About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 4
|
|
S v Sefatsa (299/2006) [2007] ZAFSHC 4 (22 January 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 399/2006
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
MANAHA
MARIA SEFATSA
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
1
FEBRUARIE 2007
[1] Beskuldigde het in
die Landdroshof, Zastron, tereggestaan op ân aanklag van bedrog ten
bedrae van R9240.00. Sy het skuldig
gepleit op hierdie aanklag en is
dienooreenkomstig skuldig bevind. Beskuldigde is daarop gevonnis tot
12 maande gevangenisstraf.
Die Verhoorhof het voorts gelas dat die
beskuldigde ooreenkomstig die bepalings van artikel 300 van die
Strafproseswet, Wet 51 van
1977, vergoeding aan die Departement van
Sosiale Ontwikkeling, synde die klaer, betaal in die bedrag van
R9240.00.
[2] Die
saak het op outomatiese hersiening voor my gedien en het ek die
volgende navraag tot die Verhoorlanddros gerig:
â
Waarom
is ân bevel ten opsigte van vergoeding gemaak as dit duidelik is
dat die beskuldigde nie die vermoë het om dit te betaal
nie? (Sien
S
v BALOYI
1981 (2) SA 227
(T)).â
In antwoord op voormelde
navraag, het die Verhoorlanddros as volg geantwoord:
â
1. In
antwoord op haar Edele die Hersieningsregter se navraag is dit
inderdaad so na aanleiding van
S
v BALOYI
1981 (2) SA 227
(T) dat die hof fouteer het deur ân
vergoedingsbevel onder die omstandighede toe te staan gesien in die
lig dat die beskuldigde
nie oor enige fondse beskik om te betaal nie.
2. Alhoewel
die bevel ân uitwerking van ân siviele vonnis het, het
ondervinding geleer dat daar waarskynlik nooit tot sodanige
stappe
oorgegaan sal word nie in die lig van beskuldigde se vermoë om te
betaal of enige bates besit nie.
3. Die Hof versoek respekvol dat die
bevel onder artikel 300, Wet 51/77 ter syde gestel word.â
[3] Na my mening is die
skuldigbevinding op grond van beskuldigde se pleit van skuldig,
heeltemal in orde. Ek is eweneens van mening
dat die opgelegde
vonnis van 12 maande gevangenisstraf in orde is. Dit blyk uit die
artikel 112(1)(b) ondervraging dat die aanklag
en skuldigbevinding
daaruit voortspruit dat beskuldigde ân prokurasiehouer was van ene
Agnes Phiri en maandeliks namens Phiri haar
pensioen ontvang het.
Agnes is egter oorlede op 3 Januarie 2005. Beskuldigde het nie die
Departement van Sosiale Ontwikkeling in
kennis gestel van Agnes se
afsterwe nie en het gevolglik voortgegaan om maandeliks die
pensioengeld te ontvang vanaf die tydperk
10 Januarie 2005 tot 15
Desember 2005. Hierdie geld het sy vir haarself toegeëien, hoewel
sy dit ook gebruik het om vir Agnes se
begrafnis te betaal.
[4] Wat haar persoonlike
omstandighede betref, blyk dit dat beskuldigde 49 jaar oud is en
hoewel sy getroud is, woon haar man in Lesotho
terwyl beskuldigde in
Zastron woonagtig is. Sy het 5 kinders, die oudste waarvan ter
strafversagting getuig het en in wese die persoonlike
omstandighede
van beskuldigde gestaaf het. Beskuldigde is werkloos en so ook haar
man. Dit blyk uit die oorkonde dat beskuldigde
spesifiek vermeld het
dat sy geen geld het om aan die Departement terug te betaal nie.
Haar seun het ook getuig dat beskuldigde
nie in staat is om die geld
terug te betaal nie en dat daar ook nie familielede is wat haar
behulpsaam kan wees om die geld terug
te betaal nie. Tydens betoog
het die aanklaer vermeld dat âbeskuldigde kan nie die geld
terugbetaal nie maar versoek (ek) tog
die hof om so ân bevel toe te
staanâ. Die Verhoorhof het daarop in terme van artikel 300 van
Strafproseswet gelas dat beskuldigde
die Departement van Sosiale
Ontwikkeling moet vergoed in die bedrag van R9240.00.
[5] In
S v BALOYI
1981 (2) SA 227
(T) op 229 G â H is as volg beslis:
â
The
provisions of s 300 of the Act do not oblige the court to make an
order for compensation. Indeed, it is pointed out by the learned
author of Hiemstra on Suid-Afrikaanse Strafproses 2nd ed at 547:
"Hierdie artikel sal gebruik
word wanneer die persoon kan betaal, of waarskynlik bates besit wat
in eksekusie verkoop en voldoende
sal oplewer om die koste en die
skade of die grootste deel daarvan te dek."
In the present case the magistrate was
correctly satisfied that the appellant would not be able to make any
substantial repayment.
He also was satisfied that there was no assets
which would render any substantial amount in execution. Having come
to those conclusions
I am of the opinion that the magistrate
misdirected himself in nevertheless making the order in question. It
is especially inappropriate
where an accused is to be sent to prison
for a substantial period of time and has no assets. ... I would
accordingly set aside the
order made under s 300 of Act 51 of 1977.â
Dit is ook voorheen in
S
v BEPELA
1978 (2) SA 22
(BH) op 24 F â G beslis dat:
â
In
any event, where a compensatory order is being considered, the
possibility of executing upon it as a civil judgment should be
investigated.
It could be a useless order if the accused has no money
or other assets.â
[6] Soos reeds vermeld
blyk dit duidelik dat beskuldigde geensins in ân finansiële
posisie is om enige vergoeding aan die Departement
te betaal soos
deur die Verhoorhof gelas nie. Dit is dus duidelik uit voormelde
gesag dat daar nie ân vergoedingsbevel in hierdie
aangeleentheid
gemaak moes gewees het nie en is die Verhoorlanddros se toegewing dat
die vergoedingsbevel ter syde gestel behoort
te word, na my mening
heeltemal tereg gemaak.
[7] In
vooropstelling word die volgende bevele verleen:
1. Beide die
skuldigbevinding en die opgelegde vonnis word bekragtig.
2. Die
vergoedingsbevel verleen ooreenkomstig die bepalings van artikel 300
van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, word ter syde
gestel.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Ek stem saam.
________________
A.P.
BECKLEY, R
/em