Bester v Transnet Limited h/a Spoornet (A263/2005) [2007] ZAFSHC 12 (15 February 2007)

70 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Fire damage — Appellant claimed damages for loss suffered due to a fire allegedly caused by sparks from a train operated by the respondent. The fire spread from the railway reserve to the appellant's property, resulting in significant damage. The trial court dismissed the appellant's claim, finding insufficient evidence to establish that the respondent's train caused the fire. The appellant appealed the dismissal of his claim. The court held that the appellant failed to prove the necessary elements of negligence and causation, affirming the trial court's decision.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 12
|

|

Bester v Transnet Limited h/a Spoornet (A263/2005) [2007] ZAFSHC 12 (15 February 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A263/2005
In
die appèl tussen:
HERCULES
JOHANNES BESTER
Appellant
en
TRANSNET
LIMITED h/a SPOORNET
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN ZYL, R
AANGEHOOR OP:
14 AUGUSTUS 2006
GELEWER OP:
8
MAART 2007
[1] Appellant het as
eiser in die Hof
a quo
aksie ingestel teen respondent vir
skade deur appellant gely as gevolg van ‘n brand wat op 16 November
2002 na sy plaas Erfdeel,
geleë in die distrik van Kroonstad,
versprei het. Die beregting van kwantum en meriete was geskei en is
slegs die meriete van appellant
se vordering bereg. Nadat respondent
se aansoek om absolusie van die instansie na sluiting van appellant
se saak van die hand gewys
is, het respondent sy saak gesluit sonder
om enige getuienis aan te bied. Appellant se vordering teen
respondent is daarop afgewys,
met koste. Die appèl is teen
laasgenoemde uitspraak op die meriete, gerig.
[2] Appellant was die
eienaar van die plaas Erfdeel, welke plaas nie bewoon is nie en
hoofsaaklik as veepos gedien het. Erfdeel is
wes van die
Ventersburg/Kroonstad pad (welke pad van noord na suid en suid na
noord loop) geleë en word aan die westekant daarvan
vir die gedeelte
wat hierin ter sprake is, begrens deur ‘n strook van ‘n plaas wat
aan ene Serfontein behoort (hierinlater na
verwys as “die
Serfontein plaas”). Hierdie tersaaklike gedeelte van die
Serfontein plaas is tussen 80 en 150 meter breed. Aan
die westekant
van die Serfontein plaas loop die treinspoor hierin ter sprake in ‘n
rigting noord na suid en suid na noord, dus
parallel met die
Ventersburg/Kroonstad pad, welke treinspoor aan weerskante daarvan
begrens word deur die spoorreserwe. Wes van
die westelike
spoorreserwe is nog ‘n plaas geleë, welke plaas weer op sy beurt
aan sy westekant begrens word deur die Hennenman/Kroonstad
pad, welke
pad ook in ‘n rigting noord na suid en suid na noord loop, dus
parallel met die treinspoor en parallel met die Ventersburg/Kroonstad
pad.
[3] Sonder om op hierdie
stadium in detail met aspekte te handel waarmee hierinlater meer
volledig gehandel sal word, het die volgende
agtergrond gebeure uit
appellant se getuienis geblyk. Aan die oostekant van Erfdeel was
appellant se ander plaas, Doringspruit,
geleë, welke plaas ongeveer
8km vanaf Erfdeel geleë is en welke plaas appellant ten tyde van die
voorval bewoon het. Die oggend
van 16 November 2002 om ongeveer 9h30
het hy rook gesien in die rigting van Erfdeel. Hy en twee van sy
werknemers het die vuurvegter
op sy bakkie gelaai, dit vol water
gemaak en na Erfdeel gehaas. Toe hulle by die treinspoor opdaag, was
die brand volgens appellant
se waarneming aan weerskante van die
treinspoor, maar beperk tot die spoorreserwe. Hierdie waarneming is
deur appellant gekwalifiseer
deurdat hy getuig het dat die brand aan
die oostekant van die treinspoor beslis beperk was tot die
treinreserwe, maar aan die westekant
van die treinreserwe kon hy
vanweë die rook en die vlamme nie duidelik sien nie. Daar was dus
egter geen brand op daardie stadium
op die Serfontein plaas of op
Erfdeel nie. Hoewel die brand op daardie stadium binne ‘n beperkte
kol van ongeveer 10 tot 15 meter
was, het ‘n sterk westewind
opgesteek wat van wes na oos gewaai het en wat die brand versprei
het. Die brand het gevolglik oor
die spoorreserwe gegaan, in die
Serfontein plaas in en daarvandaan in Erfdeel in. Hulle kon nie die
brand bestry kry nie en hoewel
hy sy vrou versoek het om met
respondent te skakel en te versoek dat verteenwoordigers van
respondent moes kom help, het niemand
van respondent opgedaag nie.
Teen 14h00 die middag het van die bure en lede van die weermag kom
help en teen 17h00 die middag was
byna die hele Erfdeel afgebrand.
[4] Die
basis van appellant se vordering teen respondent is as volg in
paragrawe 4 en 5 van die Besonderhede van Vordering verwoord:
“
4. Op 16 November 2002 het ‘n
brand na die plaas versprei, welke brand klaarblyklik veroorsaak is
deur vonke afkomstig van ‘n
lokomotief en/of trokke wat aan
verweerder behoort en wat op die hoof spoorlyn tussen Kroonstad en
Bloemfontein beweeg het.
5. Verweerder
was nalatig in een of meer of almal van die volgende opsigte:
5.1 Deurdat verweerder nie
voorsorgmaatreëls getref het teen die veroorsaking van vonke nie.
5.2 Geen
of geen behoorlike voorsorgmaatreëls getref het om ‘n algemene
brandgevaar te vermy, wat deur die bewegende trokke van
verweerder
veroorsaak word.
5.3 Geen of behoorlike
brandafweerstroke gebou en onderhou het om te verhoed dat indien ‘n
lokomotief en trokke wel vonke veroorsaak,
dit nie oor die
brandstrook sal beweeg en skade veroorsaak aan eiser se plaas.
5.4 Geen of geen behoorlike
voorsorgmaatreëls getref het om droë gras en ander ontvlambare
stowwe langs die spoorlyn te verwyder.
5.5 Geen
of geen voldoende pogings aangewend het om die brand te probeer blus
nadat die veld aan die brand geraak het.
6. As gevolg van verweerder se
nalatigheid het eiser se plaas erg brandskade opgedoen as gevolg van
die brand wat op sy plaas ontstaan
het en het eiser skade gely in die
bedrag van R74 932,69.”
[5] Aldus die pleitstukke
blyk dit dus ‘n element van appellant se saak te wees dat die brand
wat na Erfdeel versprei het, klaarblyklik
veroorsaak is deur ‘n
trein van respondent wat op die tersaaklike spoorlyn beweeg het. Ten
opsigte van hierdie beweerde oorsaak
van die brand het die
Verhoorlanddros tot die volgende gevolgtrekking gekom:
“
Daar
is geen getuienis op rekord dat daar daardie dag wel ‘n trein gery
het nie. Al sou daar aanvaar word dat daar wel ‘n trein
was, is
daar geen getuienis op rekord dat ‘n trein of sekere treine die
veld in dié of sekere omstandighede aan die brand kan
laat raak en
dat die Hof dan op ‘n oorwig van waarskynlikhede kan bevind dat dit
waarskynlik is die trein die brand veroorsaak
het nie. Die eiser het
nie daarin geslaag om die eis van die eiser teen die verweerder soos
in die Besonderhede van Vordering tot
die dagvaarding op oorwig van
waarskynlikhede vervat te bewys nie.”
(Sien uitspraak, p. 252,
reël 21 – p. 253, reël 8.)
Appellant se eie
getuienis met betrekking tot die oorsaak van die brand was tot dien
effekte dat hy bloot spekuleer daaromtrent.
(Sien oorkonde, p. 101,
reël 24 - p. 102, reël 1; p. 107, reël 4 – 11 en p. 116, reël
24 – 27.) Ook die getuie Swanepoel
wie namens appellant getuig
het, het spekuleer oor die oorsaak van die brand. (Sien oorkonde, p.
77, reël 2 – 17.) Petrus Mokoena,
synde die appellant se
werknemer wat saam met hom die brand probeer blus het, getuig dat hy
ook nie weet hoe die brand ontstaan het
nie. (Sien oorkonde, p. 183,
reël 24 – 29.)
[6] Die Hof
a quo
se voormelde bevinding in die verband blyk dus gevolglik korrek te
wees.
[7] Soos egter tereg deur
Mnr. Claasen, namens appellant, betoog, is die bevinding dat
appellant nie bewys het hoe die brand ontstaan
het nie die einde van
appellant se saak nie. Gegewe die bewerings gemaak in die
pleitstukke, saamgelees met die getuienis, moet
die
nalatigheids-element as synde die beweerde rede waarom die brand
vanaf die spoorreserwe na appellant se grond versprei het, ook
oorweeg word.
[8] Alvorens ek handel
met nalatigheid, meen ek dit is doelmatig om volledigheidshalwe eers
met die element van onregmatigheid te
handel. In die saak van
GOUDA
BOERDERY BK v TRANSNET
2005 (5) SA 490
(SCA), waarin dit ook
gehandel het oor ‘n brand wat vanaf ‘n spoorreserwe versprei het,
is as volg op 499 E – 500 C beslis:
“
[13] In the Court a quo Jamie AJ
considered first the question of wrongfulness and thereafter the
question of negligence. As to the
former, he expressed himself as
follows:
'I am of the view that the legal
convictions of the community would, in a case such as the present,
expect that if the defendant's
negligent conduct leads to harm by
fire to a neighbour's property, such harm should be regarded as
having been wrongfully inflicted,
or, put another way, that the
defendant should be regarded as having been subject to a duty not to
cause such harm. In arriving at
this conclusion I particularly bear
in mind the fact that the defendant is a commercial entity, all of
whose shares are held by the
State, and that its purpose is to
conduct a commercial rail operation. That being the case, and if it
can be shown to have acted
negligently and in a manner to have caused
harm, there can be no reason to excuse it from liability. In arriving
at this conclusion,
I take into account the fact that the net of
liability will not be cast too wide as a plaintiff still needs to
establish both negligence
and causation before it is entitled to
succeed.
In the premises, I hold that the
defendant was under a legal duty to the plaintiff not to negligently
cause harm to it, more particularly
by allowing a fire to spread from
its property to that of the plaintiff.'
I am in full agreement with both the
reasoning of the learned Judge and his formulation of the inquiry.
Neither party in this court
sought to attack this aspect of the
judgment, and rightly so.”
Ek
vereenselwig my met eerbied met voormelde bevinding en is daar ook
geen betoog tot die teendeel aan ons voorgehou nie.
[9] By
beregting van die vraag of appellant nalatigheid aan die kant van
respondent bewys het, is die eerste aspek wat oorweging moet
geniet
die vraag of die vermoede van nalatigheid waarvoor in artikel 34 van
die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, Nr. 101 van
1998
(hierinlater na verwys as “die Wet”), in die onderhawige geval
toepassing vind. Artikel 34 bepaal as volg:
“
34. Vermoede van nalatigheid
(1) Indien 'n persoon wat 'n siviele
geding aanhangig maak, bewys dat hy of sy 'n verlies gely het as
gevolg van 'n veldbrand wat-
(a) deur die verweerder veroorsaak
is; of
(b) begin het op of versprei het van
grond wat deur die verweerder besit word,
word daar vermoed dat die verweerder
nalatig was met betrekking tot die veldbrand totdat die teendeel
bewys word, tensy die verweerder
'n lid is van 'n
brandbeskermingsverniging in die gebied waar die brand voorgekom het.
(2) Die vermoede in subartikel (1)
stel die klaer nie vry van die bewyslas dat enige daad of versuim
deur die verweerder onregmatig
was nie.”
(Volledigheidshalwe kan
vermeld word dat die partye
ad idem
was dat respondent nie lid
van ‘n brandbeskermingsvereniging ten tyde van die voorval was nie.
In ieder geval het die bepalings
met betrekking tot die
totstandkoming van brandbestrydingsverenigings eers in werking getree
op 1 Augustus 2003.)
Wat artikel 34(1)(a)
betref, vind dit nie toepassing in die onderhawige geval nie, want,
soos reeds gemeld, het appellant nie bewys
dat respondent die brand
veroorsaak het nie. Slegs artikel 34(1)(b) van die Wet kan dus
moontlike toepassing hier vind. Vir artikel
34 om egter enigsins
toepassing te vind moet die brand ‘n “veldbrand” gewees het wat
“begin of versprei het van” respondent
se grond.
[10] Wat laasgenoemde
aspek betref, blyk dit nie duidelik uit die getuienis of die brand
begin het in die spoorreserwe of bloot versprei
het vanaf die
spoorreserwe nie. In die verband is dit aan die een kant appellant
se getuienis dat toe hy op die toneel opdaag, was
die brand beperk
tot binne die spoorreserwe, hoewel hy dit aan die anderkant
kwalifiseer deur te meld dat vanweë die rook en die
brand kon hy nie
duidelik sien wat wes van die treinspoor en die spoorreserwe gebeur
nie. (Sien oorkonde, p. 79, reël 6 – 9;
p. 81, reël 10 – 20;
p. 85, reël 24 – 30 en p. 106, reël 8 – 27.) Die getuie
Swanepoel het nie gepoog om te getuig oor
waar die brand sou ontstaan
het nie. Wat Mokoena se getuienis betref, is dit ietwat onduidelik.
Aan die een kant het hy getuig
dat toe hulle op die toneel opgedaag
het, was die brand net in die spoorreserwe (sien oorkonde, p. 171,
reël 6 – 7; p. 176, reël
6 – 8 en 17 – 24 en p. 181, reël 8
– 11), maar aan die ander kant het hy ook gemeld dat toe hulle
opdaag, het dit ook wes
van die spoorreserwe in die ander plaas
gebrand. (Sien oorkonde, p. 170, reël 25 – 29.) Mokoena se
getuienis het egter ook verder
gegaan en hoewel dit tot ‘n mate
dubbelsinnig was, blyk dit dat hy probeer verduidelik het dat die
“aanvanklike” brand wat
in die spoorreserwe bestaan het, deur
hulle geblus is, maar dat daar ‘n “nuwe” brand wes van die
spoorreserwe ontstaan het,
welke brand toe op sy beurt in ‘n
oostelike rigting oor die spoorreserwe versprei het na die Serfontein
plaas en vandaar na Erfdeel,
welke brand die brand is wat appellant
se skade veroorsaak het. (Sien oorkonde, p. 186, reël 9 – p. 187,
reël 2.)
[11] Na my mening is dit
egter in die onderhawige geval nie nodig om ‘n bevinding te maak of
die brand op respondent se grond, dit
is binne die spoorreserwe,
begin het of elders begin het, versprei het na die spoorreserwe en
daarop vanaf die spoorrreserwe na appellant
se grond versprei het
nie. Dit gaan geen verskil maak aan die vraag of dit ‘n veldbrand
was, al dan nie. In die verband is as
volg in
GOUDA BOERDERY
BK,
supra
, op 495 F tot 496 A beslis:
“
In
terms of the section, a litigant in civil proceedings seeking to
invoke the presumption is required to prove
'that he or she suffered loss from a
veldfire which -
(a) the
defendant caused; or
(b) started on or spread from land
owned by the defendant . . .'.
As
far as the situation contemplated in (b) is concerned, an ordinary
reading of the section indicates, I think, that what is required
is
that the fire that starts on or spreads from the defendant's property
must
at that stage
be a 'veldfire' and not some other kind of
fire. In other words, the presumption does not operate if the fire
that starts on, or
spreads from, a defendant's property is not a
veldfire
on the defendant's property
, but becomes one at some
later stage. In the case of doubt, the section, containing as it does
a so-called reverse onus provision,
should in principle be given a
restrictive rather than a liberal interpretation. But any doubt is in
any event removed, I think,
by s 12(1) of the Act, which provides:
'12(1) Every owner on whose land a
veldfire may start or burn or from whose land it may spread must
prepare and maintain a firebreak
on his or her side of the boundary
between his or her land and any adjoining land.'
The section clearly contemplates the
preparation and maintenance of firebreaks on land, ie veld, on which
a veldfire may start, burn
or from which it may spread. If s 12(1)
and s 34 were to be construed as applying to some other kind of fire
that may start on, burn
on or spread from, a defendant's property and
later develop into a veldfire, it would mean that an owner of a
residential property
in a township adjacent to veld would be obliged
to prepare and maintain a firebreak. That could never have been what
was intended.”
(Eie onderstreping)
Dit blyk dus dat die
vraag met betrekking tot of dit ‘n veldbrand was al dan nie,
beoordeel moet word op die
tydstip
wat die brand
ontstaan
op respondent se eiendom
of
versprei vanaf respondent se
eiendom
. In voormelde beslissing is voorts op 498 A beslis dat
‘n brand binne ‘n spoorreserwe nie ‘n veldbrand soos bedoel in
die
Wet is nie:
“
As
indicated, the Court a quo came to the conclusion that the railway
reserve did not constitute 'veld' and that a fire in the reserve
was
accordingly not a veldfire within the meaning of the Act. In my
judgment this finding was correct.”
Voormelde het tot gevolg
dat indien die brand in die spoorreserwe ontstaan het, dit nie ‘n
veldbrand was vir doeleindes van die
Wet nie. Dit het egter ook tot
gevolg dat selfs al het die brand op die plaas wes van die
spoorreserwe ontstaan, versprei na die
spoorreserwe en vandaar na
appellant se grond, was die brand op die oomblik wat dit vanaf die
spoorreserwe
versprei
het, steeds nie ‘n veldbrand vir
doeleindes van die Wet nie.
[12] In die
vooropstelling is ek van mening dat die vermoede van nalatigheid soos
voorsien in artikel 34 van die Wet nie op respondent
van toepassing
nie.
[13] Die
laaste vraag wat derhalwe bereg moet word, is of appellant hom van sy
bewyslas met betrekking tot respondent se beweerde
nalatigheid gekwyt
het.
[14] Die gronde van
nalatigheid waarop appellant steun in paragrawe 5.1 tot 5.5 van die
Besonderhede van Vordering, is reeds in paragraaf
4 hierbo
aangehaal. Na my mening is die nalatigheid in paragraaf 5.5 beweer,
nie deur appellant bewys nie. Appellant het wel getuig
dat hy sy
vrou versoek het om respondent te skakel, maar is daar geen getuienis
dat sy wel respondent geskakel het en/of wel met
verteenwoordigers
van respondent kontak gemaak het en hulle bewus gemaak het van die
brand nie. Daar is dus geen basis waarop bevind
kan word dat
respondent kennis gedra het van die brand en ten spyte daarvan nie
pogings aangewend het om dit te probeer blus nie.
Wat betref die gronde
van nalatigheid soos beweer in paragrawe 5.1 tot 5.3 van die
besonderhede van vordering, is ek van mening dat
streng tegnies
beoordeel, dit wegval vanweë die feit dat appellant nie bewys het
dat die brand deur ‘n trein van respondent veroorsaak
is nie.
Selfs indien hierdie drie nalatigheidsgronde egter steeds in ag
geneem word op die basis dat, soos deur Mnr. Claasen geargumenteer,
dit in die lig van die getuienis geïnterpreteer moet word as synde
dat respondent in die algemeen versuim het om behoorlike
voorsorgmaatreëls
te tref om ‘n algemene brandgevaar te vermy en
voorts geen of geen behoorlike brandafweerstroke gebou of onderhou
het om te verhoed
dat ‘n brand nie vanaf die spoorreserwe sal
versprei nie, meen ek dat dit in ieder geval geen verskil gaan maak
aan die bevinding
waartoe hierinlater gekom word nie.
[15] Ek meen dit is
doelmatig om eers te handel met die getuienis van hoe die terrein
binne die spoorreserwe en omgewing gelyk het.
Die onbetwiste
getuienis dui daarop dat die terrein binne die spoorreserwe
onmiddellik voorafgaande die brand bebos en dig begroei
was met ‘n
verskeidenheid van plantegroei en bome. Volgens appellant ken hy die
omgewing 20 jaar en was die bosse en plantegroei
voorheen deur
respondent uitgekap en die spoorreserwe skoongehou van plantegroei,
maar is dit egter die laaste ongeveer 2 jaar voor
die voorval nie
meer gedoen is nie. Daar het ook voorheen ‘n brandpad op die
Serfontein plaas bestaan, welke brandpad deur respondent
in stand
gehou is en was die bosse en plantegroei tussen die brandpad en die
spoorlyn ook deur respondent uitgekap en skoongehou.
Die laaste
ongeveer 2 jaar voor die voorval het respondent egter insgelyks
opgehou om die pad in stand te hou en daardie bosse uit
te kap.
In die vooropstelling
blyk dit gevolglik dat respondent op daardie stadium inderdaad geen
voorsorgmaatreëls getref het om ‘n algemene
brandgevaar te vermy
en/of geen behoorlike brandafweerstroke gebou en onderhou het nie
en/of geen behoorlike voorsorgmaatreëls getref
het om droë gras en
ander ontvlambare stowwe langs die spoorlyn te verwyder nie.
[16] Die blote feit dat
respondent versuim het om dit te doen, het egter nie noodwendig tot
gevolg dat respondent nalatig was nie.
Respondent se beweerde
nalatigheid moet steeds getoets word aan die hand van die geykte
objektiewe toets van die redelike voorsienbaarheid
en die redelike
voorkombaarheid van die skade, welke toets as volg bewoord is in die
bekende saak van
KRUGER v COETZEE
1966 (2) SA 428
(A)
op 430 E – F:
“
For the purposes of liability culpa
arises if -
(a) a diligens paterfamilias in the
position of the defendant -
(i) would foresee the reasonable
possibility of his conduct injuring another in his person or property
and causing him patrimonial
loss; and
(ii) would
take reasonable steps to guard against such occurrence; and
(b) the defendant failed to take such
steps.”
[17] Dit is derhalwe
eerstens nodig om die eerste element van die toets, syde die redelik
voorsienbaarheid van die skade, op die relevante
getuienis toe te
pas. Swanepoel se getuienis was tot dien effekte dat onmiddellik
voorafgaande die brand was daar nie voorbrand
paaie deur enige van
die partye, synde appellant, respondent of Serfontein gemaak nie.
Uit sy verdere getuienis blyk die volgende
stelling wat deur
appellant se regsverteenwoordiger aan hom gemaak is en sy antwoord
daarop:
“
Die
eiser sal getuig dat hy wel ‘n voorbrandpad daar het, maar die
voorbrandpad word gewoonlik hier net voor die winter geskraap,
wanneer dié droog is? .....
Dit
is korrek, dit is nie normale praktyk om ‘n brand te maak hier in
Augustus, September of Oktober nie, dit is gewoonlik in die
vroeë-jaar in die wintermaande, dat jou weiding nie afbrand nie, wat
jy spaar vir die winter nie. So dit is baie belangrik, die
termyn
van wanneer ‘n voorbrand gemaak word. In Novembermaand word daar
nie ‘n voorbrand gemaak nie, want die gras loop alreeds
uit, dit is
gras lowergroen gras, maar sou ‘n brand ontstaan droog uit die gras
uit en verbrand hy die veld.”
(Sien oorkonde, p. 54,
reël 2 -14.)
Appellant se eie
getuienis met betrekking tot die maak van brandpaaie was die
volgende:
“
Glad
nie, u vuurbrandpad, het u ‘n vuurbrandpad op u plase dalk? ....
Ons het hom vroeg gemaak ja, ons het
hom daar heeltemal vroeg gemaak, ons maak nie brandpaaie in
November-maand nie.
Goed,
wanneer het u ‘n brandpad gemaak?...
Ag
dit is vroeër, daar in die winter, vroeg voor die winter.
Goed,
nou hoekom, wat is die rede daarvoor? ...
Om
vuur te keer.
Ja,
maar hoekom maak u hom net een keer ‘n jaar? ...
Ja.
Hoekom
maak jy nie weer ‘n brandpad hier in November as die brande so goed
versprei nie?...
Maar in November-maand, gewoonlik is
daar nie brande in November nie.
Dit
is onwaarskynlik dat daar ‘n brand sal uitbreek? ...
Uitsonderlik.
Uitsonderlik?
...
Ja.
So, kan ons aanvaar dat net soos wat u
aanvaar het dat daar nie in November ‘n brand sal versprei nie, kon
Serfontein en so ook
die eienaar van die treinreserwe aanvaar dat
daar, dit hoogs onwaarskynlik is, dat so ‘n brand sal ontstaan?...
Ja, dit is seker so, ja.”
(Sien oorkonde, p. 110,
reël 21 – p. 111, reël 11.)
[18] In die saak van
PORRITT v MOLEFE
1982 (3) SA 76
(AD), op welke saak
Mnr. Snyman, namens respondent, gesteun het, het die volgende feite
en gevolgtrekkings relevant tot die onderhawige
geval vanaf 81 F en
verder geblyk:
“
It
is common cause that on 31 August 1976 there were no fire-breaks on
FP 325. ... In trying to determine whether FP 325 without fire-breaks
was foreseeably a hazard to Snowhill Ranch it was necessary for the
trial Court to have due regard also to the testimony of the
respondent.
As to that, the trial Court was driven to the conclusion
that the respondent's evidence upon this part of the case - 'is so
confused,
that it does not assist the enquiry'.
I do not think it is here necessary to
reconsider the effect of the respondent's evidence beyond saying
that, in my view, the learned
Judge was entirely right in discarding
the respondent's evidence as entirely unhelpful. But although the
respondent did not himself
say in evidence that he had at the time
entertained any belief that Porritt's fire-break would effectively
serve its purpose, the
Court below rightly applied an objective test
to the facts. Dealing with the circumstances prevailing in the area
of the common boundary
on 31 August 1976 the learned Judge remarked:
'Of
these features the most important by far is plainly the fire-break
which Porritt had burnt on Snowhill Ranch. The fact that that
barrier
existed on the boundary between the parties' properties poses the
crucial question whether it was reasonably foreseeable
that it would
be inadequate to prevent fire from spreading from defendant's
property to the plaintiff's. Subsequent events proved
it wholly
ineffective of course, for we know that the fire did traverse it, and
that would, according to Porritt's evidence, in all
probability not
have happened had there been a similar one on FP 325. The question
is, however, whether defendant should reasonably
have foreseen it
happening despite Porritt's fire-break.'
The
trial Court concluded that the above question should be answered in
the negative on the strength of Porritt's reply (quoted earlier
in
this judgment) to a question put to him during cross-examination. In
this regard the learned Judge said the following:
'... in the course of explaining why
he was of the view that the fire would not have entered Snowhill
Ranch had defendant cleared
a fire-break on his side of the boundary,
Porritt proffered a piece of information which I regard as decisive.
It was to the effect
that
he
did not expect the fire to
traverse his 10 m firebreak. In saying that, he took into account the
sparseness of the vegetation on
FP 325 in comparison to that on
Snowhill Ranch, the effect of which was that a fire on the former
would have been of relatively
low intensity.
Now, if Porritt did
not foresee as a reasonable possibility that his fire-break would not
serve its purpose, why, one may ask, should
defendant or any
reasonable man have foreseen it?
...'
Accordingly the trial Court found that
the appellant had failed to establish a duty on the part of the
respondent to provide his own
firebreak on FP 325. Lastly the learned
Judge considered the liability of the respondent in the light of the
presumption created
by s 23 of the Forest Act 72 of 1968 ...
The learned Judge was satisfied that
the presumption of negligence on the part of the respondent had been
rebutted -
'for
I find as a fact that he (the respondent) could not reasonably have
foreseen the inadequacy of Porritt's fire-break and the
consequent
possibility of fire spreading from his property to Snowhill Ranch.
This finding I base on Porritt's evidence referred
to earlier.'
...
In all the circumstances I am
unpersuaded that the Court below was wrong in dismissing the
appellant's claim. ... The appeal is dismissed
with costs.”
(Eie
onderstreping)
[19] Na my mening is
voormelde feite analoog aan die in die onderhawige geval. Die brand
het ontstaan en versprei op 16 November.
Op appellant se eie
weergawe het hy self nie op daardie stadium, synde Novembermaand,
brandpaaie gemaak nie, aangesien daar nie
gewoonlik in November
brande is nie en dit hoogs onwaarskynlik is dat ‘n brand in
Novembermaand sal ontstaan. Dit is dus duidelik
dat appellant self
nie redelikerwys voorsien het dat daar in Novembermaand ‘n brand
sal ontstaan nie en kan dit bygevolg nie gesê
word dat respondent,
of enige redelike man in respondent se posisie, dit moes voorsien het
nie.
[20] In die
vooropstelling was die ontstaan van die brand en die daaropvolgende
moontlikheid dat dit vanaf die spoorreserwe na appellant
se grond sou
versprei nie redelikerwys voorsienbaar nie en kan respondent se
versuim soos beweer in paragraaf 5 van die Besonderhede
van
Vordering, nie nalatigheid aan die kant van respondent daarstel nie.
In die omstandighede kom die tweede element van die
nalatigheidstoets,
synde die redelike voorkombaarheid van die skade,
glad nie ter sprake nie.
[21] In
die vooropstelling kan die appèl nie slaag nie en is daar geen rede
waarom koste nie die uitslag van die appèl moet volg
nie.
[22] Gevolglik
word die appèl van die hand gewys, met koste.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
die appellant: Adv. J. Y. Claasen
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. C. Snyman
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
/EM