Strydom NO and Another v Huysamen AC and Others (5264/2006) [2007] ZAFSHC 11 (9 February 2007)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Purchase agreement — Dispute over fulfillment of suspensive condition regarding financing — Applicants sought urgent interdict to prevent transfer of property pending finalization of purchase agreement — Respondents contended that applicants failed to meet financing condition by the stipulated date — Court found that the applicants did not provide sufficient evidence of financing by the deadline, leading to the conclusion that the purchase agreement was invalid — Interdict refused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 11
|

|

Strydom NO and Another v Huysamen AC and Others (5264/2006) [2007] ZAFSHC 11 (9 February 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 5264/2006
In
die saak tussen:
JACQUES STRYDOM
(N.O.)
1ste Applikant
OCKERT
GERBRANDT OLIVIER (N.O.)
2de Applikant
en
HUYSAMEN A.C
1ste
Respondent
HONEY
PROKUREURS
2de
Respondent
REGISTRATEURS
VAN AKTES, VRYSTAAT
3de Respondent
KOEIKOP
TRUST IT 172/01
4de Respondent
(hierin
verteenwoordig:
SAREL
JACOBUS MYBURGH N.O.
5de Respondent
CHRISTELLE
VERSTER N.O.
) 6de Respondent
AANGEHOOR OP:
15
DESEMBER 2006
UITSPRAAK
DEUR:
C.J. MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22
JANUARIE 2007
[1] Die applikante, mede
trustees van die Jazelle Familie Trust Nr IT 2426/01 (Jazelle), vra
op ‘n dringende basis vir, onder andere,
die volgende regshulp:
“
2. Dat respondente opgeroep word om
redes aan te voer, indien enige, by bogemelde Agbare Hof op Donderdag
8 Februarie 2007 om 09H30
waarom die volgende bevel nie verleen sal
word nie:
Dat eerste en tweede respondent
gelas word om nie voort te gaan met die transportering van ‘n
sekere eiendom beskryf as Highwinds,
Onderverdeling 1 van Vaalbank
– Suid Nr. 2848, distrik BLOEMFONTEIN, Vrystaat Provinsie, Groot
ongeveer 177 hektaar, GEHOU
onder trasportakte T20964/1994 vanaf
eerste respondent aan ‘n sekere Koei Kop Trust IT1712/01 en /of
aan enige derde en/of
dat eerste respondent verbied word om enige
ooreenkomste te sluit ten opsigte van gesegde eiendom met enige
derdes en sodanige
eiendom te transporteer aan gesegde derdes
hangende die finalisering van die koopooreenkoms tussen eerste
respondent en die JAZELLE
FAMILIE TRUST NR. IT2426/01, ‘n afskrif
waarvan hierby aangeheg as Aanhangsel “JS2” en welke regsproses
ter finalisering
van die ooreenkoms en moontlike gevolg gee daarvan
‘n aanvang te neem binne veertien (14) dae na finalisering van
die regshulp
soos hierin gevorder.
Dat die eerste respondent gelas word
om die koste van hierdie aansoek te betaal indien geopponeer.
Dat die bevel in paragraaf 2.1
verleen sal dien as tussentydse interdik met onmiddellike werking.
Dat die bevele hierin verleen aan die
respondente en aan die derde te p/a tweede respondent, beteken sal
word…”
[2] Die derde waarna daar
in bede 5 verwys word is die KoeiKop Trust IT172/01 (Koeikop).
Verlof is op 12 November 2006 aan Koeikop
verleen om tot hierdie
verrigtinge toe te tree.
[3] Die respondente het
in
limine
aangevoer dat die applikant se beëdigde verklaring
nie behoorlik beëdig was nie omdat die prokureur wat as kommasaris
van ede opgetree
het in assosiasie met die applikant se prokureurs
praktiseer. Die partye het my volledig toegespreek op hierdie aspek
sowel as die
meriete. Die respondente se houding was dat hulle nie
beswaar het nie dat die applikante die gebrek later regstel en die
saak in
tussen geargumenteer word.
[4] Ek het inderdaad
bevind dat die beëdigde verklaring nie behoorlik beëdig is nie.
Dit is ‘n dringende aansoek. Al die partye
is voor my. Die saak
was breedvoerig geargumenteer. Ek het derhalwe die volgende bevel
gemaak:
“
1. Die
beswaar met betrekking tot die beëdiging van die funderende
eedsverklaring word gehandhaaf.
2. Die
applikant word verlof verleen om sy funderende eedsverklaring binne 2
dae van vandag behoorlik te beëdig en in die Hofleêr
te liaseer.
3. Uitspraak, op die meriete, word
voorbehou.”
Die applikant het voldoen
aan die bevel.
[5] Jazelle
en die eerste respondent, Anna Cornelia Huysamen, het ‘n ooreenkoms
aangegaan waarvolgens Jazelle ‘n sekere plaas,
Highwinds
Onderverdeling 1 van Vaalbank – Zuid no 2848 distrik Bloemfontein,
en implemente vanaf eerste respondent sou koop.
Eerste
respondent is die eienaar van die plaas en implemente.
[6] Die eerste respondent
het die ooreenkoms op 12 Oktober 2006 onderteken terwyl Jazelle dit
op 13 Oktober 2006, in stryd met klousule
24 daarvan, onderteken het.
Klousule 24 van die ooreenkoms bepaal dat:
“
24. Indien
slegs een party die
Ooreenkoms
onderteken het sal hierdie dokument beskou word as ‘n aanbod aan
die ander partye welke aanbod aanvaar moet word voor of op 12
Oktober
2006 om
14H00
deur
die ondertekening hiervan deur die oorblywende
Party
en oorhandig aan die TRANSPORTBESORGERS voor gemelde tyd en datum.”
As gevolg van die slotsom
waartoe ek geraak het met betrekking tot ‘n ander faset van hierdie
saak ag ek dit nie nodig om myself
oor die effek van die laat
ondertekening van die ooreenkoms uit te spreek nie.
[7] Die relevante
klousules van die kontrak lees as volg:
“
2.2 Verslapping
Geen verlening van tyd of ander
toegewing wat deur die VERKOPER aan die KOPER toegestaan mag word,
sal beskou word dat dit afbreuk
doen aan enige van die regte van die
VERKOPER kragtens die OOREENKOMS nie, of dat dit sodanige regte
enigsins beϊnvloed of benadeel
nie.
Uitsluiting van ander afsprake
Die OOREENKOMS kanseller en vervang
alle kontrakte aangegaan tussen die PARTYE voor datum hiervan en geen
wysiging, aanvullings of
ooreengekome kansellasie van die OOREENKOMS
sal van krag wees tensy dit op skrif gestel en deur die PARTYE
onderteken is nie.
Opskrifte van die klousules
Die opskrifte van die klousules van
die OOREENKOMS is alleen vir verwysingsdoeleindes aangebring en sal
nie die uitleg van die OOREENKOMS
beϊnvloed nie…
Die Koper sal ‘n 100% lening bekom
by ‘n finansiële instelling en op sy koste toesien tot die
lewering van ‘n waarborg
vir betaling van die koopprys, welke
waarborg in die hande geplaas moet word op aanvraag van die
TRANSPORTBESORGERS, maar nie
later as 10 dae voor Transport nie.
KONTRAKBREUK
In geval die KOPER versuim om op die
vervaldatum enige van die terme of voorwaardes van die OOREENKOMS
na te kom sal die VERKOPER
of sy agent die reg hê om onmiddellik
en sonder vooraf kennisgewing –
16.1.1 die OOREENKOMS te kanselleer
deur kennis te gee aan die KOPER, waarna die KOPER alle bedrae betaal
aan die VERKOPER of sy agent
in terme hiervan sal verbeur sonder
benadeling van die VERKOPER se ander regte en remedies en die reg om
skade vergoeding te eis.
16.2 In geval van kansellasie van die
OOREENKOMS ingevolge die bepalings van klousule 16.1.1 sal die
VERKOPER geregtig wees om onmiddellik
herbesit van die EIENDOM te
neem en om die KOPER of enige okkupeerder wat sy regte verkry het van
die KOPER onmiddellik die EIENDOM
te laat ontruim.
OPSKORTENDE
VOORWAARDE
22.1 Hierdie OOREENKOMS is onderworpe
daaraan dat die KOPER 100% finansiering bekom vir die aankoop van die
eiendom voor of op die
15 dag van NOVEMBER 2006.”
[8] Die applikant se
saak, in sy funderende eedsverklaring, is dat hy aan al die terme van
die ooreenkoms voldoen het. Volgens applikant
was die nodige
finansiering op 15 November 2006 reeds bekom. Applikant se bankier
het egter versoek dat die datum vir die verskaffing
van finansiering
uitgestel word ten einde die mees voordelige rentekoerse te bekom.
Op 15 November 2006 het hy vir Du Plooy, ‘n
eiendomsagent?, versoek
om die eerste respondent om uitsel te vra. Uitstel is wel verleen
tot 22 November 2006 deur die eerste respondent
se man. Op 16
November 2006 oorhandig Du Plooy ‘n tjek vir R100 000.00 uitgemaak
aan tweede respondent aan Rossouw, eerste respondent
se prokureur en
mede direkteur van tweede respondent. Aan Rossouw is daar instruksie
gegee dat indien daar nie op 22 November 2006
na behore presteer word
nie die tjek gedeponeer kan word en dat die sigwaarde daarvan, R100
000.00, nie terugbetaalbaar sal wees
nie. By die oorhandiging van
die tjek is daar bevestig aan Rossouw dat die finansiering beskikbaar
is en dat die enigste problem
die herstrukturering daarvan, ten einde
die beste rentekoers te kry, is. Op 17 November 2006, die oggend,
stuur Rossouw ‘n boodskap
aan Du Plooy, via sy selfoon, wat as volg
lees:
“
Joseph,
ons gesprek gisteraand verwys, ek
wag
dan vir die
goedkeuring
van Jacques se finansiering…”
(my onderstreping).
[9] Op 17 November 2006,
die middag, skakel Rossouw vir Du Plooy en deel hom mee dat eerste
respondent ‘n ander koper vir dieselfde
eiendom het. Die
finansiering is gestruktureer en op 22 November 2006 ontvang
applikant ‘n skrywe vanaf ABSA bank tot die effek
dat die
finansiering goedgekeur is. Op 24 November 2006 ontvang applikant ‘n
skrywe vanaf Rossouw tot die effek dat die ooreenkoms
nietig is
aangesien daar nie aan die opskortende voorwaarde voldoen is nie
alternatiewelik dat daar kennis gegee word van kansellasie
van die
ooreenkoms. Die tjek is aan applikant gelewer.
[10] Die eerste
respondent ontken dat die applikant op 15 November 2006 100%
finansiering bekom het. Die eerste respondent beweer
dat applikant
uitstel versoek het vanaf 1 November 2006 tot 15 November 2006.
Eerste respondent bevestig dat Du Plooy haar geskakel
het en om
uitstel gevra het. Sy en haar eggenoot het uitstel geweier. Sy
bevestig ook dat sy opdrag aan Rossouw gegee het om die
eiendom aan
Koeikop te verkoop.
[11] Rossouw het op 7
November 2006 ‘n skrywe aan Du Plooy gestuur waarin hy hom
meegedeel het dat :
“
Ons verneem graag van u met
betrekking tot die vervulling van die opskortende voorwaardes
(verkryging van finansiering).”
[12] Op 14 November 2006
het hy vir Du Plooy geskakel en het laasgenoemde gesê dat applikant
sy finansies in orde gekry het en dat
alles reg is. Nadat hy meneer
Möller, ‘n besigheidsbestuurder van ABSA Bank Beperk, se
besonderhede vanaf Du Plooy bekom het
as synde die applikant se
bankiers het hy vir Möller geskakel. Op 14 November 2006 om 17H29
het Möller die volgende e-pos aan
hom versend:
“
Soos
bespreek bevestig ek dat ons in proses is met die aansoek (van
applikant) van die lenig op die plaas Vaalbank Zuid. Ons oorweeg
‘n
lening van R2.1 miljoen. Die lening word more voorgelê aan ons
kredietkeurder en ek behoort binne ‘n dag of wat uitslag
te hê…”
[13] Aangesien hy nie op
15 November 2006 enige bewys van 100% finansiering gehad het nie het
hy die eerste respondent adviseur dat
die opskortende voorwaarde nie
nagekom is nie. Sy het hom meegedeel dat sy ‘n aanbod van Peterson
ontvang het. Hy het weer met
Du Plooy gepraat en hom meegedeel dat
hy bereid sal wees om ‘n nuwe aanbod aan eerste respondent voor te
lê indien daar bewys
van finansiering voor 14H00 op 16 November 2006
gelewer kan word. Sodanige bewys was nie gelewer nie. Du Plooy het
hom op 16 November
2006 meegedeel dat twee finansiële instellings
met die aansoek om finansiering werk, te wete Sannie Slabbert van
Eerste Nasionale
Bank (ENB) en Möller van ABSA. Hy het vir Sannie
Slabbert geskakel maar sy kon hom nie enige aanduiding gee of die
aansoek goedgekeur
gaan word of nie. Later op 16 November 2006 het
Du Plooy die tjek van R100 000.00 aan hom oorhanding met die
instruksie dat indien
die finasiering nie op 22 November 2006 in plek
is nie dan kan eerste respondent die geld hou. Hy het hierdie aanbod
aan eerste
respondent voorgehou en sy het dit verwerp. Hy het Du
Plooy dienooreenkomstig meegedeel. Toe hy op 17 November 2006
verneem dat
Peterson se aanbod deur die mat geval het, het hy die sms
aan Du Plooy gestuur. Die gedagte was dat ‘n aanbod aan eerste
respondent
voorgelê kon word indien die finansiering bekom was.
[14] Op 17 November 2006
is daar aanbiedinge van Koeikop en meneer Andre Knipe ontvang.
Koeikop se aanbod is aanvaar. Hy het Du
Plooy geskakel en hom van
die nuwe verwikkelinge meegedeel.
[15] In sy repliserende
eedsverklaring beweer applikant dat applikant op 15 November 2006
slegs geregtig was op prima rentekoers vir
R2.1 miljoen wat inderdaad
later op verbeter was, maar dat die volle koopsom van R3.2 miljoen
ter hand was. Applikant beweer dat
op 14 November 2006 of/en 15
November 2006 kon enige van Human Auto (Edms) Beperk, Mev H M M Human
en Mev CJ Strydom ‘n tjek vir
die volle koopsom bewillig het om die
finansiering problem te oorbrug. Hy beweer dat hy op 15 November
2006 met Rossouw gepraat
het en hom meegedeel het dat die finasiering
vir die aankoop van die eiendom 100% in plek is. Hy het ook tydens
hierdie gespreek
aan Rossouw genoem dat daar slegs na die moontlike
herstrukturering van die finansiering gekyk word en dat ENB ook ‘n
opsie is
vir ‘n moontlike beter rentekoers. Dit is die rede waarom
Slabbert se naam aan Rossouw verskaf is.
[16] Die
gevraagde regshulp is ‘n interim interdik. Die vereistes vir ‘n
interim interdik is:
“(a) a prima
facie right;
(b) a well grounded apprehension of
irreparable
harm if the interim relief is not
granted and the ultimate relief is eventually granted;
that the balance of convenience
favours the granting of an interim interdict, and
(d) that the applicant has no other
satisfactory remedy.”
Sien Joubert LAWSA 1ste
heruitgawe Volume 11 paragraaf 316.
[17] Wat die applikant se
vooruitsigte van sukses in die aksie betref word die korrekte
benading vir ‘n tydelike inderdik as volg
uiteengesit in LAWSA
supra
paragraaf 317.
“
The
proper approach is to consider the facts set out by the applicant
together with any facts set out by the respondent which the
applicant
cannot dispute, and to decide whether, with regard to the inherent
probabilities and the ultimate onus, the applicant should
on those
facts obtain final relief at the trial. The facts set up in
contradiction by the respondent should then be considered,
and if
they throw serious doubt on the applicant’s case he cannot
succeed.”
[18] Die vrae wat
beantwoording verg in hiedie aangeleentheid is eerstens, of daar ‘n
geldige en afdwingbare kontrak tot stand gekom
het, in die lig van
klousule 22.1, en indien wel of die mondelingse toestemming, in die
lig van klousule 2.2 en 2.3 geldig was.
[19] Mnr Burger namens
die applikant het aangevoer dat daar ‘n geldige kontrak tot stand
gekom het en dat die eerste respondent
as gevolg van die nie-nakoming
van die voorwaarde, ‘n eleksie kon uitoefen ingevolge klousule 16
van die kontrak. Menere Pohl
en Jordaan SC het geargumenteer dat
daar nie ‘n kontrak tot stand gekom het nie en dat die keuse in
klousule 16 slegs sou inskop
indien daar ‘n kontrak tot stand gekom
het en een van die terme van die kontrak nie nagekom of vervul is
nie.
[20] Klousule 22.1 maak
duidelik die hele ooreenkoms onderworpe aan die intrede van ‘n
toekomstige onsekere gebeurtenis, te wete,
dat applikant 100%
finansiering bekom. Die vraag is, wat is die uitwerking van so ‘n
voorwaarde? In
Corondimas and Another v Badat
1946 AD
548
te 558 het Feethan AJA die volgende gesê:
“
Where an agreement of purchase and
sale is entered into subject to a suspensive condition, no contract
of sale is there and then established,
but there is nevertheless
created” a very real and definite contractual relationship”
which, on fulfilment of the condition,
develop into the relationship
of seller and purchaser…”
[21] Alhoewel die
Corodimas beslissing aan hewige kritiek onderwerp was is dit nie deur
die appèlhof omvergewerp nie. Sien
Tuckers Land and
Development Corp v Strydom
1984 (1) SA 1
(AA). Dit is slegs
Joubert AR wat so ver gegaan het om te sê dat Corondimas verkeerd
beslis is. Joubert AR sit volledig die gemeenregtelike
posisie
uiteen en kom tot die volgende gevolgtrekking te 24 B – E:
“
Volgens
ons gemenereg is die koop/verkoop van ‘n saak onderhewig aan ‘n
opskortende voorwaarde ‘n voorwaardelike koop/verkoop
(conditionalis venditio, “conditioneele koop”) hangende die
vervulling van die opskortende voorwaarde (pendente conditione).
So
‘n voorwaardelike koop/verkoop is onvolmaak (imperfecta) wat sy
regsgevolge betref wat in die geheel of slegs gedeeltelik,
soos deur
die partye ooreengekom is, opgeskort is. By sluiting van die
voorwaardelike koop/verkoop wat ‘n voorwaardelike skuld
terwyl die
partye voorwaardelike skuldeiser en voorwaardelike skuldenaar is.
Die periculum interitus van die verkoopte saak is pendente
contitione
by die verkoper. Wie die periculum deterorationis sal dra, kan eers
by vervulling of nie-vervulling van die opskortende
voorwaarde
vasgestel word. Daar is bowendien ‘n regsband tussen die partye
sodat ‘n party nie eensydig van die voorwaardelike
koop/verkoop
pendente conditione kan terugtree nei. Sterf ‘n partye of ablei
partye pendente conditione gaan die voorwaardelike
verbintenis oor op
hul erfgename.”
[22] Die voorwaardelike
ooreenkoms of kontrak verval
ipso iure
en is nietig by nie –
vervulling van ‘n opskortende voorwaarde.
“
By
nie – vervulling van die opskortende voorwaarde, wat nie aan die
toedoen van een van die partye te wyte is nie, verval die
koop/verkoop”
Sien
Tuckers Land
Development Corp
supra
te 23 H.
Dirk Fourie
Trust v Gerber
1986 (1) SA 763
(A) te 773 F-G;
Design
and Planning Service v Kruger
1974 (1) SA 689
(T) te 697 G-H.
ABSA Bank Ltd v Sweet and others
1993 (1) SA 318
(C)
te 322 C – F.
[23] Dit is duidelik dat
meneer Burger se siening van die regsposisie met betrekking tot
opskortende voorwaardes nie met ons gemenereg
of appèlhof strook
nie.
[24] Die applikant beweer
dat hy op 15 November 2006 100% finansiering in plek gehad het. Op
sy eie saak het hy glad nie enige bewys
daarvan aan Rossouw voorgelê
nie. Hy het ook nie vir Rossouw na ‘n persoon of instansie verwys
wat op 15 November 2006 sou kon
bevestig het dat die finansiering
100% in plek is. Rossouw is na ABSA en ENB verwys. Hy het
verteenwoordigers van beide instellings
geskakel en is daar aan hom
bevestig dat daar nie op 15 November 2006 100% finansiering in plek
was nie. Die Applikant betwis nie
hierdie feite soos uiteengesit
deur Rossouw nie. Die feit dat daar gekibbel en onderhandel was oor
‘n gunstige rentekoers beteken
in effek dat die finansiering nie
100% in plek was nie. Die applikant was uitgenooi om skriftelike
bevestiging van ‘n finansiele
instelling voor te lê wat aantoon
dat daar finansiering in plek was. Applikant kon dit nie doen nie.
In repliek beweer applikant
ewe skielik dat daar drie ander
instansies en/of persone was wat wel oor die nodige fondse beskik het
en wat dit sou kon bewillig.
Behalwe dat die applikant nooit hierdie
saak in sy funderende eedsverklaring uitgemaak het nie is dit
duidelik dat daardie weergawe
nie met die waarskynlikhede strook nie.
Indien dit so was waarom het die applikant nie vir Rossouw meegedeel
van hierdie drie ander
bronne wat finansiering sou verskaf nie.
Indien enigeen van die drie aan applikant ‘n aanduiding gegee het
dat hy/sy/dit die geld
aan hom sou voorskiet is dit onwaarskynlik dat
applikant nie vir Rossouw sou sê van die bron nie. Waarom sou
applikant vir Du Plooy
versoek het om ‘n uitstel te bekom by eerste
en tweede respondente indien hy geweet het dat die finansiering is
100% in plek?
Indien die finansiering 100% in plek was op 15
November 2006 was dit nie nodig vir applikant om ‘n tjek van R100
000.00 aan te
bied en uitstel te vra tot 22 November 2006 nie.
Inteendeel applikant kon een van die drie ander bronne versoek het om
aan Rossouw
te bevestig dat die 100% finansiering in plek is en dat
een van hulle dit sal verskaf terwyl applikant verder onderhandel het
met
ABSA of ENB. Die SMS boodskap wat Rossouw aan Du Plooy op 17
November 2006 gestuur het toon ook aan dat Rossouw, voor dit, glad
nie bevestiging gehad het dat die finansiering in plek of goedgekeur
was nie. Die applikant sê self dat die voorwaarde van 100%
finansiering op 22 November 2006 final en na behore nagekom is. Dit
strook met eerste en tweede respondente se beweringe. Dit is
ook in
lyn met die skriftelike bevestiging vanaf ABSA bank wat 22 November
2006 gedateer is. Later egter maak applikant die bewering
dat:
“
Applikant
het die nodige finansiering tot sy beskikking gehad op 15 November
2006 maar is daar deur applikant se bankier versoek dat
sodanige
datum vir verskaffing van finansiering uitgestel word ten einde die
finansiering na behore in plek te kry ten einde die
mees voordelige
rentekoers te bekom.”
Hieruit is dit ook
duidelik dat daar nie 100% finasiering bekom was op 15 November 2006
nie. Die uitstel was om die finansiering
100% in plek te kry.
Indien dit 100% in plek was was dit nie nodig vir ‘n versoek om
uitstel – deur die bank of applikant –
nie. Die blote feit dat
die applikant en sy bankiers nie op 15 November 2006 enigheid gehad
het oor die rentekoers beteken ook dat
daar nie op daardie dag 100%
finansiering was nie.
[25] Na my mening was
daar ‘n bindende ooreenkoms tussen die partye. Hulle regte
ingevolge daardie ooreenkoms was opgeskort totdat
die applikant 100%
finansiering op 15 November 2006 bekom. Toe die applikant nie teen
middernag (00H00) op 15 November 2006 100%
finansiering bekom het
nie, het die ooreenkoms tussen hulle
ipso iure
verval. Enige
handelinge daarna het geen regsgevolge gedra nie. Dit volg derhalwe
dat daar nie sprake kan wees van afstanddoening
nie. Daar kan ook
nie sprake wees van ‘n geldige uitstel verlening nie. Applikant
was in elk geval nie by magte om mondelings
toe te stem tot ‘n
wysiging van die kontrak nie. Sien klousule 2.2 en 2.3 van die
ooreenkoms. Al sou ek aanvaar dat die eerste
respondent en haar man
wel mondelings toestemming verleen het was daardie mondelingse
toestemming nietig.
Sien
SA
Sentrale Ko-Op Graanmaatskappy Bpk v Shifren en Andere
1964 (4) SA 760
(A) en die meerderheid uitspraak in
Brisley
v Drotsky
2002 (4) SA 1(HHA).
[26] Die applikant het na
my mening nie aangetoon dat applikant ‘n
prima facie
reg het
nie. Ek is oortuig daarvan dat die applikant, op die feite, nie
finale regshulp by die verhoor sal kry nie. Die aansoek
moet
derhalwe van die hand gewys word.
[27] Wat die koste
betref, is die respondente suksesvol en is daar geen rede waarom daar
nie ‘n koste bevel in hulle guns gemaak
moet word nie.
[28]
Gevolglik maak ek
die volgende bevel
(a) Die aansoek word
van die hand gewys met koste welke koste die koste van 11, 12 en 15
November 2006 insluit ten opsigte van eerste
en tweede respondente.
Die vierde respondent is slegs geregtig op die koste van 12 en 15
November 2006.
____________
C.J.
MUSI, R
Namens
die applikant: Adv. A.H. BURGER
In
opdrag van:
Callis
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent 1 EN 2: Mr. L Le R POHL
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
toetredende Koeikop
Trust
: Adv F Jordaan (SC)
In
opdrag van
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/ms