Absa Bank v de Klerk (4203/2005) [2007] ZAFSHC 20 (1 March 2007)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Prescription — Suretyship — Special plea of prescription raised by surety — Surety contending that claim against her had prescribed after three years from the liquidation of the principal debtor — Bank asserting that the claim was based on a mortgage bond, thus subject to a thirty-year prescription period — Court finding that the mortgage bond did not create an independent liability separate from the suretyship, and therefore the three-year prescription period applied — Claim dismissed as having prescribed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 20
|

|

Absa Bank v de Klerk (4203/2005) [2007] ZAFSHC 20 (1 March 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 4203/2005
In
die saak tussen:-
ABSA
BANK
Eiser
en
J S E DE
KLERK
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
20 FEBRUARIE 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
1 MAART 2007
_____________________________________________________
[1] Hierdie uitspraak
handel met ‘n spesiale pleit van verjaring en die repliek daarop.
Ingevolge Reël 33(4) is gelas dat dit
die enigste huidige geskilpunt
is. Geen getuienis is gelei nie. By die voor-verhoor konferensie
het die partye soos volg ooreengekom:
“
6.
Die partye kom ooreen op die volgende
feite vir doeleindes van beregting van voormelde geskilpunt:
6.1 Dat Verweerder haar op
8 Maart
1982
teenoor Eiser as borg verbind het vir die verpligtinge van
SEPTIMUS DE KLERK BOERDERY (EDMS) BPK soos meer volledig blyk uit
aanhangsel
“A” tot Verweerder se verweerskrif.
6.2 Dat gemelde borgakte behoorlik
verly en die inhoud daarvan eg, korrek en waar is.
6.3 Dat Verweerder ‘n prokurasie op
23 Desember 1993
onderteken het met inhoud soos vervat in
verbandakte nommer 1613/1993 soos meer volledig blyk uit aanhangsel
“A” tot Eiser se
besonderhede van vordering.
6.4 Dat
gemelde verbandakte behoorlik verly en op
9 Februarie 1993
registreer is en die inhoud van gemelde verbandakte eg, korrek en
waar is.
6.5 Dat
SEPTIMUS DE KLERK BOERDERY (EDMS) BPK op
20 Maart 1998
likwideer is.
6.6 Dat Eiser nie ‘n eis teen die
boedel van die betrokke maatskappy in likwidasie bewys het nie.
6.7 Dat
Eiser in saaknommer 734/2003 vir dieselfde bedrag ‘n saak teen
Verweerder ingestel het, maar die saak teruggetrek het.
6.8 Dat Eiser se huidige dagvaarding
in saaknommer 4203/2005 met skuldoorsaak soos uiteengesit in Eiser se
besonderhede van vordering
op
22 November 2005
op Verweerderes
beteken is.
6.9 [Deurgehaal]
6.10 Dat
Verweerder van oordeel is dat Eiser se eis binne drie jaar vanaf
20
Maart 1998
verjaar het en is Eiser se standpunt dat die
toepaslike verjaringstermyn dertig jaar is.”
[3] In sy Besonderhede
van Eis beweer eiser dat verweerderes ‘n verbandakte gepasseer het
oor ‘n plaas “as sekuriteit vir geld
geleen en voorgeskiet aan
eiser deur verweerderes”. Hierdie klaarblyklik verkeerde bewering
word deur verweerderes in haar verweerskrif
erken. Eiser se bewering
dat sy R144 112,14 aan eiser verskuldig is in terme van die
verbandakte word in die verweerskrif ontken
en verweerderes herhaal
haar bewerings in die spesiale pleit met betrekking tot die
likwidasie van die maatskappy.
[4] In die spesiale pleit
sê verweerderes:
“
1.
1.1 Eiser se eis teen verweerderes
spruit voort uit ‘n borgakte gedateer 8 Maart 1982 waarkragtens
verweerderes haar as borg teenoor
Eiser verbind het vir die
behoorlike nakoming van Septimus De Klerk Boerdery (EDMS) BPK se
verpligtinge teenoor Eiser. ‘n Afskrif
van die borgakte word
hierby aangeheg as aanhangsel “A”;
1.2 Septimus De Klerk Boerdery (EDMS)
BPK is gelikwideer op 20 Maart 1998.
1.3 Eiser
het op geen stadium enige eis teen die boedel van die betrokke
maatskappy bewys nie.
1.4 Sedert
die likwidasiedatum en datum van dagvaarding hierin het eiser onder
saaknommer 734/2003 dieselfde bedrag van verweerderes
gevorder maar
die saak teruggetrek;
1.5 Eiser
se dagvaarding in hierdie aksie is beteken op verweerderes meer as
drie jaar vanaf datum waarop die eis ontstaan het;
1.6 In
die vooropstelling het eiser se eis verjaar soos bedoel in Artikel 11
van Wet 68 van 1969.”
[5] In sy repliek beweer
eiser:
“
AD
PARAGRAAF 1 DAARVAN:
1.1 Eiser pleit dat Eiser se eis
voortspruit en baseer is op ‘n skriftelike erkenning van
aanspreeklikheid van ‘n bepaalde bedrag
geld wat Verweerderes aan
Eiser verskuldig is onder Eiseres se handtekening en ‘n promesse om
sodanige skuld te betaal alles vervat
soos in paragraaf 3 op bladsy 2
van die verbandakte.
1.2 Eiser
pleit dat die verbandakte ondermeer ‘n erkenning van
aanspreeklikheid en ‘n promesse om te betaal bevat wat ‘n direkte
aanspreeklikheid tussen Eiser en Verweerderes tot effek het, welke
direkte verpligting deur die verbandakte versekureer is.
1.3 In die vooropstelling is die
bepalings van Artikel 11(a) van die Verjaringswet, 68 van 1969 van
toepassing en is die toepaslike
verjaringstermyn dertig jaar.”
[6] Die kernvraag is of
eiser se eis een is wat deur verband verseker is. Indien wel, is die
verjaringstermyn 30 jaar en het die
skuld nie verjaar nie. Indien
nie, is die verjaringstermyn drie jaar en het die skuld wel verjaar.
[7] Verweerderes ontken
dat die bedrag wat eiser tans van haar vorder, geld verteenwoordig
wat aan haar geleen en voorgeskiet is.
In haar eedsverklaing ter
bestryding van ‘n aansoek om summiere vonnis, sê verweerderes dat
eiser van tyd tot tyd geld aan die
maatskappy, Septimus de Klerk
Boerdery (Edms) Bpk, geleen het ten opsigte waarvan sy haar as borg
teenoor eiser verbind het.
[8] Mnr. Williams, namens
verweerder, sê dat dit duidelik is dat die verband geregistreer is
om die verweerderes se aanspreeklikheid
as borg te versekureer. Die
saldosertifikaat aangeheg tot die huidige vordering is presies
dieselfde dokument as wat die vorige
eis vergesel het. Volgens Mnr.
Williams probeer eiser dieselfde skuld vanaf die verweerderes as borg
afdwing, maar via ‘n ander
middel, naamlik die verband. Die
afleiding is derhalwe onafwendbaar dat die verband geregistreer is
deur die borg om haar aanspreeklikheid
te versekureer.
[9] Mnr. Williams voer
aan dat die verband nie ‘n onafhanklike kontrak tot verweerderes
se borgskap is nie.
[10] In
KILROE-DALEY
v BARCLAYS NATIONAL BANK LTD
[1984] ZASCA 90
;
1984 (4) SA 609
(A) het die hof
bevind dat ‘n borg en mede-hoofskuldenaar nie ‘n aparte
aanspreeklikheid as hoofskuldenaar opdoen nie (te 623
H):
“
The appellant executed a mortgage
bond. In so doing she did not enter into a contract separate from her
contract of suretyship; she
merely furnished security for her
indebtedness.”
Mnr. Claasen doen aan die
hand dat die
KILROE-DALEY
-saak onderskeibaar van die
huidige saak is en dat die pleitstukke wesenlik verskil. Hy wys
daarop dat in die
KILROE-DALEY
-saak die Bank uitdruklik
gesteun het op die borgkontrak as die verbintenisskeppende oorsaak
van die verband. Die appèlhof het dan
ook uitsluitlik sy bevinding
gebaseer op die bewering soos vervat in klousule 8 en 9 van die Bank
se deklarasie, wat aandui dat die
verweerderes in die
KILROE-DALEY
-saak op haar borgskap aangespreek is.
(Klousules 8 en 9 kom voor op bladsy 618 F – H.)
Die appèlhof vind dit
nodig om te bevind welke skuld die appellant deur die verband
sekureer het:
“
The
liability which she undertook is set out in para 8 of the declaration
(see above). She bound herself as surety and co-principal
debtor.”
KILROE-DALEY
-saak
p. 622 I.
Die appèlhof bevind dan
dat ‘n borg en mede-hoofskuldenaar nie ‘n aparte onafhanklike
aanspreeklikheid as hoofskuldenaar opdoen
nie.
[11] Mnr. Claasen sê die
bank se saak in die huidige geskil is juis dat verweerderes se
aanspreeklikheid gebaseer is op ‘n skriftelike
erkenning van
aanspreeklikheid wat in die verband self vervat is en die
verweerderes se promesse om sodanige skuld te betaal wat
onder haar
handtekening belowe is. Dus bevat die verband ‘n direkte
aanspreeklikheid tussen eiser en verweerderes, welke direkte
aanspreeklikheid deur die verband versekureer is. Daarom is artikel
11(a)(i) van die Verjaringswet 68 van 1969 van toepassing en
is die
toepaslike verjaringstermyn 30 jaar.
[12] Mnr. Claasen betoog
dat die kernvraag is of ‘n saak uitgemaak is dat die verbandakte ‘n
selfstandige skuldoorsaak kan wees.
Eiser se saak is dat die
verbandakte sy skuldoorsaak is. ‘n Verbandakte is ‘n erkenning
van aanspreeklikheid. Sien
OLIFF v MINNIE
1953 (1) SA
1
(A) op 3 D – E;
ZIETSMAN v ALLIED BUILDING SOCIETY
1989 (3) SA 166
(O) op 168 D – E. ‘n Promesse skep ‘n nuwe
verpligting. Sien
GREWAR & HANEKOM (PTY) LTD v ROUX
1959 (2) SA 182
(K) op 184 B – C.
[14] Eiser se deklarasie
in saak 734/2003 (die eerste saak wat eiser teen verweerderes
ingestel het en toe teruggetrek het), nadat
‘n spesiale pleit van
verjaring geliasseer is, is aangeheg by verweerderes se verklaring
ter opponering van summiere vonnis. Daarin
sê eiser dat
verweerderes haar op 8 Maart 1982 as borg verbind het vir die skulde
van Septimus de Klerk Boerdery (Edms) Bpk en eiser
dagvaar haar as
borg vir R144 112,14 plus rente teen 17% per jaar vanaf 14 Januarie
2003, ter stawing waarvan eiser ‘n saldosertifikaat
gedateer 14
Januarie 2003 aanheg, waarop verweerderes as “waarborggewer”
aangedui word ten aansien van “Septimus de Klerk Boerdery
(Edms)
Bpk”. Die bedrag verskuldig word beskryf as die bedrag deur
verweerderes verskuldig “onder waarborg ten aansien van Septimus
de
Klerk Boerdery (Edms) Bpk se uitstaande verpligting”.
[15] Eiser se
Besonderhede van Vordering in die huidige saak beweer dat
verweerderes ‘n verbandakte gepasseer het “as sekuriteit
vir
gelde geleen en voorgeskiet aan Eiser deur Verweerderes”. Ek het
reeds gesê dat hierdie klaarblyklik ‘n verkeerde bewering
is. Die
eiser beweer skynbaar dat die gelde geleen is aan verweerderes.
Eiser steun dus op ‘n beweerde direkte verpligting van
verweerderes
teenoor eiser, vermeld en verseker deur verband. Ter stawing van
eiser se bewering heg hy dieselfde saldosertifikaat
aan wat by die
2003 saak aangeheg was waarin vermeld word “dat die bedrag
verskuldig en betaalbaar op rekeningnommer 770750342
deur Mev. J.S.E.
de Klerk onder waarborg ten aansien van Septimus de Klerk Boerdery
(Edms) Bpk se uitstaande verpligting die bedrag
van R114 112,14 (een
een vier een een twee rand en 14 sent) beloop ...”.
[16] Presies dieselfde
bedrag word nou onder die verband geëis as wat in die 2003 saak
onder die 1982 borgakte geëis is. Mnr.
Claasen sê dis ‘n ander
eisoorsaak, ‘n direkte verpligting van verweerderes verseker deur
verband, wat nie verjaar het nie.
[17] ‘n Borg onderneem
nie ‘n onafhanklike aanspreeklikheid as hoofskuldenaar bloot deur
toevoeging van die woorde “mede-hoofskuldenaar”
nie. Die verband
skep normaalweg nie ‘n aparte skuldoorsaak nie. (Sien Loubser,
Extinctive Prescription
1996 op 65.) Indien die
verband net die verpligting tussen die borg en die skuldenaar
versekureer, geld artikel 11(a)(i) nie. Indien
die verpligting van
die hoofskuldenaar nie deur die verband verseker word nie, sou die
hoofskuldenaar se aanspreeklikheid na drie
jaar eindig. Die
uitwissing van die verpligting van die hoofskuldenaar het tot gevolg
dat die aksessore eis teen die borg verval.
Sien
BANKORP LTD v
LEIPSIG
1993 (1) SA 247
(W) op 250 A – B. (Hierdie aspek
word nie geraak deur die beslissing op appèl in
LEIPSIG v
BANKORP LTD
[1993] ZASCA 198
;
1994 (2) SA 128
(A) nie).
[18] In die huidige geval
is daar nie ‘n borgverband geregistreer nie. Die vraag is of die
feit dat ‘n gewone verband geregistreer
is, wanneer die
verweerderes as borg aangespreek word, die situasie verander.
[19] Hoewel ‘n mens uit
die pleitstukke die indruk kon kry dat verweerderes erken dat die
geld aan haar geleen is, is dit duidelik
dat sy aanspreeklikheid
ontken op die basis dat die geld nie aan haar geleen is nie. Dis
duidelik dat hierdie geld aan die maatskappy
Septimus de Klerk
Boerdery (Edms) Bpk geleen was. Die leerstuk “plus valet quod
agitur quam quod simulate concipitur” bied hier
riglyne. Sien
ZANDBERG v VAN ZYL
1910 AD 302
op 309. Wanneer ‘n
hof gevra word om enige regte onder ‘n ooreenkoms te beslis, kan
die hof dit net doen deur gevolg te gee
aan wat die transaksie
werklik is; nie wat dit voorgee te wees nie. (
ZANDBERG
op 309.) Die hof moet kyk wat die ware bedoeling was. In die
huidige saak was die ware bedoeling om die verband te passeer as
sekuriteit
vir verweerderes se verpligtinge as borg. Daar is nooit
geld aan haar geleen nie, ten minste nie geld wat eiser in hierdie
aksie
vorder nie. Die aard van ‘n verpligting verander nie na
aanleiding van op welke skuldoorsaak die eiser steun nie. In die
KILROE
-saak hierbo was die verweerder beskryf as “borg
en mede-hoofskuldenaar” en het die Appèlhof bevind (op 623 H) dat
die verweerderes
daardeur nie ‘n ander aparte kontrak aangegaan het
nie. In die huidige saak is geld nooit aan die verweerderes geleen
is nie.
Uit die saldosertifikaat van eiser blyk dat die bedrag
gevorder ‘n bedrag op die rekening van Septimus de Klerk Boerdery
(Edms)
Bpk is. Dit word gestaaf deur die feit dat die eiser in die
2003 saak dieselfde bedrag geëis het toe hy verweerderes eksplisiet
as borg aangespreek het. Die bedrag geëis in die dagvaardings is
identies.
[20] Die ware aard van
verweerderes se verpligting was as borg. Dit help eiser nie om haar
verpligtinge uit hoofde van ‘n verband
wat sy verly het, as iets
anders te probeer inklee nie. Die bedrag geëis en die
saldosertifikaat maak dit duidelik dat hierdie
‘n bedrag is wat nie
verweerderes nie, maar Septimus de Klerk Boerdery (Edms) Bpk geleen
het. Verweerderes se verpligtinge is
aksessoor. Omdat die eis teen
Septimus de Klerk Boerdery (Edms) Bpk verjaar het, het die aksessore
verpligting van verweerderes
ook verjaar.
[21] Die spesiale pleit
word met koste gehandhaaf en eiser se eis word met koste van die hand
gewys.
____________
KRUGER, R
Namens
die eiser: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Claude
Reid Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. A. Williams
In
opdrag van:
Wessels
& Smith
BLOEMFONTEIN
/sp