S v van Wyk (8/2007) [2007] ZAFSHC 22 (8 March 2007)

65 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Defective record of proceedings — Accused convicted of burglary and theft, subsequently detained pending sentencing — Incomplete record of trial proceedings presented to regional court, with significant portions missing — Court unable to reconstruct the missing parts of the record — Principle established that if a crucial part of the record is lost or defective and cannot be reconstructed, the conviction must be set aside — Conviction of the accused set aside due to the inability to determine the legality of the proceedings.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 22
|

|

S v van Wyk (8/2007) [2007] ZAFSHC 22 (8 March 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 8/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PETRUS
VAN WYK
______________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
R
et
VAN DER MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER OP:
9
MAART 2007
[1] Die administratiewe
onbeholpenheid en gebreke wat blyk uit die rekord van hierdie
verrigtinge, het ten minste een van die partye
hiertoe ernstig
benadeel. Dit het óf veroorsaak dat ‘n skuldige ongestraf moet
uitgaan óf dat ‘n persoon wat vrygespreek moes
word, vir ‘n lang
tyd daarna in hegtenis aangehou is.
[2] Die beskuldigde in
hierdie saak is in die landdroshof te Excelsior verhoor op ‘n
aanklag van huisbraak met die opset om te steel
en diefstal. Die
verhoor is waargeneem deur ‘n landdros afkomstig van Ladybrand. Op
2 Augustus 2005 is die beskuldigde skuldig
bevind soos aangekla. As
gevolg van ‘n lang lys van beweerde soortgelyke vorige oortredings
deur die beskuldigde, is die beskuldigde
ingevolge die bepalings van
Artikel 116(1)(b) van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977 na die
streekhof verwys vir doeleindes van
vonnis. Die beskuldigde is vanaf
datum van sy skuldigbevinding in hegtenis aangehou.
[3] Die beskuldigde het
gevolglik op 1 Desember 2005 vir die eerste keer in die streekhof
verskyn. Dit het toe geblyk dat die getikte
oorkonde van die
verrigtinge in die landdroshof wat in die streekhof voorgelê is,
wesenlik onvolledig was. Ten minste die gehele
kruisondervraging en
herondervraging van die tweede (en laaste) staatsgetuie en die gehele
hoofgetuienis van die beskuldigde het
ontbreek. Hierna het die
betrokke streeklanddroste herhaaldelik gepoog om die volledige
oorkonde te verkry en is die saak vir daardie
rede herhaaldelik
uitgestel. Uiteindelik, nadat die streekhof die getuienis van die
klerk van die hof en die kantoorbestuurder van
die landdroshof te
Excelsior aangehoor het, het dit geblyk dat die oorspronklike notule
op ‘n onbekende wyse na Ladybrand geneem
is vir doeleindes van die
oortik daarvan en dat die oorspronklike notule sowel as die
ontbrekende bladsye van die getikte oorkonde
op ‘n onverklaarbare
wyse verdwyn het en nie gevind kan word nie. Die verhoorlanddros het
ook bevestig dat dit nie moontlik is
om die ontbrekende gedeelte van
die getikte oorkonde te rekonstrueer nie. Daar is geen rede om
laasgemelde stelling te betwyfel
nie. Die saak is gevolglik op 1
Februarie 2007 na hierdie Hof verwys vir spesiale hersiening. Op
daardie datum is die beskuldigde
ook op waarskuwing vrygelaat
hangende die uitslag van die hersiening.
[4] Dit is bekende reg
dat wanneer in gevalle van outomatiese hersiening ingevolge die
Strafproseswet of strafappèlle dit blyk dat
‘n verlore of wesenlik
defektiewe oorkonde van die verrigtinge nie gerekonstrueer kan word
nie, die betrokke skuldigbevinding en
vonnis ter syde gestel moet
word. Sien
S v JOUBERT
1991(1) SA 119 (A) op 126 en
S
v FREDERICKS
1992 (1) SASV 561 (K). Na my mening moet
dieselfde beginsel geld by ‘n geval soos die onderhawige. Sonder
dat die beskuldigde
enige skuld daaraan het, is dit nie moontlik om
te bepaal of die verrigtinge in die landdroshof of die beskuldigde se
skuldigbevinding
ooreenkomstig die reg is nie.
[5] Gevolglik
word die skuldigbevinding ter syde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
________________
G.A.
HATTINGH, R
/em