About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 36
|
|
Chamberlain/van Rensburg v Motjelele (A159/2006) [2007] ZAFSHC 36 (26 April 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer : A159/2006
In
die appèl tussen:-
LEON
CHAMBERLAIN/VAN RENSBURG
Appellant
en
TUMELO
DAVID MOTJELELE
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
MILTON
WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
23
APRIL 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
APRIL 2007
_____________________________________________________
Appellant
was die onsuksesvolle verweerder in ân aksie in die Landdroshof,
Sasolburg waarin respondent hom aangespreek het vir die
lewering van
ân motorvoertuig, alternatiewelik betaling van die bedrag van R12
000.00, synde die waarde van die voertuig. (Dit
is gerieflik om na
die partye te verwys soos wat hulle in die hof
a
quo
gesiteer is.)
Die
eiser se saak is, kortliks, dat hy die eienaar is van die betrokke
voertuig (ân 1988 model Volkswagen Jetta); dat hy die voertuig
gedurende Junie 2001 aan verweerder gelewer het met die opdrag om dit
te herstel teen ân koste van R5 000.00; dat hy op of ongeveer
27
Februarie 2002 die herstelde motor by verweerder in ontvangs wou neem
en in staat was om die herstelkoste van R5 000.00 te betaal;
dat
verweerder hom meegedeel het dat die voertuig wat toé R12 000.00
werd was, reeds verkoop is.
Die
ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die herstel van die
voertuig was mondeling. Dit is gemenesaak dat die voertuig
heelwat
herstelwerk geverg het en dat verweerder hierdie werk privaat sou
gedoen het. Volgens eiser het verweerder die dokument
bywysstuk âBâ
opgestel en het die partye dit onderteken nadat die herstelwerk
voltooi is. Verweerder getuig ook dat dit ongeveer
een week voor 1
Maart 2002 onderteken is. Bewysstuk âBâ lees soos volg:
â
Hiermee gee ek
DAVID MOTJELELE ID 67102253310 toestemming om my voertuig VW Jetta
CLI 16V & Reg OIL 73074 te verkoop, as ek nie
teen Vrydag
1/3/2002, Leon van Rensburg 7611065050087 se geld van die bedrag van
R5 005,00 rand alleen, kan betaal nie.â
Eiser getuig dat hy en sy
swaer, die getuie Meshack Sibiya, op 27 Februarie 2002 na verweerder
se huis is met R5 000.00 kontant om
laasgenoemde te betaal. Daar
aangekom, het verweerder hulle meegedeel dat die voertuig reeds
verkoop is. Eiser is daarna op dieselfde
dag na die Polisiestasie om
ân klagte teen verweerder aanhangig te maak. Verweerder het ook by
die Polisiestasie opgedaag nadat
die Polisie hom geskakel het. Nadat
hulle daar weg is, het verweerder hom egter ontglip en vermy.
Ten
einde die waarde van die voertuig, d.w.s. sy skade, te bewys het
eiser ân sekere Mnr. Van de Giessen as getuie geroep. Hy getuig
dat hy ân ervare verkoopsman is in diens van Dutton Motors by wie
eiser die betrokke motor in 1995 aangekoop het teen R26 250.00.
Op
25 Junie 2002 is hy gevra om die motor te waardeer. Hy het glad nie
die motor gesien nie en hom uitsluitlik verlaat op die
sogenaamde
âboekieâ wat in die motorhandel gebruik word om die waarde van
gebruikte motors te bepaal. Sy getuienis in hierdie
verband lui soos
volg:
â
MR MELATO:
On what did you base your findings on? --- As far as I can remember
the value that we got to R12000,00 ... I must say he did not
buy it
for R12 000,00. He bought it for R26 250,00. That would have been
calculated on the
Mead
& McGrouther
which is the little book that the motor industry uses to get to
values on trade and resale of vehicles and that would have been based
on what they suggested between ... at that stage what the value would
be, if it is in a fair condition.â
â
ONDERVRAGING
DEUR MNR. DE BEER:
Mnr. Van de Giessen, ek verstaan u reg, die waarde van R12 000,00
kom uit die sogenaamde boekie uit? --- Dit is korrek.
Dit is waarop u daardie waarde baseer,
op niks anders nie? --- Nie op enige iets anders nie, nee.
Ja,
en u het glad nie voertuig enigsins andersins gesien nie? --- Nie,
nie op daardie stadium nie, nee.
En
u weet nie of hierdie reparasielys ân korrekte lys is nie? --- Nee,
ek sal nie weet nie. Ek het alles gebaseer ...(tussenbei)
Daar
kan meer of daar kan minder wees? --- Ek het alles gebaseer net op
die boekwaarde van ân voertuig in ân redelike kondisie.â
Die âboekieâ is nie
as bewysstuk ingedien nie.
Mnr.
Van de Giessen is duidelik as ân deskundige getuie geroep. Hy het
sy opinie oor die waarde van die motor gebaseer op die âboekieâ
sonder dat die âboekieâ as bewysstuk ingehandig is. Ek stem met
eerbied saam met die Natalse Hooggeregshof in
S
v SEEDAT
1971 (1) SA 789
op pp. 792 F - 793 A dat hierdie wyse van
getuienislewering onreëlmatig is. Selfs al was die âboekieâ as
bewysstuk ingehandig,
sou Mnr. Van de Giessen se getuienis nogtans
waardeloos gewees het omdat hy glad nie die motor gesien het nie en
daar ook geen ander
getuienis was dat dit in ân âfair conditionâ
was nie. (Sien
Bewysreg
deur
Schmidt, 4de uitgawe op pp. 466 en 470.)
Om
saam te vat: Daar was geen aanvaarbare getuienis voor die hof oor
die waarde van die voertuig nie â nie aan die einde van eiser
se
saak nie en ook nie aan die einde van verweerder se saak nie. Die
Landdros moes absolusie van die instansie beveel het liewer
as om in
eiser se guns te beslis suiwer op billikheidsgronde. Sy sê die
volgende in haar uitspraak:
â
The fact that
the vehicle has been sold by the defendant makes it impossible for
the defendant to deliver the vehicle to the plaintiff.
The defendant
has made it impossible for the plaintiff to prove his real and
substantial damages by the fact that the vehicle was
sold making a
real assessment impossible. The verhicle has now come to light at
the end of the case. The handing in of the book
by mr van de Gessen
would not change the fact that the value attached would be a mere
speculation of the real value of the vehicle.
The value would not be
able to be determined accurately without the real thing being
available for inspection and evaluation.
The court can not believe that the
plaintiff can have no right of recourse against the defendant for the
ill that has been done to
him. That would be a total miscarriage of
justice and not in line with the principles of fairness.
It
is therefore this courtâs contention that the defendant is liable
to the plaintiff for the damages to the amount of R12 000,00
including costs for the unlawful disposal of the plaintiffâs
vehicle.â
Hierdie toekenning is in
elk geval foutief omdat die herstelkoste nie in berekening gebring is
nie.
Ek het simpatie met die
eiser. Ek meen die waarskynlikhede steun hom dat hy op 27 Februarie
2002 in staat was om die herstelkoste
te betaal en vir daardie doel
na verweerder se huis is. Eiser se saak is egter swak voorberei en
ook swak aangebied deurdat daar
onvoldoende getuienis voorgelê is om
die verhoorhof in staat te stel om te poog om sy skade te
kwantifiseer.
Daar
is geen rede waarom die suksesvolle appellant sy koste ontneem moet
word nie.
Gevolglik
slaag die appèl met koste. Die Landdros se bevel word tersyde
gestel en vervang met die volgende:
â
Absolusie
van die instansie met koste word ten gunste van verweerder verleen.â
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
________________
D. MILTON, WND R
Namens
die appellant: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. H.J. Benade
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp