About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 40
|
|
S v Schoeman (107/2007) [2007] ZAFSHC 40 (15 May 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANGE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 107/2007
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
en
GERHARDUS
PETRUS SCHOEMAN
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL R
et
ZIETSMAN WnR
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15 MEI 2007
_____________________________________________________
[1] Beskuldigde het
tereggestaan op ân aanklag in terme van die Wet op Beheer van
Vuurwapens, Nr. 60 van 2000 (âdie Wetâ), deurdat
hy na bewering
wederregtelik en opsetlik vals inligting op ân aansoek om ân
vuurwapenlisensie verskaf het. Hy het skuldig gepleit,
is
dienooreenkomstig skuldig bevind en gevonnis tot 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf opgeskort vir 4 (vier) jaar op sekere voorwaardes.
[2] Die
aangeleentheid het daaropvolgend op outomatiese hersiening voor my
gedien waartydens ek die volgende navrae gerig het:
â
1. Openbaar Aanhangsel A tot die
dagvaarding, soos tans bewoord, ân misdryf? Moes dit nie na
artikel 120(9)(f) van Wet 60 van 2000
verwys het nie?
2. Moes
die aanhangsel nie ook na die strafbepaling, soos vervat in artikel
121 van voormelde wet, verwys het nie?
3. Wat
is die effek van bogemelde tekortkominge op die regsgeldigheid en/of
nietigheid van die aanklag?â
[3] Ten einde voormelde
navrae in perspektief te plaas, is dit nodig om na die inhoud van
voormelde aanhangsel âAâ tot die dagvaarding
te verwys. Die
relevante gedeeltes daarvan lees as volg:
â
VALS
INLIGTING VERSKAF OP AANSOEK OM VUURWAPEN LISENSIE
Dat die beskuldigde skuldig is aan die
oortreding van artikel 9(f) gelees met regulasie 110 van Wet 60 van
2000
Deurdat op of omtrent
12/12/2005
en te of naby
JACOBSDAL
in die distrik van
JACOBSDAL
die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vals inligting op die
voorgeskrewe vorm wat gebruik word vir ân aansoek om ân vuurwapen
lisensie verskaf het, te wete verklaar het dat hy geen vorige
veroordelings het, terwyl hy inderdaad die volgende vorige
veroordelings
het:
5/3/84 â Diefstal â beboet R30.00
Bloemfontein saak F344/84
11/8/92
â Dronkbestuur â beboet R2000.00 of 12 maande gevangenisstraf,
waarvan R1000.00 of 6 maande gevangenisstraf opgeskort
word vir 4
jaar, asook bywoning van alkohol veiligheidsskool.â
[4] Die Verhoorlanddros
het ân volledige en behoorlik gemotiveerde antwoord op voormelde
navrae verskaf. Die wese van sy antwoord
is dat die verwysing na die
foutiewe artikel en die versuim om geensins na die strafbepaling te
verwys nie, wel tekortkominge daarstel,
maar dat dit nie sodanig is
dat dit die regsgeldigheid van die aanklag en die gevolglike
skuldigbevinding affekteer nie, aangesien
die beskrywing van die
staturêre misdryf steeds duidelik genoeg was dat die beskuldigde
verstaan het waaroor dit gaan. Die Verhoorlanddros
het egter versoek
dat die vonnis gewysig behoort te word om te verwys na die korrekte
artikel van die Wet.
[5] Die
misdryf waarvan beskuldigde aangekla is, is ân misdryf wat in
artikel 120(9)(f) van die Wet omskryf word en wel as volg:
â(9) Dit is 'n
misdryf om-
(a) ...
(b) ...
(c) ...
(d) ...
(e) ...
(f) besonderhede, inligting of
antwoorde in enige aansoek om 'n bevoegdheidsertifikaat, lisensie,
permit of magtiging ingevolge hierdie
Wet te verskaf, wetende dat dit
vals, onjuis of misleidend is of nie glo dat dit juis is nie;
(g) ...
(h) ...â
Dit blyk dus dat die
verwysing in die aanhangsel tot die klagstaat na ân oortreding van
âartikel 9(f)â foutief is, aangesien
dit moes verwys het na
artikel 120(9)(f) van die Wet. Die strafbepaling kom voor in artikel
121 van die Wet, saamgelees met bylae
4 tot die Wet.
[6] Soos tereg deur die
Verhoorlanddros in sy skrywe uitgewys, bepaal artikel 84(3) van die
Strafproseswet dat âdie beskrywing van
ân statutêre misdryf in
die bewoording van die wetsbepaling wat die misdryf skep, of in
ooreenstemmende bewoording, voldoende
(is)â.
Dit is egter insgelyks so
dat ân beskuldigde so volledig as moontlik ingelig moet word met
betrekking tot die aanklag teen hom.
In die verband verskyn die
volgende passasie in
South African Criminal Law and Procedure
,
Volume III, Milton, hoofstuk 3, par. 2, op p. 2 - 3:
â
In
keeping with the fundamental principle that the charge should fully
inform the accused of the case the State intends to prove against
him, reference should also be made in the charge to the title and
number of the statutory enactment as well as the particular section
in which the offence is created. In
S
v Badenhorst
1991 (1) SACR 623
(T) at 624 G â H the court went further by
holding that it is desirable to include in the charge related
sections, such as those
in which the penalty for a contravention of
the section is prescribed or presumptions are created. This can also
extend to the inclusion
of sections containing evidential rules or
certain regulations with which a particular section of an Act had to
be read.â
[7] Dit is egter nie
noodwendig ân grond vir nietigverklaring as die nommers van
artikels weggelaat word of foutief beskryf word
nie. Die toets is of
die beskuldigde voldoende op hoogte gestel is van die aanklag teen
hom. As die besonderhede van die oortreding
derhalwe duidelik genoeg
is, sal dit geag word voldoende te wees. (Sien
R v KHARIBE
1958 (1) SA 191
(TPD) op 192 H - 193 B.)
[8] Nieteenstaande
die feit dat die aanklag in die onderhawige geval na ân foutiewe
artikel van die Wet verwys en ook nie ân verwysing
na die
stafbepaling in die Wet bevat nie, is ek dit egter eens met die
Verhoorlanddros dat die beskrywing van die misdryf soos dit
tans
bewoord is, voldoende is om ân misdryf daar te stel en die
besonderhede van die oortreding duidelik genoeg aan die beskuldigde
gestel was. Die beskuldigde is derhalwe ook nie op enige wyse
benadeel deur bogemelde tekortkominge en versuim in die omskrywing
van die aanklag nie.
[9] Gevolglik
stel aanhangsel âAâ tot die dagvaarding in die onderhawige geval
ân regsgeldige aanklag daar en is die skuldigbevinging
op daardie
aanklag derhalwe in orde.
[10] Wat
die opgelegde vonnis betref, lees dit tans as volg:
â
Twaalf (12) maande gevangenisstraf
opgeskort vir vier (4) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan artikel
9(f) Wet 60/2000 gepleeg binne
tydperk van opskorting nie.â
Dit is dus duidelik dat
daar in die opgelegde vonnis insgelyks na die verkeerde artikel van
die Wet verwys word. Dit spreek dus vanself
dat die
opskortingsvoorwaarde soos dit tans lees, sinneloos is en het die
Verhoorlanddros na my mening tereg voorgestel dat die opgelegde
vonnis tersyde gestel moet word en vervang moet word met ân
soortgelyke vonnis, maar waarvan die bewoording van die
opskortingsvoorwaarde
verwys na artikel 120(9)(f) van die Wet.
[11] Gevolglik word die
volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â
Twaalf (12) maande gevangenisstraf
opgeskort vir vier (4) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan ân
oortreding van artikel 120(9)(f) van die
Wet op Beheer van Vuurwapens, Nr. 60 van 2000, gepleeg binne die
tydperk van opskorting
nie.â
Die vonnis moet geag
word opgelê te gewees het op 11 Januarie 2007.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
_________________
P. ZIETSMAN, WnR
/sp