About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 5
|
|
Sithebe v S [2007] ZAFSHC 5 (25 January 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A551/2003
In
die appèl van:
PHILEMON
SITHEBE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
MALHERBE,
RP
et
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP:
5
MAART 2007
UITSPRAAK:
MALHERBE,
RP
GELEWER OP:
8
MAART 2007
Appellant is ongeveer 43
jaar oud. Hy het as beskuldigde 2 saam met ene Timothy Radebe in die
Landdroshof te Harrismith tereggestaan
op die volgende 3 aanklagte:
Aanklag 1
:
Diefstal van 3 beeste ter waarde van R3 600,00 van ân sekere Mnr.
Retief tussen 10 en 14 Februarie 2001.
Aanklag
2
: Diefstal van 7 beeste ter waarde van R14 000,00 van dieselfde
klaer tussen 28 en 29 Maart 2001.
Aanklag 3
:
Oortreding van artikel 20(1)(a) van die Wet op Veebrandmerke (Wet Nr.
87 van 1962) deurdat hy op of omtrent 31 Maart 2001 in onwettige
besit was van ân brandyster.
Die verhoor het ân
aanvang geneem op 28 Augustus 2001 toe beide beskuldigdes onskuldig
gepleit het op aldrie aanklagte. Hulle was
op daardie stadium op
borgtog en was deur ân advokaat verteenwoordig. Na verskeie
uitstelle vir ân verskeidenheid van redes,
is die verhoor
uiteindelik op 27 Augustus 2003 afgehandel toe Radebe skuldig bevind
is op aanklagte 1 en 2 en appellant op aldrie
aanklagte. Radebe is
gevonnis tot altesaam 4 jaar gevangenisstraf en appellant soos volg:
Aanklag
1
: 2 jaar gevangenisstraf.
Aanklag
2
: 3 jaar gevangenisstraf.
Aanklag
3
: 3 maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir 3
jaar.
Op
2 September 2003 is beide Radebe en appellant deur die Landdros op
borgtog vrygelaat âhangende die appèlâ â vermoedelik
hangende
die uitslag van hulle voorgenome appèl.
Die appèloorkonde is
reeds op 28 Desember 2003 deur die Griffier ontvang. Dit is egter
vir die eerste keer vir verhoor geplaas op
12 September 2005, op
welke datum âdie saakâ
sine die
uitgestel is en borgtog
verleng is tot na afhandeling van die appèl. Op 16 Oktober 2006
word die appèl van die Rol geskrap en
word beide Radebe en appellant
se borgtog voorlopig verbeurd verklaar en lasbriewe vir hulle
inhegtenisneming gemagtig. Op 30 Oktober
2006 word Radebe se borgtog
finaal verbeurd verklaar en appellant se lasbrief gekanselleer.
Daarna is die appèl op 9 November 2006
op die Rol geplaas vir
verhoor op 12 Februarie 2007. Op laasgenoemde datum was die hele
sage rondom die appèl nog nie verby nie
omdat appellant vir die
hoeveelste keer nie gereed was om voort te gaan nie. Die appèl is
uitgestel tot 5 Maart 2007 en die partye
is op terme geplaas
betreffende ân aansoek om kondonasie en die aflewering van
Hoofpunte van Betoog.
Die kern van appellant se
aansoek om kondonasie is die bewering dat hy reeds op 1 September
2003 ân volmag aan ân prokureur van
Ladysmith onderteken het om
met die appèl voor te gaan en daarna die saak in die hande van
verskeie prokureurs gelaat het in die
vertroue dat hulle sy belange
behoorlik sou behartig. Dit is klaarblyklik nie gedoen nie.
Alhoewel ek ân vermoede het dat appellant
vir tyd speel, is dit in
almal se belang dat die appèl nou afgehandel word. Die aangevraagde
kondonasie is reeds by die aanhoor
van die argumente op appèl
verleen.
Die klaer, Mnr. Retief,
is ân ervare boer wat, onder andere, met beeste op die plaas
Glenlennie, in die distrik van Harrismith boer.
Hierdie plaas is
aangrensend aan die swart woonbuurte Makgolokweng en Tsiame. Die
getuienis toon aan dat van die inwoners van hierdie
woonbuurte vee
aanhou wat op gemeenskaplike weiveld loop. Mnr. Retief getuig dat
daar tussen 10 en 14 Februarie 2001 twaalf van
sy beeste weggeraak
het, waaronder twee jong bulle en ân sogenaamde Poena vers. (Die
vers was nie werklik sy eiendom nie maar
het tussen sy beeste geloop
met die toestemming van die Veediefstaleenheid). Albei die bulle was
swart met ân wit kwas. Een se
pens was witterig. Die vers was
rooi. Die bulle was, soos sy ander beeste, met sy brandmerk gemerk.
Hy het die saak by die Polisie
aangemeld. Ongeveer 10 dae later het
een van die bulle alleen na sy plaas aangestap gekom uit die rigting
van Makgolokweng. Ongeveer
2 tot 3 Maart 2001 het die tweede swart
bul op dieselfde wyse uit die rigting van Makgolokweng/Tsiame op sy
plaas aangestap gekom.
Op 26 Maart 2001 het hy die rooi Poena vers
tussen 4 vreemde beeste gekry in die sogenaamde rioolkamp aangrensend
aan sy plaas.
Hy het die vers toe tussen sy ander beeste ingejaag.
Wat aanklag 2 betref,
getuig Mnr. Retief dat hy 7 van sy beeste vermis het tussen 28 en 29
Maart 2001 en dat hy die saak ook by die
Polisie aangemeld het. Hy
het 4 van hierdie 7 beeste op Saterdag 31 Maart 2001 teruggevind waar
hulle honger en dors in ân klein
kampie aangrensend aan sy plaas
gestaan het. Hy beskryf hulle soos volg:
â
n Swart Poena
stoetkoei;
â
n
Swart-bruin Branchus stoetkoei wat nog ân suipende kalfie gehad het
en wat na die kalfie gehardloop het toe hy die beeste uitjaag
na sy
beeste toe;
â
n
Nguni vers;
â
n Brahman tipe bruin
vers.
Al hierdie beeste het sy
en sy seun (wat saam met hom boer) se brandmerke gehad asook
plaatjies in een van die ore. Dieselfde rooi
Poena vers wat deel
uitmaak van die beeste wat op aanklag 1 gesteel is, is by die tweede
geleentheid ook gesteel en deur die klaer
by ân huis in
Makgolokweng teruggekry. Vroeg die volgende oggend (Sondag) het hy
vir Radebe (Beskuldigde 1) teëgekom naby die
hek van Makgolokweng.
Radebe was op soek na ân rooi Poena vers. Hy het Radebe op sy
bakkie gelaai en ân end verder het hulle
die Poena vers in ân
kraal by ân huis gevind. Radebe het gesê dit is die vers waarna
hy soek en die huiseienaar het gesê dat
dit sy vers is. Kort daarna
het lede van die Veediefstaleenheid van die Polisie op Kestell
opgedaag en die saak oorgeneem.
Elias Dladla getuig dat
Radebe en appellant op Maandag 19 Februarie 2001 by hom aangekom het
met 3 beeste wat na bewering aan appellant
behoort het en wat
appellant wou verkoop. Dit was 2 swart bulle. Een se pens of
onderlyf en sy stert was wit. Die derde bees was
ân rooi of
rooi-bruin vers. Dladla het een van die bulle by appellant gekoop
vir R900,00 waarvan hy R200 daar-en-dan betaal het.
Appellant het
Bewysstuk B uitgeskryf en aan hom oorhandig. Dit is in Sesotho en is
soos volg deur die tolk vertaal:
â
Datum 19 Februarie 2001.
â
Die
bewys van die onderhandeling van verkoop van ân bees.
Ek
Phillemon Sitebe, identiteitsnommer 6308205652085 verkoop die bees
aan ene Mnr Elias Mazombe Dladla, identitietsnommer 6601235268082.
Dit is ân swart bul met ân wit stert. Die koopprys is R900,00.
Ek het die geld in die bedrag van R200,00 as ân deposito
ontvang.
Op die datum (Edelagbare ek is nie seker of dit) 25 of 20 Februarie
2001 het ek weer R700,00 aanvaar en altesaam die bedrag
van R900,00.â
Hy getuig verder dat die
bul wat hy gekoop het, die volgende dag nie meer tussen sy ander
beeste was nie maar weggeloop het. Op 1
Maart 2001 koop hy die ander
swart bul by appellant en word Bewysstuk C deur laasgenoemde
uitgeskryf. Dit lees soos volg:
â
Datum: 1 Maart 2001. Die dokument
wat ân bewys is van die onderhandeling vir die verkoop van die
bees:
â
Ek
Phillemon Sitebe, identiteitsnommer 6308205652085 verkoop die bees
aan ene Mnr E M Dladla, identiteitsnommer 6601235268082 en dit
is ân
swart bul. Die koopprys is R1 000,00 en ek gee ân deposito van
R500,00 en belowe dat hy die balans van R500,00 op 9 Maart
2001 sal
betaal.â
Beide hierdie bewysstukke
is onderteken deur die verkoper en die koper.
Anthony
Xaba is ân baie ervare veewagter. Hy woon ook in Makgolokweng. Hy
getuig dat beide Radebe en appellant gedurende die oggend
van 31
Maart 2001 by sy ouerhuis opgedaag het waar daar ân laaiplek is
vanwaar vee op ân voertuig gelaai kan word. Hulle het
4 beeste
aangejaag. Appellant het ân brandyster by hom gehad. Hy en Radebe
het toestemming gevra om die 4 beeste daar te laai.
Xaba beskryf die
beeste soos volg;
Een swart koei met
horings.
Een
rooi koei.
Twee
swart en wit koeie wat nie eenders gelyk het nie.
Al hierdie beeste het
brandmerke gehad maar hy het nie goed genoeg opgelet om die
brandmerke te onthou en later te beskryf nie. Hy
het aan Radebe en
appellant toestemming gegee om die laaiplek te gebruik en is toe daar
weg. Toe hy die namiddag by die huis kom,
was die betrokke 4 beeste
nog steeds in die kraal by die laaiplek. Xaba het hierdie beeste toe
uit die kraal gejaag om plek te maak
vir sy ouers se beeste.
Ongeveer 8.30n.m. het daar ân vreemde motor by hulle kraal gestop
onder verdagte omstandighede. Toe hy
en van die bure wie se vee ook
in die omgewing was, gaan ondersoek instel, het die motor weggejaag.
Dit is tot stilstand gedwing.
Radebe was ân passasier in die motor
en appellant was die bestuurder. Toe die motor stilhou, het Radebe
uitgespring en weggehardloop.
Appellant is daar deur die mense van
die omgewing aangerand â klaarblyklik omdat hulle hom as ân
veedief beskou het. Die Polisie
is ontbied en Xaba het die
brandyster wat hy nog steeds in sy besit gehad het, aan die Polisie
oorhandig. ân Paar dae later het
hy die 4 beeste wat appellant en
Radebe by hom aangebring het, op die klaer, Mnr. Retief, se plaas
tussen ander beeste gaan uitwys
op versoek van die Polisie.
Appellant
erken in sy getuienis dat hy die 2 swart bulle waarna in Bewysstukke
B en C verwys word, op 19 Februarie 2001 en 1 Maart
2001
onderskeidelik aan Dladla verkoop het. Sy saak is egter dat hy
daardie 2 bulle, asook ân rooi Poena vers, ongeveer 2 jaar
vantevore van sy suster gekry het as deel van sy erfporsie uit sy
oorlede vader se boedel. Dit is egter nie dieselfde beeste wat
hy
ge-erf het nie maar beeste wat sy suster in die plek van die
oorspronklike beeste aan hom gelewer het. Wat aanklag 2 betref,
ontken appellant, sowel as Radebe, dat hulle op 31 Maart 2001 by Xaba
was of beeste by sy huis aangebring het. Appellant erken egter
dat
hy daardie aand in die omgewing van Xaba se huis aangerand is. Hy
vertel ân lang storie van hoe sy motor onklaar geraak het
juis
daar; dat hy te voet en per huurmotor na Harrismith en terug is om
brandstof te kry en dat hy totaal onskuldig daar was toe
hy aangerand
is. Hy het ook ân buurman van hom, Inspekteur Mosia, geroep om te
staaf dat hy op die betrokke dag vir bykans die
hele dag by ân fees
by Mosia se huis was en selfs met die bediening van drank gehelp het.
Die Landdros het tereg bevind dat Mosia
âjammerlik gefaalâ het
en sy getuienis verwerp. Die blote deurlees van Mosia se getuienis
regverdig hierdie bevinding.
Die Landdros het die
getuienis van die belangrikste Staatsgetuies, te wete, Retief, Dladla
en Xaba, aanvaar en appellant se verontskuldigende
weergawe verwerp.
Dit is geyk dat ân Hof van Appèl nie ligtelik met ân Verhoorhof
se geloofwaardigheids-bevindings inmeng nie.
In die onderhawige
geval kan ek geen fout vind met die Landdros se bevinding nie. Ek
noem slegs die vernaamste oorwegings:
Dit
is gemenesaak dat beeste geneig is om terug te loop na waar hulle
vandaan kom. Die getuienis is oorweldigend dat beide die twee
swart
bulle waarna in aanklag 1 verwys word, nie by hulle nuwe eienaar,
Dladla, gebly het nie maar juis na Retief se plaas gestap
het.
Dieselfde geld vir die 4 beeste wat volgens Xaba se getuienis op 31
Maart 2001 deur Radebe en appellant na sy huis gebring
is. Waarom
het hulle juis na Retief se plaas gestap? Waarom het die een koei na
ân kalfie gehardloop as dit nie haar kalfie was
nie?
â
n
Tweede faktor wat die Staatsaak sterk steun, is die datums van die
verkopings aan Dladla en appellant se inhegtenisneming die aand
van
31 Maart 2001. Waarom verkoop appellant die 2 swart bulle wat
kwansuis al lankal by hom loop en lastig is omdat hulle wegloop
agter
koeie aan, juis binne enkele dae nadat Retief se byna identiese bulle
wegraak? Waarom is Radebe 2 dae na die diefstal op aanklag
2 juis
naby Retief se plaas op soek na ân rooi Poena vers? Waarom is
appellant toevallig daardie aand in die omgewing van Xaba
se huis
waar hy en Radebe ook die oggend die 4 beeste aangebring het (volgens
Xaba)? Xaba het die Landdros gunstig beïndruk as
getuie, asook wat
betref sy vermoë om vee te identifiseer. Sy getuienis dat hy die
betrokke 4 beeste tussen Retief se ander beeste
geïdentifiseer het,
word ten volle gestaaf deur die ondersoekbeampte, Inspekteur Setlai.
Die aanvaarding van Xaba se getuienis
bewys meteen ook aanklag 3.
Moontlik
die belangrikste vraag is, hoe kom die klaer se brandmerk op die
beeste wat in die 2 aanklagte betrokke is en waarmee Dladla
en Xaba
appellant verbind? Die antwoord is voor-die-hand-liggend.
Na
my mening kan die appèl teen die skuldigbevindings nie slaag nie.
Ek meen ook nie dat daar
met appellant se vonnis ingemeng kan word nie. Hy het ân vorige
veroordeling vir diefstal wat gepleeg
is op 16 September 2000 en
waarvoor hy 2 dae later gevonnis is tot ân boete van R600,00 of 2
maande gevangenisstraf. Enkele maande
later pleeg hy die onderhawige
misdrywe. Hy is ân onderwyser wat van beter behoort te weet. Hy
was Radebe se werkgewer en het
duidelik gesteel uit gierigheid. Daar
is hoegenaamd geen teken van berou by hom nie.
Die Staat het getuienis
voorgelê omtrent die ernstige afmetings wat veediefstal, veral
diefstal van beeste, in die betrokke distrik
aangeneem het. Alhoewel
die beeste waarna Dladla en Xaba onderskeidelik verwys in hulle
getuienis, teruggevind is, is dit nie aan
enigiets te danke wat
appellant gedoen het nie. Namens appellant kon daar nie op enige
wanvoorligting by vonnisoplegging gewys word
nie. Die opgelegde
vonnisse kom nie vir my, individueel of kumulatief, steurend onvanpas
voor nie.
Gevolglik
misluk die appèl en word die skuldigbevinding en vonnis op elk van
die aanklagte bekragtig.
__________________
J. P. MALHERBE, RP
Ek stem saam.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Namens die
appellant: Mnr. P. F. Zietsman
In opdrag van:
Van Rensburgs
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. F. Pienaar
In opdrag van:
Die Direkteur:
Openbare Vervolging
BLOEMFONTEIN
/em