Von Schimper v Monastery Diamond Mining Corporation Ltd (551/2006) [2007] ZAFSHC 24 (9 March 2007)

55 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Liquidation — Proceedings against a company in liquidation — Application for costs against directors and attorneys — Liquidators authorized to intervene in proceedings — Court held that proceedings were not against the company but against its directors and attorneys, thus not subject to the suspension of civil proceedings under section 359(1) of the Companies Act — Costs order granted against the directors and attorneys.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 24
|

|

Von Schimper v Monastery Diamond Mining Corporation Ltd (551/2006) [2007] ZAFSHC 24 (9 March 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 551/2006
In
die saak tussen:
F.J. VON M
SCHIMPER
Applikant
en
MONASTERY DIAMOND
MINING
CORPORATION
LTD
Respondent
AANGEHOOR OP:
30
NOVEMBER 2006
UITSPRAAK
DEUR:
C.J. MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22
JANUARIE 2007
INLEIDING
[1] Op 30 November 2006
het ek bevele tot die volgende effek gemaak:
“
1. Die beëdigde verklarings van
die voorlopige likwidateurs Petrus Jacobus Maryn Van Staden en Yusuf
Ebrahim word geskrap met koste.
2. Die
aansoek dat Van Jaarsveld en STRB prokureurs die koste vand die
aansoek om verlof om te appelleer de bonus propriis moet betaal
word
van die hand gewys. Elke party word gelas om sy eie koste te
betaal.”
Wat
volg is my redes vir daardie bevele:
AGTERGROND
[2] Ek het op 1 Junie
2006 in die saak tussen F.J. von M Schimper (applikant) en Monastery
Diamond Mining Corporation LTD (Respondent)
die volgende bevel
gemaak:
“
(a) Dat die toekenning van die
arbiter Oud Regter M D J Steenkamp waarvan ‘n afskrif aangeheg is
by die stukke as bylaag “A”
‘n bevel van hierdie hof gemaak
word.
Dat die respondent gelas word om
rente aan applikant te betaal op die bedrag van R204 000.00 teen
15.5% per jaar bereken vanaf 1
Maart 2005 tot datum van betaling.
Dat die respondent die koste –
insluitend die koste van 2 Maart 2006 en 4 Mei 2006 moet betaal.”
[3] Op 1 Junie 2006, die
dag waarop bogenoemde uitspraak gelewer is het meneer Auret Pritchart
Van Jaarsveld, die enigste direkteur
van Monastery ‘n finale
aanmaning vir die betaling van R1 140 197.41 aan Monatery gestuur met
die doel om Monastery te likwideer.
[4] Op 21 Junie 2006 het
Monastery aansoek gedoen om verlof om te appelleer. Op 10 Julie 2006
is die kennisgewing van ter rolle plasing
geliaseer en op die
applikant beteken. Die aansoek om verlof om te appelleer was ter
rolle geplaas om op 15 September 2006 aangehoor
te word.
[5] Intussen, op 4 Julie
2006 het Auret Pritchard Van Jaarsveld in die Hooggeregshof
(Tranvaalse Provinsiale Afdeling (TPA))as skuldeiser
aansoek gedoen
vir die likwidasie van Monastery. Op 3 Augustus 2006 is die
maatskappy finaal gelikwideer.
[6] Op 8 Augustus 2006 is
Van Jaarsveld deur sy prokureurs, Havingas Prokureurs te Pretoria, in
kennis gestel van die likwidasie.
Op 14 Augustus 2006 het hy ‘n
afskrif van die likwidasie bevel van sy prokureurs ontvang.
[7] Op 21 Augustus 2006
is Petrus Jacobus Maryn Van Staden en Yusuf Ebrahim as voorlopige
likwidateurs van Monastery aangestel deur
die Meester van die
Hooggeregshof TPA. Op 4 September 2006 het Van Staden aan Van
Jaarsveld bevestig dat hy as ‘n likwidateur
van Monastery aangestel
is. Op 6 Oktober 2006 gee hy ‘n afskrif van sy sertifikaat van
aanstelling aan Van Jaarsveld. Alhoewel
Van Jaarsveld nie seker is
van die datum nie beweer hy dat hy tydens een van sy konsultasies met
Van Staden aan hom genoem het dat
daar ‘n aansoek om verlof om te
appelleer hangend is en dat die genoemde aansoek op 15 September 2006
op die rol is. Op 21 Augustus
2006 het hy dit weereens onder Van
Staden se aandag gebring waarop Van Staden hom meegedeel het dat sy
bevoeghede as direkteur en
beampte van die maatskappy op 3 Augustus
2006 geëindig het.
[8] Op 14 Augustus 2006
het me Gill Markham van Smith Tabata Buchanan Boyes (STRB), Monastery
se prokureurs, per e-pos ‘n skrywe
aan Van Jaarsveld gerig wat as
volg less:
“
I
refer to my letter dated 11 July, 2006 and confirm that the matter is
to be heard on 15 September, 2006. Please advise me as to
whether
you require any assistance at this stage. I look forward to hearing
from you.”
[9] In antwoord op
hierdie skrywe reageer Van Jaarsveld op 30 Augustus 2006 as volg:
“
Attached
please find a copy of the order granted on 3 August 2006. The
appointment of the liquidator is expected to happen this week.
I
expect him to then officially notify you and to stop the Schimper
matter in Bloemfontein.
In
the mean time let’s just wait
.”
(my onderstreping).
STRB se antwoord hierop,
op 1 September 2006, is die volgende:
“
Please advise me as to whom is
appointed liquidator of Monastery Diamond Mining Corporation and I
will then liaise with him regarding
the stopping of further
litigation with Schimper.”
[10] Op 1 September 2006
het Van Jaarsveld ‘n e-pos aan Van Staden gestuur waarin hy die
volgende sê:
“
Ingesluit
‘n e-pos van STRB Attorneys in Johannesburg. Hulle het dit ook
gister herhaal. Ek het vir hulle laat weet dat die maatskappy
in
likwidasie is, maar dat hulle van jou sal hoor wat om te doen.
Ek
dink hulle is bang die ander party gaan by die hof opdaag as hulle
nie betyds laat weet word nie.”
(my
onderstreping).
[11] Op 6 September 2006
het die likwidateurs aan STRB bevestig dat hulle aangestel is en
laasgenoemde versoek om hulle lêer te sluit.
[12] Eers, op 7 September
2006 rig STRB ‘n skrywe aan hulle korrespondente Israel Sackstein
Matsepe waarin hulle die volgende versoek
rig:
“
Our client, Monastery Diamond
Mining Corporation (Pty) Limited, has been liquidated and I would
appreciate it if you would confirm
with both the plaintiff and the
Court that this matter will not be proceeding in the light of the
liquidation…”
[13] Op 13 September 2006
is applikant deur STRB se korrespondente telefonies in kennis gestel
dat Monastery gelikwideer is. Toe
daar aangedring word op bewys van
likwidasie is daar op 14 September 2006 ‘n skrywe gestuur waarin
STRB die volgende instruksie
aan hulle korrespondente gegee het.
“
Please
advise the other side that a liquidator has been appointed, he is Mr
Van Staden of St Adens International Pretoria, telephone
number …
We are therefore not able to make any tenders and they should liaise
with Mr Van Staden in that regard. In any event
I assume that the
other side will include their costs in their claim against the
insolvent company in due course. At this stage
I suggest that you
merely file a notice of removal and it will then be up to the other
side to decide whether they wish to bring
an application against the
liquidator costs or merely file a claim including a claim for costs
in the insolvent estate.
A requested I enclose herewith a copy
of the final order of liquidation.”
[14] Meneer Honiball van
Israel Sackstein Matsepe bevestig dat sy firma op 7 September 2006 ‘n
skrywe ontvang het vanaf STRB met
die strekking dat Monastery
gelikwideer is en dat die applikant en die Hof dienooreenkomstig
ingelig moet word. Omdat die betrokke
lêer nie gevind kon word nie
en meneer Honiball uitstedig was tussen 11 en 12 September 2006 kon
daar nie aandag aan hierdie aangeleentheid
gegee word nie. Op 13
September 2006 het meneer Honiball die teenkant (mnr Holtzhausen)
geskakel en hom gesê van die verwikkelinge.
Mnr Holtzhausen het
versoek dat die applikant se koste betaal of getender moet word. Op
14 September 2006 het hy ‘n skrywe van
STRB ontvang dat hulle nie
bereid is om die koste te tender nie. Hy het tervergeefs probeer om
vir Holtzhausen te kontak. Op 15
September 2006 het hy verneem dat
die applikant hierdie aansoek gaan loods. Nadat hy instruksies
ontvang het van STRB om die aansoek
te opponeer het hy ‘n advokaat
aangestel.
[15] Op 15 September 2006
het die applikant by wyse van ‘n kennisgewing suksesvol aansoek
gedoen om ‘n bevel dat:
“
Auret
Pritchard van Jaarsveld en Smith Tabata Buchanan Boyes opgeroep word
om redes aan te voer voor hierdie Hof op Donderdag, 12
Oktober 2006
waarom hulle nie gesamenlik en afsonderlik gelas sal word om die
koste van die aansoek vir verlof om te appelleer in
saaknommer
551/2006 te betaal nie.”
Tydens laasgenoemde
aansoek het Mnr Cronje namens Van Jaarsveld en STRB verskyn om die
aansoek te opponeer. Hy het pertinent aangedui
dat hy vir alle
praktiese doeleindes instruksies het om namens die twee respondente
(Van Jaarsveld en STrB) te verskyn.
DIE LIKWIDATEURS
[16] Op 28 November 2006
het die likwidateurs ‘n bevel in die TPA (Southwood R) bekom. Die
relevante gedeeltes van laasgenoemde
bevel lees as volg:
“
2. That the applicants are
authorised to appear, duly represented by an attorney and counsel in
the Free State Provincial Division
of the High Court on 30 November
2006, in the proceedings conducted in that Division under case number
551/2006, between F J V Schimper
(as the applicant) and The Monastery
Diamond Mining Corporation (Pty) Ltd (as the respondent) for the
purpose of the order in paragraph
three (3).
That the applicants are authorised to
object to any continuance of whatsoever nature of the proceedings,
referred to in two (2)
above on the said date.
That the applicants are authorised to
request a costs order in their favour (against the said F J V
Schimper) at the proceedings
on 30 November 2006.”
[17] Meneer Vlok het in
hierdie Hof namens die likwidateurs verskyn. Mnr Danzfuss namens die
applikant het beswaar gemaak teen die
verskyning en my versoek om die
beëdigde verklarings van die voorlopige likwidateurs te skrap met
koste. Mnr Vlok het betoog dat
sy verskyning op lasgewing van die
TPA is en dat die verrigtinge voor my verrigtinge is soos bedoel in
artikel 359 (1)(a) van die
Maatskapye Wet, Wet 61 van 1973 (die Wet).
Sy opdrag was dus om my te wys op die bestaan van artikel 359 (1)(a)
van die Wet.
Artikel 359 (1)(a) van
die Wet lees as volg:
“
(1) Wanneer die Hof ‘n bevel vir
die likwidasie van ‘n maatskappy gegee het of ‘n spesiale besluit
vir die vrywillige likwidasie
van ‘n maatskappy ingevolge artikel
200 geregistreer is –
word alle siviele geregtelike stappe
deur op teen die betrokke maatskappy opgeskort totdat ‘n
likwidateur aangestel is; en …”
[18] Die doel van artikel
359 word as volg uiteengesit in
Meskin (ed) Henochsberg on the
Companies Act
Vol 1 bladsy 758.
“
The
purpose of these provisions (in the words of Widgery LT in Langley
Constructions (Brixham) Ltd v Wells
[1969] 2 All ER 46
(CA) at 47
with reference to the similar section (231) in the 1948 English Act)
“is to ensure that when a company goes into liquidation
the assets
of the company are administered in an orderly fashion for the benefit
of all the creditors and that particular creditors
should not be able
to obtain an advantage by bringing proceedings against the company.”
[19] Meneer Vlok het
geargumenteer dat die aansoek dat STRB en of Van Jaarsveld die koste
van die aansoek om verloef om te appelleer
moet betaal steeds
verrigtinge teen die maatskappy is aangesien dit voortspruit uit ‘n
geskil tussen die maatskappy en die applikant.
[20] Ek stem ongelukkig
nie saam met meneer Vlok se argument nie. Alhoewel die stukke van
die aansoek in die TPA nie voor my is nie
is dit duidelik dat die
likwidateurs toestemming verkry het om “toe te tree” tot die
verrigtinge tussen Von M Schimper (applikant)
en Monastery
(respondent). Sien paragraaf 2 van Southwood R se bevel. Die
verrigtinge voor my – alhoewel dit voortspruit uit
die
aangeleentheid tussen Von M Schimper en Monastery – was tussen Von
M Schimper en Auret Van Jaarsveld en STRB prokureurs. Monastery
was
glad nie ‘n party nie en het geen risiko geloop dat enige bevel van
watter aard ook al teen dit gemaak word nie. Daar was
dus op 30
November 2006 geen verrigtinge tussen Von M Schimper en Monastery
voor my nie.
My siening strook ook met
wat Magid R in
King Pie Holdings (Pty) LTD v King Pie (Durban)
(Pty) LTD
1998 (4) SA 1240
(D & CLD) te 1248 bevind het
te wete.
“
In
my judgment, the phrase “civil proceedings” where it appears in
s359 (1) of the Act must be limited in its application to proceedings
in which, as De Villiers CJ said in Collet v Priest,
an
order in the nature of a declaration of rights or of giving or doing
something” is sought against the company in question
.”
(my
onderstreping)
.
[21] Dit
is ook duidelik dat artikel 359 (1)(a) van die Wet bepaal dat slegs
verrigtinge
teen
of
deur
die maatskappy in likwidasie opgeskort word. In
casu
was daar – soos hierbo aangetoon – geen verrigtinge teen die
maatskappy nie. Dit was glad nie nodig vir die likwidateurs om
my
attend te maak op ‘n statutêre bepaling wat irrelevant is vir die
beregting van die aangeleentheid voor my nie. Waarom hulle
wou
toetree om ‘n gevolg wat
ex lege
gereël word uit te lig gaan my verstaand te bowe. Om hierdie redes
is die aansoek om die beëdigde verklarings van die voorlopige
likwidateurs te skrap met koste toegestaan.
Ek
keer dan terug na die aansoek teen Van Jaarsveld en STRB prokureurs.
[22] Van Jaarsveld en
STRB het die aansoek op verskeie gronde opponer. In kort het die
argumente op die volgende neergekom:
Dat dit ‘n
interlokutêre aansoek is wat ook getref word deur die bepalings van
artikel 359 (1)(a) van die Wet.
Dat Van Jaarsveld en
STRB nie partye voor die Hof was nie en enige koste bevel teen hulle
onontvanklik is.
Dat hierdie Hof nie
jurisdiksie het nie aangesien Van Jaarsveld en STRB nie in hierdie
Hof se jurisdiksie gebied woon of besigheid
doen nie.
Dat Van Jaarsveld en
STRB nie
mala fide
of onredelik opgetree het nie.
[23] Meneer Snellenberg
het geargumenteer dat hierdie verrigtinge onder dieselfde saak nommer
(551/2006) as die aansoek om verlof
om te appeller (die hoofsaak)
geroep was en dat die verrigtinge alhoewel dit interlokutêr is ook
opgeskort word deur die werking
van artikel 359 (1)(a) van die Wet.
Ek het reeds daarop gewys dat hierdie verrigtinge nie siviele
geregtelike stappe teen die maatskappy
is nie. Dit is interlokutêre
verrigtinge. Reël 6 (11) van die Hofreëls bepaal as volg:
“
Ondanks die voorgaande subreëls,
kan interlokutoriese aansoeke en aansoeke wat betrekking het op
hangende gedinge, geskeid by kennisgewing,
gesteun deur
desbetreffende beëdigde verklarings, en ter rolle geplaas word vir
‘n tyd deur die griffier toegewys of deur ‘n
regter vasgestel”
[24] Alhoewel die aansoek
betrekking het op ‘n hangende geding kan dit verskillend of
onderskeibaar wees van die hoofsaak. Dit
is dus verrigtinge wat
“subordinate or accessory to, while at the same time being distinct
from the main proceedings” is. Sien
Massey Ferguson (SA) Ltd
v Ermelo Morfors (Pty) Ltd
,
1973 (4) SA 206
(T) te 214 G;
Antares (Pty) Ltd v Hammond
1977 (4) SA 29
WLD te 30 D.
Die aansoek geskied by wyse van kennisgewing en nie kennisgewing van
mosie nie. Dit sal derhalwe onder dieselfde saak
nommer geroep word.
[25] Alhoewel daar nie
behoorlike betekening op Van Jaarsveld en STRB was nie moet daar nie
uit die oog verloor word dat STRB se korrespondente
kennis gegee is
van die aansoek. Meneer Honiball van Israel Sackstein Matsepe
Ingelyf het instruksies ontvang van STRB om die aansoek
te opponeer.
Op dieselfde dag (15 September 2006) het Honiball ‘n advokaat
aangestel om namens Van Jaarsveld en STRB te verskyn.
Meneer Cronje
het inderdaad namens Van Jaarsveld en STRB verskyn. Hy het die
volgende op rekord geplaas.
“
Die
respondente is in geen wyse daar omskryf nie, so hulle is nie siteer
nie, maar vir doeleindes praktiese doeleindes het ek instruksie
om
namens hulle twee vandag hier te verskyn en met my prokureur van
rekord teenveroordig in die hof, beteken dit ten behoewe van
daardie
twee respondente aanvaar…”
[26] Dit respondente was
ook tydens die aanhoor van die aansoek op die keerdatum
verteenwoordig. Daar is dus geen benadeling vir
hulle nie. Die feit
dat hulle nie behoorlik siteer is nie is ook nie fatal nie. Dit blyk
duidelik uit die stukke in die hoofgeding
wie Van Jaarsveld en STRB
is. Die kennisgewing dat daar ‘n aansoek om ‘n koste bevel
de
bonis propriis
teen hulle gebring gaan word is na my mening in
orde. Die applikant kan in elk geval – afhangende van die
omstandighede – voor
uitspraak vra vir ‘n koste bevel
de bonis
propriis
. Die Hof kan ook in gepaste omstandighede, sonder
kennis,
mero motu
so ‘n bevel maak, met ‘n bevel met
betrekking tot ‘n aansoek om tersyde stelling van die bevel binne
‘n bepaalde tydperk
nadat die bevel tot ‘n party se kennis gekom
het. Sien
Standard Band v Jacobsohn’s Trustee
1899
SC 352
te 353 – 354 waar De Villiers CJ met verwysing na
de
bonis propriis
bevele gesê het.
“
The proper time to apply for such
an order is before or at the time when judgment is given in the
suit…”
Ayliff v Estate
Wood
1928 CPD 210
te 214.
Machumela v Santam Insurance
Co. Ltd
1977 (1) SA 660
(A) 664. Die aansoek kan ook na die
tyd gebring word.
[27] As algemene reël
word kostebevele slegs teen persone of instansies wat voor die hof is
gemaak. ‘n Kostebevel
de bonis propriis
is slegs van
toepassing waar ‘n persoon in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid
optree of litigeer. Herbstein and Van Winsen:
The Civil
Practice of the Supreme Court of South Africa
4de uitgawe te
728 stel dit as volg:
“
An
award of costs de bonis propriis may be made only when a person acts
or litigates in a representative capacity. It is unusual
to order a
litigant in a fiduciary position to pay costs de bonis propriis, and
good reason for such a course should be shown, such
as want of bona
fides, negligent or unreasonable action or improper conduct by a
trustee or executor.”
[28] Die beginsels wat
van toepassing is by die maak van kostebevele
de bonis propriis
word deur Innes HR in
Vermaak’s Executor v Vermaak’s Heirs
1909 TS 679
te 691 as volg opgesom:
“
The
whole question was very carefully considered by this Court in
Potgieter’s case
(1908 TS 982)
and a general rule was formulated to
the effect that in order to justify a personal order for costs
against a litigant occupying
a fiduciary capacity his conduct in
connection with the litigation in question must have been mala fide,
negligent or unreasonable.”
Sien ook
Grobbelaar
v Grobbelaar
1959 (4) SA 719
(A) te 725 B-C;
Khan v
Mzovuyo Investments
(Pty) Ltd
1991 (3) SA 47
(TK GD) te 48.
[29] In
P
Bezuidenhout – Larochelle Boer v Wetoruis Boer
1983 (2) SA
233
(O) te 236 F-G is gesê dat ‘n koste
de bonis propriis
bevel:
“
het ten doel om ‘n party teen ‘n
rekening van sy eie verteenwoordiger, hetsy die verteenwoordiger ‘n
prokureur is al dan nie,
te vrywaar, of anders gestel, om ‘n party
se verteenwoordiger tot self betaling van koste te verplig.”
[30] Dit is derhalwe
duidelik dat daar wel ‘n koste bevel
de bonis propriis
ten
‘n prokureur gemaak kan word indien hy kennis gegee is alhowel hy
nie ‘n party tot die geding is nie. Sien ook
Visser v
Cryopreservation Technologies CC
2003 (6) SA 607
(TPD).
[31] In
Francarmen
v Gulmini and Another
1982 (2) SA 485
(WLD) was daar
geargumenteer dat ‘n direkteur teen wie daar ‘n koste bevel
de
bonis propriis
gemaak was nie in ‘n verteenwoordigende
hoedanigheid gehandel of litigeer het nie. Die argument is verwerp
en die Hof bevind dat
waar die litigasie in ‘n maatskappy se naam
ingestel of verdedig word maar die litigerende partye effektiewelik
direkteure of mede
eienaars van die maatskappy is, is die Hof bevoeg
om een van hulle te gelas om die koste
de bonis propriis
te
betaal. In
BS Finance Corp v Trusting Engineering
1987
(4) SA 518
(WLD) was daar bevind dat:
“
where
the sole director and shareholder of a company litigates on behalf of
that company in a manner which cannot be to the advantage
of the
company, and in a vexations and thoroughly dishonest manner – and,
in so doing tells deliberate lies – the Court is entitled
and in
fact should, in a proper case, penalise such deponent which and
appropriate order of costs de bonis propriis.”
[32] In
Crundall
Brothers (PVT) LTD v Lazarus NO and Another
1991 (3) SA 812
(ZHC) het ‘n direkteur van ‘n maatskappy ‘n funderende
eedsverklaring afgelê waarin hy die integriteit van twee senior lede
van die regsberoep aangeval het en hulle van onetiese,
mala fide
en onbehoorlike optrede beskuldig het. Die hof het die beskuldigings
verwerp en hom beveel om die koste
de bonis propriis
te
betaal. Dit is dus duidelik dat daar in gepaste gevalle wel ‘n
koste bevel
de bonis propriis
teen ‘n direkteur wat ‘n
eedsverklaring in ‘n geding afgelê het gemaak kan word. Hier het
ons ook met die enigste direkteur
van Monastery te doen. Hy het die
opponerende eedsverklaring in die hoofsaak afgelê. Dit is op sy
instruksies dat die aansoek
om verlof om te appelleer geliaseer is.
Hy het aansoek gedoen vir die likwidasie van Monastery welwetend dat
daar ‘n aansoek om
verlof om te appelleer in hierdie Hof hangend
is. Hy het nie, op die oog af, Monastery se prokureur van rekord,
STRB, in hierdie
verrigtinge tydig in kennis gestel van die aansoek
om likwidasie nie. Daar moet ook daarop gewys word dat hy vroeër al
kon aansoek
doen het vir die opskorting van hierdie verrigtinge.
Artikel 358 van die Wet gee hom uitdruklik daardie opsie. Artikel
358 (1)(a)
van die Wet lees as volg:
“
Te
eniger tyd na die voorlegging van ‘n aansoek om likwidasie en
voordat ‘n likwidasiebevel gegee is, kan die betrokke maatskappy
of
‘n skuldeiser of lid daarvan wanneer ‘n aksie of geding deur of
teen die maatskappy aanhangig is in ‘n hof in die Republiek,
aansoek doen by daardie hof om die opskorting van die verrigtinge en
die hof kan die verrigtinge dienooreenkomstig opskort of belet
op die
voorwaarde wat hy goeddink.”
[33] Alhoewel Van
Jaarsveld dus nie ‘n party in die hoofsaak was nie, was die
applikant se aansoek dat hy die koste
de bonis propriis
betaal
regtens ontvanklik.
[34] Die argument dat
hierdie Hof nie jurisdiksie het oor STRB en Van Jaarsveld nie omdat
hulle nie in hierdie Hof se jurisdiksie
gebied woonagtig is of
besigheid doen nie en dat daar geen skuldoorsaak in hierdie hof se
jurisdiksie gebied ontstaan het nie is
na my mening ook sonder
meriete. Kostebevele is voortvloeiende bevele. Sien
Ayliff v
Estate Wood
supra
212. Dit is bevele wat voortvloei
uit koste aangegaan voor litigasie en/of tydens litigasie. Sien
FNB
of Southern Africa LTD t/a Westbank v First East Cape Financing (Pty)
Ltd
1999 (4) SA 1073
(SECLD) vir die posisie met betrekking
tot – voor – litigasie koste. Indien koste aangegaan is om
litigasie in ‘n bepaalde
hof te begin of voort te sit is dit logies
en gerieflik dat die hoofsaak en bykomstige of voortvloeinde
aangeleenthede – soos koste
– deur daardie hof bereg word.
[35] In
Van Gorkom
and Noonan v Davies
1914 TPD-WLD 572 te 575 het Mason R die
volgende gesê:
“
The
wife, however, can only obtain these costs upon the specific order of
a judge, who has a discretion not only as to the amount
but also as
to the granting or refusal of the order. That discretion he
exercises upon consideration of the condition and position
of both
parties and the circumstances of the case. Whilst Rebuffus (sec 31)
states expressly that those applications should be made
to the judge
who has cognisance of the principal cause, and that seems necessarily
to follow from the application being regarded
as provisional or
preliminary portion of the principal action”
[36] In
FNB
Southern Africa LTD t/a Wesbank v First East Cape Financing
supra
te 1077 C-D het Mbenenga WR die respondent se betoog dat
slegs die hof wat jurisdiksie het oor die meriete, jurisdiksie het in
verband
met koste tereg nie verwerp nie. In
Rantenbach v
Symington
1995 (4) SA 583
(O) te 587 C-D het Lombard R
heeltemal tereg aanvaar dat hy ‘n kostebevel
de bonis propriis
teen prokureurs van Johannesburg wat namens ‘n party in die
Vrystaat litigeer het kan maak. Sien ook
Joubert LAWSA 2de
uitgawe
Vol 3 deel 2 bladsy 208 paragraaf 290,
AC
Cilliers Law of Costs
paragraaf 202.
[37] Na my mening het
hierdie Hof jurisdiksie om die aansoek aan te hoor en die gepaste
regshulp te verleen. Die proposisie tot die
teendeel is onlogies,
ongerieflik en absurd. Waarom moet ‘n party wat ‘n kostebevel
de
bonis propriis
teen ‘n prokureur of direkteur wat nie in
hierdie hof se jurisdiksie woonagtig is of besigheid doen ‘n aparte
aansoek in ‘n
ander hof instel? Die ander hof het nie “cognisance
of the principal cause” nie. Waarom moet die aangeleentheid
stuksgewys
in twee verskillende howe afgehandel word – die meriete
in hierdie hof en die koste
de bonis propriis
in die hof in
wie se jurisdiksie gebied die respondent woonagtig is of besigheid
doen? Ek wend my nou tot die meriete.
VAN JAARSVELD EN STRB
[38] Die applikant het na
ontvangs van STRB se opponerende eedsverklaring aan laasgenoemde
genoem dat hulle STRB se verduidelikking
aanvaar en die aansoek teen
STRB terug trek. Dit is steeds die applikant se houding dat hy nie
met die aansoek om ‘n kostebevel
teen STRB voort gaan nie. Die
applikant wou egter nie STRB se koste tender nie. Dit is om hierdie
rede dat STRB die aansoek bestry.
Omdat die applikant nie voort gaan
met die aansoek teen STRB nie gaan ek nie myself verder uitlaat oor
die meriete van die aansoek
teen hulle nie, maar ek sal wel later
handel met die rede vir die koste bevel wat ek hierin gemaak het.
[39] Wat Van Jaarsveld
betref is dit so dat sy beweegrede en optrede suspisieus en vatbaar
is vir kritiek. Dit blyk egter dat hy
die voorlopige likwidateurs
tydig in kennis gestel het van die hangende saak te Bloemfontein. Hy
het ook die likwidasie bevel vir
sy prokureurs (STRB) gestuur. Ek
kan nie bevind dat hy, as enigste direkteur, van Monastery doelbewus,
roekelos en nie in die belang
van Monastery opgetree het nie. Wat
die meriete van die aansoek betref, kan daar nie sonder meer gesê
word dat Van Jaarsveld
mala
fide
was nie.
[40] Wat die koste van
hierdie aansoek betref, is dit so dat die applikant in die donker
gehou was tot 13 September 2006. STRB het
reeds op 30 Augustus 2006
verneem van Monastery se likwidasie. Hulle hou nie op om namens
Monastery
op te tree nie so ook laat weet hulle
nie die hof of die teenkant tussen 1 en 7 September 2006 dat
Monastery gelikwideer is nie.
Toe STRB uiteindelik op 7 September
2006 ‘n skrywe aan hulle korrespondente rig dui hulle steeds aan
dat Monastery hulle klient
is. Hulle het op 30 Augustus 2006 reeds
geweet of moes op daardie datum geweet het dat hulle mandaat
automaties tot ‘n einde geloop
het. Sien
Goodricke
& Son v Auto Protection Insurance Co
1968 (1) SA (AD) te 722 H. Dit is STRB se korrespondente (agente)
wat die leêr soek laat raak het en sodoende nie vir die applikant
betyds in kennis gestel het. As gevolg van die problem by STRB se
agente het die applikant eers op 14 September 2006 skriftelike
bevestig ontvang dat Monastery onder likwidasie geplaas is. Daar is
geen verduideliking aan die applikant verskaf aangaande die
rede vir
die vertraging – tussen 1 en 13 September 2006 – nie. Al wat die
applikant in effek meegedeel is, is dat hy maar moet
sien hoe hy sy
koste verhaal van die boedel van Monastery. Dit is ook duidelik dat
STRB hierdie probleem voorsien het en nogsteeds
traag opgetree. Daar
moet onthou word dat Van Jaarsveld reeds op 1 September 2006 aan Van
Staden geskryf het dat STRB is bang die
ander party gaan by die hof
opdaag as hulle nie betyds laat weet word nie. Ondanks hierdie vrees
doen hulle niks vir vier hof dae.
[41] Indien
hulle die Hof en die applikant betyds kennis gegee het dat hulle
mandaat
ipso iure
geëindig het as gevolg van Monastery se likwidasie sou daar heel
waarskynlik nie ‘n aansoek gebring gewees het nie.
Die
e-pos van 14 Augustus vanaf me Gill Markham na Van Jaarsveld laat ook
die wenkbrone lig.
Indien die saak op die rol geplaas is om
op 15 September 2006 aangehoor te word kan ‘n persoon maar net vra,
wat se hulp “assistance”
sou Van Jaarsveld nog nodig gehad het.
Die e-pos van 30 Augustus 2006 waarin Van Jaarsveld vir Markham inlig
van die likwidasie
bevel word nie voort afgegaan deur ‘n
verduideliking dat Monastery in tussen gelikwideer was nie. Die
trant van daardie skrywe
is van so aard dat dit vatbaar is vir die
afleiding dat Van Jaarsveld aanvaar het dat die persoon aan wie hy
die e-pos skryf weet
van die aansoek om likwidasie. Dit daar gelaat.
[42] Van Jaarsveld het op
4 Julie 2006 reeds aansoek gedoen vir Monastery se likwidasie. Hy
moes toe reeds geweet dat daar aansoek
gedoen was om verlof om te
appelleer. Hy het geweet dat die status van Monastery verander gaan
word. Hy moes ook voorsien het dat
daardie status verandering ‘n
impak gaan hê op die hangende verrigtinge. Hy sê immers self hy
het dit geweet en dit is die rede
waarom hy herhaaldelik vir Van
Staden van die aansoek vertel het. Toe hy bewus word dat die ander
party onnodiglik koste sal aangaan
is sy houding “In the mean time
let’s just wait.” Ek vind dit in elk geval hoogs onwaarskynlik
dat Van Jaarsveld nie vir STRB
in kennis sou gestel het van die
aansoek om likwidasie nie. Maar al aanvaar ek dat dit wel die geval
was – en ek aanvaar dit –
is dit duidelik dat Van Jaarsveld as
enigste direkteur van Monastery, as hoofskuldeiser van Monastery, as
applikant om Monastery
te likwideer en as ‘n persoon wat besef het
dat die likwidasie ‘n impak op die verrigtinge in hierdie hof sal
hê sy prokureurs
tydig in kennis moes gestel het van die likwidasie.
Om onder hierdie omstandighede ‘n onskuldige applikant wat net sy
regte wou
afdwing “out of pocket” te stel by wyse van ‘n koste
bevel sal nie redelik en billik wees nie. Geregtigheid vereis nie so
optrede nie. Elke party behoort sy eie koste te dra.
[43] Ek het om
bovermelde redes die bevele soos in paragraaf 1 hierbo uiteengesit
gemaak.
_______________
C.J.
MUSI, R
Namens
die applikant: Adv. F.W.A. DANZFUSS (SC)
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
Van Jaarsveld: Adv. N. SNELLENBURG
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
STRB Prokureurs: Adv. P. R. CRONJE
In
opdrag van
Israel
Sackstein Matsepe Inc
BLOEMFONTEIN
Namens
voorlopige Likwidateurs: Adv J. VLOK
In
Opdrag van
Voorlopige
Likwidateurs
/ms