Witbooi v S (A376/2008) [2008] ZAWCHC 289 (7 November 2008)

80 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Right to legal representation — Appellant convicted of indecent assault after self-representation — Appellant later claimed denial of right to legal representation during trial — Court found that trial magistrate erred in not allowing appellant time to secure legal counsel, thus infringing on his constitutional right to a fair trial — Conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 289
|

|

Witbooi v S (A376/2008) [2008] ZAWCHC 289 (7 November 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A376/2008
DATUM
:
7
NOVEMBER 2008
In
die saak tussen:
MORNE
WITBOOl
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
FOURIE.
R:
Die
appellant net in die streekhof te Mitchell's Plain op fa aanklag van
onsedelike aanranding verskyn. Hy het onskuldig gepfeit
maar na die
aanhoor van getuienis, is hy skuldig bevind aan die oortreding van
artikel 14 van Wet 23 van 1957, en gevonnis tot
ses jaar
gevangenisstraf waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is. Hy
het daarna fa aansoek gebring vir verlof om te appelfeer
en dit is
deur die Streeklanddros toegestaan.
Hoewel
die Streeklanddros nie spesifiek vermeld het of verlof verieen word
teen beide skuldigbevinding en vonnis nie, aanvaar ek
dat dit wel die
geval is, aangesien die trant van die aansoek gemik was teen beide
skuldigbevinding en vonnis.
Ten
aanvang is dit egter nodig om aandag te skenk aan die vraag of
appellant 'n biilike verhoor gehad het. Hierdie aspek is ten
regte en
op 'n biilike wyse deur mnr
Theron
.
namens die Staat, in sy betoogshoofde en weer vandag voor ons
geopper. Dit is nodig om kortliks te verwys na die verloop van die

gebeure wat aanleiding gegee het tot die vraag of appellant n biilike
verhoor gehad het.
Appellant
het met sy verskyning in die streekhof op 4 Desember 2007, aangedui
dat hy nie regsverteenwoordiging benodig nie en self
sy verdediging
sou behartig. Na verdere uitstelle is die saak op 26 Februarie 2008
ter rolle geplaas vir verhoor. By hterdie geleentheid
het appellant
in persoon verskyn en aanvanklik weer bevesttg dat hy nie
regsverteenwoordiging benodig nie.
Alvorens
hy egter op die aanklag teen horn gepleit het, het hy die
streeklanddros daarop attent gemaak dat die Staat nog nie sekere

dokumentasie aan hom verskaf het nie. Tydens die debat wat toe
plaasgevind het, het appellant aangedui dat hy by heroorweging
besluit het dat hy wel die dienste van Yi regsverteenwoordiger
benodig. Die relevante deel van die notule van die verrigtinge in
die
Hof a
quo
lees
as volg:
"Appellant:
So in die geval, ek dink ek gaan maar Viewer aansoek doen vir n
staatsJawyer om myself te protect.
Landdros:
Okay, I must look at the record because if you were informed of your
fights properly,
I
think
I am going to refuse that application, you are wasting now, you are
delaying the trial. Appellant: Soos ek gese het, ek wil
nie die Hof
se tyd mors nie, maar ek voel net nou dat - want ek het gedog ek is
geregtig op aIIe dokumentasie. Landdros: Do you
want the prosecutor
to put the charge or what?
Appellant:
Ja, ek weet ek het vir die Hof gese ek gaan my eie verdediging doen
en dit is nie om die Hof se tyd te mors nie, maar
ek voel in hierdie
opsie gaan ek maar liewer van regshulp gebruik maak, nie dat ek nie
die magistraat vertrou of enigeen nie, maar
ek voel ek wil maar Hewer
..."
Die
streeklanddros verwys in haar uitspraak ook na hierdie voorval en
beskryf dit as volg:
"In
explaining to the accused that the Court was not for the State, it
was for the interest of justice and therefore it will
help the
accused, he refused to plead and going on and on and on about his
rights including his right to legal representation.
He insisted that
he wanted to apply for legal aid."
Die
streeklanddros het toe wel vir appellant die gefeentheid gebied om
h
n
regsverteenwoordiger te bekom. Ene advokaat
Kahn
het op dieselfde dag namens appellant verskyn en 'n nuwe
verhoordatum, naamlik Vrydag 7 Maart 2008, is met horn gereel.
Op
7 Maart 2008 deel appellant egter die Hof mee dat hy advokaat
Kahn
se mandaat beeindig het. Hy het toe blykbaar reeds 'n ander
prokureur, ene mnr
Van
der Merwe
,
se dienste bekom. Die streeklanddros het toe vir appellant gel as om
10:00 voormiddag dieselfde dag weer in die hof te verskyn
met sy
prokureur. Tydens die latere verskyning op 7 Maart 2008 het appellant
die streeklanddros meegedeel dat sy prokureur blykbaar
uttstedig te
George was. Die streeklanddros het egter vir appellant gelas om
sonder regsverteenwoordiging met die verhoor voort
te gaan. In haar
uitspraak motiveer die landdros hierdie besluit, onder andere, as
voig:
"The
Court was satisfied beyond any doubt that the accused was using legal
representation to delay the proceedings, something
that has been
confirmed through the trial because at every opportunity he was
given, the accused was going on and on about his
rights. So, the
Court suspects that he planned the whole thing so that the Court will
proceed without an attorney and that he will
go on another
(indistinct). In fact, it has already been said but the Court would
like to say this again, that from the very word
go, the accused
represented himself as somebody who knows the law and who wanted to
manipulate the law."
Na
die aanhoor van die staatsaak, is die verrigtinge toe verdaag tot
Maandag, 10 Maart 2008. Op die datum het appellant toe getuienis

afgele, maar alvorens hy met die meriete van sy saak gehandel het,
het die volgende bespreking tussen horn en die streeklanddros

plaasgevind:
"Landdros:
Yes Mr Witbooi, what do you want to tell us?
Appellant:
Net voor ek gaan begin praat oor die saak, wil ek dit duideEik aan
die Hof ste! ... (tussenbeide)
Landdros:
Mr Witbooi, please let's - you have being doing this since day one
not speaking to what you want to, let's just stick
to the case. I do
not want your addresses.
Appellant:
Wat ek wil se is maar deel van my regte
r
ek wou nooit die saak sonder 'n prokureur gedoen het nie.
Landdros:
We will pass that, that is on record, so proceed. If you still say
you want an attorney, you were supposed to bring an
attorney today.
You still do not have an attorney and you say you did not want to
proceed with an attorney. Appellant: Vrydag toe
wil hulle my nie 'n
geleentheid gee hoekom die prokureur nie hier is nie.
Landdros:
I did explain, you said he was in George, let's get on with the case,
Mr Witbooi, please. You did explain, I do not know
what.''
Na
skuldigbevinding en vonnis het appellant, bygestaan deur 'n
regsverteenwoordlger, op 12 Junie 2008 aansoek gedoen vir borg
hangende
appel. Appellant het tydens die borgverrigtinge weer die
kwessie van sy regsverteenwoordiging tydens die verhoor, in die
volgende
woorde geopper:
“
I
was not been treated fairly in court especially and the fact that I
did not want to conduct my own defence."
Die
reg van 'n beskuldigde in 'n kriminele saak op verteenwoordiging deur
'n regspraktisyn van sy keuse, word verskans in artikel
35{3)(f) van
ons Grondwet. Die reg word ook bevestig in artikel 73(2) van die
Strafproseswet, nr. 51 van 1977. Endien 'n beskuldigde
hierdie reg
ontneem sou word, sal dit feitlik sonder uitsondering 'n skending van
die beskuldigde se reg op n biilike verhoor tot
gevolg he. In
HIEMSTRA,
CRIMINAL
PROCEDURE
,
word dit as volg geste! te 11-4:
"The
accused's right to legal representation is of course worthless if he
or she is not given a reasonable opportunity to use
it. When a
reasonable request for time to obtain legal advice is refused, any
conviction which follows will almost invariably be
set aside on
appeal or review. After a 11
P
it is virtually impossible to determine afterwards how the trial
would have proceeded had iegal representation not been irreguEarly

refused."
Hierdie
beginsel is reeds voor die inwerktreding van ons huidige grond
wetlike bes tel deur die destydse Appelhof bevestig in
S
v SHABANGU
1976(3) SA 555. Sien verder ook die onlangse beslissing van
S
v LUSU
2005(2) SASV 538 (OK), waar beslis is dat die weerhouding van die reg
op regsverteenwoordiging en die gevolglike skending van die

grondwetfike reg van die beskuldigde op 'n biilike verhoor, tot
gevolg het dat die skuldigbevinding en vonnis wat daarop gevolg
het,
tersyde gestel behoort te word.
in
die onderhawige gevat het die streeklanddros, na my mening, fouteer
deur nie, toe sy meegedeei is dat appellant prokureur Van
der Merwe
se dienste bekom het, maar dat hy blykbaar in George was, die
geleentheid aan appellant te bied om hierdie prokureur
se bystand te
verkry, desnoods by wyse van Vi uitstel van die saak.
Ek
aanvaar dat appellant se optrede in die hof die streeklanddros se
geduld op die proef gestel het maar het dit na my mening steeds
nie
as regverdigrng gedien vir die ontneming van appellant se grondwetUke
reg op regsverteenwoordiging nie. Soos gemeld in
S
v SHABANGU
(supra),
behoort die voorsittende beampte in h geval soos hierdie minstens
ondersoek in te stel ten einde te bepaal waarom die prokureur
nie in
die hof teenwoordig is nie. Dit mag selfs geblyk het dat sy
afwesigheid nie aan enige versuim van appellant toegeskryf kon
word
nie.
Ek
is verder ook van mening dat die streeklanddros nie, op die feite
voor haar, kon bevind, soos sy wel gedoen het, dat dit doelbewuste

optrede van die appellant was om die verrigtinge te vertraag met die
oog daarop om die gevolge van die daad wat hy na bewering
gepleeg
het, te vermy nie.
Dtt
is ook in hierdie gevat onmoontlik om te bespiegel oor watter invloed
regsverteenwoordiging op die uitslag van die saak kon
gehad het. Die
feit van die saak is egter dat appellant se grondwetlike reg op
regsverteenwoordiging in die omstandighede geskend
is en dat die
gevolgtrekking noodwendig moet wees dat dit 'n nadeUge invloed op sy
reg op h billike verhoor gehad het.
Ek
is van oordeel dat in die onderhawige omstandighede appellant se reg
op n biltike verhoor voorrang moes geniet het bo die ongerief
wat
moontJik sou gevolg het indien daar 'n verdere vertraging in die
afhandeling van die verhoor was. Ek is gevolglik van mening
dat die
verrigtinge in die streekhof wat tot die skuldigbevinding en vonnis
van appellant aanleiding gegee het, onreelmatig was
en tersyde gestel
behoort te word.
Aangesien
dit nie 'n uitspraak op die meriete tot gevolg sal he nie, is die
Staat geregtig om uit hoofde van artikel 324(c) van
die St raf proses
wet weereens geregtelike stappe teen die appellant in te stel. Sien
in hierdie verband ook
S
v MAKHANDELA
2007(2) SASV 620 (W).
Bygevolg
sou ek gelas dat appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van
artikel 14 van Wet 23 van 1957, asook die vonnis
wat hom opgele is,
tersyde gestel word.
ROUX.
WnR:
Ek stem saam.
ROUX,
WnR
FOURIE.
R
:
Dit word so gelas.
FOURIE.
R