Carolissen v S (A644/07) [2008] ZAWCHC 315 (31 December 2008)

53 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Appeal against conviction — Appellant convicted of assault and sentenced to fine or imprisonment — Appellant contended that the evidence of the complainant and witness was unreliable and contradictory — Court found that the State failed to prove its case beyond reasonable doubt due to inconsistencies in witness testimonies and lack of credible evidence supporting the assault — Conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 315
|

|

Carolissen v S (A644/07) [2008] ZAWCHC 315 (31 December 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:A
644/07
In
die saak tussen:
ALLAN
CLIVE CAROLISSEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK:
29 FEBRUARIE 2008
VAN
ZYL R:
[1]
Die appellant is skuldig bevind op 'n aanklag van aanrandlng en tot
4
n
boete van R400,00 of veertig dae gevangenisstraf gevonnis. Hy kom,
met verlof van hierdie hof, teen die skuldigbevinding in hoer
beroep.
Mnr P Arendse het namens die appellant opgetree en Me J van der Merwe
namens die respondent. Die hof spreek sy dank teenoor
hulle uit vir
hul onderskeie aanbiedinge.
[2]
Dit is gemenesaak dat die appellant die eienaar was van 'n
sekerheidsmaatskappy en dat die appellant as sekuriteitsbeampte vir

horn gewerk het. Een aand was hy me te vind by die perseel waarnatoe
hy uitgeplaas is nie. Hy kon ook nie per radio bereik word
nie.
Volgens die klaer het die appellant horn die volgende oggend, 17
September 2006, na sy kantoor ontbied en, deur bemiddeling
van 'n
tolk, ene Mazizi Ntulo wat ook vir die appellant gewerk het, probeer
vasstel waar hy was. Toe hy verduidelik dat hy, as
gevolg van reen,
binne in die gebou, wat hy moes oppas, skulling gesoek het, het die
appellant horn nie geglo nie en het horn teen
die been geskop. Hy het
uit die kantoor gevlug met die appellant agterna. Die het horn weer
aangerand deur horn in die gesig te
klap. In die proses het sy enkel
seergekry en is hy hospitaal toe. Na behandeling is hy dieselfde dag
ontslaan.
[3]
Die appellant, wat in persoon opgetree het, het dit aan die klaer
gestel dat hy (die kiaer) nooit In sy kantoor was nie en dat
hy nooit
Ntulo sou gevra het om te tolk nie aangesien hy
4
n
gereelde tolk in sy diens gehad het. Hy het dit eweneens gestel dat
hy horn nooit aangerand het nie. Volgens horn het die klaer
na die
polisie gegaan omdat hy (die appellant) horn nie betaal het nie. Die
klaer het geantwoord dat. toe hy
(
n
oproep van die appellant kry om op 15 September 2006 sy geld te kom
haal, hy so bang vir horn was dat hy die polisie gevra het
om horn na
die appellant te vergesel. Die appellant het dit aan horn gestel dat
dit nie strook met sy relaas dat hy eers op 17
September 2006
aangerand is nie
t
twee dae na die betaaldag. In ieder geval sou hy nooit 'n werknemer
bel om sy geld te kom haal nie.
[4]
Ntulo, wat volgens die klaer die dag sou getolk het, het ten eerste
getuig dat hy nie meer vir die appellant werk nie aangesien
die horn
weggejaag het. Hy het die klaer se weergawe bevestig ten opsigte van
die bewering dat hy deur die appellant ontbied is
om te tolk. Volgens
die klaer kon niemand horn op sy radio bereik nie aangesien die
batterye daarvan pap was. Ntulo het voorts
getuig dat die appellant
die klaer om die skouers gevat het, teen die muur gestamp het en
geslaan het. Hy het bom met sy "oop"
hande in die gesig
geklap en teen die been geskop. Hy het horn inderdaad gewurg en oral
op sy liggaam geslaan. Daarna het hy bom
gevra om werk toe te kom.
Toe het hy en die klaer gaan werk.
[5]
In kruisondervraging deur die appellant het Ntulo op sy weergawe in
hoof enigsins ukgebrei. Volgens horn het die appellant op
die hoek
van die tafel gesit voordat hy "sommer opgestaan en gevlieg het"
na die appellant. Anders as die klaer, het
Ntulo nie getuig dat die
appellant horn (die klaer) buite die kantoor aangerand het nie. Ten
spyte van die erns van die aanranding
het nog die klaer nog Ntulo dit
aan enigeen gerapporteer. Dit het voorts geblyk dat Ntulo ook nie sy
geld gekry het voordat hy
ontslaan is nie. Hy het egter ontken dat
dit die rede is waarom hy teen die appellant kom getuig het.
[6]
Die appellant het *n volledige pleitverduidehking voorgele voordat
die Staat met sy getuienis *n aanvang geneem het. Hy het
egter wel
ene Pietersen, wat in 'n kantoor naby syne gewerk het, as getuie
geroep. Die het getuig dat die appellant we I die klaer
ontbied het
omdat hy die perseel verlaat het waar hy diens verrig het. Hy was
egter nie bewus van enige aanranding nie. Die klaer
het net geloop
nadat die appellant met horn klaar gepraat het en het die volgende
dag nie weer kom werk nie. In hierdie verband
het hy ook opgelet dat
die appellant Engels met die klaer gepraat het. Daar was dus geen
rede waarom hy van 'n tolk gebruik sou
gemaak het nie.
[7]
In sy uitspraak het die verhoorhof opgemerk dat beide Staatsgetuies
moontlik "n motief kon he om die appellant vals te
beskuldig,
aangesien beide uit hulle werk ontslaan is. Hy was egter tevrede dat
die Staat
;
n
prima
facie
saak
uitgemaak het waarop die appellant moes geantwoord het. Hoewel die
klaer niks van wurg gepraat het nie terwyl Ntulo wel daarvan
getuig
het, het die hof hulle getuienis aanvaar as aanduidend van "n
redelik logiese verloop van gebeure". Hy het dus
die appellant
aan aanranding skuldig bevind.
[8]
In sy betoog namens die appellant het Mnr Arendse aan die hand gedoen
dat die klaer en Ntulo mekaar wesenlik weerspreek het
ten opsigte van
die aard van die beweerde aanranding, die volgorde van gebeure en die
aard van die beserings deur die klaer opgedoen.
Daarbenew
r
ens
was Pietersen. die appellant se getuie, digby en het niks van enige
aanranding opgemerk nie terwyl hy ook seker was dat die
appellant
Engels met die klaer gepraat het en nie Afrikaans nie. Dit was dus,
volgens Mnr Arendse, waarskynlik dat die die klaer
en Ntulo
saamgesweer het om die appellant vals te beskuldig. In ieder gevaL
het hy betoog, het die hof onreelmatig opgetree deur
nie die
appellant, wat onverteenwoordig was, behoorlik by te staan nie.
[9]
Me van der Merwe het in haar betoog namens die respondent betoog dat
die staatsgetuienis wel bevredigend was en nie deur Pietersen
se
getuienis versteur is nie. Verder het die hof, volgens Me van der
Merwe, reg deur die verhoor die appellant bygestaan deur versigtig
sy
regte aan horn te verduidelik, en om horn daarop te wys dat sy
pleitverduideliking nie getuienis daarstel nie.
[10]
Hoewel daar "n suspisie mag wees dat die appellant inderdaad die
klaer kon aangerand het, was die Staatsgetuienis ter
ondersteuning
hiervan werklik nie bevredigend nie. Die klaer se suggestie dat hy
twee dae voor die beweerde aanranding reeds so
bang vir die appellant
was dat hy die polisie versoek het om horn na die appellant se
perseel te begelei, is louter onsin en aanduidend
van niks anders as
blatante leuenagtigheid nie. Daar het in daardie stadium geen gronde
vir enige vrees bestaan nie. Ek stem met
Mnr Arendse saam dat die
weersprekings in die klaer en Ntulo se getuienis wesenlik van aard
was, terwyl die moontlikheid van
(
n
motief vir 'n valse aanklag teen die appellant hulle getuienis
sodanig gekleur het dat dit nie as betroubaar aangemerk kon word
nie.
Mnr Pietersen se getuienis is geensins deur die Staat in
kruisondervraging aangetas nie sodat dit nie gese kan word dat daar

wel
4
n
prima
facie
saak
was waarop die appellant moes antwoord nie.
[11]
In die Ug van hierdie omstandighede is ek van mening dat die
verhoorhof gefouteer het deur te bevind dat die Staat sy saak
bo
redelike twyfel bewys het. Bygevolg moet die skuldigbevinding en
vonnis ter syde gestel word.
D
H VAN ZYL
Regter
van die Hooggeregshof
Ek
stem saam
W
R E DUMINY
Waarnemende
regte van die Hooggeregshof