heeltemal in orde was.
My indruk van die voorgaande getuienis van Eric= sen, soos dit in die
oorkonde verskyn, is dat daar niks onwaarskynliks of onaanneemliks
daarin is
nie. Op een áspek daarvan, wat ek as van deurslaggewende belang beskou,
wil ek nou ietwat verder uitbrei. Dit is
die feit dat Neethling teenoor Ericsen
vir Fargher inge= staan het. Die eiser se advokaat het aan die hand gedoen dat
daardie feit
nie Ericsen se nalate om verdere navrae te doen kan verduidelik of
verskoon nie. Ek stem nie saam nie. Ericsen het getuig dat hy
oor 'n tydperk van
4 of 5 jaar gereeld besigheidstransaksies
/met ...
49.
met Neethling aangegaan het, waarby hy motorkarre van
Neethling gekoop het of aan Neethling verkoop het. Dit is duidelik dat Neethling
'n man is wat hy rede gehad het om te vertrou. Toe Neethling vir Fargher inge=
staan het, het hy aan Ericsen meegedeel dat hy (Neethling)
talle
besigheidstransaksies met Fargher gehad het, dat hy (Neethling) nooit enige
probleme met hom gehad het nie, en dat Ericsen
met Fargher kon besigheid doen
sonder om probleme te verwag. Hy het ook uitdruklik gesê dat Fargher 'n
eerbare heer is ("honourable
gentleman") en betroubaar ("trustworthy"). Daar is
geen rede om Ericsen se getuienis in hierdie verband nie te glo nie. Met so 'n
sterk aanbeveling uit 'n betroubare" bron, en met inagneming van Ericsen se
ander verduide= likings soos hierbo vermeld, is dit na
my oordeel on= moontlik
om te bevind dat Ericsen se nalate om verdere navrae te doen, hom verwyt kan
word. Hy het geen werklike gronde
gehad om agterdogtig te wees nie. Daar
/is ...
50. is gevolglik nie bewys dat hy nalatig was nie.
Die eiser se eis soos uiteengesit in paragraaf 6A van die besonderhede van
eis kan dus, op feitlike gronde, ook nie slaag nie. Vanweë
hierdie
gevolgtrek= king is dit onnodig om oorweging te skenk aan die regs= vraag wat in
die betoë voor hierdie Hof geopper
is, of die eis in beginsel in die
omstandighede van hierdie saak ontvanklik is. Die eiser se advokaat het die
vraag met ja beantwoord,
onder andere op grond van die beslissing in
Kern
Trust (Edms) Bpk v Hurter
1981 (3) SA 607
(C), terwyl die verweerder se
advokaat tot die teendeel betoog het, onder andere op grond van die be= slissing
in
Lillicrap, Wassenaar & Partners v Pilkington Bros SA (Pty) Ltd
1985 (1) SA 475
(A) op 500 - 505. Oor hierdie twispunt spreek ek geen mening uit
nie.
Die oorblywende eisoorsaak waarop die eiser se advokaat hom beroep het, is
diè gebaseer op bedrieg= like wanvoorstelling, soos
uiteengesit in
paragrawe 5
/en ...
51.
en 6 van die besonderhede van eis. Die kern-bewering daarin vervat, dat die
verweerder geweet het dat dit 'n gesteelde voertuig was,
is nie bewys nie, maar
daar is namens die eiser betoog, met 'n beroep op sake soos
R v Myers
1948 (1) SA 375
(A) op 382-4, dat Ericsen doelbewus sy oë gesluit het vir
die moontlikheid dat dit 'n gesteelde voertuig was, en geen verdere
navrae in
diè verband gedoen het nie, juis met die oogmerk om Nell te mislei. Met
hierdie betoog kan daar korte mette gemaak
word. Dit het berus op dieselfde oor=
wegings as wat aangevoer is ter onderskraging van die betoog dat Ericsen nalatig
was, en wat
ek reeds hierbo behandel het. Om dieselfde redes kan daar nie bevind
word dat Ericsen bedrieglik opgetree het nie.
Ten slotte wil ek kortliks verwys na 'n ander denkbare eisoorsaak wat uit die
eiser se besonderhede van eis kan voortvloei, en waarna
sydelings verwys is in
die loop van die betoë voor hierdie Hof. Die
/eiser ...
52.
eiser se advokaat het hom tereg nie daarop beroep nie, maar ek sê iets
daaroor slegs om 'n moontlike misverstand aangaande die
strekking van hierdie
uitspraak te vermy. In paragrawe 3 en 4 van die besonderhede van eis word die
sluiting van 'n koopkontrak tussen
die eiser en die verweerder beweer asof
Ericsen self 'n party tot die koopkontrak was, en wel asof hy persoonlik die
verkoper van
die voertuig was. In paragraaf 7 word bewerings gemaak aangaande
die uitwinning van die voertuig. Laas= genoemde bewerings is bewys
deur
getuienis wat Nell daaroor afgelê het. Die vraag is dan of Ericsen as
gevolg van die uitwinning aanspreeklikheid teenoor
die eiser opgedoen het op die
grondslag dat hy self kontrak= tueel verbonde was as die verkoper en dus ten
opsigte van die koopkontrak
kontrakbreuk gepleeg het. Beide Ericsen en Nell was
handelaars in gebruikte motorkarre en hulle het as sodanig met mekaar
onderhandel.
Volgens Nell se getuienis is die naam van Ericsen se prinsipaal
/nie ...
53.
nie in die onderhandelings genoem nie en is daar ook geen navraag gedoen na
sy identiteit, sy status, sy finansiële vermoëns,
en so meer nie. As
'n handelaar,
A, n voertuig te koop aanbied aan 'n ander handelaar,
B, met
die mededeling van A teenoor B dat A die voer=
tuig verkoop namens 'n klant
van hom, en 'n koop word
tussen A en B beklink sonder dat daar iets
gesê word
oor die naam of enige besonderhede van die klant, dan
is
daar ruimte vir 'n bevinding dat dit A en B se be=
doeling is om A persoonlik
h party tot die koopkontrak
te maak, met die gepaardgaande gedagte dat A self
vir
B sou kon aanspreek in geval van wanbetaling van die
koopprys, en ook
dat A self deur B aangespreek sou kon
word in geval van uitwinning van die
voertuig. In
die huidige geval is daar egter nie ruimte vir so
'n
bevinding ten opsigte van Ericsen en Nell nie, vanweë
die
strekking van die getuienis wat hulle afgelê het.
Soos reeds geblyk
het, was dit gemene saak tussen hulle
/dat ...
54.
dat Ericsen slegs maar as "agent" van sy prinsipaal opgetree
het. Die wedersydse aanvaarding van die feit dat Ericsen niks meer as
'n
verteenwoordiger in die trans = aksie was nie, skakel in die huidige geval enige
moontlike afleiding uit dat Ericsen hom persoonlike
aanspreeklikheid ingevolge
die koopkontrak op die hals gehaal het.
In die resultaat word die volgende bevel uitge= reik:
(1)
Die appèl word
gehandhaaf met koste, insluitende die koste van twee
advokate.
(2)
Die bevel van die Hof
a
quo
word tersyde gestel en vervang deur die volgende
bevel:
"Die eiser se eis word van die hand gewys en
vonnis word verleen ten gunste van die verweerder, met koste."
A.S. BOTHA AR
RABIE HR
HOEXTER AR
BOSHOFF AR S
TEM SAAM
NICHOLAS WN AR