About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 33
|
|
S v Tshabalala (112/2007) [2007] ZAFSHC 33 (12 April 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANGE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 112/2007
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
versus
LISBETH
TSHABALALA
_____________________________________________________
CORAM:
RAMPAI
R
et
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
APRIL 2007
_____________________________________________________
[1] Beskuldigde het in
die Landdroshof, Botshabelo, tereggestaan op ân aanklag van
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Sy het onskuldig
gepleit, maar is skuldig bevind en op 19 Januarie 2007 gevonnis tot 2
(twee) jaar gevangenisstraf.
[2] Die
aangeleentheid het op outomatiese hersiening voor Van der Merwe R
gedien en het hy redes vir die opgelegde vonnis van die
Verhoorlanddros aangevra. Volledige en omvangryke sodanige redes is
inderdaad deur die Verhoorlanddros verskaf, waarna die aangeleentheid
in die gewone gang van sake aan my toegewys is vir oorweging op
outomatiese hersiening.
[3] Die
voorval het by die klaagster se broer se woning plaasgevind. Die
klaagster se broer en beskuldigde woon saam. Op die dag
van die
voorval het die klaagster ân selfoonnommer by beskuldigde gaan
haal. Dit blyk dat nadat die klaagster reeds die selfoonnommer
by
die beskuldigde gekry het, het daar ân gesprek tussen die klaagster
en beskuldigde plaasgevind, welke gesprek klaarblyklik in
ân
onderonsie ontaard het. Beskuldigde het daarop die klaagster met ân
mes gesteek. Die klaagster het twee steekwonde van twee
sentimeter
elk op haar linkerhand opgedoen en twee skraapwonde op haar linkerarm
en bolip. Die twee steekwonde is onderskeidelik
met drie en vier
hegsteke geheg. Geen mediese getuienis is ten opsigte van hierdie
beserings aangebied nie.
[4] Beskuldigde
is ân 19-jarige eerste oortreder. Sy is getroud, het nie kinders
nie en is werkloos.
[5] Soos
blyk uit die klagstaat en soos ook heeltemal tereg deur die
Verhoorlanddros in sy redes vir vonnis uitgewys, is die bepalings
van
artikel 4(1) van Wet 71 van 1968 in die onderhawige geval van
toepassing, in terme waarvan gevangenisstraf van minstens 2 (twee)
jaar as vonnis opgelê word, onderhewig daaraan dat indien die Hof
oortuig is dat daar omstandighede is wat die oplegging van ân
ligter straf as die twee jaar gevangenisstraf regverdig, daardie
omstandighede in die notule van die verrigtinge aangeteken moet
word
en sodanige ligter straf dan opgelê kan word. In die onderhawige
geval het die Verhoorlanddros as volg in sy redes vir die
opgelegde
vonnis vermeld:
â
In die lig van
die beserings wat klaagster opgedoen het en die feit dat beskuldigde
ân mes gevat, haar agtervolg en sonder rede
gesteek het was ek nie
oortuig dat daar omstandighede is wat die oplegging van ân ligter
vonnis as die minimum vonnis regverdig
nie.â
[6] Dis is beslis so dat
beskuldigde klaarblyklik sonder enige rede daartoe en totaal onnodig
haar tot geweld gewend het. Daar moet
egter ook na die verdere
omringende omstandighede met betrekking tot die pleging van die
misdryf gekyk word. Hoewel die misdryf
as sulks ernstig van aard is,
kan die beserings wat die klaagster opgedoen het na my mening nie as
ernstige beserings geklassifiseer
word nie. Dit moet ten gunste van
beskuldigde in ag geneem word. Wat die persoonlike omstandighede van
beskuldigde betref, is dit
inderdaad so dat sy aan die minimum
ouderdom van 18 jaar voldoen wat in die Wet voorgeskryf word.
Desnieteenstaande is ek van mening
dat die feit dat sy slegs 19 jaar
oud is en derhalwe nog relatief jeugdig is, ten gunste van haar as ân
versagtende faktor in oorweging
geneem moet word. Die feit dat sy ân
algeheel eerste oortreder is, is ook ân verdere faktor wat baie
strafversagtend inwerk.
Indien die kumulatiewe effek van hierdie
faktore in ag geneem word, is ek van oordeel dat dit omstandighede
daarstel wat die oplegging
van ân ligter vonnis dan die
voorgeskrewe 2 (twee) jaar gevangenisstraf regverdig. Die vonnis van
2 (twee) jaar gevangenisstraf
is na my mening skokkend swaar en
onvanpas en regverdig dus inmenging.
[7] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
2. Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met ân vonnis van 18 (agtien) maande
gevangenisstraf waarvan 12 (twaalf)
maande gevangenisstraf opgeskort
word vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig
bevind word aan aanranding met
die opset om ernstig te beseer gepleeg
gedurende die termyn van opskorting nie. Die vonnis moet geag word
opgelê te gewees het
op 19 Januarie 2007.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
_______________________
C.H.G VAN DER MERWE, R
/sp