Makatees v S [2007] ZAFSHC 30 (29 March 2007)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Hearsay evidence — Appellant convicted of burglary and theft based on hearsay testimony — Appellant's co-accused's statements not admissible against him — Trial court failed to properly assess the admissibility of hearsay evidence — Appellant's conviction set aside due to lack of sufficient evidence linking him to the crime. The appellant was convicted in the Regional Court for burglary and theft alongside two co-accused, receiving a seven-year prison sentence. The conviction was primarily based on hearsay evidence from a co-accused, which was not properly admitted in accordance with legal requirements. The legal issue was whether the hearsay evidence presented against the appellant was admissible and sufficient to support his conviction. The court held that the hearsay evidence was inadmissible and that the trial court's reliance on it was erroneous, leading to the appellant's conviction being overturned.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 30
|

|

Makatees v S [2007] ZAFSHC 30 (29 March 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer : A193/2004
In die appèl tussen:-
WILSON MAQABE
MAKATEES
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé
R
et
EBRAHIM
R
et
C.J.
MUSI R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
27
MAART 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
29
MAART 2007
_____________________________________________________
[1] Die appellant het in
die Streekhof as beskuldigde 3 tereggestaan met twee ander
beskuldigdes op ‘n klagte van huisbraak met
die opset om te steel
en diefstal. Ek sal voortaan na die appellant se mede-beskuldigdes
as beskuldigde 1 en 2 verwys. Al drie
beskuldigdes is skuldig bevind
soos aangekla. Die appellant is daarop gevonnis tot 7 (sewe) jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou in
hoër beroep teen sy skuldigbevinding
sowel as die opgelegde vonnis.
[2] Die
feite van die saak is betreklik eenvoudig. Die nag van 7 Augustus
2000 is daar by die klaer se besigheid ingebreek en onder
andere is
rekenaars en toerusting daarvoor gesteel. Op 15 November 2000 is
beskuldigde 1 op hierdie klagte arresteer deur ene Inspekteur
Pelser.
Dié sê toe vir Pelser dat beskuldigde 2 en appellant vroeër
goedere by sy woning aangebring het. Hy neem vir Pelser
na
beskuldigde 2 se woning. Aldaar word ‘n rekenaar en toerusting
gevind. Van hierdie items word later deur die klaer as sy vermiste
eiendom identifiseer. Beskuldigde 2 en appellant word toe ook later
arresteer.
[3] Tydens
die appellant en sy mede-beskuldigdes se verhoor getuig Pelser oor
hierdie mededeling van beskuldigde 1 aan hom. Toe beskuldigde
1 in
sy eie verdediging onder eed getuig, ontken hy egter dat hy ooit so
‘n mededeling aan Pelser gemaak het.
[4] Toe
beskuldigde 2 getuienis in sy eie verdediging aflê, beweer hy dat
beskuldigde 1 en appellant op ‘n dag by hom opgedaag
het en ‘n
rekenaar te koop aangebied het. Hulle het egter nie die rekenaar by
hulle gehad nie. Volgens beskuldigde 2 se getuienis
stuur hy toe sy
motorbestuurder, ene Lukas Ramokanope, saam met beskuldigde 1 en die
appellant om die rekenaar te gaan haal by beskuldigde
1 se woning.
Later keer hulle, volgens sy getuienis, terug daarmee. Dit is
hierdie rekenaar wat later deur die polisie by hom gevind
word.
[5] Gesegde
Lukas Ramokanope word toe as ‘n getuie ten behoewe van beskuldigde
2 geroep. In sy getuienis erken hy dat hy op ’n
tyd beskuldigde 2
se motorbestuurder was. Hy ontken egter heftig dat hy ooit gestuur
was om ‘n rekenaar saam met beskuldigde 1
en appellant by
beskuldigde 1 se woning te gaan haal. Hy verklaar uitdruklik dat hy
niks van so iets weet nie. Hy is nie deur beskuldigde
1 en appellant
se regsverteenwoordiger, of die staatsaanklaer, gekruisverhoor nie.
Sy getuienis staan dus onaangetas.
[6] Die
appellant het nie getuienis in sy eie verdediging afgelê nie.
[7] Die
landdros het die saak op die volgende basis benader:
“
Die Hof het reeds bevind dat die
Staatsgetuies se weergawes korrek is. Bevind dat reeds op 6 Augustus
2000 in die onmiddellike tyd
wat hier ingebreek is by die klaer in
die aangeleentheid is die drie beskuldigdes daar besig in die nag met
van hierdie items. Beskuldigde
no 1 se weergawe van hoe hy betrokke
geraak het, het die Hof reeds verwerp as vals. So ook beskuldigde no
2 se weergawe. Beskuldigde
no 3 gee geen weergawe aan die Hof nie.
Is ek tevrede dat die enigste afleiding wat onder hierdie
omstandighede gemaak kan word,
is dat hulle drie die persone is wat
daar ingebreek het gedurende daardie tydperk, daarom dat hulle dat
ook reeds met hierdie items
daar doenig is nog voordat die klaer die
huisbraak ontdek het. Ek is tevrede dat dit ook die enigste redelike
afleiding is wat onder
die omstandighede gemaak kan word. Dit hang
ook saam met die res van die feite van die saak. Die Hof maak dan
ook so ‘n afleiding.
Bevind dat hulle drie die persone is wat daar
ingebreek het en word al drie beskuldigdes
SKULDIG
BEVIND
soos aangekla.”
[8] Die landdros se
benadering van die aangeleentheid is darem net te oorvereenvoudigd.
Die regsimplikasies uit die aangebode getuienis
is heelwat meer
kompleks as dit. Daar is geen getuienis dat die appellant een van
die persone was wat soos die landdros sê “daar
besig in die nag
met van hierdie items” was nie. Daar is net twee brokkies
getuienis wat die appellant betrek by die gebeure,
naamlik:
8.1 Die getuienis van
Pelser dat beskuldigde 1 aan hom sou gesê het dat beskuldigde 2 en
appellant vroeër die items by hom aangebring
het; en
Beskuldigde 2 se
getuienis onder eed dat beskuldigde 1 en appellant die rekenaar by
hóm aangebring het.
Ek sal vervolgens handel
met die bewyswaarde van hierdie getuienis.
[9] Die mededeling deur
beskuldigde 1 aan Pelser is natuurlik hoorsê getuienis. Geen poging
was hoegenaamd deur die Staat aangewend
om hierdie hoorsê getuienis
toelaatbaar verklaar te kry teen die appellant soos voorsien in
artikel 3 van die Wysigingswet op die
Bewysreg Nr. 45 van 1988 nie.
In
S
v NDHLOVU
2002 (2) SASV 325 (HHA) lui die kopstuk die volgende in hierdie
verband:
“
A trial court, in applying the
hearsay provisions of the Act, must be scrupulous to ensure respect
for the accused's fundamental right
to a fair trial. Safeguards,
including the following, are important: Firstly, a presiding judicial
official is generally under a
duty to prevent a witness heedlessly
giving vent to hearsay evidence. More specifically, under the Act, it
is the duty of a trial
Judge to keep inadmissible evidence out, and
not to listen passively as the record is turned into a papery sump of
'evidence'. Secondly,
the Act cannot be applied against an
unrepresented accused to whom the significance of its provisions have
not been explained. Thirdly,
an accused cannot be ambushed by the
late or unheralded admission of hearsay evidence. The trial court
must be asked clearly and
timeously to consider and rule on its
admissibility. This cannot be done for the first time at the end of
the trial, nor in argument,
still less in the court's judgment, nor
on appeal. The prosecution, before closing its case, must clearly
signal its intention to
invoke the provisions of the Act, and, before
the State closes its case, the trial Judge must rule on
admissibility, so that the
accused can appreciate the full
evidentiary ambit she or he faces.”
Dit is duidelik dat
niemand betrokke by die verhoor van die appellant en sy
mede-beskuldigdes ooit begryp het dat die beweerde mededeling
aan
Pelser hoorsêgetuienis ten aansien van die appellant daarstel nie.
Die hele kwessie van hoorsêgetuienis was nêrens, ook nie
in die
landdros se uitspraak nie, ter sprake nie. In elk geval het
beskuldigde 1 hierdie beweerde mededeling later onder eed ontken.

Dit illustreer eintlik maar net dit wat ervarenes in die regspleging
almal lankal weet en dit is dat beskuldigings teen andere wat
deur
verdagtes aan die polisie gemaak word, so meer of min die
onbetroubaarste vorm van hoorsê getuienis denkbaar is.
[10] Beskuldigde
2 se getuienis in die hof dat beskuldigde 1 en appellant die
gesteelde items by hom aangebring het, word deur sy
eie getuie,
Lukas, wie se getuienis onaangeveg staan, weerspreek. Lukas se
getuienis is ook deur die landdros in sy uitspraak aanvaar.
[11] Dit
blyk dus dat die getuienis wat die appellant betrek by die misdryf óf
ontoelaatbare getuienis is óf deur aanvaarde ander
getuienis
weerspreek word. Sulke getuienis het nie ‘n antwoord van die
appellant geverg nie. Die feit dat hy nie getuienis afgelê
het in
sy eie verdediging nie, kan hom dus nie verkwalik word nie.
[12] Dit
dien ten slotte gemeld te word dat die landdros se steun op
beskuldigde 1 en 2 se getuienis in die hof vir appellant se
skuldigbevinding
om ‘n ander rede ook nie houdbaar is nie.
Beskuldigde 2 se getuienis was daarop gerig om homself te
verontskuldig en die skuld
op beskuldigde 1 en die appellant te pak.
Daardie getuienis is deur die landdros as vals verwerp. Beskuldigde
1 se getuienis dat
die appellant hom gehelp het om die gesteelde
goedere in beskuldigde 2 se voertuig te laai, is ook as vals verwerp.
Dit is onverstaanbaar
hoe dieselfde getuienis wat nie redelik
moontlik waar is om beskuldigde 1 en 2 te verontskuldig nie, dan weer
bo redelike twyfel
waar kan wees om appellant te impliseer. Dit maak
net nie juridiese sin nie.
Bygevolg
slaag die appèl en word die appellant se skuldigbevinding en vonnis
tersyde gestel.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek stem saam.
_____________
S. EBRAHIM, R
Ek stem saam.
___________
C.J. MUSI, R
Namens die
appellant: Mnr. P.L. van der Merwe
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Chalale
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp