About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 46
|
|
Mokhuane v Mokhuane (464/2005) [2007] ZAFSHC 46 (7 June 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 464/2005
In
die saak tussen:-
KGOMOGADI
JACK MOKHUANE
Applikant
en
KETLARENG
EMMAH MOKHUANE
Respondent
CORAM:
VOGES,
WND R
AANGEHOOR
OP:
24 MEI 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
7
JUNIE 2007
[1] Die applikant doen
aansoek om tersydestelling van ân egskeidingsbevel wat op 3 Maart
2005 by verstek toegestaan is, aangesien
die applikant (toe die
verweerder) nie verdediging aangeteken het nie. Daarmee saam word
gevra vir verlof om die aksie te verdedig,
koste van die aansoek,
indien dit opponeer sou word, verdere/alternatiewe regshulp en
kondonasie vir die laat indien van hierdie
aansoek.
[2] Dit
is gemene saak dat die applikant en die respondent op 27 Desember
1997 binne gemeenskap van goedere getroud is en dat twee
minderjarige
kinders uit hierdie huwelik gebore is.
[3] Op 7 Februarie 2005
is ân dagvaarding vir egskeiding op die applikant beteken. Hy en
die respondent het op daardie stadium
nog saam in die gemeenskaplike
woning gewoon.
[4] Dit is die applikant
se saak dat hy en die respondent daarna probeer versoen het en die
respondent aan hom die onderneming gegee
het dat sy die
egskeidingsgeding sal âkanselleerâ. Kort daarna (op 4 Maart
2005) het die respondent egter ân egskeidingsbevel
aan die
applikant oorhandig waaruit geblyk het dat die bevel inderdaad op 3
Maart 2005 toegestaan is met die volgende bevele:
â
1.
That
the bonds of marriage subsisting between plaintiff and defendant be
and are hereby dissolved
2.
That
the custody of the two minor children born of the marriage be awarded
to the plaintiff
That the defendant pay maintenance
for the minor children born of the marriage at the rate of R600,00
per month for Abigail and
R400,00 per month for Phumelo
That the benefits of the marriage in
community of property be forfeited.
That the defendant pays the costs of
suit.â
Die applikant het daarop,
op versoek van die respondent, die gemeenskaplike woning verlaat.
[5] Die volgende week het
hy sy prokureur (Mnr Matsididi) gaan spreek met die doel om
bogenoemde hofbevel tersyde gestel te kry.
Samesprekings is ook met
ân advokaat gevoer, wat adviseer het dat gepoog moet word om die
aangeleenheid buite die hof te skik.
Die saak is in die hande
van die applikant se prokureur gelaat, wat skrywes (onder andere op
25 April 2005) gerig het aan die respondent
se regsverteenwoordigers
met die oog op ân skikking.
[6] In Junie 2005 het die
applikant egter verneem dat mnr Matsididi oorlede is. Hy het weer
die advokaat geraadpleeg en is geadviseer
om ân ander prokureur aan
te stel, wat hy gedoen het.
[7] Pogings is toe
aangewend om die betrokke lêer uit die kantoor van mnr Matsididi te
bekom, waarna weer probeer is om ân skikking
met die respondent te
bereik. Uiteindelik, op 1 September 2005, is ân skrywe ontvang
vanaf die respondent se regsverteenwoordigers
dat hulle nie meer
namens haar optree nie.
[8] Vanweë applikant se
benarde finansiële posisie het sy prokureur daarop voortgegaan om
self die stukke op te stel vir hierdie
aansoek. Hierdie stukke is op
14 November 2005 aan die advokaat te Bloemfontein voorgelê en is die
applikant se funderende verklaring
op 19 Desember 2005 te Thaba Nchu
onderteken.
[9] As gevolg van die
vakansieseisoen, is die aansoek eers op 9 Februarie 2006 ingedien.
Kennisgewing van opponering is op 2 Maart
2006 ontvang en applikant
se repliserende stukke is op 23 April 2006 beteken en geliasseer,
nadat ân ander advokaat weer eens gevind
moes word vanweë
applikant se gebrek aan fondse.
Pogings was daarna
aangewend om die aangeleentheid op die rol te plaas, maar dit het
telkens skipbreuk gely omdat die applikant nie
kon betaal nie en nie
fondse kon bekom nie.
[10] Hierdie aansoek is
uiteindelik vir verhoor ter rolle geplaas op 1 Maart 2007 op welke
dag Hattingh, R die volgende bevel gemaak
het:
â
1. Aansoek
word
sine
die
uitgestel.
2. Verlof
word aan die applikant verleen om die kondonasie- aansoek aan te vul
nie later as 15 dae gereken van vandag.
3. Respondent
kan daarop repliseer nie later as 10 dae na ontvangs van die sukke
vermeld in paragraaf 2.
4. Mnr
Anton Roux moet b w v ân beëedigde verklaring aantoon watter
bedrae op watter datums deur applikant aan hom oorbetaal is.
5. Koste staan oor.â
[11] Mnr Anton Roux,
regsverteenwoordiger van die applikant, het die verklaring geliasseer
en die saak is weer ter rolle geplaas vir
aanhoring op 17 Mei 2007.
[12] Die respondent
bevestig in haar opponerende stukke dat die applikant na ontvangs van
die dagvaarding aan haar sou gesê het dat
hulle daaroor moet praat,
maar beweer dat sy daarna uitdruklik aan hom gesê het dat sy nie die
egskeidingsgeding gaan laat vaar
nie. ân Week later het sy die
applikant geskakel om te verneem of hy verdediging aangeteken het,
maar hy het gesê dat hy nie
geld het vir ân prokureur nie en dat
sy aansoek om ân lening nie goedgekeur is nie. Die applikant
ontken dat so ân gesprek
ooit plaasgevind het.
[13] Dit is die
respondent se saak dat die applikant âin wilful defaultâ was, dat
hierdie aansoek nie
bona fide
is nie, hy geen
bona fide
verweer teen die aksie het nie en hy gevolglik nie geregtig is op die
tersydestelling van die egskeidingsbevel nie.
[14] Hofreël 31(2)(b)
bepaal dat ân party teen wie ân vonnis by verstek gegee is, binne
20 dae nadat so ân vonnis gegee is,
by die hof aansoek kan doen om
tersydestelling van daardie bevel. Applikant se aansoek is duidelik
buite hierdie voorgeskrewe tyd
gebring. Hy doen egter aansoek om
kondonasie van hierdie versuim en beroep hom, in die alternatief, op
sy gemeenregtelike reg tot
tersydestelling van vonnis, welke aansoek
nie onderhewig is aan vasgestelde tydperke nie.
[15] Dit word deur die
applikant aangevoer dat die redes hierbo uiteengesit voldoende is om
kondonasie te regverdig en aan te toon
dat die aansoek binne ân
redelike tyd gebring is.
[16] Wanneer besin word
oor die toestaan van kondonasie al dan nie, beskik die hof oor ân
wye diskresie en word onder andere gelet
op die mate van nie-nakoming
van reëls, die redes daarvoor, die respondent se belang in die
finaliteit van die uitspraak, die voorkoming
van onnodige vertraging
in die administrasie van geregtigheid, die aard van die bevel wat
aangevra word en die vooruitsigte van sukses:
Harms:
Civil
Procedure in the Superior Courts
,
B- 182;
UNITED
PLANT HIRE (PTY) LTD v HILLS AND OTHERS
1976 (1) 717
(AD) te 720F-G.
[17] In
DU PLOOY v
ANWES MOTORS (EDMS) BPK
1983 (4) SA 212
(O) het Olivier Wnd
R, soos hy toe was, uitvoerig gehandel met die algemene vereistes
waaraan ân kondonasie-aansoek moet voldoen
voor dit kan slaag. Op
217 A meld hy die volgende:
â
In
beginsel behoort daardie diskresie uitgeoefen te word ook met
verwysing na die meriete van die saak globaal genome.â
[18] ân Vertraging van
11 maande lyk op die oog af na ân onredelike lang tyd. Die
applikant gee redes vir die versuim om hierdie
aansoek vroeër te
bring en voer aan dat die tydsverloop gewyt kan word aan
omstandighede buite sy beheer (die dood van sy eerste
regsverteenwoordiger, versuim van respondent/haar prokureurs om te
reageer op sy voorstelle), asook sy finansiële posisie.
[19] Aangesien die
egskeiding reeds meer as twee jaar gelede plaasgevind het, sal
tersydestelling van die bevel, soos deur die applikant
versoek,
uiteraard ingrypende gevolge hê en onsekerheid meebring t a v die
status van die partye. Hierdie aangeleentheid verg dus
spoedige en
finale afhandeling.
[20] Oorweging van die
meriete van die applikant se aansoek toon die volgende:
[21] ân Vonnis by
verstek kan tersyde gestel word indien die applikant kan aantoon dat
daar goeie/geregverdigde gronde (âgood
causeâ) voor bestaan. Sien
GROENEWALD v GRACIA (EDMS) BPK
1985 (3 ) SA 968 (TPA).
[22] Om met ân aansoek
om tersydestelling te kan slaag, moet die applikant:
â
n Redelike
verduideliking gee vir sy versuim en sy versuim moet nie opsetlik
(âwilfulâ) of grof nalatig wees nie.
Bona fide
wees in
sy aansoek en nie die aansoek bring met die doel om die eiser se eis
te vertraag nie;
â
n
Bona
fide
verweer teen die eiser se eis hê.
Sien
GRANT v
PLUMBERS (PTY) LTD
1949 (2) SA 470
(OPD) te 476.
[23] Die algemene
beginsel by die oorweging van mosie-aansoeke is uiteengesit in
PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te 634 H â I:
â
It
is correct that, where in proceedings on notice of motion disputes of
fact have arisen on the affidavits, a final order, whether
it be an
interdict or some other form of relief, may by granted if those facts
averred in the applicantâs affidavits which have
been admitted by
the respondent, together with the facts alleged by the respondent,
justify such an orderâ
[24] Die respondent voer
aan dat die applikant se versuim om verdediging aan te teken opsetlik
was.
Sy beweer dat sy hom
etlike kere aangespreek het oor sy drinkgewoontes en verwaarlosing
van sy gesin. Sy heg ook ân skrywe van
haar prokureurs aan waarin
hy gemaan word om sy verpligtinge na te kom of egskeidingsverrigtinge
te wagte moet wees.
Nadat die dagvaarding op
die applikant beteken is, het sy aan hom gesê dat sy voortgaan met
die egskeiding. Gesprekke daaromtrent
het op ân dooie punt
uitgeloop en sy het uitdruklik aan hom gesê dat sy nie die geding
gaan kanselleer nie. Sy het ook by meer
as een geleentheid by die
applikant navrae gedoen of hy van voorneme was om die aksie te
verdedig al dan nie.
Tydens
onderhoudsverrigtinge wat op 10 Junie 2005 (d w s drie maande na die
egskeiding) teen die applikant aanhangig gemaak is weens
sy versuim
om onderhoud te betaal, is geensins melding gemaak van die applikant
se voorneme om aansoek te doen om tersydestelling
van die
egskeidingsbevel nie.
[25] Die applikant se
aansoek is eintlik net gerig teen die bevel dat hy die voordele van
die huwelik binne gemeenskap van goedere
verbeur.
Die applikant voer in sy
stukke aan dat die respondent nie geregtig was op die
verbeurdverklaringsbevel wat sy gekry het nie omdat:
Hy nie die oorsaak van
die verbrokkeling van die huwelik was nie.
Die aard en omvang van
die voordele wat die respondent geëis het nie voor die hof geplaas
was nie
3. Die grondslag vir die
eis nie voor die hof geplaas was nie.
Hy meer tot die boedel
bygedra het as die respondent.
Die applikant is vaag oor
presies wat sy bydrae tot die gemeenskaplike boedel was en hy gee
geen spesifieke bedrae nie. Dit blyk
wel uit sy stukke dat die
respondent meer as hy verdien het, maar beweer hy dat hy steeds meer
tot die boedel bygedra het as sy.
Dit word pertinent deur die
respondent betwis en was sy versuim om haar en die kinders behoorlik
te onderhou juis een van die redes
vir die egskeiding. Op hierdie
stukke moet die respondent se weergawe aanvaar word.
[26] Die applikant gee
egter toe dat die huwelik onherstelbaar verbrokkel het en wat
bewaring en onderhoud van die kinders betref,
opper hy ook geen
beswaar nie.
[27] Daar is tans nie
eenstemmigheid of vonnisse gedeeltelik tersyde gestel kan word nie.
Sien
KAVASES v SOUTH AFRICAN BANK OF ATHENS LTD
1980
(3) SA 394
(D) en
ZEALAND v MILBOROUGH
1991 (4) SA 836
(SE) teenoor
MAIA v TOTAL NAMIBIA (PTY) LTD
1991 (2) SA
188
(NHC) en
SOS KINDERDORF INTERNATIONAL v EFFIE LENTIN
ARCHITECTS
1993 (2) SA 481
(Nm).
Alhoewel dit in sekere
gevalle wenslik mag wees, skep gedeeltelike tersydestelling van
hofbevele bepaalde komplikasies. In egskeidingsgedinge
veral,
beinvloed onderlinge bevele mekaar. Vgl
GEORGHIADES v JANSE
VAN RENSBURG
2007 (3) SA 16
(k) par [16] by D - E
[28] Die verbeuring van
vermoënsregtelike voordele van ân huwelik word gereël deur
artikel 9 van die Wet op Egskeiding, 70 van
1979. Wanneer die
voordeel van ân huwelik binne gemeenskap van goedere verbeur word
beteken dit dat
ââ¦
the
spouse against whom the order was given always received back his or
her own contribution to the joint estate (where it was less
than
half) or one half (where it exceeded half), whichever was the
smaller. It was not the policy to order a redistribution of capital
and property so that one spouse lost his or her right to what he or
she had contributed as a penalty or under any other guise.â
-
Joubert:
The
Law of South Africa
(2
nd
edition), Volume 16, par 90;
SINGH
v SINGH
1983 (1) SA 781
(K) te 790 C
[29] Indien applikant se
bewering aanvaar word dat hy meer tot die gemeenskaplike boedel
bygedra het as die respondent en verbeuring
word teen hom beveel, kry
hy helfte van die boedel. Dis dieselfde as wat sou gebeur as ân
gewone gemeenregtelike verdelingsbevel
toegestaan sou word. Dit is
dan gevolglik nie nodig om die egskeidingsbevel ter syde te stel om
dit te bewerkstellig nie.
Indien
sy bydrae kleiner was (soos wat die respondent beweer en op hierdie
stukke aanvaar moet word) verloor hy niks nie, want hy
mag nog steeds
neem wat hy ingebring het. Sien
SINGH v SINGH
,
supra
op 790 C-D
[30] Die feit dat die
applikant se reg tot redelike toegang tot die minderjarige kinders
nie in die egskeidingsbevel uitgespel is
nie, is ook nie ân grond
vir tersydestelling nie. Die ouer wat nie bewaring van die kinders
het nie, is geregtig op redelike toegang
tot die kinders en dit kan
onderling gereël word. Uit die stukke blyk nie dat die applikant se
toegangsregte ân probleem is nie
en hy maak nie so ân saak uit
nie.
[31] Uit bogenoemde is ek
nie oortuig dat die applikant ân
bona fide
verweer teen die
respondent se eis het wat hom geregtig sou maak op tersydestelling
van die bevel nie. Die aansoek kan nie slaag
nie. Dit, tesame met
die onredelike lang tydsverloop vir die bring van hierdie aansoek,
regverdig myns insiens nie die toestaan
van kondonasie nie.
Bygevolg word die
applikant se aansoek van die hand gewys met koste.
________________
M. VOGES, WND R
Namens
die appellant: Adv. P.D.P. Greyling
In
opdrag van:
Moroka
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P.J.J. Zietsman
In
opdrag van:
Lovuis-Block
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
MV/sp