About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 48
|
|
Emerald Dunes Investments 64 BK v Naledi Meule BK (576/2007) [2007] ZAFSHC 48 (7 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 576/2007
In
die saak tussen:-
EMERALD
DUNES INVESTMENTS 64 BK
Applikant
Registrasienommer
: CK 2002/095293/23
en
NALEDI
MEULE BK
Respondent
Registrasienommer
: CK 2003/049390/23
CORAM:
VOGES,
WND R
AANGEHOOR
OP:
17 MEI 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
7
JUNIE 2007
[1] Die applikant
(voortaan na verwys as die eiser) doen aansoek om summiere vonnis
teen die respondent (hierna na verwys as die
verweerder) vir betaling
van die bedrag van R2 467 453,78, met rente
a tempore morae
en
koste.
[2] Die eiser, Emerald
Dunes Investments 64 BK (Registrasienommer CK 2003/049390/23), het
gedurende die tydperk 31 Oktober 2005 tot
ongeveer 30 Maart 2006 wit
mielies gelewer aan die verweerder, Naledi Meule BK, by laasgenoemde
se meule te Hennenman. Die verweerder
moes die eiser binne 7 dae na
lewering betaal.
[3] Nadat Naledi Meule
bepaalde betalings gemaak en sekere krediete in berekening gebring
is, is Naledi Meule, aldus die eiser se
besonderhede van vordering,
R2 467 453,78 aan die eiser verskuldig. ân Staat van die
verweerder se ope rekening by die eiser is
as bewys hiervan ingedien.
[4] In sy bevestigende
eedsverklaring voer F Engelbrecht, lid van die eiser, aan dat die
verweerder nie oor ân
bona fide
verweer teen die eiser se
vordering beskik nie en bloot kennis van verdediging gegee het met
die doel om die aksie te vertraag.
[5] Dit word verder in
die eiser se besonderhede van vordering uiteengesit dat die eiser op
16 Maart 2006 op versoek van Johannes
Christiaan van der Walt
vervangende fakture ten aansien van die verweerder se verskuldigheid
jeens eiser in terme van die verweerder
se ope rekening by die eiser
aan ân entiteit bekend as High Point Trading 816 BK uitgereik en
terselfdertyd in ân skrywe aan
Naledi Meule te kenne gegee dat
laasgenoemde se kontrakte en fakture gekanselleer is en dat daar soos
op 16 Maart 2006 geen bedrae
verskuldig is aan Emerald Dunes
Investments nie.
[6] Aldus die eiser was
dit
ââ
n
uitdruklike-, in die alternatief, geïmpliseerde-, in die verdere
alternatief, stilswyende term van die voldoening deur eiser aan
verweerder se mondelingse versoek ⦠dat gemelde High Point Trading
816 BK, verweerder se skuldlas en/of uitstaande balans soos
weerspieël in verweerder se ope rekening op 31 Maart 2006 in die
bedrag van R 2 467 453,76 en ten aansien waarvan vervangende fakture
uitgereik is, binne dertig (30) dae na die uitreiking van die
vervangende fakture deur eiser aan gemelde High Point Trading BK sal
vereffen, by versuim waarvan die vervangende fakture aan High Point
Trading BK sal verval en/of gekanselleer sal word en verweerder
aanspreeklik sal wees vir die onmiddellike vereffening en/of betaling
van verweerder se ope rekening by eiser soos op 31 Maart 2006;
weens
High Point Trading se versuim om verweerder se uitstaande ope
rekening in die bedrag van R2 467 453,76 aan die hand van die
vervangende fakture uitgereik deur eiser aan gemelde entiteit ⦠te
vereffen voor/op 1 Mei 2006, is verweerder huidiglik die bedrag
van
R2 467 453,76 aan eiser verskuldig, welke verweerder weier en/of
versuim om te betaal.â
[7] Die eiser voer
verder aan dat Johannes Christiaan van der Walt op of ongeveer 30
Maart 2006 die verweerder se verskuldigheid
jeens die eiser in die
bedrag van R2 467 453,78 ten aansien van die verweerder se ope
rekening by eiser, skriftelik erken het deurdat
ân skrywe met die
volgende inhoud van Van der Walt ontvang is:
âI/S:
SKULD VAN R2 467 45,78
Hiermee versoek Naledi Meule al
Emerald Dunes Investments se besonderhede om te reël vir ân
betaling aan Emerald Dunes Investments
vir die bedrag van R2 467
453,78.â
[8] Die verweerder het
aanvanklik ân verweer van
lis pendens
geopper op grond
daarvan dat die eiser gedurende Augustus 2006 ân aksie aanhangig
gemaak het teen die verweerder deur die uitreiking
van ân
voorlopige vonnis dagvaarding waarin bedrae daarin vermeld oorvleuel
met die bedrae in hierdie saak. Namens die verweerder
is egter
tydens betoog toegegee dat hierdie bewering nie korrek is nie,
aangesien die genoemde aksie reeds op 1 Maart 2006 teruggetrek
is.
[9] Ter opponering van
die aansoek om summiere vonnis ontken Johannes Christiaan van der
Walt, enigste lid van die verweerder, dat
die verweerder die genoemde
bedrag aan die eiser verskuldig is en word ook ontken dat die
verweerder nie oor ân
bona fide
verweer teen eiser beskik
nie.
[10] In antwoord op eiser
se eis word aangevoer dat alle besigheid tussen die eiser en die
verweerder summier gestaak is gedurende
Maart 2006 toe ân nuwe
beslote korporasie, High Point Trading 816 BK gestig is. Die vaste
eiendom van die meulenaarsbesigheid
het in die verweerder bly setel,
terwyl die nuwe beslote korporasie die besigheid bedryf het.
As
gevolg hiervan is die skrywe van eiser bekom waarvolgens daar geen
skulde meer bestaan tussen eiser en Naledi Meule nie. Enige
bedrae
wat voorheen deur die verweerder verskuldig was, is op daardie
stadium oorgedra na High Point Trading 816 BK. Verdere
transaksies/ooreenkomste
is daarna gesluit tussen High Point Trading
816 BK en die eiser.
Die verweerder steun dus
daarop dat sy aanspreeklikheid jeens die eiser uitgewis was weens
novasie. Novasie beteken â
replacing an existing obligation by a
new one, the existing obligation being thereby discharged, but
novation is not to be regarded
as a
form of payment
â.
Christie,
The Law of Contract
, (4th edition), p. 521.
[11] Van der Walt voer
aan dat die verweerder geen regsaanspreeklikheid teenoor die eiser
meer het nie a g v die vrywaring deur die
eiser gegee en ân verdere
ooreenkoms aangegaan deur High Point Trading 816 BK met die eiser vir
die behoorlike terugbetaling van
verskuldigde bedrae. In diè
verband is bewyse van ooreenkomste aangeheg waarin telkens verwys
word na ân prys per ton âplus
(ân bedrag) per ton vir skuldâ.
[12] Wat koste
aanbetref, voer die verweerder aan dat die eiser sedert Maart 2006
bewus was dat die verweerder nie meer ân party
tot die aankoop van
wit mielies was nie en gevolglik vir High Point Trading 816 BK moes
aanspreek vir hierdie skuld. Omdat dit nie
so gedoen is nie, behoort
die eiser aanspreeklik te wees vir die koste van die verweerder.
[13] Op die stukke moet
bepaal word of die verweerder ân
bona fide
verweer teen die
eiser se eis het. Indien daar ân redelike moontlikheid bestaan dat
die verweer op verhoor kan slaag, moet die
eiser se aansoek uiteraard
afgewys en aan die verweerder verlof toegestaan word om die aksie te
verdedig. Sou alle geopperde verwere
egter klaarblyklik
onaanvaarbaar wees, kan summiere vonnis toegestaan word.
[14] Die verweerder voer
aan dat hy ân
bona fide
verweer teen die eiser se eis het op
grond daarvan dat:
Hy gevrywaar is teen
aanspreeklikheid, vanweë die eiser se skriftelike bevestiging dat
daar geen skulde meer bestaan tussen hom
en die verweerder nie.
Eiser nie ân
gelikwideerde vordering het nie.
Daar twyfel bestaan oor
wie aanspreeklik is en
Vir welke bedrag
Verder word aangevoer
dat:
Alle besigheid tussen
die eiser en die verweerder in Maart 2006 gestaak is en dat
verweerder gevolglik geen gelde aan die eiser
verskuldig is of kan
wees nie.
Verskuldigde bedrae op
daardie stadium (Maart 2006) oorgedra is na High Point Trading 816
BK en sou daar voortaan slegs ân ooreenkoms
tussen die eiser en
High Point Trading BK bestaan.
Naledi Meule BK
gedurende Maart 2006 omvorm is tot ân maatskappy bekend as Naledi
Meule (Edms) Beperk.
High Point Trading 816
BK ân ooreenkoms aangegaan het met die eiser vir die behoorlike
terugbetaling van verskuldigde bedrae.
[15] Uit die
rekeningstaat waarop die eiser se eis berus, is dit duidelik dat
transaksies tot die einde van Maart 2006 verreken is.
Nakomende
ooreenkomste tussen die eiser en High Point Trading 816 BK vir
lewering van mielies aan laasgenoemde vorm nie deel daarvan
nie. Geen
betalings is ook na 16 Maart 2006 verreken nie.
In
FATTIâS
ENGINEERING CO. LTD v VENDICK SPARES
LTD
1962 (1) SA 736
(T) by 738 F word dit gestel:
â
A debt must be liquid in the sense
that it is based on a liquid document or is admitted or its money
value has been ascertained, or
in the sense that it is capable of
prompt ascertainment.â
Die presiese bedrag wat
deur die verweerder verskuldig is, is op grond van bogenoemde staat
bepaalbaar en word in die dagvaarding
gevorder. Uit die
gevolgtrekking in paragraaf 18, infra blyk die bedrag ook erken te
wees. Die eiser se eis is gebaseer op ân
gelikwideerde geldsom.
[16] Verweerder beweer
dat High Point Trading 816 BK ân ooreenkoms(te) aangegaan het vir
die terugbetaling van âverskuldigde bedraeâ.
Op die stukke kan
egter nie bepaal word welke verskuldigde bedrae ter sprake is en of
dit hoegenaamd betrekking het op die skuld
van Naledi Meule BK nie.
Die aanhangsels/ooreenkomste waarop die verweerder steun verwys nie
na skuld van Naledi Meule nie en die
kontrakte aangegaan op 16 Maart
2006 (JC2 en JC3) maak geen voorsiening vir betaling van skuld nie.
Dit kom eers voor op ooreenkomste
aangegaan vanaf 26 Julie 2006 (JC4,
JC5, JC6, JC7, JC8, JC9), op welke stadium High Point Trading 816 BK
reeds mielies ontvang het
en self bedrae aan Emerald Dunes
Investments BK verskuldig was.
[17] Alhoewel dit
gemene saak is dat die eiser skriftelik, nadat hy deur Van der Walt
daartoe versoek is, te kenne gegee het dat
Naledi Meule geen bedrae
aan Emerald Dunes verskuldig is nie soos op 16 Maart 2006, voer die
eiser aan dat hierdie vrywaring (aanhangsel
âEmeraldâ/ âJC1â)
verskaf is onderhewig aan die voorwaarde dat High Point Trading 816
BK in terme van die vervangende ooreenkoms
die rekening binne 30 dae
sal vereffen. By versuim om daaraan te voldoen, sou die vervangende
fakture aan High Point Trading 816
BK verval en sal Naledi Meule BK
aanspreeklik wees vir die onmiddellike vereffening van die rekening.
Die verweerder handel
glad nie in sy opponerende stukke met hierdie bewering van herlewing
van die oorspronklike ooreenkoms tussen
die eiser en die verweerder
nie. Die eiser se bewering staan dus onbetwis en behoort die
volgende beginsel, uiteengesit in
VAN ZYL v NIEMANN
1964 (4) SA 661
(A) te 669H - 670 toepassing te vind:
â
Dit
is duidelik dat ân skikkingsooreenkoms dieselfde uitwerking het as
res judicata, en gevolglik ân aksie op die oorspronklike
skuldoorsaak uitsluit (
Cachalia
v Harbere & Co
.,
1905 TS 457
op bl 464), behalwe waar die skikkingsooreenkoms
uitdruklik of by duidelike implikasie bepaal dat, by nie-nakoming van
die bepalings
daarvan, ân party op sy oorspronklike vorderingsreg
kan terugval.â
[18] Die genoemde skrywe
van Van der Walt aan Engelbrecht op 30 Maart 2006 is gedoen op die
briefhoof van Naledi Meule, vermeld die
BK se registrasie nommer
(2003/04930/23) en gee te kenne dat Naledi Meule skuld van R2 467
453.78 aan Emerald Dunes Investments wens
te betaal. Dus, ân
onomwonde bevestiging dat die skuld bestaan.
Indien ân
âafbetalingsooreenkomsâ aangegaan was, is dit onverklaarbaar
waarom ân skrywe met die strekking soos hierbo (aanhangsel
âErkenningâ) gerig sou word. Laasgenoemde strook met die eiser
se bewering dat betaling binne ân sekere tyd moes geskied en
dat
die novasie, soos ooreengekom, slegs voorwaardelik was.
Voorwaardelike novasie
het tot hiertoe nie byval by die howe gevind nie. Sien
Christie
,
a.w.
supra
, p.522. As dit die bedoeling van partye was om een
kontrak met ân ander te vervang onderhewig daaraan dat ân
skuldenaar ooreenkomstig
ân nuwe kontrak betaal, verkies die howe
eerder om te sê dat novasie nie plaasgevind het nie.
Sien
GREWAR &
HANEKOM (PTY) LTD v ROUX
1959 (2) SA 182
(CPD).
[19] Ek is nie oortuig
dat die verweerder aangetoon het dat ân ooreenkoms vir afbetaling
van die skuld van Naledi Meule BK aangegaan
is nie. Geen bewys dat
enige betalings deur High Point Trading 816 BK gemaak is kom voor in
die verweerder se opponerende stukke
nie. Die bedrae wat terugbetaal
sou wees word nie vermeld nie. Die vae bewerings van die verweerder
oortuig nie as aanvaarbaar
nie.
[20] In teenstelling met
die bewering dat Naledi Meule BK gedurende Maart 2006 vervang is met
ân maatskappy, Naledi Meule (Edms)
Bpk, verklaar J C van der Walt
op 30 Maart 2007 steeds âRespondent
is
ân beslote
korporasieâ¦â en soos reeds hierbo gemeld, word die skrywe aan die
eiser op 30 Maart 2006 gerig op ân briefhoof
waarin die beslote
korporasie registrasienommer van Naledi Meule vermeld word. Die
verweerder self maak dit op daardie stadium duidelik
dat Naledi Meule
BK verantwoordelik is vir betaling van die bedrag van R2 467 453,78.
Ek is nie oortuig dat die
verweerder verkeerdelik deur die eiser aangespreek word nie.
[21] Die geopperde
verwere van die verweerder is klaarblyklik onaanvaarbaar. Die
verweerder het my nie oortuig dat hy ân
bona fide
verweer
teen die eiser se eis het nie.
[22] Die volgende bevel
word gevolglik gemaak:
Die aansoek slaag.
Summiere vonnis word
verleen.
Die verweerder word
gelas om bedrag van R2 467 453,78 met rente
a tempore
morae
aan die eiser te betaal.
Verweerder betaal die
koste van die geding.
________________
M.
VOGES, WND R
Namens
die eiser: Adv. C. Snyman
In
opdrag van:
Bock-Van-Es-Boshoff
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. D.M. Grewar
In
opdrag van:
Azar
& Havenga Ingelyf
BLOEMFONTEIN
MV/sp