About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 37
|
|
Geldenhuys v Geldenhuys (868/2007) [2007] ZAFSHC 37 (3 May 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 868/2007
In
die saak tussen:
HESTER
MAGDALENA GELDENHUYS
Applikante
en
JURIE
JOHANNES GELDENHUYS
Respondent
CORAM:
VOGES,
WND R
UITSPRAAK:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
3
MEI 2007
Die applikant en die
respondent is met mekaar getroud, buite gemeenskap van goedere.
Sedert huweliksluiting
het die partye saamgewoon en ook bates bekom. Onder andere is ân
skildery van Adriaan Boshoff aangekoop
en is dit gemene saak dat die
respondent daarvoor betaal het.
Dit is ook gemene saak
dat hierdie skildery in die sitkamer van die partye se gemeenskaplike
woning gehang het. Die applikant is
die geregistreerde eienaar van
hierdie woning.
Nadat die applikant en
die respondent gesamentlik tot die slotsom gekom het dat hul huwelik
onherstelbaar verbrokkel het, het die
respondent die gemeenskaplike
woning op of omtrent 3 of 4 Januarie 2007 verlaat.
Aanvanklik het hy slegs
klere en toiletware met hom saamgeneem. Ongeveer 14 Februarie 2007
het hy ook meublement, huishoudelike ware
en sekere skilderye uit die
applikant se woning geneem nadat hy en die applikant daartoe
ooreengekom het.
Op ân latere stadium is
die respondent terug na die woning en het hy die genoemde Adriaan
Boshoff-skildery verwyder en na sy nuwe
woonplek geneem.
Op versoek van die
applikant het haar regsverteenwoordiger op 28 Februarie 2007 die
regsverteenwoordiger van die respondent geskakel
en gevra vir die
teruggawe van die skildery. Die respondent het geweier om dit aan
haar terug te besorg.
Hierdie
optrede van die respondent het daartoe gelei dat die applikant die
hof genader het vir ân bevel
nisi
ingevolge waarvan die
respondent opgeroep was om redes aan te voer waarom ân bevel nie
gemaak sal word nie:
â
2.1 Wat
die respondent gelas om die Adriaan Boshoff olieverfskildery van drie
kinders by die see, groot ongeveer 1 m x 1,2 m, wat
deur die
respondent uit die applikant se woonhuis verwyder is, sonder versuim
en onmiddellik aan die applikant te oorhandig.
2.2 Wat
die respondent gelas om die koste van die aansoek te betaal soos op
die skaal tussen prokureur en kliënt.
2.3 Dat
sodanige verdere en/of alternatiewe regshulp aan die applikante
toestaan word as wat die Agbare Hof goed dink.
3. Dat bede 2.1 sal geld as ân
tussentydse interdik met onmiddellike werking hangende finalisering
van die aansoek.
4. Dat
hierdie bevel asook die kennisgewing van mosie en applikante se
funderende beëdigde verklaring so spoedig moontlik aan die
respondent persoonlik beteken word.â
Die applikant se aansoek
was as dringende aansoek aangehoor en ân bevel
nisi
uitgereik
wat gevolg gegee het aan bedes 2.1, 2.2, 3 en 4,
supra
, met
die uiteindelike (verlengde) keerdatum 26 April 2007.
Bogenoemde feite wat
gemenesaak is, blyk uit die applikant se funderende en repliserende
beëdigde verklarings, sowel as die respondent
se opponerende
verklaring.
Met die applikant se
spoliasie-aansoek wat op ân dringende basis gebring en aangehoor
was, kan geen fout gevind word nie. Dit was
inderdaad die remedie
tot haar beskikking. Die beginsel word uiteengesit in
ROSENBUCH
v ROSENBUCH AND
ANOTHER
1975 (1)
SA 181
(WLD) op 183F:
â
In principle a joint possessor who
has been deprived of his share of the possession of something should
be entitled to the remedy
of a spoliation order if the other factors
requisite for such relief are presentâ
Die applikant het op ân
oorwig van waarskynlikhede aangetoon dat sy in ongestoorde besit van
die betrokke skildery was en dat sy
van daardie besit ontneem is.
Die respondent se beroep
op eienaarskap van die genoemde skildery is geen verweer nie, soos
blyk uit
ROSENBUCH v ROSENBUCH
,
supra
te 182H â
183 A:
â
It
is well settled ⦠that it is no defence to a claim for a spoliation
order that the respondent is or was the owner of the property
taken.
If it was in the possession of the applicant and was illicitly
removed from his possession without his consent a mandament
van
spolie will be granted on the principles laid down in the case of
Nino Bonino v De Lange
1906 TS 120â
Eienaarskap is ân vraag
wat tydens die egskeidingsgeding beslis behoort te word. Sien
COETZEE v COETZEE
1982 (1) SA 933
(CPD).
Die
vraag wat beantwoording verg, is of die ontneming van die skildery
deur die respondent onregmatig was.
Die respondent beroep hom
op die toestemming van die applikant, sy dit direk of by implikasie.
Hy voer naamlik aan dat die applikant
hom uitdruklik
aangesê/toegelaat het om sy eiendom met hom saam te neem en dat sy
spesifiek teenwoordig was toe hy die gewraakte
Boshof-skildery op 23
Februarie 2007 verwyder het. Hy wys ook daarop dat dit onwaarskynlik
is dat sy die skildery eers op 27 Februarie
2007 sou vermis, terwyl
dit gemene saak is dat sy gedurende die naweek van 23 â 25
Februarie 2007 nie uitstedig was nie.
Die applikant betwis ten
sterkste dat sy uitdruklik toestemming verleen het en voer verder
aan, en word daarin gestaaf deur Me Johanna
Pickard, dat sy nie
teenwoordig was toe die respondent op 23 Februarie 2007 by die huis
van die applikant was nie.
Dit
blyk nie uit die stukke dat die respondent meer as een maal op 23
Februarie 2007 by die huis van die applikant was nie. In die
lig van
die stawende bewering van me Pickard het die applikant daarin geslaag
om aan te toon dat die skildery in haar afwesigheid
uit die huis
verwyder is.
Die respondent se
bewering dat die applikant uitdruklik sou toegestem het dat hy die
Boshof-skildery mag neem, druis in teen die waarskynlikhede:
dié
skildery was nie saam met ander, waartoe die applikant toegestem het,
by mekaar neergesit en op dieselfde geleentheid verwyder
nie. Dit
het teen die muur bly hang.
Terwyl die applikant die
respondent toegelaat het om sekere ander skilderye, waarvan sommige
deur haarself betaal is, te verwyder,
het sy onmiddellik stappe
geneem toe sy die Boshof-skildery vermis het.
Dit is ook op
waarskynlikhede aangetoon dat die ooreenkoms tussen die applikant en
die respondent met betrekking tot die neem en gebruik
van bepaalde
bates deur die respondent ân tussentydse reëling was en nie bedoel
was om ân finale verdeling van bates te wees
nie.
Op die stukke voor my
blyk die applikant se feitebeweringe nie inherent ongeloofwaardigheid
te wees nie en is ek van mening dat ân
finale bevel verleen kan
word. Sy het daarin geslaag om aan te toon dat haar besit van die
skildery haar onregmatig, sonder haar
toestemming, ontneem is.
Die
eienaarskap van die genoemde skildery blyk in geskil te wees en sal
tydens die egskeidingsgeding bepaal moet word. Gevolglik
is ek van
mening dat die koste van hierdie geding behoort oor te staan om deur
die verhoorhof bepaal te word.
Bygevolg
slaag die aansoek van die applikant.
Die bevel
nisi
word bekragtig en die respondent word gelas om binne 3 dae na die
betekening van hierdie bevel op hom die Adriaan Boshof-skildery
van
drie kinders by die see aan die applikant te oorhandig.
Die
koste van hierdie aansoek sal koste in die hoofgeding wees.
________________
M. VOGES, WND R
Namens
die appellante: Adv. M.J. Möller
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Grobler
In
opdrag van:
Myburgh
& Jordaan Ing.
BLOEMFONTEIN
MV/sp