Badenhorst en 'n Ander v Regspersoon van die Constantiapark Bestuursliggaam (257/2007) [2007] ZAFSHC 1 (11 January 2007)

62 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Execution — Application for rescission of judgment — Applicants seeking to rescind an order for the removal of a pet monkey from their property — Order granted in their absence based on an unopposed application — Applicants claim they had permission to keep the monkey, which was not disclosed to the court — Court considers whether the judgment was erroneously granted due to undisclosed facts — Court finds that the applicants failed to show good cause for rescission as they did not provide a reasonable explanation for their absence or demonstrate a bona fide defense — Application for rescission dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2007
>>
[2007] ZAFSHC 1
|

|

Badenhorst en 'n Ander v Regspersoon van die Constantiapark Bestuursliggaam (257/2007) [2007] ZAFSHC 1 (11 January 2007)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 257/2007
In
die saak tussen:
ANDRé
BADENHORST
Eerste Applikant
JOEY
BADENHORST
Tweede Applikant
en
DIE
REGSPERSOON VAN DIE
CONSTANTIAPARK
BESTUURSLIGGAAM
Respondent
CORAM:
MALHERBE,
RP
AANGEHOOR OP:
8
MAART 2007
GELEWER OP:
15
MAART 2007
Applikante is man en
vrou. Hulle woon in ‘n meenthuis in Constantiapark,
Langenhovenpark, Bloemfontein. Hulle is die eienaars
van ‘n klein
Marmoset apie wat hulle as troeteldier aanhou. Op 3 Augustus 2006
verkry die huidige respondent (as applikant) ‘n
bevel in die
Mosiehof wat applikante gelas om onmiddellik die apie van hulle
perseel in die meenthuiskompleks te verwyder, by gebreke
waaraan die
Balju gemagtig word om dit te doen en, indien nodig, die apie aan die
Dierebeskermingsvereniging te oorhandig. Applikante
is ook gelas om
gesamentlik en afsonderlik die koste van daardie aansoek te betaal op
die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt
(Aansoek Nr. 2395/2006
– “die eerste aansoek”). Hulle doen nou ingevolge Hofreël
42(1)(a), alternatiewelik die gemenereg,
aansoek om herroeping van
daardie bevel.
Hofreël
42(1)(a) lui soos volg:
“
(1) Die
hof het benewens ander magte wat hy mag hê, die reg om
mero
motu
of op aansoek van ‘n party wat geraak word, bevele of vonnisse te
wysig of te herroep:
(a) wat verkeerdelik aangevra of
verkeerdelik gegee is in die afwesigheid van ‘n party wat daardeur
geraak word;”
Ingevolge die gemenereg
moet ‘n applikant vir herroeping of tersydestelling van ‘n bevel,
goeie redes daarvoor aanvoer.
Dit
is gemenesaak dat die gewraakte bevel gegee is in die afwesigheid van
die applikante. Die enigste werklike vraag wat in hierdie
aansoek
beslis moet word vir soverre dit op Reël 42(1)(a) steun, is of die
bevel verkeerdelik aangevra is of verkeerdelik gegee
is. Wat die
beroep op die gemenereg betref,
“
the
Courts generally expect an applicant to show good cause (a) by giving
a reasonable explanation of his default; (b) by showing
that his
application is made
bona
fide
;
and (c) by showing that he has a
bona
fide
defence to the plaintiff’s claim which
prima
facie
has some prospect of success.”
(
COLYN v TIGER FOOD
INDUSTRIES LTD t/a MEADOW FEED MILLS (CAPE)
2003 (6) SA 1
(HHA) op p. 9 E – F).
Applikante
se saak is, baie kortliks, dat hulle skriftelike toestemming van
respondent gehad het om die apie te besit op die datum
wat die bevel
uitgereik is; dat hierdie feit nie aan die Hof geopenbaar is nie;
dat indien die ware feite voor die Hof geplaas
was, die bevel
waarskynlik nie verleen sou gewees het nie en dat die bevel derhalwe
“
verkeerdelik aangevra of
verkeerdelik gegee is”
soos bedoel in Hofreël
42(1)(a). Vir hierdie submissie steun Mnr. Burger namens applikante
op
NYINGWA v MOOLMAN NO
1993 (2) SA 508
(Tk) op p. 510
G waarna met goedkeuring verwys word in
PROMEDIA DRUKKERS &
UITGEWERS (EDMS) BPK v KAIMOWITZ AND OTHERS
1996 (4)
SA 411
(K) op p. 417 H – I. In eersgenoemde saak sê die geleerde
Regter die volgende:
“
It
therefore seems that a judgment has been erroneously granted if there
existed at the time of its issue a fact of which the Judge
was
unaware, which would have precluded the granting of the judgment and
which would have induced the Judge, if he had been aware
of it, not
to grant the judgment.”
Ek is nie oortuig dat
hierdie standpunt nog geldig is in die lig van die beslissing in die
Colyn
-saak (
supra
) op pp. 6 H - 8 H nie. In die eerste
aansoek is die stukke behoorlik deur die Balju op die applikante
beteken op 11 Julie 2006.
In die Kennisgewing van Mosie word hulle
aangesê om voor of op 26 Julie 2006 aan respondent se prokureurs
kennis te gee van hulle
voorneme om die aansoek te opponeer, by
gebreke waaraan die aansoek op 3 Augustus 2006 aangehoor sal word.
Hulle het nie sodanige
kennis gegee nie en was ook nie in die Hof
teenwoordig of verteenwoordig nie. Respondent was derhalwe volkome
geregtig om die bevel
op ‘n onbestrede basis aan te vra. Op die
stukke was daar ook niks wat die Hof kon beïnvloed het om nie die
bevel te verleen
nie. Daar was niks met die proses verkeerd nie. Na
my mening is dit minstens twyfelagtig of Hofreël 42(1)(a) van
toepassing is.
Wat die gemenereg betref,
het ek reeds hierbo die vereistes uiteengesit waaraan applikante moet
voldoen voordat die betrokke bevel
tersyde gestel of herroep kan
word.
Die Kennisgewing van
Mosie in die eerste aansoek is op 10 Julie 2006 uitgereik en die
volgende dag op applikante beteken. Toe die
aansoek op 3 Augustus
2006 aangehoor is, was daar geen nuwe feite aan die Hof geopenbaar
nie terwyl dit gemenesaak is dat daar belangrike
verwikkelings was
sedert 10 Julie. Hierdie verwikkelings is die volgende:
(a) Op 14 Julie 2006 gaan
spreek eerste applikant vir Mnr. Hanton van Edric Trust (wat as
bestuursagente namens respondent opgetree
het en nog steeds optree)
in verband met die eerste aansoek wat enkele dae vantevore aan hom
beteken is. Hanton vra eerste applikant
om sy versoek of versoeke op
skrif te stel vir voorlegging aan respondent.
(b) Na
aanleiding van Hanton se versoek skryf eerste applikant die volgende
brief op dieselfde datum:
“
14
Julie 2006
Die
Trustees Constantiapark
Langehoven
park
Bloemfontein
Aandag
Mnr Hanton
Hiermee
vra ons u om die dagvaarding terug te trek om die volgende redes
Ons
gaan die perseel ontruim sodra ons huis op die plot te spitskop klaar
gebou is. Die bouer se beplande voltooi datum is 30 September
2006.
Ons
sal sorg dat die apie nie uit die huis kom nie en sal hy nie ‘n
oorlas wees nie.
Na
‘n besoek aan Mnr Hanton waar die opsies van ‘n huurder bespreek
is voel ons dat met die aanbouing ons dieselfde onnodige onsmaaklike
ondervinding gehad het met die Trustees wat ons baie geld gekos het
en voel ons in die stadium om slegs die eiendom te abandoneer
en laat
die bank wat die verband houer is maar optree. Indien ons die
eiendom verhuur is ons nog steeds verbind aan die onsmaaklike
Trustees as eienaars. Ons wil graag die verbintenis verbreek.
Ons
vra u om geduldig te wees tot ons die eiendom ontruim en verseker ons
u oor die sekuriteit van die apie.
Die
uwe
J
Badenhorst”
(c) Op
26 Julie 2006 antwoord Hanton namens Edric Trust as volg:
“
26
JULY 2006
MR
A BADENHORST
PROFINSA
P
O BOX 37279
LANGEHOVEN
PARK 9330
SIR
CONSTANTIA
PARK NR 54
We refer to the above matter and wish
to advise that the trustees have agreed that the judgement will be
held over as requested in
your letter dated. 14 July 2006 with the
understanding that the pet will be kept under control.
Your
request with regard to the alterations will be discussed at the next
trustee meeting.
Yours
sincerely
P J HANTON
MANAGING DIRECTOR
EDRIC TRUST (PTY) LTD”
Na
aanleiding van bogenoemde gesprek en briewe verklaar eerste applikant
soos volg in sy funderende eedsverklaring:
“
Ek
het die aangeleentheid na die gesprek met gesegde
Hanton
(trustee) en die daaropvolgende skriftelike magtiging om die apie aan
te hou en gegewe die inhoud van gesegde skrywe as afgehandel
beskou.
Daar was daarom ook nie sprake daarvan dat verdediging aangeteken sal
word teen die aansoek nie of dat dit geopponeer sou
word nie.
Hierdie aansoek sou nie voortgaan nie.”
Ek
meen dit is billik om te sê dat eerste applikant se versoek in sy
brief van 14 Julie 2006
“
om die dagvaarding terug te trek”
klaarblyklik
verwys na die aansoekstukke wat hy en sy vrou enkele dae vantevore
ontvang het. Vir hom het dit in die eerste plek gegaan
oor die apie,
vandaar die volgende gedeeltes:
“
Ons sal sorg dat die apie nie uit
die huis kom nie en sal hy nie ‘n oorlas wees nie. ...
Ons
vra u om geduldig te wees tot ons die eiendom ontruim en verseker ons
u oor die sekuriteit van die apie.”
Met
betrekking tot die bogenoemde twee briewe van 14 Julie 2006 en 26
Julie 2006 onderskeidelik verklaar respondent soos volg:
“
4.2 Hierna
het die Raad die skrywe oorweeg en op grond van menslikheidsredes
bloot onderneem dat die bevel oorgehou sal word. Dit
was die Raad se
siening dat indien die applikante wel die woning verlaat op
30
September 2006
,
dit dan menslik sal wees om die vergunning te doen mits hulle hulle
onderneming gestand doen. Uiteraard, indien die applikante
nie hulle
onderneming nakom nie en die perseel verlaat nie, sou die bevel
uitgevoer word. Insgelyks is die applikante uiteraard
verantwoordelik vir die regskoste.
4.3 Na aanleiding van hierdie besluit
is op
26 Julie 2006
deur
Hanton
berig aan die
applikante dat die trustees besluit het dat die bevel oorgehou sal
word soos versoek.
4.4 Daar is egter geen sprake daarvan
dat die applikante soos hul beweer, toestemming bekom het om die apie
daar te mag aanhou nie.
Dit is bloot ‘n vergunning onderhewig
daaraan dat die applikante die perseel ontruim en uiteraard nie later
as
30 September 2006
nie. Soos blyk uit Aanhangsel
“A”
tot hierdie stukke was dit ook die applikante se voorstelling aan die
Raad dat hulle graag die verbintenis met die Raad wil verbreek.
4.5 ...
9.
AD PARAGRAAF 3.8:
Ek ontken dat daar ooreengekom is dat
die aansoek nie sal voortgaan nie. Wat wel ooreengekom is, is dat
die bevel oorgehou sal word
onderhewig aan die voorwaardes hierbo na
verwys. Daar was beslis nie met
Hanton
ooreengekom dat die
aansoek nie sal voortgaan nie. Ek meen ook met eerbied dat
Aanhangsel
“AB4”
se inhoud vir sigselfspreek. Die inhoud
van
“AB4”
is insgelyks korrek in soverre dit verwys na ‘n
skrywe gedateer
14 Julie 2006.
Dit is die skrywe wat ek
hierby aanheg as Aanhangsel
“A”
.
Hanton
kon in elk
geval nie ‘n besluit hieroor neem nie en het bloot onderneem om dit
aan die Raad voor te lê wat ‘n besluit sou neem.
Soos vermeld is
dit die rede waarom hy versoek het dat die applikante skriftelik ‘n
versoek rig en nadat die Raad hieroor besluit
het, is die applikante
op
26 Julie 2006
deur
Hanton
in kennis gestel wat die
Raad se besluit is soos per
“AB4”
tot die funderende
stukke. Behalwe soos voormeld ontken ek die verdere bewerings
hierin. Ek kan nie glo dat applikante die Hof
probeer mislei oor die
bestaan van Aanhangsel
“A”
nie.”
Respondent
se siening van die aangeleentheid is totaal onaavaarbaar.
Eerste applikant se
brief van 14 Julie 2006 stel dit gladnie as ‘n voldonge feit dat
hy en sy vrou die perseel teen 30 September
2006 gaan ontruim nie.
Al wat dit doen, is om te sê dat die betrokke bouer “beplan” om
die nuwe huis teen daardie datum te
voltooi.
Indien die “vergunning”
net geldig sou wees tot 30 September 2006, waarom sê Hanton dit nie
uitdruklik in sy brief van 26 Julie
2006 nie?
Hanton se poging om die
gebruik van die woord “judgement” in sy gemelde brief te
verduidelik, beïndruk gladnie. Hy het te
doen gehad met ‘n leek
wat nie in sy brief gevra het dat enigiets oorgehou word nie, maar
dat die “dagvaarding”
teruggetrek
word, m.a.w. nie mee
voortgegaan word nie. Daarna ontvang dieselfde leek ‘n brief wat
hom meedeel dat die trustees die versoek
in sy brief toegestaan het.
Na
my mening was dit gladnie onredelik vir applikante om te aanvaar dat
hulle toestemming het om die apie te hou totdat hulle die
perseel
ontruim nie, selfs al was dit na 30 September 2006, mits die apie
onder behoorlike beheer is. Dit verklaar hulle versuim
om
verdediging aan te teken, bevredigend. Ek meen verder dat indien al
bogenoemde gemenesaak–feite destyds aan die Hof geopenbaar
is, die
bevel waarskynlik nie gegee sou gewees het nie.
Daar kan geen twyfel wees
nie dat applikante se aansoek
bona fide
is. Hulle liefde vir,
en besorgdheid oor, die apie, blyk duidelik uit die stukke. Selfs
Hanton verklaar dat eerste applikant op
14 Julie 2006 by hom
“gepleit” het dat die apie op die perseel kon bly.
Aan
die einde van sy funderende verklaring sê eerste applikant verder
die volgende:
“
5.1 Ek
(en Tweede Applikant) was totaal onbewus daarvan dat ‘n bevel
verkry is soos vervat in Aanhangsel
“AB2”
.
5.2 Die eerste wat ek en Tweede
Applikant weer van die aangeleentheid verneem het was toe daar op
1
November 2006
op die bates van Applikante te ons woning beslag
gelê is deur adjunk-balju. Ek heg hierby aan as Aanhangsel
“AB6”
‘n afskrif van die inventaris daartydens voorberei en soos aan my
oorhandig nadat applikante moes gaan betaal die bedrag
R7 350,00
ten einde ons meubels losgelaat te kry. Dit was die bedrag ter
delging van die vonnisskuld.
5.3 Gelukkig het die apie uit die
persoon van die Dierebeskermingsvereniging wat die apie moes kom
verwyder se sorg ontsnap op gesegde
datum
(1 November 2006)
.
Tans leef ek en Tweede Applikant steeds in vrees dat die apie steeds
verwyder sal word soos in die vooruitsig gestel in die bevel
wat
steeds staan. Die apie word sedertdien desondanks die toestemming om
die apie aan te hou, deur Applikante weggesteek.
5.4 Die voorgenome transaksies soos
verwys in Aanhangsel
“F”
tot Aanhangsel
“AB3”
het nie gerealiseer nie. Applikante poog steeds om ons eiendom en
woonplek te die Constantiapark meenthuiskompleks te verkoop en
staan
die bevel steeds en hang dit steeds spreekwoordelik soos ‘n swaard
oor die apie se kop.”
Hierop
antwoord respondent soos volg:
“
5.3 Omdat
die applikante nie hul onderneming nagekom het nie, het die
vergunning verval en is opdrag gegee dat voortgegaan moet word
om die
hofbevel uit te voer. Ek neem kennis daarvan dat die applikante tans
die apie wegsteek. Ek merk op dat applikante so doen
nieteenstaande
die bestaande hofbevel. Ek is adviseer dat die applikante in
minagting van die bestaande hofbevel optree. Ek sou
redelikerwys
verwag dat die applikante nie in minagting van die hofbevel optree
totdat ‘n hof uitsluitsel gegee het oor hierdie
aansoek nie, of
totdat die Hof die werking van die bevel opgeskort het nie.
Voormelde optrede van die applikante is weereens te
vereenselwig met
hulle optrede in die verlede soos blyk uit die korrespondensie en
hulle houding in die hoofaansoek. Ek is adviseer
dat die Hof
mero
motu
kan besluit om ondersoek in te stel na hulle minagting.
Voordat
bevind kan word dat applikante skuldig is aan minagting van die
hofbevel, moet bevind word dat hulle
“
disobedience
of the order must be, not only wilful, but also
mala
fide
”.
(
CLEMENT v CLEMENT
1961 (3) SA 861
(T) op p. 866 A soos met goedkeuring aangehaal in
HöLTZ v DOUGLAS & ASSOCIATES (OFS) CC EN ANDERE
1991 (2) SA 797
(O) op p. 803 E).
Ek
kan nie bevind dat applikante
mala fide
is nie. Inteendeel,
die stukke as geheel oortuig my dat die teendeel waar is.
Derhalwe
moet die aansoek slaag.
Namens
respondent het Mnr. Reinders gevra dat indien die aansoek slaag, die
Hof moet gelas dat die koste daarvan koste in die hoofgeding
behoort
te wees. Ek stem nie saam nie:
Die gewraakte bevel van 3
Augustus 2006 is deur respondent verkry sonder om al die tersaaklike
feite voor die Hof te plaas. Dit is
afkeurenswaardig. Applikante
vra egter nie vir ‘n bestraffende kostebevel nie. Na my mening is
hulle minstens geregtig op ‘n
party-en-party kostebevel in hulle
guns.
Aan
die einde van die betoë, het ek ‘n beroep op die partye gedoen om
hierdie aangeleentheid te probeer skik. Ek herhaal daardie
beroep.
Gevolglik
word die volgende bevel verleen:
1. Paragrawe 1 en 2 van
die bevel gedateer 3 Augustus 2006 in Aansoek Nr. 2935/2006 word
tersyde gestel.
2. Respondent
word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
3. Applikante word
gemagtig om Aansoek Nr. 2935/2006 te opponeer asof die aansoekstukke
vandag aan hulle beteken is.
__________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens die
Applikante: Adv. A. H. Burger
In opdrag van:
E. G. Cooper &
Seuns
BLOEMFONTEIN
Namens die
Respondent: Adv. S. J Reinders
In opdrag van:
Van Wyk & Preller
Ing.
BLOEMFONTEIN
/em