About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 3
|
|
Pashake and Another v S [2007] ZAFSHC 3 (22 January 2007)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 233/2006
In
die appèl tussen:-
FANYANE EPHRAIM
PASHAKE
Eerste Appellant
AMOS
MACHABELA
Tweede Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
VAN DER MERWE R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12 FEBRUARIE 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15 FEBRUARIE 2007
_____________________________________________________
Hierdie is ân
borgappèl. Die verrigtinge in die hof
a quo
was deels in
Engels en deels in Afrikaans. Die argumente voor ons is in Afrikaans
voorgedra. Ek vind dit gerieflik om hierdie uitspraak
in Afrikaans
te lewer.
Appellante is
onderskeidelik beskuldigdes 1 en 3 in ân saak in die Streekhof
waarin hulle teregstaan op elf aanklagte van diefstal
van groot
hoeveelhede kopergeleier (koperkabel) van, onder andere, Spoornet en
Eskom gedurende die periode September tot Desember
2005. Na bewering
is altesaam 4 603 meter kopergeleier gesteel met ân totale waarde
van R171 390,00. Aanklagte 12 en 13 beweer
oortredings van die Wet
op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Wet Nr. 121 van 1998)
deurdat hulle gedurende dieselfde tydperk
as lede van ân kriminele
bende die genoemde diefstalle gepleeg het. Volgens die klagstaat is
hulle op 5 Desember 2005 gearresteer.
Op 10 Julie 2006 weier die
Steeekhof hulle borgaansoek. Hierdie appèl is teen daardie weiering
gerig.
By
die verhoor van die borgaansoek was dit gemenesaak tussen die
staatsaanklaer en die regsverteenwoordiger van appellante dat die
betrokke misdrywe onder Bylae 5 van die Strafproseswet (Wet 51 van
1977) val en dat appellante derhalwe ingevolge artikel 60(11)(b)
van
die Wet in bewaring aangehou moes word tensy hulle
â
getuienis aanbied wat die hof
oortuig dat belang van geregtigheid [hulle] vrylating veroorloof.â
Ingevolge artikel 65(4)
van dieselfde Wet word die landdros se beslissing nie op appèl
tersyde gestel nie tensy die Hof van appèl
oortuig is dat daardie
beslissing verkeerd is.
Appellante se Hoofpunte
van Betoog was laat afgelewer. Hulle het ân aparte aansoek om
kondonasie van hierdie versuim gebring.
Die gevraagde kondonasie is
by die aanvang van die appèl verleen.
Appellante het nie
mondelings getuig nie maar hulle getuienis by wyse van beëdigde
verklaring voorgelê. In daardie verklarings
het hulle hulle
persoonlike omstandighede uiteengesit, o.a. hulle ouderdomme, hulle
familie-samestelling, hulle inkomste en bates
en die feit dat hulle
vaste adresse het. Beide onderneem ook in hulle verklarings om die
verhoor van die saak getrou by te woon.
Vir die Staat het slegs die
ondersoekbeampte, Inspekteur Van Deventer, getuig. Sy getuienis kan
soos volg opgesom word:
Die
Staat het ân sterk
prima facie
saak teen appellante; indien
hulle skuldig bevind word, staar hulle langtermyn gevangenisstraf in
die gesig; hulle kan maklik landuit
vlug; hy glo nie hulle sal hulle
verhoor enduit bywoon nie. Laasgenoemde is dan ook die grond waarop
die landdros borgtog vir appellante
geweier het. Sy sê die volgende
ten opsigte van eerste appellant:
â
Taking
all this into consideration accused nr 1 has more reason to decide
not to stand trial............
Accused nr 1 is therefore without
doubt a flight risk. It is therefore obvious that the interest of
the State outweighs his interest
in his personal freedom.â
Van tweede appellant sê
sy die volgende:
â
When
we come to accused nr 3 he has more previous convictions than accused
nr 1 and 2. This therefore shows he has the propensity
of committing
offenses. When we take this into consideration it is likely that
whilst he is out on bail he may commit other offences.
Though he has
another previous conviction of being an illegal immigrant and the
Defence correctly pointed out that it is a very
old one and that it
dated back to 1983, but nothing has been suggested whatsoever that he
is not â he was not an illegal immigrant
then. It is therefore
doubtful that accused nr 3 is a South African citizen. The charge
sheet also shows that accused nr 2 is a
Lesotho national. That was
not disputed and it is accepted................
When
we take all this into account accused nr 3 will be tempted not to
stand trial and leave the country. His interest in his personal
freedom are therefore outweighed by the interest of the State and to
my mind it is in the interest of justice that he be denied bail
and
same is therefore
DENIED
.â
Die misdrywe waarop die
appellante teregstaan, is ernstig en word tereg deur die howe met
swaar vonnisse gestraf. Die vooruitsig
om vir ân lang periode na
die gevangenis te gaan, moet noodwendig as aansporing dien om liewer
die verhoor te probeer ontduik as
om dit getrou by te woon.
Dit is gemenesaak dat
daar aan eerste appellant twee paspoorte uitgereik is wat
onderskeidelik in 2011 en 2013 verval. Inspekteur
Van Deventer
getuig dat eerste appellant kort na sy arrestasie ontken het dat hy
enige paspoorte het en eers die oggend van die borgaansoek
die
paspoort wat in 2013 verval, asook ân verouderde
identiteitsdokument, oorhandig het. Dit is nie ontken nie. Hy
getuig ook
dat beide paspoorte binne twee jaar na mekaar uitgereik
is. Dit is ook nie ontken nie. Daar is aan hom in kruisondervraging
gestel
dat een van die paspoorte, asook eerste appellant se
identiteitsdokument, gesteel is toe sy voertuig gekaap is. Die
getuie het geantwoord
dat die âgesteeldeâ paspoort nie as gesteel
of verlore by die Departement van Binnelandse Sake aangemeld is nie.
Benewens die
genoemde twee paspoorte, was dit ook gemenesaak dat
eerste appellant ân tydelike paspoort maklik bekom het en op sy eie
weergawe
ongeveer ses keer na Swaziland gereis het vir
besigheidsdoeleindes. Dit was ook gemenesaak dat dit baie maklik is
om asât ware
oor ons landsgrense te glip na ons buurstate. Ek kan
nie fout vind met die landdros se konklusie dat eerste appellant ân
âflight
riskâ is nie.
Alhoewel
tweede appellant nie ân paspoort het nie, was hy vantevore vir kort
periodes in eerste appellant se diens. Die Staatsaak
is juis dat hy
en die ander beskuldigde as handlangers van eerste appellant die
misdrywe gepleeg het deurdat hulle as ân bende
opgetree het onder
leiding van eerste appellant. Dit is vir tweede appellant ewe maklik
om oor die landsgrense te vlug en sy verhoor
te ontduik.
Tweede appellant het ân
lang lys vorige veroordelings, waaronder âescaping or attempt to
escapeâ gedurende 1991. Daarbenewens
is hy reeds gedurende 1983
binne enkele maande tweekeer skuldig bevind daaraan dat hy ân
verbode persoon is en die land by ân
ander plek as ân grenspos
binnegekom het. Ook wat hom betref, meen ek dat tereg bevind is dat
hy nie die hof oortuig het dat sy
vrylating in belang van
geregtigheid sal wees nie.
Gevolglik
word die appèl van beide appellante afgewys.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
appellante: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Giorgi
& Gerber Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. R. Hoffman
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp