S v Sediadia (1234/2006) [2007] ZAFSHC 78 (1 February 2007)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea — Guilty plea — Accused initially pleads guilty to possession of dagga but is found guilty of dealing in dagga — Record of proceedings lost, creating ambiguity regarding plea — Court finds that accused did not plead guilty to dealing but only to possession — Conviction for dealing set aside and replaced with conviction for possession, with appropriate sentence imposed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 78
|

|

S v Sediadia (1234/2006) [2007] ZAFSHC 78 (1 February 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 1234/2006
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
LEBAMANG
EDWIN SEDIADIA
______________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
VAN ZYL, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
1
FEBRUARIE 2007
[1] Die
beskuldigde is skuldig bevind op twee aanklagte, te wete eerstens
handel in 9,91kg dagga ter oortreding van die bepalings
van artikel
5(b) van Wet Nr. 140 van 1992 en tweedens, oortreding van artikel
49(1)(a) van die Immigrasiewet, Nr. 13 van 2002, deurdat
die
beskuldigde die RSA binnegekom het of daarin vertoef het in stryd met
die bepalings van die Immigrasiewet. Op die eerste aanklag
is die
beskuldigde gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf wat in geheel
voorwaardelik opgeskort is vir 4 jaar en op die tweede aanklag
is hy
gewaarsku en ontslaan. Die tweede aanklag is reëlmatig afgehandel
ingevolge artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet, Nr.
51 van 1977.
[2] Ten aansien van die
beskuldigde se pleit op die eerste aanklag van handel in dagga,
alternatiewelik besit van dagga, lees die
rekord met betrekking tot
hoe die beskuldigde daarop pleit, soos volg:
g
A. Ek
is skuldig op besit, eintlik moes ek die dagga vir iemand vevoer en
hy moes ek ietsie kom gee het soos geld en hy het nie gedoen
soos hy
gesê het nie. (sic)
V. Goed so verstaan ek u reg u pleit
onskuldig op die klagte van handel met dagga.
A. Ja
edelagbare skuldig.
V. U
het nou net gesê u pleit onskuldig?”
[3] Op
die laaste vraag van die landdros vervat in die voormelde aanhaling,
bevat die rekord geen antwoord nie. Die landdros verklaar
by navraag
dat die betrokke kasset waarop die verrigtinge opgeneem is ongelukkig
verlore geraak het en dat hy ook nie kan onthou
wat die beskuldigde
se antwoord was nie. Alhoewel die beskuldigde hierna deur die
landdros ingevolge die bepalings van artikel 112(1)(b)
van die
Strafproseswet, Nr. 51 van 1977 ondervra is asof hy skuldig gepleit
het op die hoofaanklag van handeldryf in dagga, kan na
my oordeel uit
hoofde van die voormelde nie bevind word dat die beskuldigde
inderdaad aldus skuldig gepleit het nie. Die feit dat
die
beskuldigde tydens vonnisverrigtinge bewerings gemaak het wat hom aan
handel in dagga skuldig sou kon maak, kan hieraan nie verskil
maak
nie. Die beskuldigde het wel skuldig gepleit op besit van dagga en
tydens ondervraging deur die landdros het hy slegs erkennings
gemaak
wat hom skuldig maak aan besit van dagga. Die staatsaanklaer het die
aangebode pleit aanvaar.
[4] Gevolglik moes die
beskuldigde na my oordeel nie aan handeldryf in dagga skuldig bevind
gewees het nie maar wel aan besit van
dagga ter oortreding van die
bepalings van artikel 4(b) van Wet Nr. 140 van 1992. Die beskuldigde
is ‘n burger van Lesotho en
dit is belang van geregtigheid dat die
saak nie terugverwys word vir doeleindes van vonnisoplegging ten
opsigte van laasgemelde oortreding
nie.
[5] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1 ter syde gestel en vervang
met ‘n skuldigbevinding aan besit van
dagga ter oortreding van die
bepalings van artikel 4(b) van Wet Nr. 140 van 1992 en ‘n vonnis
van R1 500,00 of 6 maande gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort
word vir ‘n tydperk van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan oortreding
van artikel 4(b) of 5(b) van
Wet Nr. 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie. Origens word die verrigtinge
bekragtig.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_____________________
C.
VAN ZYL, R
/em