Qwemico Distributors (Edms) Bpk v Sonlaagte Boerdery (Edms) Bpk and Another (3150/2005) [2007] ZAFSHC 109 (25 May 2007)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Claim for payment arising from a written credit agreement for agricultural chemical products — Plaintiff claims R382,173.42 from the first defendant, with the second defendant as surety — First defendant counterclaims R2,840,794.60 for alleged damages due to breach of an oral agreement — Court finds that the plaintiff established its claim based on the written agreement, while the counterclaim lacks merit as no breach was proven.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 109
|

|

Qwemico Distributors (Edms) Bpk v Sonlaagte Boerdery (Edms) Bpk and Another (3150/2005) [2007] ZAFSHC 109 (25 May 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3150/2005
In
die saak tussen:
QWEMICO
DISTRIBUTORS (EDMS) BPK
Eiser
en
SONLAAGTE
BOERDERY (EDMS) BPK
1ste
Verweerder
PIETER
JOHANNES VAN ABO
2de Verweerder
AANGEHOOR
OP:
13
– 16 MAART 2007
UITSPRAAK
DEUR:
C.J.
MUSI, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
25
MEI 2007
[1] Die eiser in die
hoofeis, Qwemico Distributors (Edms) Bpk, vorder ‘n bedrag van R382
173. 42 plus rente teen ‘n koers van
prima plus 10.5% vanaf datum
van aanmaning van die Eerste Verweerder, Sonlaagte (Edms) Bpk, en die
Tweede Ververder Pieter Johannes
Van Abo. Die Eiser beweer dat die
gelde verskuldig is uit hoofde van ‘n skriftelike krediet
ooreenkoms ingevolge waarvan die Eiser
landbou chemiese produkte op
krediet aan die Eerste Verweerder gelewer het. Die eiser beweer
voorts dat die Tweede Verweerder ‘n
borgstelling onderteken het en
homself teenoor Eiser verbind het as borg en mede-hoofskuldenaar vir
die Eerste Verweerder se verpligtinge
teenoor die Eiser.
[2] Die
Eerste Verweerder vorder, in ‘n teeneis, ‘n bedrag van R2 840
794.60 plus rente
a
tempore morae
van die Eiser. Die Eerste Verweerder beweer dat dit skade gely het
as gevolg van die feit dat die Eiser se verteenwoordiger, meneer
Du
Plessis, nie die terme van ‘n mondelingse ooreenkoms tussen Du
Plessis en die Tweede Verweerder nagekom het nie en dus kontrakbreuk
gepleeg het. Ek sal gerieflikheidshalwe na die partye verwys soos
hierbo uiteengesit.
[3] By die aanvang van
die verhoor het ek, in ooreenstemming met die partye se ooreenkoms,
beveel dat die kwantifisering van die Eerste
Verweerder se teeneis
sal oorstaan vir latere beregtiging en dat die meriete van die
teeneis saam met die Eiser se eis aangehoor
moet word.
[4] Die
partye het ook tereg ooreengekom dat elke party die bewyslas dra ten
aansien van sy eis en dat die Eiser die begin las dra.
[5] Namens die Eiser het
Barend Du Plessis, Herbert Gustav Lammerding, Linda Margaret
Laubsher, Elmar Nel en Edward Matthys Odendaal
(nie in hierdie
volgorde) getuig. Namens die twee verweerders het Pieter Johannes
Van Abo getuig.
[6] Meneer Barend Du
Plessis het ‘n kursus in Oes Beskerming (2004) en ‘n kurses as
Besmetings-adviseur (2005) suksesvol voltooi
aan die Tswane
Universiteit van Tegnologie. Hy was gedurende 2001 tot 2006 as agent
werksaam by die Eiser. Sy pligte was onder
andere om kliente te werf
vir die Eiser; bestellings te plaas en aflewerings te doen; advies te
gee en om behulpsaam te wees met
aansoeke om krediet.
[7] Hy ken die Tweede
Verweerder baie goed aangesien hy (Du Plessis) voor hom groot geword
het. Hy bevestig dat die Tweede Verweerder
op 5 Oktober 2005 ‘n
kredietaansoek onderteken het. Indien daar ‘n wysiging van die
kredietooreenkoms is dan moet die klient
‘n ander aansoek invul en
onderteken. Op 8 November 2001 het die Tweede Verweerder ‘n tweede
aansoek om krediet geteken. Alhoewel
hy nie by was toe die Tweede
Verweerder dit onderteken het nie, het Tweede Verweerder se
sekretaresse hom geskakel en hom versoek
om die dokument by haar te
kry. Hy het dit by haar gaan haal. Hy het dit ook onderteken. Hy
het geen bevoegdheid om enige kontraksterm
of voorwaarde te wysig
nie. Hy het bevestig dat die kontraksterme op die agterkant van die
bestelvorm en afleweringsnota voorkom.
Dit verskyn ook op die
kredietaansoek. Die kredietaansoek en die bestelvorm bevat
soortgelyke terme.
[8] Hy
bevestig dat hy ‘n behoefte bepaling gemaak het vir die Eerste
Verweerder (VW 1). Hy bevestig voorts dat hy en die Tweede
Verweerder die bestelvorm (VW 2) op 22 Oktober 2004 onderteken het.
Dat die rekening nommer 12786 wat daarop verskyn die Eerste
Verweerder se rekening nommer was wat deur die Eiser in 2000, aan
laasgenoemde toegeken was. Sy getuienis is dat die Tweede Verweerder
met meneer Lammerding, die bestuurende direkteur van Eiser, gepraat
het en dat daar ooreengekom is dat die goedere gelewer kan word
maar
dat betaling op 28 Februarie 2005 sou geskied. Die Tweede Verweerder
het
“Indien
gif werk”
op die bestelvorm aangebring. Hy sê egter dat dit nie ‘n term van
die ooreenkoms was nie en hy, as agent, kan in elk geval nie
waarborg
dat die gif sal werk. Volgens hom was die kredietaansoek wat op 8
November 2001 onderteken was nie net vir die 2001/2002
seisoen nie.
[9] Hy ontken dat daar ‘n
mondelingse ooreenkoms tussen hom as verteenwoordiger van Eiser en
die Tweede Verweerder tot stand gekom
het. Hy getuig dat daar tydens
die plaas van die bestelling vir die 2004/2005 seisoen bespreek was
watter produkte vir onkruidbeheer
op die lande deur die eerste
verweerder benodig en toegedien moet word; wanneer die produkte
toegedien moet word; in watter hoeveelhede
dit toegedien moet word en
met die gebruikmaking van watter metodes en toerusting dit toegedien
moet word; en met watter tussenposes
en onder watter omstandighede
dit toegedien moet word of, waar van toepassing, nie toegedien moet
word nie of in mindere of meerdere
hoeveelhede toegedien moet word;
altyd in ooreenstemming met die voorskrifte van die vervaardigers van
die produkte. Die eiser het
onderneem om slegs die produkte en die
hoeveelhede daarvan wat aldus benodig word aan die eerste verweerder
te verkoop en te lewer
wanneer dit vir toediening benodig word, vir
welke doel die eiser ‘n kwotasie aan die eerste verweerder sal
verskaf. Voorts het
die eiser onderneem om die eerste verweerder se
spuittoerusting en –apparaat wat in verband met die bespuiting
gebruik word te
kalibreer en aan te pas ten einde te verseker dat
eerste verweerder met die hulp, advies en bystand van die eiser die
produkte in
korrekte hoeveelhede, op die regte tye, met die regte
spuittoerusting en in ooreenstemming met die gebruiksaanwysings van
die vervaardigers
daarvan toedien. Sy getuienis is dat kalibrasie ‘n
opsionele diens is aangesien baie boere dit self doen. Hy doen egter
net die
kalibrasie en is nie in beheer van wat daarna gebeur nie
aangesien hy nie altyd tydens die vermenging en aanwending van gif
teenwoordig
kan wees nie. Die korrekte toediening van gifstowwe is
‘n delikate proses en kan deur verskillende faktore negatief
beinvloed
word. Die faktore is byvoorbeeld die spoed van die
trekker, die vermenging van die gifstowwe en die aanwending van die
gifstowwe.
[10] Hy het voorts
bevestig dat sy aanbeveling van gifstowwe aan Eerste Verweerder,
binne die aanbeveling van die etikette wat deur
die verwaardiger op
die gifstowwe aangebring is. Hy het daarop gewys dat die
vervaardigers van Gaurdian sekere voorsorgmaatreëls
en instruksies
op hulle etikette aangebring het en dat hy glad nie beheer het oor
hoe en waar die produk gestoor word nie; die metode,
tyd en
aanwending van die gifstof nie; die vermening dosis ens.
[11] Daar was op geen
stadium enige klagte van ‘n oordosis of dat daar te veel gifstowwe
gespuit was onder sy aandag gebring nie.
So ook was die prosedure
uiteengesit in die bestelvorm en die kredietooreenkoms met betrekking
tot klagtes nie gevolg deur die Verweerders
nie. Hy bevestig dat
Nel, Eerste Verweerder se plaasbestuurder alle afleweringsnotas
onderteken het.
[12] Gedurende
kruisondervraging getuig hy dat die 2000 kredietooreenkoms sou bly
voortbestaan het totdat die situasie verander maw
vir toekomstige
seisoene en nie net die 2000/2001 seisoen nie. Dit is strydig met
die ooreenkoms se uitdruklike bepaling dat dit
slegs vir daardie
seisoen geld. Hy onthou nie dat hy die Tweede Verweerder in kennis
gestel het van sy kredietlimiet nie. Hy bevestig
dat Tweede
Verweerder nie die kredietaansoek gelees het nie en dat Tweede
Verweerder gesê het hy kan die aansoekvorm by sy sekretasesse
kry.
Hy bevestig ook dat die nota op die bestelvorm (VW 2) ‘n term is en
nie net ‘n vergunning of uitstel nie. Hy bevestig
dat die kontrak
wat hulle verhouding beheers het was VW 2. Hy het ook bevestig dat
daar baie meer Gaurdian afgelewer was as wat
bestel was. Daar was op
sy berekeninge slegs 12 x 25 liters nodig en bestel maar hy lewer
bykans 21 x 25 liters af. Hy het ook
toegegee dat indien daar te
veel Gaurdian toegedien word kan dit skade veroorsaak.
[13] Herbert Gustav
Lammerding se getuienis is dat hy die bestuurende direkteur van Eiser
is. Hy is altesaam 41 jaar in die landbou
chemiese bedryf. Hy
beskik oor ‘n BSc landbou wat hy in 1964 aan die Universiteit van
Pretoria verwerf het. Agente het geen benoegdheid
om kontraksterme
te verander nie.
[14] Hy het nie die
Tweede Verweerder geken nie alhoewel hy baie lank met sy Pa besigheid
gedoen het. Die Tweede Verweerder het ook
nooit enige skade
veroorsaak deur gifstowwe onder sy aandag gebring nie. Gedurende
Februarie 2005 het hy ‘n telefoniese gesprek
met die Tweede
Verweerder gehad waartydens die Tweede Verweerder hom meegedeel het
dat hy hulle gedurende April 2005 sal betaal wanneer
sy belegging vry
kom. Tydens daardie gesprek het die Tweede Verweerder glad nie
melding gemaak van enige skade wat hy gehad het
nie. Hy ontken dat
die kredietooreenkoms slegs van toepassing was vir die 2001/2002
seisoen. Hy erken dat alle krediet vir die
2001/2002 seisoen deur
die Verweerders betaal was. Volgens hom was die ooreenkoms dat die
skuld op 28 Februarie 2005 betaal word
slegs ‘n vergunning en nie
‘n term van die ooreenkoms nie. Op 22 Junie 2006 was daar ‘n
gesprek tussen hom en Tweede Verweerder
waartydens Tweede Verweerder
hom meegedeel het dat sy agent Du Plessis te veel Gaurdian toegedien
het. Hy het Tweede Verweerder
versoek om hom al die gegewens te gee.
Tweede Verweerder het gesê hy het deskundige verslae wat hy aan hom
sal gee. Dit was nie
gedoen nie. Einde Augustus 2006 is die teeneis
gelewer. Hy het die kwantum van die hoofeis bevestig.
[15] Linda Margaret
Laubsher is ‘n debiteure klerk te die Eiser vir die afgelope 8
jaar. Sy is in beheer van rekeninge en die ontvang
van betalings.
Daar word slegs een rekening nommer aan ‘n klient toegeken vanaf
die begin van die verhouding tot die einde daarvan.
Sy bevestig dat
Eerste Verweerder se rekening nommer 12786 is. Sy het ook die
eisbedrag bevestig.
[16] Elmar Nel se
getuienis is dat hy vanaf April / Mei 2004 tot April / Mei 2005 as
plaasbestuurder vir Tweede Verweerder gewerk
het. Hy erken dat hy
gedurende daardie periode afleweringsnotas onderteken het vir gif wat
deur Du Plessis afgelewer was. Hy kan
egter nie onthou hoeveel
Gaurdian daar afgelewer was nie. Hy was verantwoordelik vir die meng
en toedien van gifstowwe insluitend
Gaurdian. Hy was egter nie altyd
daar tydens die proses van menging en toediening van gifstowwe nie.
Hy kan nie onthou of die mielies
‘n sambokagtige voorkoms gehad het
nie. Toe hy diens verlaat het was daar geen klagte van Tweede
Verweerder in verband met die
oes nie. Hy bevestig dat Du Plessis
gereeld na die spuite gaan kyk het. Gedurende kruisondervraging,
getuig hy dat indien die gifstowwe
klaar is het hy na Tweede
Verweerder gegaan en hom ingelig. Tweede Verweerder sal kyk of die
spuite reg is en dan sal hy meer gifstowwe
bestel. Die plaaswerkers
het die gifstowwe vermeng en toegedien.
[17] Edward
Matthys Odendaal se getuienis is dat hy vir die afgelope vier of vyf
jaar grond vir weiding, by die Tweede Verweerder
huur. Gedurende
Augustus / September 2005 het hy gif by die Tweede Verweerder gekoop.
Hy het 5 x 25 liter kanne Suprazine gekoop.
Daar was ander
gifstowwe ook in die stoor onder andere 2 x 25 liters Gaurdian. Die
meeste van die gifstowwe was oud.
[18] Die Tweede
Verweerder Pieter Johannes Van Abo het as volg getuig. Hy boer
sedert 1987 voltyds. Hy het op ‘n plaas groot geword
en het sedert
1982 deeltyds geboer. Hy beskou homself as deskundige in somer gewas
verbouing en saai boerdery. Hy bevestig dat
Du Plessis hom gedurende
2001 versoek het om ‘n kredietaansoek te voltooi en onderteken. Hy
het gesien dat bladsy een van die
dokument aandui dat dit ‘n
kredietaansoek is. Hy het Sonlaagte Boerdery Maatskapy Beperk daarop
geskryf. Elke bladsy parafeer
en dit onderteken in sy hoedanigheid
as direkteur van Eerste Verweerder. Hy het dit vir sy sekretaresse
gegee en haar versoek om
al die ander besonderhede daarop aan te
bring en dit vir Du Plessis te gee. Daar was nooit ‘n ooreenkoms
dat hy as borg sou teken
nie. Indien sy aandag daarop gevestig was
dat hy as borg ook teken dan sou hy nie die dokument onderteken het
nie. Hy het glad
nie die dokument gelees nie.
[19] Hy bevestig dat Du
Plessis gedurende 2004 (3 jaar na ondertekening van die
kredietaansoek) ‘n kwotasie vir hom uitgewerk het
en dat hy ‘n
bestelling geplaas het (VW 2). Hy het met Lammerding gepraat en
reëlings is getref dat hy op 28 Februarie 2005 sal
betaal.
Aangesien die vorige jaar se behoefte bepaling (R350 000) en die
uiteindelik gelewerde produkte (R700 000) astronomies verskil
het,
het hy sy ontevredenheid met die toedrag van sake aan Du Plessis
openbaar. Du Plessis het genoem dat Malan, Tweede Verweerder
se
vorige plaasbestuurder, nie die korrekte spuitkoppe gebruik het nie.
Hy het nuwe spuitkoppe gekoop en geinstalleer. Hy het op
die
bestelvorm (VW 2) geskryf “indien gif werk” as term van die
ooreenkoms. Hy het dit nie as ‘n grap beskou nie. Hy het
egter
nie die teenkant van die bestelvorm gelees nie maar was bewus daarvan
dat dit sekere voorwaardes bevat wat op hom van toepassing
is.
Volgens hom het die bestelvorm (VW 2) die verhouding tussen hulle
beheers en was dit die enigste kontrak.
[20] Die ooreenkoms
tussen hom en Du Plessis was dat daar, as gevolg van die koue en nat
toestande, slegs 70% van die aanbevele dosis
toegepas moet word. Du
Plessis moes dagliks die toediening van die gif moniteer en hy moes
dagliks die spuite nagaan.
[21] Daar was 2070
hektaar mielies geplant alhoewel daar aanvanklik vir 2200 hektaar
begroot was. Daar was dus meer as twee maal
die aanbevele dosis
Gaurdian toegedien. Indien daar te veel gif op die mielies toegedien
word dan het die mielies ‘n sambokagtige
voorkoms. Sommige mielies
groei hierdie voorkoms uit ander nie. Hy het gemerk dat van sy
mielies inderdaad ‘n sambokagtige voorkoms
gehad het. Hy het vir
Du Plessis daarvan vertel en laasgenoemde het gesê dat dit nie
Gaurdian is wat dit veroorsaak het nie.
[22] Hy
bevestig dat hy gedurende Februarie 2005 ‘n telefoniese gesprek met
Lammerding gehad het waartydens hy aan hom genoem het
dat hy hulle
gedurende April 2005 sal betaal.
[23] Hy bevestig dat hy
ou gifstowwe aan Odendaal verkoop het. Hy bevestig ook dat as deel
van die ooreenkoms tussen hom en Eiser
moes Du Plessis hom adviseer
oor watter gifstowwe gebruik moet word en wanneer dit toegedien moet
word. Hy moes die spuite kalibreer.
Hy moes ook toesig hou oor die
vermenging en toedien proses. Volgens hom sou hy nie die gifstowwe
vanaf Eiser gekoop het nie indien
Du Plessis gesê het dat hy nie sy
weg oopsien om hierdie bykomstige dienste te lewer nie.
[24] Gedurende
kruisondervraging getuig hy dat hy oor die graad LLD in Strafreg
beskik. Hy bevestig dat hy nie die kredietaansoek
gelees het nie.
Hy het ook nie die teenkant van die bestelvorm gelees nie. Hy getuig
dat die vermening en toedien van die gifstowwe
en die kalibrasie van
die spuite Du Plessis se uitsluitlike verantwoordelikheid was. Hy
moes ook toesien dat die trekkers se revolusies
korrek is. Hy sê
dat hy vir Du Plessis gesê het dat hy hom elke dag op die plaas wil
hê en toe Du Plessis aandui dat dit moeilik
gaan wees het hulle
ooreengekom dat Du Plessis elke tweede dag daar sal wees. Volgens
hom was Nel, sy plaasbestuurder, heeltemaal
onervare. Hy erken dat
hy afgewyk het van die vervaardigers se aanbevele dosis en dat hy
self die risiko gedra het dat gras en onkruid
tussen die mielies sou
groei. Hy het ook toegegee dat sy eis wat gebaseer is op 45 eenhede
Gaurdian verkeerd is en dat slegs 21
eenhede gelewer is.
[25] Aangesien die
getuienis met betrekking tot die ondertekening van die borgskap in
wese nie in geskil is nie sal ek eers daarmee
handel. Dit is
gemenesaak dat die Tweede Verweerder nie die ooreenkomste van 5
Oktober 2000 (in sovere dit relevant is) en 8 November
2001 gelees
het nie. Dit is ook gemenesaak dat die feit dat hy ‘n aansoek om
krediet en ‘n borgskap onderteken nooit onder sy
aandag gebring was
nie. Inteendeel Du Plessis het hom pertinent meegedeel dat hy ‘n
aansoek om krediet onderteken. Du Plessis
was self nie bewus van die
inhoud van die kredietooreenkoms nie. Du Plessis het hom ook nie
gesê dat die 8 November 2001 ooreenkoms
nie net vir seisoen geld
nie.
[26] Die
regsposisie, soos wat ek dit verstaan, is dat ‘n party wat ‘n
kontraktuele dokument onderteken daardeur sy instemming
tot die
kontraksterme betuig. Indien hy/sy dit onderteken sonder om dit te
lees en dit blyk later dat daar terme is waarmee hy/sy
nie tevrede is
nie sal hy gebonde wees aan daardie kontrak omdat hy/sy die argitek
is van sy/haar eie neutelige posisie. Die party
kan egter
aanspreeklikheid ontduik indien hy/sy kan aantoon dat die dokument as
gevolg van ‘n wanvoorstelling, bedrog, dwang, onbehoorlike
beinvloeding, onregmatigheid of iustus error onderteken is.
George
v Fairmead (Pty) Ltd
1958 (2) SA 465
(A) te 471 B;
Dlovo
v Brian Porter Motors Ltd
1994 (2) SA 518
(C);
Kempston
Hire (Pty) Ltd v Suyman
1988 (4) SA 465
te 468 D – F;
Keens
Group Co (Pty) Ltd v Lötter
1989 (1) SA 585
(C) te 589.
Christie
RH: The Law of Contract in South Africa 5de uitgawe
te 178 – 179 verwys na ‘n ander verweer en stel dit as volg:
“
A
further defence that can be welcomed as part of our law is that the
document which was signed without being read contained a term
or
terms which the reasonable person would not expect to find therein…
Does the reasonable person present for signature without
reading (as
opposed to signature after clause-by-clause discussion) a document
containing terms which no reasonable person would
expect to find
therein? Or put it another way, because it is a known fact of life
that people habitually sign contracts without
reading them only
because they assume they do not contain unexpected terms, can it be
said that the unwitting signatory of a contract
which does contain
unexpected terms
has so conducted himself that a reasonable person would believe he
has assented to those unexpected terms? The answer to both questions
must surely be no, and the caveat subscriptor rule should therefore
not apply in these circumstances.”
In
George
v Fairmead
supra
te 471 A – C het Fagan HR die toets as volg gestel:
“
When
can an error be said to be Justus for the purpose of entitling a man
to repudiate his apparent assent to a contractual term?
As I read
the decisions, our Courts, in applying the test, have taken into
account the fact that there is another party involved
and have
considered his position. They have, in effect, said: Has the first
party – the one who is trying to resile – been
to blame in the
sense that by his conduct he has led the other pa
rty,
as a reasonable man, to believe that he was binding himself?... If
his mistake is due to misrepresentation, whether innocent
or
fraudulent, by the other party, then, of course, it is the second
party who is to blame and the first party is bound.”
Die
geleerde hoofregter het homself as volg uitgelaat oor die bewyslas,
te 472 A – B:
“…
(t)he
party who seeks relief must convince the Court
that
he was misled as to the purport of the words to which he was thus
signifying his assent. That must, in each case, be a question
of
fact, to be decided on all the evidence led in that particular case.”
‘
n Onnodige en
tydrowende herhaling van die feite van soortgelyke sake is dus nie
behulpsaam nie. Dit is die feite van hierdie saak
wat deurslaggewend
is.
[27] In die 5 Oktober
2000 ooreenkoms is die “borgskap” in dieselfde druk as die ander
voorwaardes gedruk en dit lees as volg:
“
8. Die aansoeker staan in sy
persoonlike hoedanigheid borg vir enige verskuldige bedrae.”
In die 8 November 2001
ooreenkoms is die ander voorwaardes in kleiner druk en onmiddellike
onder daardie voorwaades staan die volgende:
“
EK,
DIE ONDERGETEKENDE BEVESTIG DAT DIE INLIGTING HIERIN VERSKAF WAAR EN
JUIS IS EN DAT EK DIE VOORWAARDES
VIR DIE TOESTAAN VAN KREDIET GELEES HET, DIT VERSTAAN EN DAT ALLE
TRANSAKSIES AANGEGAAN MET DIE MAATSKAPPY ONDERHEWIG SAL WEES AAN
DIE
VERMELDE VOORWAARDES.
EK WAARBORG DAT (INDIEN DIE AANSOEKER
‘N MAATSKAPPY, BESLOTE KORPORASIE OF TRUST IS):
DAT EK GEMAGTIG IS OM DIE MAATSKAPPY,
BESLOTTE KORPORASIE OF TRUST HIERIN TE BIND; EN
DAT REKENINGE
STRENG VOLGENS TERME VEREFFEN SAL WORD, EN EK MYSELF BIND AS BORG IN
SOLIDIUM EN MEDE-HOOFSKULDENAAR VAN DIE MAATSKAPPY,
BESLOTE
KORPORASIE OF TRUST TEN GUNSTE VAN QWEMICO DISTRIBUTORS (PTY) LTD.”
Op die eerste bladsy van
die ooreenkoms is daar in groot vet letters die volgende gedruk.
KREDIET
AANSOEK
CREDIT
APPLICATION
[28] Me
Haupt het veel gewag gemaak van die feit dat die tweede verweerder in
2000 ook ‘n borgskap onderteken het. Hierdie feit
is neutral want
sy getuienis is in elk geval dat hy ook nie daardie ooreenkoms gelees
het nie. Wat egter opvallend is, is dat die
2000 ooreenkoms slegs
agt voorwaardes bevat wat 15 reëls bestaan. In daardie ooreenkoms
is die borgskap egter in ‘n aparte paragraaf
vervat – alhoewel in
dieselfde druk. In die 2001 ooreenkoms (wat veel langer is en by
verre meer klousules bevat) word die borgskap
nie as aparte paragraaf
hanteer nie maar so as ‘n nagedagte. Die naam van Eiser word in
vet hoofletters gedruk maar ‘n belangrike
bepalings – soos
borgskap – word genoem nadat die aansoeker vermaan word dat
rekeninge streng volgens terme vereffen moet word.
Die borgskap was
nie opsigtelik of opvallend gemaak nie. Die leser se aandag word nie
spesifiek getrek na die borgskap nie. In
Keens
Group Co (Pty) Ltd v Lötter
supra
te 591 B – D het Tebbutt R die volgende gesê:
“
I do not think
that it can be said that when a man applies for credit for his
company he can reasonably expect to find a condition
in the
application form in which he at that stage, i.e at application stage,
binds himself as surety for his company’s obligations
should such
credit facilities be granted. It may be different if he undertook
that, should the facilities be granted, to obtain
the suretyship
either of himself or his co-directors, but I do not feel that he
could reasonably be expected to think that he might
be binding
himself in advance as a surety for whatever amount of credit
facilities the plaintiff may extend to his company. A suretyship
obligation bears with it serious and far-reaching consequences and I
feel that before a person can be held bound as a surety he should
know that he is so binding himself. Defendant was in the present
case not alerted to this fact, either by the plaintiff or its
representatives,
or by anything in the form that he signed. By using
this type of form I feel the plaintiff has only itself to blame if
the defendant
was under a misapprehension, as he says he was, as to
what the real effect was of the form when he signed it.”
Ek stem volmondig saam
met Tebbutt R.
[29] Dit is ook opvallend
dat Eiser nie die aansoek as ‘n aansoek om krediet en borgskap
tipeer nie. Dit word slegs ‘n aansoek
om krediet genoem. Eiser
het glad nie sy agente – wat verantwoordelik was om toe te sien dat
kliente die kontrakte teken – opgelei
of hulle meegedeel dat hulle
kliente daarop attent moet maak dat hulle ‘n borgskap ook teken.
Du Plessis was ook geluksalig onbewus
van die borgskap in die aansoek
om krediet. Die Tweede Verweerder het die dokument duidelik slegs in
sy hoedanigheid as direkteur
onderteken en nie in sy persoonlike
hoedanigheid nie.
[30] Alhoewel die
dokument vir ‘n paar dae in die Tweede Verweerder se kantoor was en
hy ‘n regsgeleerde is, is dit duidelik en
onbetwis dat hy glad nie
die dokument gelees het nie. Hy het slegs sy paraaf, handtekening en
die naam van die maatskappy op die
dokument aangebring. Die Tweede
Verweerder se getuienis dat hy nie geweet het dat hy ‘n borgskap
teken nie is nie onwaarskynlik
nie. Die Eiser se agent het hom
onskuldiglik mislei deur te noem dat hy slegs ‘n kredietaansoek
moet onderteken. Hy was ook mislei
oor die aard en inhoud van die
dokument. Hy was ook nie gesê dat die dokument vir meer as een
seisoen geld nie. Na my mening behoort
die Tweede Verweerder onder
hierdie omstandighede nie aanspreeklik gehou te word as borg en mede
hoofskuldenaar vir die Eerste Verweerder
se skuld nie.
[31] Dit is gemenesaak
dat Eerste Verweerder nie ‘n kontantklient van Eiser was nie. Dit
is gemenesaak dat die partye op 8 November
2001 ‘n skriftelike
ooreenkoms gesluit het in terme waarvan die Eerste Verweerder aansoek
gedoen het om krediet voortspruitend
waaruit die Eerste Verweerder
dan landbou chemiese produkte by Eiser op skuld sou aankoop. Die
eerste vraag wat beantwoord moet
word is of daardie ooreenkoms slegs
vir die 2001/2002 seisoen gegeld het of deurlopend was. Tweedens of
daardie ooreenkoms alleen
die regsverhouding tussen die partye
beheers het.
[32] Lammerding se
getuienis is dat die kredietooreenkoms nie seisoenal was nie en
deurlopend geldig was. Sy getuienis was tot ‘n
mate deur Du
Plessis gestaaf. Die Tweede Verweerder beweer dat die kontrak slegs
vir die 2001/2002 seisoen gegeld het. Die Eerste
Verweerder beweer
dat dit alle bedrae waarvoor krediet aan dit verleen was vir die
2001/2002 seisoen ten volle betaal het en dat
die ooreenkoms van 8
November 2001 nie meer gegeld het nie. Dit is in elk geval
gemenesaak dat die Eerste Verweerder al sy verpligtinge
teenoor die
Eiser vir die 2001/2002 seisoen nagekom het.
[33] Me Haupt het daarop
gewys dat die 8 November 2001 kontrak uitdruklik bepaal dat:
“
DIE
ONDERVERMELDE VOORWAARDES HET SONDER UITSONDERING BETREKKING OP DIE
BESTELLINGS EN DIE AANSOEKER ERKEN DAT HY HULLE DEURGELEES
HET EN
VERSTAAN DAT DIE ANSOEKER GEBONDE SAL WEES AAN DIE VOORWAARDES MET
BETREKKING TOT ELKE BESTELLING WAT GEPLAAS WORD
.”
Haar argument was dat
hierdie ‘n duidelike aanduiding was dat die ooreenkoms vir meer as
een seisoen geldig was. Die argument is
‘n vereenvoudiging van die
problem. ‘n Persoon of maatskappy kan binne ‘n bepaalde seisoen
meer as een bestelling plaas.
Die feit dat daar slegs na bestellings
verwys word help glad nie die Eiser nie.
[34] Dit is insiggewend
dat klousule 8 van die 2001 ooreenkoms bepaal dat:
“
Alle transaksies sal op ‘n
kontant – basis plaasvind tensy reëlings vir krediet vooraf getref
is, in welke geval die koopprys
betaalbaar is binne dertig (30) dae
vanaf datum van die staat.”
[35] Hierdie klousule
beteken nie noodwendig dat reëlings vir krediet slegs een keer
getref moet word nie en dan is daar ‘n krediet
fasiliteit wat
voortdurend bestaan nie. Ek sê dit want die ooreenkoms swyg oor die
toeken van ‘n kredietlimiet. Alhoewel Lammerding
getuig het dat
die kredietlimiet aangepas of verhoog was is daar geen bepaling in
die ooreenkoms dat die kredietlimiet hersien sal
word en wanneer of
hoe dit hersien sal word nie. Die Eerste Verweerder was nooit in
kennis gestel dat dit ‘n kredietlimiet het
wat elke jaar of
deurgaans vir elke bestelling gebruik kan word nie. Die feit dat
daar slegs een rekening nommer toegeken is beteken
nie dat daardie
ooreenkoms deurlopend sal geld nie. Die interne administratiewe
reëlings van Eiser is nie aanduidend van ‘n seisoenale
of
deurlopende ooreenkoms nie. ‘n Rekening nommer kan aan ‘n klient
toegeken word al is die ooreenkoms seisoenal. Lammerding
se
getuienis oor hierdie aspek kan myns insiens nie aanvaar word nie
want dit is in stryd met die ooreenkoms. Loubsher se getuienis
vat
ook nie die aspek verder nie aangesien haar getuienis slegs oor
irrelevante administratiewe aspekte handel. Na my mening het
die
Eiser nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede aangetoon dat die
ooreenkoms nie seisoenal was nie.
[36] Daar is ‘n ander
rede waarom die eis nie kan slaag nie. Klousule 1 van die 2001
ooreenkoms bepaal dat:
“
Enige
besondere bepalings
of
voorwaardes waaroor die partye ooreengekom het met betrekking tot
afslag of betaling (of enige ander besondere bepaling of voorwaarde)
sal alleenlik van krag wees indien dit op die MAATSKAPPY se
bestelvorm aangeteken is, en sal in elke geval onderhewig wees aan
die
aanvaarding van die KLANK se bestelling deur die MAATSKAPPY en
aan hierdie kontrakvoorwaardes.”
Die
betrokke bestelvorm (VW 2) gedateer 22 Oktober 2004 bevat die
inskrywing dat “betaling 28 Februarie soos ooreengekom met Lammie.

Indien gif werk.” Lammerding beweer dat hierdie nie ‘n
kontraksterm was nie maar slegs ‘n vergunning. Hierdie getuienis
van Lammerding word weerspreek deur Du Plessis. Du Plessis se
getuienis is dat VW 2 die ooreenkoms is waarvolgens die aankope vir
die 2004/2005 jaar gemaak was. As agent het hy en die Eerste
Verweerder ‘n ooreenkoms gesluit en die terme daarvan was deur VW
2
reguleer. Volgens sy getuienis sou die betaling op 28 Februarie 2005
nie ‘n vergunning wees nie maar inderdaad ‘n term van
die
ooreenkoms na oorlegpleging met Lammerding. Na my mening probeer
Lammerding die gevolge van daardie term ontduik deur te beweer
dat
dit slegs ‘n vergunning was. Du Plessis en die Tweede Verweerder
sê immers dat dit die ooreenkoms was vir daardie jaar.
Lammerding
se getuienis rakende die vergunning kan dus nie aanvaar word nie.
Die Eiser het nie gepleit dat VW 2 hulle regsverhouding
met Eerste
Verweerder beheers het nie en derhalwe moet die eis afgewys word.
[37] Indien ek verkeerd
is is dit in elk geval duidelik dat die 2001 ooreenkoms nie alleen
kan staan nie. Die 2001 ooreenkoms moet
– ten einde sin te maak –
saam met VW 2 gelees word. Dit is immers ook die strekking van
klousule een daarvan. Daar is nie
gepleit dat die 2001 ooreenkoms in
samehang met VW 2 die skuldoorsaak is nie. Lammerding se getuienis
dat VW 2 en die voorwaardes
op die keersy van VW 2 nie ‘n
ooreenkoms daarstel nie, is nie aanvaarbaar nie. Dit word verwerp.
Me Haupt aanvaar ook dat die
2001 ooreenkoms saam met VW 2 gelees
moet word. In haar betoogshoofde noem sy dat
“
Voorts ondersteun paragraaf 1 van
die kredietooreenkoms(te) op alle waarskynlikhede, die Eiser se
weergawe dat die uitstel tot betaling
op VW 2 aangebring is om
uitvoering te gee aan paragraaf 1 van die kredietooreenkoms.”
Die
Eiser het egter glad nie op VW 2 gesteun nie en dus het Eiser nie ‘n
skuldoorsaak op sterkte daarvan uitgemaak nie. Die hoofeis
kan om
hierdie rede ook nie slaag nie. Na my mening behoort die hoofeis
afgewys te word.
[38] Wat die teeneis
betref moet ek byvoorbaat noem dat die Eiser se getuies te wete
Lammerding, Nel, Du Plessis my besonder beindruk
het as goeie en
geloofwaardige getuies. Alhoewel ek vroeër hierin negatiewe
geloofwaardigheidsbevindinge teen Lammerding gemaak
het was dit vir
my duidelik dat hy wat die opdragte aan agente, sy verhouding met
kliente, en die tegniese aspekte opreg was en in
alle opsigte die
waarheid vertel het.
[39] Lammerding se
getuienis dat die kalibrering, behoefte bepaling en advisering slegs
‘n diens is word gestaaf deur Du Plessis.
Tweede Verweerder gee
self toe dat daar boere is wat hulle eie kalibrering doen. Dit is
hoogs onwaarskynlik dat Du Plessis wat
slegs as agent vir Eiser
werksaam was en op ‘n kommissie basis gewerk het in wese sou
toestem om sonder ekstra vergoeding voltyds
in diens van die
Verweerders te wees. Volgens Tweede Verweerder het Du Plessis
onderneem om die vermenging en toediening van gif
dagliks moniteer.
Hy moes die spuitkoppe kalibreer. Volgens Tweede Verweerder was sy
ooreenkoms met Du Plessis dat laasgenoemde
na alles moes kyk wat
ingesluit het die trekkers se spoed of revolusies.
[40] Nel,
wat Tweede Verweerder se plaasbestuurder was se getuienis is duidelik
dat dit sy pligte was. Hy staaf ook vir Du Plessis
dat dit glad nie
Du Plessis se pligte was nie.
[41] Die Tweede
Verweerder se getuienis dat die mielies ‘n sambokagtige voorkoms
gehad het is ook onwaarskynlik. Aldus die Tweede
Verweerder was die
2004/2005 seisoen een van die bestes in die land en een van sy
slegtes naas 1992. Hy het vermoed dat die skade
deur gifstowwe
veroorsaak kon gewees het. Hy het – volgens hom en Du Plessis
ontken dit – vir Du Plessis gewys op die skade
en Du Plessis het
hom verseker dat dit nie Gaurdian is nie. Hy het daarna niks omtrent
die saak gedoen nie. Nieteenstaande die
groot finansiele verlies wat
hy gely het probeer hy nie – deur middel van deskundiges en ander
boere wat ‘n suksesvolle oeste
gehad het – vasstel wat diè
problem met sy oes is of was nie. Hy het nie die sambokagtige
voorkoms onder die aandag van sy plaasbestuurder
gebring nie.
[42] Alhoewel daar meer
Gaurdian verskaf was as waarvoor daar aanvanklik begroot was is dit
duidelik uit Nel en Du Plessis se getuienis
dat dit nie noodwendig
beteken dat al daardie gifstowwe vermeng en toegedien is nie. Nel se
getuienis is dat hy die plaaswerkers
gewys het hoe om die vermenging
en toediening te doen. Hy kon ook nie deurgaans die proses moniteer
nie aangesien hy met ander pligte
besig was. Hy noem dat die
gifstowwe kon vermors gewees het en selfs gesteel gewees het. Hy het
self al die afleweringsnotas onderteken
nadat hy die te kort met
Tweede Verweerder bespreek het. Alhoewel Du Plessis erken het dat hy
ook sonder aanvraag Gaurdian afgelewer
het beteken dit nie dat hy
totale beheer oor die hele proses gehad het nie.
[43] Die Tweede
Verweerder het ook toegegee dat daar verskeie faktore is wat kan
inwerk op die doeltreffendheid van Gaurdian en ander
landbou chemiese
produkte. Hy het ook erken dat hy kontra die vervaardigers se
aanbevele dosis besluit het om die dosis met 70%
te verminder.
[44] Na my mening is dit
duidelik dat die Eerste Verweerder aan strooihalms vashou. Daar was
duidelik geen mondelingse ooreenkoms
tussen Tweede Verweerder en Du
Plessis dat laasgenoemde verantwoordelik sal wees vir al die
vermenging en toediening van die landbou
chemiese produkte nie. Die
Tweede Verweerder poog om opsetlik en leuenagtig ‘n diens uitbrei
tot ‘n verpligting om al die pligte
van ‘n plaasbestuurder of
eienaar oor te neem. Na my mening het die teeneis geen meriete nie
en behoort dit afgewys te word.
[45] Me Haupt het my
versoek om te gelas dat elke party sy eie koste moet betaal. Mnr Van
Rooyen het betoog dat daar geen rede is
waarom tweede verweerder wat
suksesvol was in sy verweer nie ‘n koste bevel in sy guns moet kry
nie. Na deeglike oorweging van
die feite van hierdie saak is ek van
mening dat daar nie goeie gronde bestaan wat my noodsaak om af te wyk
van die algemene reël
dat koste die uitslag volg nie.
[46]
Gevolglik
maak ek die volgende bevel:
(a) Die hoofeis word
afgewys met koste.
(b) Die
teeneis word afgewys met koste.
____________
C.J.
MUSI, R
Namens
die eiser: Adv. L. C. Haupt
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerders: Adv. P. C. F. Van Rooyen SC
In
opdrag van:
Hill,
McHardy & Herbst BLOEMFONTEIN
/ms