About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 28
|
|
Pretorius en 'n Ander v S [2007] ZAFSHC 28 (29 March 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 25/2006
In
die appèl tussen:-
MARIUS
PRETORIUS
Eerste
Appellant
GERT
JOHANNES PRETORIUS
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
KRUGER
R
et
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12
MAART 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
MAART 2007
_____________________________________________________
Appellante
is twee broers wat volgens die klagstaat onderskeidelik 31 en 34 jaar
oud is. Hulle het in Bethlehem sake gedoen as Bethlehem
Glas. Die
hoofbron van hulle inkomste was opdragte van versekeringsmaatskappye
om die beskadigde windskerms van motorvoertuie te
vervang. Hulle het
in die Streekhof te Bethlehem verskyn op 91 aanklagte van bedrog
gedurende die periode 2004 tot 2005 deurdat
hulle aan die betrokke
versekeringsmaatskappye voorgegee het dat hulle ân bepaalde
voorgeskrewe gehalte windskerms geïnstalleer
het terwyl hulle in
werklikheid windskerms van ân minderwaardige gehalte geïnstalleer
het en sodoende R122 309,56 te veel betaal
is. Hulle het skuldig
gepleit op al die aanklagte en is skuldig bevind ooreenkomstig hulle
pleit. Die aanklagte is saamgeneem vir
doeleindes van vonnis en elke
appellant is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Daarbenewens het
die landdros ân vergoedingsbevel
ingevolge artikel 300 van die
Strafproseswet (Wet Nr. 51 van 1977) uitgereik waarkragtens
appellante gesamentlik en afsonderlik die
bedrag van R208 309,56 aan
Mutual en Federal Versekeringsmaatskappy moet terugbetaal. (Hierdie
bedrag verteenwoordig die verlies
van R122 309,56 plus R86 000,00,
synde die koste van die ondersoek deur die genoemde
versekeringsmaatskappy). Appellante kom nou
in hoër beroep slegs
teen hulle vonnisse met verlof van die Verhoorhof.
Appellante
se persoonlike omstandighede is bykans identies: Beide is eerste
oortreders en die hoof-broodwinners van hulle eggenotes
en jong
kinders.
Na
skuldigbevinding het die Landdros
mero
motu
ân voor-vonnis verslag aangevra van die hoof maatskaplike werker
van die Departement Korrektiewe Dienste te Bethlehem, Mev. Prinsloo.
Sy het haar verslae ingehandig as bewysstuke âCâ en âDâ
onderskeidelik. Die Landdros verwys tereg daarna as âuiters
volledigâ.
Sy beveel ten opsigte van elke appellant korrektiewe
toesig van 36 maande aan in terme van artikel 276(1)(h) van die
Strafproseswet,
plus ân opgeskorte vonnis.
Die
Verhoorlanddros sê, onder andere, die volgende in ân volledige en
goed-gemotiveerde uitspraak tydens vonnisoplegging:
â
Hierdie Hof het
natuurlik ân plig om elke moontlike vonnisopsie te oorweeg. Die
Hof het dit inderdaad gedoen. Die Hof het groot
respek vir Mev
Prinsloo se aanbeveling, maar die Hof is egter van oordeel dat ân
vonnis van korrektiewe toesig nie ân gepaste
vonnis sou wees nie.
Dat dit nie sou voldoen aan die doelwitte van vonnisoplegging nie.
Dat dit nie voldoende afskrikkingswaarde
sal hê nie en die Hof het
daarom besluit dat direkte gevangenisstraf gepaste vonnis is.
Die Hof het dit reeds op rekord
geplaas dat ek in die besonder simpatie het met die beskuldigdes se
families. Die Hof het altyd simpatie
daarmee, maar die Hof wil weer
kortliks verwys na die volgende aspek. Hierdie Hof en ander Howe, in
die Distrikshowe en in die Streekshowe
stuur elke dag jong mans tronk
toe wat hulle skuldig maak aan een aanklag van huisbraak met die
opset om te steel en diefstal. Aan
een aanklag van ân misdaad soos
byvoorbeeld veediefstal. Daar is geen probleem met die bekragtiging
van sulke vonnisse in die
Hooggeregshof nie. Waarom, vra die Hof,
sal die Hof ân anderste vonnis oplê by twee beskuldigdes wat hulle
skuldig maak aan 91
aanklagte van deeglik, beplande bedrog. Die Hof
is van oordeel dat waar vonnisse so dramaties verskil bloot omdat ân
beskuldigde
dalk beter opleiding gehad het of in ân beter posisie
is om dalk sy misdaad af te koop. Waarom moet vonnisse dan so
drasties verskil.
Die Hof sê dit met in agneming van die bewustheid
dat straf geïndividualiseer moet word, maar die Hof sê ook dat om
vonnisse
op te lê wat sulke dispariteite toon nie vertroue by die
gemeenskap inboesem nie. Die Hof het ân plig teenoor die
gemeenskap.
Die Hof sal daardie plig uitvoer.â
Ek kan hoegenaamd nie
hiermee fout vind nie.
Die
kern van die betoog wat namens appellante voorgedra is, is dat die
opgelegde vonnis skokkend onvanpas is omdat ân vonnis van
korrektiewe toesig in al die omstandighede van hierdie geval
aangewese is. In die alternatief voer Mnr. Snellenburg aan dat
vonnisse
in terme van artikel 276(1)(h) of (i) van die
Strafproseswet, plus ân vergoedingsbevel, meer gepas sal wees as
direkte gevangenisstraf.
In
S
v LEVEY
1993 (2) SASV 498 (A) op p. 500 d â e vat die Hoogste Hof van Appèl
die benadering tot ân appèl teen vonnis bondig soos volg
saam:
â
Ofskoon ons Howe
poog om sover moontlik 'n eerste oortreder uit die gevangenis te hou,
kan 'n eerste oortreder nie sonder meer op
'n vonnis van
nie-gevangesetting aanspraak maak nie. In gepaste gevalle is
gevangenisstraf selfs vir eerste oortreders die aangewese
straf.
Alles hang van die feite en omstandighede van die bepaalde geval af.
Waar 'n Verhoorhof gevangenisstraf as gepaste straf beskou,
kan
hierdie Hof nie na willekeur daarmee inmeng nie. Dit is geykte reg
dat hierdie Hof 'n begrensde bevoegdheid het om met die uitoefening
van 'n Verhoorhof se diskresie met betrekking tot vonnis in te meng.
Inmenging kan alleenlik geskied in die geval van 'n wesenlike
mistasting of 'n onreëlmatigheid, of waar die opgelegde vonnis
ontstellend of skokkend onvanpas is.â
Die Hof het ân vonnis
van 3 (drie) jaar gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar voorwaardelik
opgeskort is vir 1 (een) jaar vir diefstal
van goedere ter waarde van
ongeveer R54 800,00 bekragtig. Die appellant in daardie saak was ân
32-jarige eerste oortreder; die
enigste broodwinner van sy vrou en
drie jong kinders en hy het ook skuldig gepleit op die aanklagte.
In
S
v SINDEN
1995 (2) SASV 704 (A) was die appellant ân 26-jarige moeder van
twee jong kinders wat skuldig gepleit het op, en skuldig bevind
is
aan, 43 aanklagte van bedrog waarby ân totaal van ongeveer R138
000,00 betrokke was oor ân periode van 14 maande. Sy was
ân
eerste oortreder en is gevonnis tot 6 (ses) jaar gevangenisstraf
waarvan 2 (twee) jaar voorwaardelik opgeskort is. Namens haar
was
die hoof-argument ook dat korrektiewe toesig opgelê moes gewees het.
In hierdie verband sê die Hoogste Hof van Appèl die
volgende op
pp. 708 j â 709 c, wat na my mening
mutatus
mutandis
van toepassing is op die onderhawige saak:
â
In the present
matter the interests of the appellant and even more so of her family
certainly call out for a sentence of correctional
supervision. The
magistrate considered that the interests of society, because of the
seriousness of her offence, outweighed her own.
In my view he cannot
be faulted in that view. The appellant showed no sign of true remorse
which of necessity involves a true appreciation
of one's moral guilt.
She has little, if any, of that but sought instead to justify her
taking ways. She persistently and deliberately
betrayed the trust
placed in her and did so from greed, not need. A sentence does more
than deal with a particular offender in respect
of the offence of
which he has been convicted: it constitutes a message to the society
in which the offence occurred. In my view
there are no grounds upon
which the Court a quo could fault the magistrate for his view that a
sentence of correctional supervision
would, in the circumstances of
this case, send out the highly undesirable message that crime may
well pay, after all. It follows
that similarly there is no call for
this Court to interfere with the magistrate's exercise of his
discretion.â
Dieselfde
gedagte word uitgedruk in
S
v LISTER
1993 (2) SASV 228 (A) op p. 232 h â i:
â
To focus on the
well-being of the accused at the expense of the other aims of
sentencing, such as the interests of the community,
is to distort the
process and to produce, in all likelihood, a warped sentence.â
Met
betrekking tot sogenaamde âwitboordjie misdaadâ kan ek nie beter
doen nie as om die volgende passasies aan te haal uit
S
v SADLER
2000 (1) SASV 331 (A) op pp. 335 g â 336 b:
â
So called
'white-collar' crime has, I regret to have to say, often been visited
in South African courts with penalties which are calculated
to make
the game seem worth the candle. Justifications often advanced for
such inadequate penalties are the classification of 'white-collar'
crime as non-violent crime and its perpetrators (where they are first
offenders) as not truly being 'criminals' or 'prison material'
by
reason of their often ostensibly respectable histories and
backgrounds. Empty generalisations of that kind are of no help in
assessing
appropriate sentences for 'white-collar' crime. Their
premise is that prison is only a place for those who commit crimes of
violence
and that it is not a place for people from 'respectable'
backgrounds even if their dishonesty has caused substantial loss, was
resorted
to for no other reason than self-enrichment, and entailed
gross breaches of trust.
[12] These are heresies. Nothing will
be gained by lending credence to them. Quite the contrary. The
impression that crime of that
kind is not regarded by the courts as
seriously beyond the pale and will probably not be visited with
rigorous punishment will be
fostered and more will be tempted to
indulge in it.
[13]
It is unnecessary to repeat yet again what this Court has had to say
in the past about crimes like corruption, forgery and uttering,
and
fraud. It is sufficient to say that they are serious crimes the
corrosive impact of which upon society is too obvious to require
elaboration.â
Appellante het hulle
onderneming gedurende April 2004 begin. Reeds op 19 April 2004 maak
hulle die eerste valse voorstelling aan
die betrokke
versekeringsmaatskappy. Daarna herhaal hulle hierdie bedrieglike
optrede nog 90 keer oor die volgende ongeveer 16 maande.
Die
afleiding is onvermydelik dat hulle van meet af aan besluit het om
hulle besigheid op hierdie wyse te bedryf. Hulle het eers
daarmee
opgehou toe hulle âuitgevangâ is. Daar kan ook geen twyfel wees
nie dat die bedrog gepleeg is uit hebsug.
Na
my mening kan daar nie fout gevind word met die Landdros se
uitoefening van sy diskresie nie.
Gevolglik word die appèl
van die hand gewys en word elke appellant se skuldigbevinding en
vonnis bekragtig.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
____________
A. KRUGER, R
Namens
appellante: Adv. N. Snellenburg
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Giorgi
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 25/2006
In
die appèl tussen:-
MARIUS
PRETORIUS
Eerste
Appellant
GERT
JOHANNES PRETORIUS
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
KRUGER
R
et
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12
MAART 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
MAART 2007
_____________________________________________________
[1] Ek het die uitspraak
hierin deur Malherbe RP, waarmee Kruger R saamstem, gelees, maar kan,
met respek, ongelukkig nie met die
gevolgtrekking waartoe hulle
daarin kom, saamstem nie. Aangesien hierdie ân
minderheidsuitspraak is, is ek voornemens om slegs
kortliks te handel
met die redes waarom ek van hulle gevolgtrekking verskil.
[2] Die
feitelike agtergrond tot die aanklagte van bedrog waarop appellante
tereggestaan het, sowel as die basis van die appèl teen
die
opgelegde vonnis, is reeds in die meerderheidsuitspraak uiteengesit
en word dit gevolglik nie hierin herhaal nie.
[3] Ek
meen egter dat daar sekere aspekte is wat uit die verrigtinge in die
hof
a
quo
blyk
wat spesifiek uitgelig behoort te word, deurdat dit na my mening
wesenlike faktore is wat by die oorweging van die vraag of die
opgelegde vonnis skokkend swaar en onvanpas is, in oorweging geneem
behoort te word. In die verband verwys ek na die volgende:
Beide appellante het
verkies om sonder regsverteenwoordiging te verskyn en skuldig te
pleit.
Beide
appellante het meerdere kere gedurende die verrigtinge in die hof
a
quo
hul opregte berou verbaliseer.
Uit Mnr. Oberholzer,
synde ân spesialisondersoeker werksaam te Mutual & Federal en
wie die onderhawige aangeleentheid ondersoek
het, se getuienis het
die volgende geblyk:
Beide appellante het
van meet af aan hulle volle samewerking ten opsigte van die
ondersoek gegee.
Beide appellante het
van meet af aan aangebied om alle oorbetalings aan Mutual &
Federal terug te betaal, asook die koste
van die ondersoek te
betaal. Hulle het dus ten tyde van vonnisoplegging reeds ân
skulderkenning ten opsigte daarvan ten gunste
van Mutual &
Federal onderteken, in terme waarvan die totale bedrag van R208
309,56 (welke bedrag saamgestel is uit die
bedrag van R122 309,56
as synde oorbetalings wat aan appellante gemaak is plus die bedrag
van R86 000,00 ten opsigte van die
koste van die ondersoek) teen
R3 500,00 per maand deur die appellante gesamentlik en afsonderlik
terugbetaal sal word, die
eerste betaling waarvan reeds op datum
van vonnisoplegging gemaak was. Die getuie het gevolglik die hof
versoek om ooreenkomstig
die bepalings van artikel 300 van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977, ân vergoedingsbevel ten opsigte
van die bedrag van
R208 309, 56 te verleen.
Beide appellante het
van meet af aan en deurentyd hulle berou teenoor die getuie en die
bestuur van Mutual & Federal geverbaliseer
en getoon.
As gevolg van die
voorval is appellante geswartlys by alle versekeringsmaatskappye
en mag hulle nie meer enige werk vir enige
versekeringsmaatskappye
verrig nie.
Die ondersoeker het sy
oortuiging uitgespreek dat appellante hulle nie weer tot
soortgelyke oneerlike optrede in die toekoms
sal wend nie.
Mutual & Federal
as klaer verlang nie dat appellante gevangenisstraf opgelê moet
word nie, aangesien dit tot gevolg sal
hê dat appellante se
besigheid sal moet sluit en sal appellante geen inkomste genereer
waaruit die terugbetalings aan Mutual
& Federal gedoen kan
word nie.
Die terugbetalings wat
deur appellante aan Mutual & Federal gemaak gaan word, delg
ook die koste om die kliënte van Mutual
& Federal wie nie die
vereiste standaard windskerms ontvang het nie, se windskerms te
vervang.
3.4 Vanweë die feit dat
appellante nie meer enige besigheid ten opsigte van versekeringseise
mag doen nie, het die besigheid se
omset gedaal. Waar windskerms
vantevore appellante se grootste besigheid was, was hulle genoodsaak
om te deversifiseer en verrig
hulle nou meer werksaamhede met
betrekking tot platglas. Sodoende, aldus appellante, sal hulle in
staat wees om voort te gaan om
die maandelikse betalings ten bedrae
van R3 500,00 aan Mutual & Federal te maak.
3.5 Dit
is gemeensaak dat sou appellante tronkstraf moet uitdien, sal die
besigheid sluit en sal hulle nie in staat wees om enige
terugbetalings aan Mutual & Federal te maak nie.
Uit die hoof
maatskaplike werker van die Departement Korrektiewe Dienste te
Bethlehem, Mev. Prinsloo, wie al langer as 12 jaar
verslae vir
hofdoeleindes skryf, se verslae het die volgende geblyk:
Sy het die opregte en
ware berou van beide appellante bevestig.
3.6.2 Hoewel
sy tereg daarna verwys het dat die bedrog uit gierigheid gepleeg was,
meen sy dat korrektiewe toesig ân
âswaar strafâ sal wees. In
die verband is dit noodsaaklik om te let daarop dat haar aanbeveling
met betrekking tot 36 maande
korrektiewe toesig behels het dat sy
aanbeveel dat appellante, onder andere, vir die volle duur van die
korrektiewe toesig onder
huisarres moet verkeer, gemeenskapsdiens vir
ân periode van 16 uur vir elke maand van die vonnis moet verrig en
sekere omskrewe
verpligte behandelingsprogramme moet deurloop.
[4] Wat appellante se
voormelde pleite van skuldig en hul berou betref, het die
verhoorlanddros as volg daarmee op p. 38 reël 27
â p. 40 reël 5
van sy uitspraak gehandel:
âân
Verdere aspek wat die Hof natuurlik ook moet oorweeg wat u
persoonlike omstandighede aanbetref is die feit dat beide van u
kom
skuldig pleit het in die Hof. Beide van u het by u eerste verskyning
reeds ten spyte van die Hof se aanmoediging dat u moet
regsverteenwoordiging kry het u besluit dat u skuldig wil pleit. En
nou is die vraag of die Hof dit moet beskou as berou aan u kant.
In
hierdie verband is daar die volgende gesê in die saak van
S
v LANDAU
2000 (2) SACR 673
(W), en die Hof haal aan:
âCourts
often see as significant the fact that an accused chooses to plead
guilty. This is sometimes regarded as an expression
on the part of
the accused of genuine co-operation, remorse and a desire not to
waste the time of the Court in defending the indefencable.
In
certain instances a plea of guilty may indeed be a factor which can
and should be taken into account in favour of an accused
in
mitigation of sentence. However where it is clear to an accused that
the writing is on the wall and that he has no viable defence
the mere
fact that he then pleads guilty in the hope of being able to gain
some advantage from the conduct should not receive much
weight in
mitigation of sentence unless accompanied by a genuine and
demonstrable expression of remorse.â
Uit
die feite wat aan die Hof bekend gemaak is, is dit vir die Hof baie
duidelik dat beide van u moes besef het dat die skrif aan
die muur
is. Dat die onverdedigbare nie verdedig kan word nie. Dat u geen
verweer gehad het nie. Om dit in gewone terme te sê
dat beide van u
vas was. Dat die feite vanself gespreek het en dat om ân verweer
te probeer opper futiel sou wees. Dit is so
dat die hof na ân
getuie geluister het wat wel gesê het dat u ook teenoor die klaers,
Mutal & Federal, u spyt uitgespreek
het. Dit is egter die Hof se
ondervinding dat dikwels beskuldigdes wat hierdie tipe van misdrywe
pleeg maar bloot jammer is dat
hulle uitgevang is. Dat hulle skema
van onwettig en bedrieglik geldmaak, tot ân einde gekom het. Die
Hof sal egter in u guns
aanvaar dat u wel jammer is oor dit wat u
gedoen het.â
Na my mening het die
verhoorhof op ongegronde basis die opregtheid van appellante se berou
bevraagteken en afgewater. Ek is van oordeel
dat hierdie by uitstek
ân geval is waar die berou van die appellante as opregte en ware
berou geag moet word, veral inaggenome
dat hul berou nie net
geverbaliseer is nie, maar ook in dade vergestalt is deur die aanbod
om terugbetaling van alle verliese en
onkoste deur Mutual &
Federal gely. Ek is gevolglik van mening dat hierdie berou van
appellante, wat ook aanduidend is daarvan
dat hulle
verantwoordelikheid neem vir die pleging van hul wandade, ân
wesenlike versagtende faktor is wat nie na behore deur die
verhoorhof
ten gunste van appellante in oorweging geneem is nie.
[5] Wat
betref beide die hof
a
quo
en die meerderheidsuitspraak in hierdie Hof se verwysings na
S
v SINDEN
1995 (2) SASV 704 (A) en
S
v LISTER
1993 (2) SASV 228 (A), kan daar uiteraard nie fout gevind word met
die algemene korrektheid van die opmerkings daarin gemaak dat
die
persoonlike omstandighede van die appellante nie oorbeklemtoon
behoort te word nie. Hoewel daar in daardie gevalle bevind is
dat
gevangenisstraf gepaste vonnisse is, meen ek egter dat beide daardie
gevalle wesenlik onderskeibaar is van die onderhawige.
In
S
v SINDEN
is spesifiek op 709 b â c vermeld dat
âa
sentence of correctional supervision would,
in
the circumstances of this case
,
send out the highly undesirable message that crime may well pay ...â
(Eie onderstreping.)
In
daardie geval het die appellant op geen stadium aangebied om enige
terugbetaling aan die klaer te maak nie; inteendeel, die siviele
aksie teen haar deur die klaer ingestel om die geld terug te vorder,
het sy ten sterkste verdedig. Daarom dan ook die bevinding
op 709 a
as volg:
âThe
appellant showed no sign of true remorse which of necessity involves
a true appreciation of oneâs moral guilt. She has little,
if any,
of that but sought instead to justify her taking ways.â
Wat
S
v LISTER
betref, was appellant nie net beskou as
âuntruthfulâ
in haar bewerings oor waarom sy die misdrywe gepleeg het nie, maar
het appellant ân lys van vorige soortgelyke veroordelings gehad
wat
deur die Hof beskou is as aanduidend daarvan dat ân vonnis anders
dan direkte gevangenisstraf, nie enige doel gaan dien nie.
Weereens
was daar dus ook nie sprake van enige berou nie en was die appellant
nie `n eerste oortreder soos in die onderhawige geval
nie. Daarin is
as volg op 232 i â 233 a beslis:
â
This matter was duly considered by
the regional magistrate and the Court
a
quo
and I find myself in
agreement with the views expressed that such a sentence (community
service) would be inadequate having regard
to the nature and the
magnitude of the offence and the appellants list of previous
convictions for similar offences. The offences
committed on this
occasion were not isolated ones; they followed hard upon similar
offences for which she was most leniently treated
by the courts in a
patent attempt to keep her out of gaol. Those sentences did not have
the desired effect and the courts below
were justifiably sceptical
about the prognoses of another suspended sentence or a sentence of
community service.â
[6] Die
algemene benadering met betrekking tot âwit boordjie misdaadâ
soos verwoord in
S
v SADLER
2000 (1) SASV 331 (A) waarna beide in die hof
a
quo
se uitspraak en die meerderheidsuitspraak in hierdie Hof verwys word,
is insgelyks uiteraard ân korrekte algemene benaderingswyse.
Dieselfde uitspraak gee egter ook weer uiting aan die geykte beginsel
dat elke saak op sy eie feite en omstandighede beoordeel moet
word,
deur die gebruikmaking van die volgende woorde op 335 g:
âI
am satisfied that
the
circumstances of this case
call for the imposition of a period of direct imprisonment and that
the interests of justice will not be adequately served by leaving
the
sentence imposed by Squires J undisturbed.â
(Eie onderstreping.)
[7] In die onderhawige
geval het die verhoorlanddros as volg op p. 46 reël 30 â p. 47
reël 5 van die uitspraak sy redes verwoord
waarom hy korrektiewe
toesig nie as ân gepaste vonnis ag nie:
â
Die Hof het
groot respek vir Mev. Prinsloo se aanbeveling, maar die Hof is egter
van oordeel dat ân vonnis van korrektiewe toesig
nie ân gepaste
vonnis sou wees nie. Dat dit nie sou voldoen aan die doelwitte van
vonnisoplegging nie. Dat dit nie voldoende
afskrikkingswaarde sal hê
nie en die Hof het daarom besluit dat direkte gevangenisstraf gepaste
vonnis is.â
Na my
mening het die verhoorhof die afskrikkingsoogmerk van vonnis in die
omstandighede en feite van hierdie saak oorbeklemtoon ten
koste van
`n gebalanseerde toepassing van die elemente van vonnisoplegging. Ek
meen dat die volgende passasie in
S
v SOBANDLA
1992 (2) SASV 613 (A) op 617 f â g in die onderhawige geval
toepassing vind:
â
As to the magistrateâs view of
the need for a strongly deterrent sentence, the peculiar
circumstances of the present case do not,
in my assessment, suggest
the risk of a repeated robbery or housebreaking by appellant.
Essentially what the trial court had in
mind was, in the interests of
the community, a sentence which would deter others who might, given
the prevalence referred to, contemplate
similar serious criminal
conduct. Having regard to all the facts of the present matter,
however, it seems to me that appellantâs
counsel was right in
contending, in effect, that appellant was sacrificed on the alter of
deterrence, thus resulting in his receiving
an unduly severe
sentence.â
Die
welbekende riglyn en benadering wat toegepas moet word by die
oorweging van ân gepaste vonnis, soos verwoord in
S
v RABIE
1975 (4) AD op 862 G â H, word na my mening nie deur die opgelegde
vonnis geflekteer nie:
â
Punishment should fit the criminal
as well as the crime, be fair to society and be blended with a
measure of mercy according to the
circumstances.â
[8] Gevolglik is ek van
oordeel dat wanneer die totaliteit van die feite en omstandighede van
die onderhawige saak op ewewigtige wyse
in oorweging geneem word, die
opgelegde vonnis skokkend swaar en onvanpas is.
[9] Na
my mening sou ek dus, met respek, die appèl van beide appellante
teen die opgelegde vonnis van 5 (vyf) jaar gevangenisstraf
laat slaag
het, dit tersyde gestel het en ten opsigte van beide appellante dit
vervang het met ân vonnis van korrektiewe toesig
ingevolge artikel
276(1)(h) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, vir ân periode
van 36 (ses en dertig) maande en wel ooreenkomstig
die aanbeveling
soos vervat in bylaag A tot die onderskeie korrektiewe verslae.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens appellante: Adv.
N. Snellenburg
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Giorgi
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp