Ward v Die Padongeluksfonds (5957/2005) [2007] ZAFSHC 29 (29 March 2007)

60 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Delict — Negligence — Motor vehicle collision — Plaintiff sought damages for injuries sustained by her minor son in a collision with a vehicle driven by the defendant — The collision occurred at a controlled intersection with conflicting accounts regarding the point of impact — Court found that the defendant was negligent for failing to yield to the plaintiff's son, who had the right of way — Defendant's negligence was the sole cause of the collision, and the plaintiff was not contributorily negligent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 29
|

|

Ward v Die Padongeluksfonds (5957/2005) [2007] ZAFSHC 29 (29 March 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 5957/2005
In die saak tussen:-
LOUISA
JUSTINE WARD
Eiseres
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Verweerder
_______________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
_______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
13
EN 14 MAART 2007
_______________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE
RP
_______________________________________________________
GELEWER
OP:
29
MAART 2007
_______________________________________________________
Eiseres
vorder skadevergoeding “in haar persoonlike hoedanigheid as moeder
en natuurlike voog” van haar minderjarige seun, Stefan
Ward,
voortspruitende uit ‘n botsing waarin hy betrokke was op 17 Mei
2002. Stefan was toe 16 jaar oud en het met sy 125 cc motorfiets
gebots met ‘n Ford bakkie wat bestuur is deur ‘n sekere Mnr.
Wessels. By die aanvang van die verrigtinge het die partye versoek
dat slegs die kwessie van die beweerde nalatigheid van die onderskeie
bestuurders nou beslis word en dat die
quantum
van die skade oorstaan. Ek het so gelas ingevolge Hofreël 33(4).
Meeste van die feite van
hierdie saak is gemenesaak of word nie betwis nie. Hierdie feite is
die volgende:
(i) Van der Lingenstraat
in Bothaville loop van suid na noord en word gekruis deur
Presidentstraat wat van oos na wes loop. Beide
hierdie strate is
teerstrate waarvan die oppervlakte droog en gelyk was die betrokke
aand.
(ii) Hierdie
kruising word deur verkeersligte beheer wat die betrokke aand in
werkende toestand was.
(iii) Beide
strate het twee bane vir verkeer in beide rigtings.
(iv) Op
die betrokke datum om ongeveer 18h45 het Stefan met sy motorfiets van
suid na noord gery in Van Der Lingenstraat. Sy motorfiets
se hooflig
was aan en hy was van plan om reguit deur die kruising te ry. Toe hy
die kruising nader, was die verkeerslig vir hom
groen. Hy was in die
regterbaan.
(v) Terselfdertyd
was Wessels in aantog met sy bakkie in die teenoorgestelde rigting,
d.w.s van noord na suid. Sy bakkie se ligte
was ook aan. Hy het ook
in die regterbaan gery en was van voorneme om by die kruising regs te
draai, d.w.s na wes, in Presidentstraat.
Die bakkie se flikkerlig na
regs was aan. Wessels het spoed verminder toe hy die draaipunt in
die kruising nader. Die verkeerslig
was vir hom ook groen.
(vi) In
die kruising was daar ‘n botsing tussen die motorfiets en die
bakkie en is Stefan beseer.
Die kerngeskilpunt tussen
die partye is waar die botsing plaasgevind het: Was dit aan Stefan
se korrekte kant van die straat soos
hy getuig of aan Wessels se
korrekte kant soos hý getuig? Namens eiseres het Stefan getuig
asook ‘n voormalige skoolmaat van
hom, Lodewikus Kriel.
Stefan
en Lodewikus en nog ‘n maat van hulle, Willie Steenkamp, was kort
voor die botsing by ‘n kafee in Van der Lingenstraat
wat ongeveer
150 – 200 meter suid van die kruising met Presidentstraat geleë
is. Kriel was ‘n passasier op Steenkamp se motorfiets
terwyl
Stefan alleen met sy motorfiets gery het. Na hulle inkopies vertrek
die seuns noordwaarts in Van der Lingenstraat oppad na
Stefan se
huis. Stefan het voor gery en volgens Kriel het hy en Steenkamp
ongeveer 30 – 40 sekondes na Stefan vanaf die kafee
vertrek. Hy
het nie die botsing gesien gebeur nie. Toe hulle die kruising nader,
het daar mense vanuit ‘n eetplek (The Barn)
van regs na links
gehardloop oppad na waar Stefan en sy motorfiets aan die linkerkant
noord van die kruising gelê het. Hy toon
op die sketsplan
(bewysstuk “A”) aan dat Stefan by punt X gelê het, sy motorfiets
by punt Y en dat daar in die omgewing van
Z ‘n area was waarin
beskadigde stukke van die motorfiets gelê het. (In die getuienis is
daarna verwys as “rommel”.) Aldrie
hierdie punte word aangetoon
in die omgewing van die noordwestelike hoek van die kruising.
Stefan
se getuienis sluit aan by dié van Kriel. Hy getuig dat hy bewus was
van die bakkie toe hy die kruising nader, gesien het
dat die bakkie
die kruising nader, dat sy regter flikkerlig aan was en dat dit spoed
verminder. Hyself het nie spoed verminder nie
maar aangehou ry teen
ongeveer 40 – 50 kilometer per uur. Hy het aanvaar dat die bakkie
vir hom sou wag om deur die kruising te
ry. Toe hy omtrent in die
middel van die kruising was, draai die bakkie regs teen hom vas. Die
regterkant van sy motorfiets is
beskadig en sy regterbeen is beseer.
Hy dui die punt van botsing by punt X1 op bewysstuk “A” aan,
d.w.s. aan sy korrekte kant
van die straat.
Wessels
was op sy beurt ook bewus van die aankomende twee motorfietse toe hy
die kruising nader. Hy getuig dat toe hy reeds baie
stadig gery het
en op die punt was om te stop voordat hy na regs draai, hy ‘n
voertuig van links na regs, d.w.s van oos na wes,
die kruising sien
nader het teen so ‘n spoed dat hy bevrees was dat die voertuig nie
betyds by die rooi verkeerslig gaan stilhou
nie. Terwyl hy nog na
links gekyk het, het hy ‘n slag gehoor. Hy het nie dadelik besef
wat gebeur het nie. Toe hy omkyk, sien
hy die motorfiets lê regs
agter die bakkie. Intussen het die verkeerslig vir hom na rooi
verander, hy het sy draai na regs voltooi
in Presidentstraat, gaan
stilhou en gaan hulp verleen by Stefan. Hy getuig dat sy bakkie se
regter modderskerm, die regter flikkerlig
voor sowel as die
regterkantse truspieëltjie beskadig was. Die bakkie was parallel
met die denkbeeldige middellyn van Van der Lingenstraat
ten tyde van
die botsing – trouens die wiele was nog hoegenaamd nie na regs
gedraai nie, volgens hom. Hy plaas die punt van botsing
ongeveer 30
cm aan sy korrekte kant van die straat.
Nie
een van die getuies het ‘n noemenswaardige beter of swakker indruk
in die getuiebank gemaak as die ander nie. Die twee weergawes
voor
die Hof met betrekking tot die punt van botsing, is teenstrydig met
mekaar. Eiseres dra die bewyslas om die Hof te oortuig
dat haar
weergawe meer waarskynlik is as dié van verweerder.
Stefan
het voorrang gehad in die kruising. Hy was geregtig om te aanvaar
dat Wessels nie oor sy baan sou beweeg voordat hy nie veilig
by die
bakkie verby is nie. Stefan het geen rede gehad om na regs te beweeg
nie. Op sy eie weergawe was Wessels van plan om regs
te draai en het
hy na links gekyk, d.w.s. weg van Stefan af, terwyl sy bakkie nog nie
stilstaande was nie. In daardie omstandighede
kom dit vir my
verreweg meer waarskynlik voor dat Wessels as’t ware voor Stefan
ingery het as dat Stefan vir geen rede nie na regs
sou beweeg het.
Ek meen derhalwe dat Wessels nalatig was, onder andere, soos gepleit
is in paragrawe 6.8 en 6.9 van die Besonderhede
van Vordering.
Na
my mening het verweerder nie daarin geslaag om te bewys dat Stefan
bydraend nalatig was nie.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
1. Die nalatigheid van
die versekerde bestuurder, Mnr. Izak Adriaan Wessels, was die
uitsluitlike oorsaak van die betrokke botsing.
2. Verweerder
is aanspreeklik vir die koste van geding tot dusver.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens die eiseres: Adv.
J. Gilliland
In
opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. Mokoena
In
opdrag van:
Bezuidenhout,
Milton & Earle
BLOEMFONTEIN
/sp