Pipers v S (A316/2008) [2008] ZAWCHC 293 (14 November 2008)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Admissibility of hearsay evidence — Appellant convicted of murder based on eyewitness testimony and dying declaration — Appellant appealed on grounds that dying declaration was inadmissible as it did not meet legal requirements — Court found that the trial court erred in admitting the hearsay evidence without proper justification, leading to a conviction not proven beyond reasonable doubt — Conviction set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 293
|

|

Pipers v S (A316/2008) [2008] ZAWCHC 293 (14 November 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A316/2008
DATUM: 14
NOVEMBER 2008
In
die saak tussen:
PATRICK
PIPERS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
THRING,
R
:
Op
6 Desember 1998 en te Beacon Valley, Mitchell's Plain, is die
oorledene, ene Richard Castor, deur iemand met h vuurwapen in die
rug
met h enkele skoot doodgeskiet. Die appellant (as beskuldigde 1) en
ene Neville Michaels (as beskuldigde 2) is van sy moord
in die
streekhof aangekla. Daar was ook
In
tweede en h derde aanklag teen hulle van onwettige besit van
"n
onbekende vuurwapen en van twee rondtes ammumsie teenstrydig met die
bepalings van die artikels 2 en 36 van die Wet op Wapens en

Ammunisie, No. 75 van 1969. Die beskuldigdes bet albei op aldrie van
hierdie aanklagte onskuldig gepleit. Hulle is deur
'n
prokureur tydens hulle verhoor verteenwoordig.
Die
appellant is deur die streeklanddros "guilty as charged"
bevind. Vermoedelik was die skuldigbevinding ten minste ten
opsigte
van aanklag 1, die aanklag van moord. Of die appellant aan aanklagte
2 en 3 ook skuldig bevind is, is op die rekord nie
duideiik nie.
Beskuldigde 2 is aan gewone aanranding skuldig bevind. Die appellant
is tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis, vermoedelik
ten opsigte van
die moordaanklag, alhoewel dit ook nie duidelik is nie.
Verlof
om teen sy skuldigbevinding te appelleer is deur die streeklanddros
geweier, maar op petisie na hierdie Hof is sodanige verlof
die
appellant toegestaan.
Op
die getuienis voor die Hof is die oorledene ongeveer 10:00 nm. op die
betrokke dag geskiet terwyl hy en ene Shanaaz Nelson langs
'
n
straat saamgestap het. Hulle was op pad terug van 'n partytjie.
Nelson was die enigste ooggetuie van die insident wat deur die
staat
as getuie geroep is. Sy het getuig dat die twee beskuldigdes, wat sy
as Patrick en Neville geken het, hulle genader het.
Neville
(beskuldigde 2) het toe, sonder om enjgiets te
se\
die oorledene voor die bors vasgegryp. Die oorledene het hulle toe
gevra "Hoe change juMe?" Hy het van beskuldigde
2 losgeruk,
sy sak op die grond neergegooi en oor die pad gehardloop. "Hoe
change julle" beteken blykbaar in bendetaal,
"wat gaan
aan?" Toe het die appellant (Patrick) volgens die getuie 'n
vuurwapen
te voorskyn gebring en die ooriedene met
Y\
enkele
skoot in die rug gesktet. Toe hy geskiet het, het die appellant
volgens die getuie "Voertsek" gese, maar niks verder
nie.
Daar is geen getuienis van enige poging aan die kant van die
aanvallers van die ooriedene om horn van sy sak te beroof nie.
Dit
het trouens blykbaar niks waardevols bevat nie, maar slegs enkele
stukkies koek en sjampanje van die partytjie.
Tec
stawing van Nelson se getuienis, het die staat ene Frieda Lesch as
getuie geroep. Sy het die ooriedene goed geken. Sy was ook
by die
partytjie wat die ooriedene en Nelson vroeer die aand saam bygewoon
het. Sy is iater na die toneel van die sktetvoorval
geroep. Daar het
die ooriedene op die grond gele. Hy het nog gelewe. Sy het horn gevra
wat gebeur het. Sy se hy het toe drie of
vier maal herhaal "Pat
het my geskiet". Toe het sy kop gesak en sy tong was dik in sy
mond, so sy. Hoe lank daarna hy
oorlede was, is nie bewys nie.
Die
appellant en beskuldigde 2 het beide getuig. Hulle het albei ontken
dat hulle op die betrokke tydstip op die toneel van die
skietery
teenwoordig was. Huile het gese dat huNe eikeen by sy eie aparte
huis was. Die appellant se dat hy die oorledene baie
goed geken het;
dat hulle goeie vriende van mekaar was en dat daar geen kwaai
gevoelens tussen hulte was nie. Hulle was trouens
op h tydjie, se hy,
lede van dieselfde bende. Daar was geen rede waarom hy (die
appellant) die oorledene sou wou doodmaak nie.
Beide beskuldigdes het
ontken dat hulle die oorledene aangeval of doodgemaak het.
In
haar uitspraak het die landdros die hoorse-getuients van Lesch
aangaande wat die oorledene vir haar sou gese het, sonder meer
as
toelaatbaar beskou. Hiervan het sy die volgende gese:
"That
is what we call a dying declaration and it is admissible."
In
haar uitspraak het die landdros geen aandag hoegenaamd aan die
vereistes vir toelaatbaarheid van sodanige getuienis bestee

nie.
Die
toelaatbaarheid van sogenaamde sterwensverklarings word tans
deur die welbekende bepalings van artikel 3 van die Wysigingswet
op
die Bewysreg, No. 45 van 1988, gereel. Die kernvraag wat deur h Hof
in hierdie verband oorweeg moet word, is of die betrokke
getuienis in
die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word. Geen poging is
deur die vervolging by die verhoor gemaak om
'n
behoorlike
basis te le vir die toelating van hierdie hoorse-getuienis nie,
naamlik, deur aan die Hof te probeer aandui dat dit in
die belang van
geregtigheid sou wees om Lesch se getuienis toe te laat, en waarom
dit so mag wees. Die getuienis is sonder meer
deur die aanklaer gelei
asof dit vanselfsprekend toelaatbaar was. Dit is natuurlik nie so
nie.
Die
landdros het na my oordeel misgetas toe sy bestuit het dat Lesch se
getuienis van wat die oorledene aan haar sou ges§ het,

toelaatbaar was, indien sy eers sover gekom het om so te besluit.
Daar is in die eerste plek geen getuienis dat toe hy die verklaring

gemaak het, die oorledene
"
T
n
vaste verwagting gehad het dat hy ... gaan sterwe en sonder hoop op
herstel was" nie. (
S
v BOUWER
.
1964(4) SA 58 (O) op 59C.) Daar is setfs ook geen getuienis van hoe
lank na die maak van sy verklaring die oorledene gesterf het
nie.
Tweedens,
behoort die landdros in elk geval haar diskresie uit te geoefen het
teen die toelating van die getuienis omdat dit blykbaar
Yi
deurslaggewende
rol in die skuldigbevinding van die appellant gespeel het en -
"...
a judge should hesitate long in admitting or relying on hearsay
evidence which plays a decisive or even significant part
in
convicting an accused unless there are compelling justifications for
doing so".(
S
v RAMAWHALE
,
1996(1) SASV 639 (A) op 649d-e).
Soos
ook in daardie saak op 648a gese is:
"An
accused person usually has enough to contend with without expecting
him also to engage in mortal combat with the absent
witness."
Die
landdros het die getuienis van Lesch as stawing van die van Nelson
beskou. Deur so te doen het sy dan myns insiens misgetas,
aangesien
Lesch se getuienis ontoelaatbaar was. Weliswaar is die
toelaatbaarheid van die getuienis nie by die verhoor in twyfel
getrek
nie: Weliswaar was daar geen beswaar daarteen nie, maar
desnieteenstaande behoort die landdros van die gevare van
hoorse-getuienis
bewus te gewees het en dit te oorweeg het. Sonder
die bevestigende getuienis van Lesch, is dit twyfelagtig, na my
mening, of die
landdros op die onbevestigde getuienis van Nelson die
appellant sou skuldig bevind het.
Hoe
dit ook al sy, die landdros het verder in haar uitspraak geen melding
hoegenaamd gemaak van die geloofwaardigheid van enigeen
van die
getuies nie, ingesluit die twee beskuldigdes. Daarvan moet myns
insiens afgelei word dat ten minste wat hulle optrede in
die
getuiebank betref
T
geeneen van die verskeie getuies, ingesluit die twee beskuldigdes, n
noemenswaardig swakker of beter indruk op die landdros gemaak
het as
enige ander getuie wat geroep is nie. In
Yi
aangeleentheid
soos hierdie moet
'n
Hof van appel natuurlik en onvermydelik op behoorlike
geloofwaardigheidsbevindings van die betrokke verhoorhof staatmaak.
Hierdie
Hof het die getuies nie gesien nie, en hierdie Hof kan
gevolglik nie uit sy eie waarnemings sodanige bevindings maak nie,
ten minste
nie wat betref die betrokke getuies se optrede in die
getuiebank nie.
Weliswaar
het die appellant versuim om sy ma en stiefpa as getuies te roep saam
met wie hy, volgens horn, op die betrokke aand by
die huis was, en
dit skep
'n
mate van agterdog oor die sterkte van sy alibi. Die landdros het
groot gewag hiervan in haar uitspraak gemaak.
Dit
volg egter nie noodwendig daarvan dat die appellant se alibi vals is
me. Dan is daar op al die getuienis geen sweem van h rede
waarom die
appellant die ooriedene sou wou doodmaak nie. Die getuienis van die
appellant dat hulle goeie vriende van mekaar was,
is nie deur die
staat weerle nie.
Daar
is byvoorbeeld geen getuienis van enige pogsng, soos ek gese het, om
die oorledene te beroof nie.
Aan
die ander kant, egter, is daar ten minste h suggestie dat iemand
anders as die appellant dalk
In
rede kon gehad het om nie teenoor die oorledene goedgesind te wees
nie. Volgens Nelson was sy ten tye van die insident getfoud
met ene
Armien Faldien. Sy is nou van horn geskei. Sy was saam met die
oorledene na die partytjie toe. Hy het haar by haar huis
kom haal.
Haar man het by die huis met hulle kinders agtergebJy. Sy het haar
man nie daarvan vertei dat sy saam met die oorledene
na die partytjie
toe gaan nie, en haar man het ook nie gesien dat sy saam met die
oorledene loop nie.
Na
die partytjie was die oorledene en Nelson, volgens iaasgenoemde, op
pad na die huis van ene Saraai toe, toe die insident gebeur
het. Wat
hulle van voornemens was om by die huis van Saraai te doen. blyk nie
uit die getuienis nie, maar wat wel duidelik is,
is dat hulle nie op
pad na Nelson se eie huis terug was nie. Dit alles skep ten minste
die moontlikheid dat Nelson se man
'n
rede kon gehad het om teenoor die oorledene ongetukkig te voel, en
dat Nelson nou die appellant moontlik valslik impliseer om haar

gewese man te beskerm.
Van
hierdie aspek het die landdros in haar uitspraak die volgende gese:
"The
witness has no reason to say accused 1 shot the deceased if he did
not shoot him. In fact no reason was put or suggested
to the Court
except to say the possibility is that she is protecting her husband
who may have committed the murder. That was just
an averment and it
remains as such, because there was no evidence to support it or
create any doubt as to the possibility of that
averment."
Daardeur
het die landdros myns insiens ook misgetas. Om redelik moontlik waar
te wees, is dit natuurlik nie noodsaaklik dat
Yi
bewering deur direkte getuienis bewys moet word nie. Dit is voldoende
as dit van die omstandighede redelikerwyse algelei kan word.

Daarbenewens staaf die twee beskuldigdes mekaar se getuienis dat
hulle op die betrokke aand nie in mekaar se teenwoordigheid was
nie.
Die landdros se nie in haar uitspfaak waarom of op watter basis sy
besluit het dat hierdie weergawe van die beskuldigdes vals
was nie.
Nelson
se getuienis staan daarteenoor alleen en sonder korroborasie, Lesch
s'n
synde, soos ek reeds gese het, ontoelaatbaar. Die
waarskynlikheid is taamlik hoog, myns insiens, dat die appellant aan

die moord van die ooriedene wel skuldig is. DH is egter, na my
oordeel, nie deur die staat bo redelike twyfel bewys nie. Dalk het

daar
'n
regskending hier plaasgevind deurdat
'n
skuldige man nou vrygespreek moet word. Indien dit so is, is dit te
wyte aan die onbeholpe wyse waarop Lesch se getuienis deur
die
vervolging voor die Hof geplaas is, en ook aan die mistastings wat
die landdros begaan het, waarna ek reeds verwys het.
Hoe
dit ook a! sy, om hierdie redes is ek van mening dat die
SKULDIGBEVINDING
VAN DIE APPELLANT ONVEMG IS: DIE APPeL WORD GEVOLGLIK GEHANDHAAF. EN
DJE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS VAN DIE APPELLANT
WORD TER SYOE
GESTEL
.
THRING,
R
GOLIATH,
R:
Ek stem saam.
GOLIATH,
R