Hooggeregshof van Suid-Africa v Senator Versekeringmaatskappy Bpk. (116/9186) [1986] ZASCA 57; [1987] 1 All SA 156 (A) (26 May 1986)

65 Reportability
Insurance Law

Brief Summary

Insurance — Liability for damages — Claim for damages arising from motor vehicle accident — Appellant, an insurer, contested liability for damages after compensation awarded under the Workmen's Compensation Act — Respondent, a workman, sustained serious injuries due to the negligence of the insured driver — Court held that the total compensation awarded by the Compensation Commissioner should be deducted from the damages claimed, but only to the extent that it related to the same injuries — Appellant's appeal dismissed as it failed to demonstrate that the respondent would receive double compensation for the same injuries.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 57
|

|

Hooggeregshof van Suid-Africa v Senator Versekeringmaatskappy Bpk. (116/9186) [1986] ZASCA 57; [1987] 1 All SA 156 (A) (26 May 1986)

LL
Saak No 116/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêLAFDELING
Insake die appèl van:
SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
Appellant
teen
RAYMOND CLAUDE BEZUIDENHOUT
Respondent
CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN, HEFER, JACOBS
ARR et NICHOLAS WAR
VERHOORDATUM
: 1 MEI 1986
LEWERINGSDATUM
26 MEI 1986
REDES VIR UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Om redes wat sal blyk, was die onderhawige
appèl vanaf datum van aantekening daarvan sonder enige twyfel gedoem tot
mislukking.
Die lotgevalle daarvan was naamlik van meet af beheers deur vorige
uitsprake van hierdie hof, en tereg is die juistheid daarvan nie
deur die
appellant aangeveg nie. Derhalwe is die appèl na aanhoor van die betoog
van die appellant se advokaat, karig soos
dit was, van die hand gewys.
Die respondent (eiser) het in die
Transvaalse
Provinsiale Afdeling die appellant
(verweerder), 'n be-
voegde versekeraar, ingevolge die bepalings van Wet
56
van 1972 aangespreek vir betaling van skadevergoeding
ten opsigte van
toekomstige mediese koste (R3 950) en
pyn en lyding met gepaardgaande verlies
aan lewensge-
nietinge (R20 000). In die lig van die notule
van
samesprekings ooreenkomstig hofreël 37 is dit onnodig
om die
pleitstukke in besonderhede weer te gee. Al
wat gemeld hoef te word, is dat
die volgende by die ver-
hoof gemene saak was:
/(1) ...
3.
(1)
Die eiser was die
bestuurder van 'n voertuig wat op 23 November 1981 betrokke was in 'n bot-sing
met 'n ander motorvoertuig wat ingevolge
die bepalings van Wet 56 van 1972 deur
die verweerder verseker was.
(2)
As gevolg van
die botsing het die eiser vry ernstige liggaamlike beserings
opgedoen.
(3)
Die botsing was te wyte aan die
uit-sluitlike nalatigheid van die bestuurder van die verse-kerde
voertuig.
(4)
Die eiser was ten tyde van die
botsing 'n werksman binne die raamwerk van die Ongevallewet 30 van
1941.
(5)
Die Ongevallekommissaris (hierna
kort-weg die Kommissaris genoem), het die volgende finale toekennings aan die
eiser gemaak: (a) R2
650 as skadeloosstelling, soos bedoel in art 38 van die
Onge-vallewet, vir tydelike algehele arbeidsongeskiktheid; (b) R17 131 synde
die
gekapitaliseerde waarde van
/h ...
4.
'n maandelikse pensioen ingevolge art 39 (1) (d) van
bedoelde wet vir blywende arbeidsongeskiktheid met 'n
graad van 33% bereken vanaf 1 April 1982; en (c) mediese en verwante
koste.ten bedrae van Rl 594,69 oor-eenkomstig art 77 gelees met
artikels 76 en
79 van die wet.
(6) Die eiser se toekomstige mediese uit-gawes is op R3 950 bepaal, terwyl
ooreengekom is dat sy ideële skade die som van R12
000 beloop het.
Al wat blykens die notule in geskil was, is of die totale toekenning van R21
375,69 deur die Kommissaris afgetrek moes word van die
bedrae genoem in(6), wat
dan sou meebring dat die verweerder hoege-naamd nie vir betaling van
skadevergoeding aanspreeklik sou wees
nie. Op grond van die beslissing van
hier-die hof in
Klaas v Union and South West Africa Insurance Co Ltd
1981
(4) SA 562
(A), het die hof a
quo
die ge-skilpunt ten gunste van die
eiser beslis en derhalwe
/die ...
5.
die verweerder beveel om 'n totale bedrag van R15
950 met koste aan die eiser te betaal. Daarna is egter aan die verweerder verlof
verleen om na hierdie hof te appelleer.
Soos in die verhoorhof, het die verweerder
se advokaat op appèl
gesteun op die bepalings van art
8 (1) van die Ongevallewet wat soos volg
lui:
(1) Wanneer 'n ongeval ten opsigte waarvan skadeloosstelling betaalbaar is,
onder om-standighede veroorsaak is wat iemand anders as
die werkgewer (hieronder
die derde party genoem) regtens vir die betaling van skade-vergoeding ten
opsigte daarvan aan die werks-man
aanspreeklik maak -
(a) kan die werksman skadeloosstelling in-
gevolge hierdie Wet eis sowel
as in
'n geregshof teen die derde party gereg-telike stappe doen om skadevergoeding
te verhaal: Met dien verstande dat, ingeval sodanige
stappe gedoen word,
die hof by die toewysing van skadever-goeding rekening moet hou met die
bedrag wat uit hoofde van die bepalings van paragraaf (b)
waarskynlik deur die
derde party aan die kommissaris of die werk-gewer indiwidueel aanspreeklik
(hier-onder die werkgewer genoem),
al na die geval, betaal sal moet word; en
(b) het die kommissaris of die werkgewer
deur wie skadeloosstelling
betaalbaar
is, die reg om teen die derde party
geregtelike stappe te doen
vir die ver-
haal van die skadeloosstelling wat hy
ingevolge hierdie Wet
weens die ongeval
verplig is om te betaal, en kan hy daardie
/reg ...
6.
reg uitoefen óf deur in 'n geding deur die werksman teen die derde party
ingestel, tussenbei te tree, óf deur self
geregte-like stappe te doen:
Met dien verstande dat die ingevolge hierdie paragraaf ver-haalbare bedrag nie
die bedrag van die skadevergoeding
(as daar is) mag oorskry wat volgens die
oordeel van die hof aan die werksman toegeken sou geword het as hierdie Wet nie
bestaan
het nie."
Klaas is met verwysing na die
sub-
artikel die volgende gesê (op pp 580-1):
"It is clear that the Legislature did not intend the benefits received by a
work-man under the Act to be regarded as res in-
ter alios acta
. A Court
is enjoined to have regard to such benefits, i e the compensation (including
medical aid) that the Commissioner is obliged
to pay and entitled to recover
under s 8 (1) (b). In
Bonheim v South British Insurance Co Ltd
1962 (3)
SA 259
(A) at 266 OGILVIE THOMPSON JA pointed out that the precise meaning of
the words 'shall have. regard to' in s 8 (1) (a) is not entirely
clear, but
assumed that they mean 'deduct'. However, there may be a good reason why the
Legislature used the above words. If a workman
received free medical and
hospital treatment he may decide not to claim from the wrongdoer any amount in
respect of such treat-ment.
In such a case it would be ineguit-able to deduct
from the damages established
/by
1)
Klaas v Union and South West Africa Insurance Co Ltd
,
supra
.
7.
by him the amount relating to medical aid which
the Commissioner is entitled to claim under s 8 (1) (b). It therefore appears to
me
that only like should be deducted from like
. However, in order to
obviate repetition, I shall henceforth merely refer to a deduction to be made in
terms of the proviso to s
8 (1) (a). (My onderstreping.)
In view of the wording of, and inter-relationship between s 8 (1) (a) and (b)
I am of opinion that the gist of the Legis-lature's
intention may be stated as
follows: In preferring a claim against a wrongdoer (or any other defendant, such
as an insurer, who may
be held liable as a result of the commission of a delict)
a workman may claim his ordinary common law damages, including medical
expenses.
In applying the pro-viso to s 8 (1) (a), however, a Court must deduct from such
damages the compensation (including medical
aid) which the Commissioner may
recover in terms of s 8 (1) (b)."
Die verhoorhof het hierdie
dicta
soos volg toegepas:
"It is apparent from the above that , the proviso to the section 8 (1) (a)
did
not require a blind arithmetical deduction
to be made in all cases A court
has in my view to have regard to what the Commissioner paid or is likely to
pay the
/workman ...
8.
workman and if the court is satisfied on the facts placed before it that the
work-man is not going to be compensated twice for the
same injuries, the proviso
to section 8 (1) (a) will have been met."
Die hof
het dus tereg daarop gewys dat al wat art 8 (1) (a) beoog, is dat 'n werksman
nie dubbele ver-goeding mag verhaal nie, of,
anders gestel, dat die delikpleger
nie meer as die getroffene se werklike skade aan hom en/of die Kommissaris sal
betaal nie. En
in
casu
het die Kommissaris natuurlik nie toekomstige
mediese koste aan die eiser toegeken nie, en op die oog af ook geen ideële
skadevergoeding
nie.
In sy betoogshoofde het die appellant se advo-
kaat gepoog om te steun op 'n verdere (
obiter
)
dictum
in
2 )
Klaas
. Dit lees soos volg:
"There is accordingly much to be said for the view that the compensation falls
to be de-ducted from the total amount of the workman's
common law damages even
if he actually chose to claim a lesser sum."
In hierdie Hof het die advokaat egter gerede-
lik,
en tereg, toegegee dat die aangehaalde passasie
/nie
2)
Klaas v Union and South West Africa Insurance
Co Ltd,supra,op p 587.
9.
nie sy saak baat nie. Dit het naamlik betrekking slegs op 'n geval waarin art
22 (2) van Wet 56 van 1972 van toe-passing is, en in
die onderhawige geval was
die eiser nie 'n werknemer van die bestuurder of eienaar van die versekerde
voertuig nie. Bowendien strek
die passasie, indien dit in verband gelees word,
in elk geval teen die argument wat die advokaat van voorneme was om te
opper.
Uiteindelik het hy dan ook op slegs 'n enkele betoog staatgemaak. Dit kan
soos volg saamgevat word: Die toekenning van die Kommissaris
ingevolge art 39
(1) (d) van die Ongevallewet mag deels op verlies van lewens-genietinge
betrekking hê en derhalwe het die
eiser nie bewys dat daar geen
oorvleueling tussen bedoelde toe-kenning en die ooreengekome bedrag van R12 000
ten op-sigte van ideële
skade is nie. Die advokaat het egter tereg toegegee
dat die betoog geen antwoord bied op die verhoorhof se toekenning van R3 950
ten
opsigte van toekomstige mediese koste nie en dat, indien die
/argument ...
10.
argument gegrond is, die appèl slegs
gedeeltelik kon slaag.
Na my mening was daar minstens twee redes waarom die betoog as totaal
ongegrond verwerp moes word. In eerste instansie is dit volgens
die
reedsgenoemde notule, gelees teen die agtergrond van die pleitstukke,
oorvloediglik duidelik dat die partye dit eens was dat,
benewens die totale
toekenning van die Kommissaris, die eiser verdere skade ten bedrae van die
ooreengekome syfers, in totaal R15
950, gely het. Dit is voorts duidelik dat die
verweerder slegs 'n regsargument wou opper wat berus het op 'n onjuiste
interpretasie
van die
obiter dictum
wat hierbo aangehaal is.
In tweede instansie het hierdie Hof reeds beslis dat toekennings ingevolge
die Ongevallewet slegs op vermoënskade betrekking
het. In
South British
Insurance Co Ltd v Harley
1957 (3) SA 368
(A), het
Schreiner Wnd HR naamlik met verwysing na 'n beslissing
/in ...
11.
van Ogilvie Thompson R die volgende gesê (op p
373):
"In
Bhoer
's case ... OGILVIE THOMPSON, J., came to the conclusion,
upon consideration of the provisions of the 1941 Act, that it was concerned
only
with pecuniary loss. ... I agree ... that the provisions of Chapter V of the
1941 Act are generally inconsistent with the contention
that it covers factors
like pain and loss of amenities."
/As ...
3)
Bhoer v Union Government and Another
1956
(3) SA 582 (C) 592.
4) Raadpleeg ook
Natal Provincial Administration
v Buys
1957
(4) SA 646
(A) 655 G, waarin
Fagan HR, hom met verwysing na
South
British
Insurance Co Ltd v Harley
soos volg uitgelaat
het:
"The claim in that case was for pain and suffering and for loss of amenities
of life. These are types of loss or damage in respect
of which no provision for
compensation is made in the Workmen's Compensation Act ..."
12. As 'n
aanhangsel tot bogenoemde betoog het die verweerder se advokaat ook aan die hand
gedoen dat die Kommissaris se toekenning
betreffende onge-skiktheid nie te rym
is nie met die feit dat volgens die pleitstukke die eiser na die ongeluk
dieselfde inkomste
as voor die tyd bly ontvang het. Al wat in dié verband
gesê hoef te word, is die volgende: Indien die Kommissaris te
veel aan die
eiser betaal het, kan hy die oorskot natuurlik nie van die verweer-der verhaal
nie,en kan laasgenoemde dus nie twee
keer vir dieselfde skade aanspreeklik gehou
word nie. In elk geval is die eerste van bogemelde twee antwoorde afdoende ook
wat die
onderhawige argument betref.
/Om ...
13 .
Om bogenoemde redes is die appèl met koste
afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
EK STEM SAAM:
CORBETT AR
HEFER AR JACOBS AR
NICHLAS WAR