About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 25
|
|
Maartens v Kobus Van Zyl Boerdery BK (1973/2006) [2007] ZAFSHC 25 (15 March 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1973/2006
In
die saak tussen:
JOHANNES CORNELIUS
MAARTENS
Eiser
en
KOBUS VAN ZYL
BOERDERY BK
Verweerder
AANGEHOOR OP:
2
FEBUARIE 2007
UITSPRAAK
DEUR:
C.J. MUSI, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
9
FEBRUARIE 2007
[1] Hierdie is ân
eksepsie. Die verweerder beweer dat die eiser se besonderhede van
vordering bewerings mis wat nodig is om die
aksie te staaf en dat dit
gevolglik nie ân skuldoorsaak openbaar nie.
[2] Die
eiser se besonderhede van vordering lees as volg:
â
1. EISER
is JOHANNES CORNELIUS MAARTENS ân meerderjarige man woonagtig te
die plaas DAMPLAATS, Reddersburg, Vrystaat end met gekose
domicilium
citanti et executandi
te die Prokureurs WEBBERS, Charlesstraat 96, Bloemfontein.
2. VERWEERDER
is KOBUS VAN ZYL BOERDERY BK (Registrasienommer 2004/021645/23) ân
beslote korporasie behoorlik geregistreer ooreenkomstig
wette van die
Republiek van Suid-Afrika met gekose
domicilium citandi et
executandi
te Sowdenstraat 3, Waverley, Bloemfontein.
3. Op 16 Maart 2005 het die partye ân
skriftelike ooreenkoms gesluit in terme waarvan EISER aan VERWEERDER
verkoop het ân sekere
eiendom bekend as die restant van die plaas
DAMPLAATS 190, distrik Reddersburg, groot 876,2736 hektaar sowel as
ân aantal beeste.
ân Afskrif van die ooreenkoms word hierby
aangeheg gemerk aanhangsel âAâ.
4. In
terme van klousule 12 van voormelde ooreenkoms is aan EISER ân
lewenslange verblyfreg en meegaande regte verleen ten opsigte
van ân
gedeelte van die eiendom synde ân gedeelte van landbou grond soos
gedefinieer in die Wet op Onderverdeling van Landbougrond
70 van
1970.
5. Beide
partye het in terme van voormelde ooreenkoms presteer, het transport
van die eiendom aan VERWEERDER geskied en is die koopprys
deur
VERWEERDER aan EISER betaal.
6.
6.1 Klousule 12.1 gelees met klousules
12.2 en 12.3 van voormelde ooreenkoms is strydig met Artikel 3(e)
(ii) van die Wet op Onderverdeling
van Landbougrond 70 van 1970
deurdat geen toestemming deur die Minister verkry of aangevra was
soos vereis in gemelde wet nie en
is gemelde klousules derhalwe
nietig.
6.2 VERWEERDER steun inderdaad op die
nietigheid van voormelde klousules en dring daarop aan dat EISER die
eiendom ontruim soos blyk
uit ân skrywe van VERWEERDER se
prokureurs gedateer 18 November 2005, ân afskrif waarvan hierby
aangeheg word as aanhangsel âBâ.
7.
7.1 Die
ooreenkoms is deur die partye gesluit op die veronderstelling en
aanvaarding dat EISER in terme van klousule 12 daarvan ân
regsgeldige en afdwingbare lewenslange verblyfreg verkry.
7.2 Dit
was ân stilswyende term van die ooreenkoms dat, indien EISER nie in
terme daarvan ân regsgeldige en afdwingbare lewenslange
verblyfreg
verkry nie, die gehele ooreenkoms sou verval en nietig wees.
7.3 Weens
die nietigheid van klousule 12.1 gelees met klousules 12.2 en 12.3
het die gehele ooreenkoms derhalwe verval en is dit nietig.
8. In
die alternatief tot paragraaf 7 hierbo:
8.1 Voorafgaande en tydens sluiting
van die ooreenkoms was beide partye onbewus van die nietigheid van
voormelde klousules en onder
die
bona fide
indruk dat dit
regsgeldig en afdwingbaar was.
8.2 Voormelde klousules was wesenlik
en sou EISER nie die ooreenkoms gesluit het indien hy bewus was van
die nietigheid daarvan nie,
alternatiewelik sou EISER nie die eiendom
verkoop het vir die koopprys soos in die ooreenkoms vervat indien hy
bewus was daarvan
dat hy nie ân regsgeldige en afdwingbare
lewenslange verblyfreg bekom nie.
8.3 Uit
hoofde van die voorgaande is EISER geregtig op kansellasie van die
ooreenkoms en restitusie.
9. Die
ooreenkoms met betrekking tot die verkoop van die beeste is deelbaar
van die res van die ooreenkoms.
10. EISER bied hiermee aan
terugbetaling van die koopprys teenoor transport van die eiendom in
sy naam.
Derhalwe vorder EISER:
â
n Bevel wat verklaar dat die
ooreenkoms, aanhangsel âAâ met betrekking tot die verkoop van
die onroerende eiendom verval het
en nietig is, alternatiewelik;
Kansellasie van die ooreenkoms,
aanhangsel âAâ met betrekking tot die verkoop van die
onroerende eiendom.
â
n Bevel wat VERWEERDER gelas om
alle stappe te neem en dokumente te ondersteken ten einde transport
van die onroerende eiendom soos
beskryf in aanhangsel âAâ aan
EISER te laat geskied, teenoor terugbetalling van die koopprys deur
EISER aan VERWEERDER en wel
binne 1 (een) maand na verlening van
hierdie bevel, by gebreke waaraan die Griffier van bogemelde Agbare
Hof gemagtig en gelas
word om sodanige stappe te neem en dokumente
te onderteken.
Koste van die geding.
Verdere en/of alternatiewe regshulp.â
[3] Meneer Dansfuzz SC
namens die verweerder het argumenteer dat die besonderhede van
vordering nie ân skuldoorsaak openbaar nie
omdat:
3.1 Geen bewering gemaak
word tot die effek dat die saaklike ooreenkoms nietig of aanvegbaar
is nie.
3.2 Daar geen bewering
gemaak word dat die partye nie die opregte bedoeling gehad het dat
eiendomsreg op die verweerder moet oorgaan
nie.
3.3 Die eiser slegs op
die beweerde nietigheid van die onderliggende ooreenkoms steun vir
die aangevraagde regshulp.
[4] Meneer Jordaan SC
namens die eiser het aangevoer dat die besonderhede van vordering wel
ân skuldoorsaak openbaar omdat:
4.1 Partye wat in terme
van ân nietige ooreenkoms presteer het geregtig is om restitusie te
vorder.
4.2 Die eiser op ân
gemeenskaplike dwaling ten opsigte van ân wesenlike term van die
ooreenkoms steun en hy uit hoofde daarvan
geregtig is op kansellasie
en restitusie.
[5] Die benadering wat ân
hof moet volg by die beoordeling van ân eksepsie word bondig en
korrek in
Dilworth v Reichard
2002 (4) All SA 677
(W) e
681 i tot 682 a deur Claassen J uiteengesit waar hy sê:
â
It is trite that the proper
approach to be adopted by the court, is to adjudicate the validity or
otherwise of the exception on the
basis of the facts alleged by the
plaintiff being regarded as correct. The court must look at the
pleading excepted to, as it stands.
No facts outside those stated in
the pleading can be brought into contention and no reference may be
made to any other documents.
In order to succeed, the excipient has
the duty to persuade the court that upon every interpretation which
the pleading in question
can reasonably bear, no cause of action is
disclosed.â
[6] Dit is nie in geskil
dat eiendomsreg oorgedra is nie en dat die verweerder die eienaar van
die betrokke plaas is. Daar was ân
verbintenisskeppende ooreenkoms
(koopkontrak) wat daarop gemik was om verpligtinge te skep om die
eiendom oor te dra. Daar was ân
saaklike ooreenkoms, dit is ân
bedoeling deur die eiser om eiendomsreg oor te dra en ân bedoeling
deur die verweerder om eiendomsreg
te verkry. Daar was ân
daadwerklike oordrag van die eiendom by wyse van registrasie.
[7] Dit is ook nie in
geskil dat die abstrakte stelsel, in teenstelling met die kousale
stelsel, van eiendomsoordrag in ons reg geld
nie. Volgens die
abstrakte stelsel moet daar onderskei word tussen twee onafhanklike
ooreenkomste, te wete die verbintenisskeppende
ooreenkoms en die
saaklike ooreenkoms. Die twee regshandelinge word gesien as
onafhanklik van mekaar. Die feit dat die verbintenisskeppende
ooreenkoms nietig is het volgens die abstrakte stelsel nie noodwendig
ân invloed op die saaklike ooreendoms nie. Die abstrakte
stelsel
geld vir roerende en onroerende eiendom.
Van Der Merwe:
Sakereg 2de Uitgawe
bladsy 305 â 306; 310.
Silberberg
and Schoemanâs the Law of Property 3de uitgawe deur Kleyn en
Boraine
bladsy 78 tot 80.
Trust Bank van Afrika Bpk v
Brits ans Another
1978 (4) SA 281
(A) te 301 H â 302 A 728
(T) te 735.
Mvusi v Mvusi NO and Others
1995 (4) SA
994
(Tk SC) te 1000 G â I.
Kriel v Terblanche N.O en Andere
,
2002 (6) SA 132
(NKA).
Air-Kel (Edms) Bpk h/a Merkel Motors v
Bodenstein en ân Ander
1980 (3) SA 917
(A) te 922 F â G.
Sien ook die minderheidsuitspraak in
Wimbledon Lodge (PTY) LTD
v Gore NO and Others
2003 (5) SA 315
SCA te 334 H â 335 A.
[8] Dit is gemenesaak dat
die verbintenisskeppende ooreenkoms in casu getref word deur die
verbod in artikel 3(e) (ii) van die Wet
op Onderverdeling van
Landbougrond, 70 van 1970 (die Wet). Artikel 3(e) (ii) van die Wet
plaas ân verbod op die verlening van
ân reg op landbougrond vir
ân tydperk van meer as 10 jaar of vir die natuurlike lewensduur van
die reghebbende sonder die skriftelike
toestemming van die Minister.
Die Minister se toestemming was nie bekom nie. Artikel 3 (e) (i) en
(ii) lees as volg:
â
3. Verbod op sekere handelinge met
betrekking tot landbougrond. â Behoudens die bepalings van artikel
2-
â¦
(e)(i) mag geen deel van landbougrond,
hetsy opgemeet of nie, en hetsy daar ân gebou daarop is of nie,
verkoop of vir verkoop geadverteer
word nie, behalwe vir die
doeleindes van ân myn soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Myne
en Bedrywe, 1956 (Wet No. 27 van
1956); en
(ii) mag geen reg op so ân deel
verkoop of vir ân tydperk van meer as 10 jaar of vir die natuurlike
lewensduur van iemand of aan
dieselfde persoon vir tydperke wat
gesametlik meer is as 10 jaar verleen word nie, of vir verkoop of met
die oog op enige sodanige
verlening geadverteer word nie, behalwe vir
die doeleindes van ân myn soos omskryf in artikel 1 van die Wet op
Myne en Bedrywe,
1956; tensy die Minister (van Landbou) skriftelike
toestemming verleen het.â
In
Geue and Another
v Van Der Lith and Another
[2003] ZASCA 118
;
2004 (3) SA 333
(SCA) te 345 D â
E (par. 19) het die Hoogste Hof van Appèl bevind dat:
â
As
far as s 3(e) of the Act is concerned, it has been held in a number
of decisions of the High Court that, on a proper interpretation
of
the provisions of the section, in accordance with the recognised
tenets of contruction, the Legislatureâs intention was that
agreements prohibited by the section should be visited with
invalidityâ¦â
Die onderliggende kontrak
of verbintenisskappende kontrak is derhalwe nietig. Die eiser moet
dus, ten einde ân geldige skuldoorsaak
te openbaar, die
voortvloeiende saaklike ooreenkoms ook aanval. Die eiser sal moet
beweer dat dit die bedoeling van die wetgewer
was om die
verbintenisskeppende ooreenkoms sowel as die voortvloeiende saaklike
ooreenkoms ân nulliteit te maak. In
LAWSA 1ste heruitgawe
27 bladsy 301 paragraaf 365 word die posisie as volg uiteengesit:
â
Whether
a real agreement or performance in terms of such an unenforceable
contract is vitiated by the defect in the preceding contract
depends
on the intention of the legislature in rendering such a contract void
on the ground of non-compliance with a certain requirement.
The
courts have to ascertain the intention of the legislature from the
statute itself and in certain instances it may well be that
the
legislature intended to render not only the preceding contract but
also the real agreement unenforceable.â
Ek hoef vir doeleindes
van hierdie eksepsie nie in te gaan op die vraag of die wetgewer
bedoel het om die onderliggende sowel as die
saaklike ooreenkoms met
dieselfde lot te tref nie. Na my mening, indien die Eiser beweer het
dat die saaklike ooreenkoms ook nietig
is as gevolg van die
verbodsbepaling in artikel 3 (e) (ii) sou die hoofskuldoorsaak nie
vatbaar gewees het vir die huidige bewaar
nie.
[9] Mnr Jordaan het
argumenteer dat partye wat in terme van ân nietige ooreenkoms
presteer het is geregtig om restitusie te vorder.
Hy het my onder
andere na
C.D. Development Co. (East Rand) v Novick
1979 (2) SA 546
(C) en
Patel v Adams
1979 (2) SA 653
(A) en
Meyer v Hessling
1992 (3) SA 851
(Nm) SC verwys.
Ek stem saam met meneer Danzfuss dat daardie sake onderskeibaar is
van die feite van hierdie saak. In
C.D. Development Co.
en
Patel v Adams
het dit nie gegaan oor die gevolge van
ân nietige verbintenisskeppende ooreenkoms
viz a viz
ân
saaklike ooreenkoms nie. In beide gevalle was daar nog nie oordrag
van ân saaklikereg (eienaarskap) nie. In C.D. Developments
het die
koper terugbetaling van gelde wat betaal is in nakoming van ân
nietige ooreenkoms geëis. Registrasie van die eiendom
in die naam
van die koper het nog nie geskied nie. In
Patel v Adams
het dit ook gegaan oor die gevolge van ân nietige ooreenkoms
voordat eiendomsreg oorgedra was. Op 669 C â D is daar dus gesê:
â
Since the agreement is of no force
or effect the defendant cannot validly contend that it entitles him
to continue to hold the property
against the owner thereofâ¦â
In casu is die verweerder
die regmatige eienaar van die eiendom alhoewel die
verbintenisskeppende ooreenkoms nietig is. In
Meyer v Hessling
supra
het dit gegaan oor kontrakbreuk. Daardie saak is tereg
beslis op die beginsels wat geld by kontrakbreuk. Derhalwe kon
kansellasie
van die kontrak en restitusie toegestaan word. Hier het
ons met ân nietige kontrak te doen. Ek wys later hierin daarop dat
restitusie
voorveronderstel ân geldige en bindende kontrak.
Dit is derhalwe duidelik
dat die hoofskuldoorsaak te kort skiet aan beweringe wat nodig is om
die aksie te staaf. Die feit dat daardie
beweringe nie gemaak was
nie is fataal en behoort die eksepsie op die hoofskuldoorsaak
derhalwe te slaag.
[10] Mnr Jordaan het ook
argumenteer dat die partye die ooreenkoms aangegaan het op die
veronderstelling dat Eiser ân lewenslange
verblyfreg wettiglik sal
bekom en dat daardie veronderstelling ân wesenlike bepaling van die
ooreenkoms was. Omdat die veronderstelling
nie realiseer het nie of
foutief is, is die gevolgtrekking dat die hele ooreenkoms verval het
en nietig is. Die eiser beweer dat
dit ân stilswyende term van die
ooreenkoms was dat, indien Eiser nie in terme daarvan ân
regsgeldige en afdwingbare lewenslange
verblyfreg verkry nie, die
gehele ooreenkoms sou verval en nietig wees. Alternatiewelik word
aangevoer dat Eiser nie die ooreenkoms
sou gesluit het indien hy
bewus was van die nietigheid daarvan nie of dat Eiser nie die eiendom
sou verkoop het vir die koopprys
soos in die ooreenkoms vervat indien
hy bewus was daarvan dat hy nie ân regsgeldige en afdwingbare
lewenslange verblyfreg bekom
nie.
[11] Dit blyk duidelik
uit die kontrak dat die partye daardie term van die kontrak as
wesenlik beskou het. Daar kan nie gesê word
dat daardie term slegs
insidenteel tot die kontrak was nie. In African
Realty Trust
Ltd v Holmes
1922 AD 389
te 403 is dit as volg gestel:
â
But, as a Court, we are after all
not concerned with the motives which actuated the parties in entering
into the contract, except
in so far as they were expressly made part
and parcel of the contract or are part of the contract by clear
implication.â
[12] Beide partye was nie
bewus van die voorvereiste wat nagekom moet word alvorens die
verbintenisskeppende ooreenkoms geldig en
afdwingbaar is nie. Ek sal
dus vir doeleindes van hierdie saak aanvaar dat indien die partye
bewus was van die voorvereiste hulle
eers die Minister se toestemming
sou bekom het. Ek aanvaar ook dus dat Eiser nie die plaas sou
verkoop het indien die Minister nie
toestemming verleen het tot die
behoud van sy lewenslange verblyfreg nie of dat hy die plaas teen ân
hoer koopprys sou verkoop
het. Dat ons hier met ân âcommon
mistakeâ aangaande die reg te doen het behoef geen betoog nie. In
elk geval kan die âcommon
mistakeâ ân feitlike dwaling of ân
regsdwaling wees. Dit maak nie saak nie. In
Wills Farber
Enthoven Pty Ltd v Receiver of Revenue
[1991] ZASCA 163
;
1992 (4) SA 202
(A) is
die beginsel as volg uiteengesit te 223 B â H.
â
With
respect, I am unable to follow Roper Jâs reasoning and particularly
the distinction between âsimple ignorance of a rule of
lawâ and
ignorance of oneâs rights âowing to mistake or ignorance of lawâ.
The learned Judge acknowledged at 1103 that â(i)n
a sense â¦
almost any mistake as to, or ignorance of, a rule of law involves
mistake or ignorance of private rightsâ¦â. The
converse is also
true: a mistake of law as to a private right is hardly conceivable
except in the context of a mistake as to, or
ignorance of, a general
rule of law. In the cases referred to (and many others that I did
not mention) the partiesâ ignorance
of their rights stemmed from
their ignorance of the general law. These cases are thus a clear
indication that the ignorantia juris
rule has for quite a
considerable period of time not been of general application in South
African civil law. Bearing in mind that,
since this Courtâs
decision in S v De Blom
1977 (3) SA 513
, ignorance of the law may
even provide an excuse for otherwise criminal behaviour, we have to
ask ourselves whether there is any
reason for retaining the age-old
distinction between errors of law and fact in claims for the
repayment of money unduly paid in error.
I can conceive of none. In
the sixth (1957) edition of Gardiner and Lansdownâs South African
Criminal Law and Procedure vol 1
at 60 it is stated that
â
if ignorance of law were generally
admitted as a valid ground of excuse for unlawful conduct, the
administration of law would become
impracticableâ.
But
the administration of law suffered no ill effects as a result of the
decision in De Blomâs case; and it cannot seriously be
suggested
that it would if the distinction between errors of law and fact were
to be abolished for purposes of the condictio indebiti,
which affects
no one but the payer and payee. Nor can legal policy stand in the
way of its abolition, on the contrary, legal policy
would seem to
demand rather thatn preclude the abolition of a principle that is
manifestly unjust in the majority of cases. Taking
account further
of the complexities of contemporary legal and commercial practices
which differ toto caelo from those followed in
earlier times, I would
accordingly rule that the fact that money was unduly paid in error of
law is not by itself a bar to its recovery
by way of the condictio
indebiti.
Die gevolge van a
âcommon
mistakeâ
word in
Wilson Bayly Holmes (PTY) LTD v Maeyane
and Others
1995 (4) SA 340
(TPD) te 344 F tot I as volg
uiteengesit:
â
In Dickinson Motors (Pty) Ltd v
Oberholzer
1952 (1) SA 443
(A) Schreiner JA said that the following
extract from Huddersfield Banking Co Ltd v Henry Lister & Son Ltd
[1895] 2 Ch 273
(CA) ([1895 â
9] All ER Rep 868)
, which is to the
same effect, expressed âin clear language a principle which is
inherent in all developed systems of lawâ:
ââ¦
(A)n
agreement founded upon a common mistake, which mistake is impliedly
treated as a condition which must exist in order to bring
the
agreement into operation, can be set aside, formally if necessary, or
treated as set aside and as invalikd without any process
or
proceedings to do so.â
In that case the assumed state of
affairs was considered by Schreiner JA to be âvital to the
transactionâ, by which I understand
him to mean that both parties
intended the contract to bind them only if that state of affairs
existed.â
As I understand the decisions in those
cases, a commom mistake relating to the existence of a particular
state of affairs will not
render the contrat void unless it can be
said that the parties expressly or tacitly agreed that the validity
of the contract was
conditional upon the existence of that state of
affairs.â
In
Osman v Standard
Bank National Credit Corporation LTD
1985 (2) 378 CPD te 386
E is dit as volg gestel:
â
What is required in order to render
a contract void is a common assumption which turns out to be
unfounded.â
[13] Die kontrak tussen
die party is dus nietig. Dit slaan weereens slegs op die
verbintenisskeppende ooreenkoms en nie die saaklike
ooreenkoms nie.
Indien die saaklike ooreenkoms aangeval word omdat dit as gevolg van
ân gemeenskaplike fout nietig is moet dit
beweer word. Die feit
dat die verbintenisskeppende ooreenkoms nietig is as gevolg van
âcommon mistakeâ
raak nie noodwendig die saaklike
ooreenkoms nie. Die eiser eis kansellasie en restitusie. Indien die
kontrak nietig is as gevolg
van ân
âcommon mistakeâ
kan
daar nie sprake wees van kansellasie en restitusie nie. Restitusie
voorveronderstel ân geldige en afdwingbare kontrak. Sien
Edelstein
v Edelstein
NO and Others
1952 (3) SA 1
(AD) te
11 A;
RH Christie: The law of Contract 4de uitgawe
bladsy 268. Ons het nie met kontrakbreuk te doen nie. Daar is ook
nie sprake van ân skuldige of onskuldige party nie, aangesien
beide
partye onder ân
âcommon mistakeâ
verkeer het.
[14] Die eiser is egter
nie sonder ân remedie nie. Indien die saaklike ooreenkoms nietig
as gevolg van dwaling dan moet die eiser
die nietigheid van die
saaklike ooreenkoms beweer.
[15] Die eiser kan ook
deur middel van een van die verrykingsaksies sy eiendom terug eis.
In the
Law of Property
supra
te 81 â 82 stel
die skrywers dit as volg:
â
Looking
at the transaction as a whole, however, a deficiency of the
underlying contract is not altogether irrelevant. Naturally the
person who transfers without a valid causa has to be protected in
appropriate circumstances. After all, the transfer is never an
end
in itself. Consequently he will in appropriate circumstances be
granted a personal action in the form of a condictio as against
the
transferee for the return of the delivered thing, for instance. His
remedy is a personal action only, because, as is indicated
above, his
real right has already passed to the acquirer on transfer despite the
deficiency of the underlying contract. Provided
all the requirements
for one or other of the condictiones are present, a party who has
made performance in terms of an inchoate agreement
is, therefore, as
a general rule entitled to claim that which he had performedâ¦â
[16] Dit blyk dat op die
feite van hierdie saak die toepaslike
condictio
die
condictio sine causa (specialis)
kan wees. In
LAWSA
tweede uitgawe bundle 9
, bladsy 124 paragraaf 220 word
die vereistes vir
dié condictio
as volg gestel:
â
The
condictio sine causa (specialis) is available where the ownership of
property is transferred sine causa to the defendant but the
circumstances are such that none of the other conditiones sine causa
would lie. The exact parameters of such liability have, however,
not
been established. An example of such a case would be where a thing
is transferred against a false assumption relating to a fact
concerning the past or present.â
[17] Die eiser maak nie
beweringe in sy besonderhede van vordering wat ân skuldoorsaak
gebaseer op hierdie
condictio
openbaar nie. Sien
Govender
v Standard Bank of SA LTD
1984 (4) SA 392
(CPD). Soos reeds
hierbo genoem, word die saaklike ooreenkoms in die hoof sowel as die
alternatiewe skuldoorsaak nie aangeval nie.
Na my mening openbaar
die besonderhede van vordering nie ân skuldoorsaak nie. Die
eksepsie op die hoof sowel as die alternatiewe
skuldoorsaak behoort
derhalwe te slaag.
[18] Meneer Danzfuss het
my versoek om die eksepsie te handhaaf met koste en om te bevel dat
die eiser se dagvaarding en besonderhede
van vordering deurgehaal
moet word. So ân bevel is finaal van aard. Meneer Jordaan het my
versoek om die Eiser geleentheid te
gee om sy besonderhede van
vordering te wysig indien ek bevind dat dit nie ân skuldoorsaak
openbaar nie. In
Group Five Building LTD v Government of the
RSA
1993 (2) 593 (AD) te 602 I â 603 B het Corbett CJ die
gevolge van ân bevel, soos gevra deur meneer Danzfuss as volg
beskryf:
â
An order dismissing an action puts
an end to the proceedings and means that if the plaintiff wishes to
pursue his claim on a different
pleading he must start de novo. This
may have drastic consequences for the plaintiff, particularly where
it results in the prescription
of the claim. In my opinion, it would
be contrary to the general policy of the law to attach such drastic
consequences to a finding
that the plaintiffâs pleadings discloses
no cause of actionâ¦â
Wat die praktyk betref
sê Corbett CJ te 602 C â D:
â
As far as I am aware, in cases
where an exception has successfully been taken to a plaintiffâs
initial pleading, whether it be a
declaration or the further
particulars of a combined summons, on the ground that it discloses no
cause of action, the invariable
practice of our Courts has been to
order that the pleadings be set aside and that the plaintiff be given
leave, if so advised, to
file an amended pleading within a certain
period of time.â
Sien ook
Trope and
Others v South African Reserve Bank
[1993] ZASCA 54
;
1993 (3) SA 264
(AD) 269
E â 270 H.
[19] Die eiser se
besonderhede van vordering kan tot so ân mate gewysig word dat dit
ân skuldoorsaak openbaar. Eiser behoort
die geleentheid gegun te
word om sy besonderhede van vordering te wysig.
[20] Aangesien die
eksipiënt suksesvol was behoort die koste van die eksepsie deur die
eiser betaal te word.
[21]
Gevolglik maak ek
die volgende bevel:
(a) Die eksepsie
slaag met koste.
(b) Die
Eiser se besonderhede van vordering word
deurgehaal en Eiser
word verlof gegee om, indien so geadviseur, gewysigde besonderhede
van vordering te liaseer binne een maand van
datum van hierdie
uitspraak.
____________
C.J.
MUSI, R
Namens
die eiser: Adv. A.F. JORDAAN SC
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. F.W. A DANZFUSS SC
In
opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/ms