About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 273
|
|
Griffiths v S (A291/2007) [2008] ZAWCHC 273 (24 October 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A291/2007
DATUM
: 24
OKTOSER 2008
In
die saak tussen:
JOHNNY
GRIFFITHS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
JOUBERT.
WnR:
Die
Appellant net op 25 Januarie 2007 onskuldig gepleit in die Streekhof
te Mosselbaai voor die agbare Streeklanddros mnr. M Van
Wyngaard op
J
n
klagte van verkragting, naamlik dat hy op/of omtrent 27 Augustus 2005
en te of naby Campirostraat 15, Mosselbaai wederregtelik
en opsetlik
met Sophia Manu, 'n meerderjarige vroulike persoon, geslagsgemeenskap
gehad het sonder haartoestemming.
Die
Appellant het regsverteenwoordiging van die hand gewys en het sy eie
verdediging behartig.
Nadat
die getuienis van die klaagster en haar eggenoot, Karel Manu namens
die Staat, en die Appellant en sy eggenote, Esthia Griffiths,
op
dieselfde dag aangehoor is, is die Appelfant skuldrg bevind op die
aanklag soos gestel. Nadat die Appellant getuienis ter versagting
afgele het
p
is hy ook op dieselfde dag tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.
Met
verlof van die Hof a
quo,
kom
die Appellant op hoer beroep teen die skuldigbevinding alleenlik.
In
bree trekke, en met verwysing slegs na die beweerde verkragting self,
was die klaagster se getuienis dat terwyl haar eggenoot
Karel Manu in
die sit- of woonarea van hulle woonhuis gesit en slaap het (na 'n
oenskynlik hewige drinksessie), die Appellant haar
agtervolg het toe
sy na haar slaapkamer gaan, en haar toe gevra het om seks met horn te
he, welke versoek sy uitdruklik van die
hand gewys het. Volgens haar
het die Appellant toe na die kombuis toe gegaan en n mes gaan haat
waarmee hy haar toe gedreig het
om seks met horn te he. Sy het
deurentyd probeer om haar slapende eggenoot, Karel, wakker te roep,
maar hy het nie gereageer nie
en sy het geen keuse gehad as om haar
samewerking te verleen nie. Op die Appelfant se instruksies het sy
toe die een heffte, d.w.s.
die een pyp, van die broek asook die
dames-broekie wat sy aangehad het uitgetrek, en het die Appelfant toe
teen haar wil geslagsomgang
met haar gehad op die bed in die
slaapkamer. Nadat hy die daad voltooi het, het die Appellant volgens
die klaagster geloop en het
sy toe haar eggenoot gaan wakker maak en
horn vertel wat gebeur het. Hy het uitgegaan om die Appelfant te
soek, maar kon horn nie
kry nie en die polisie is toe gekontak en 'n
klagte van verkragting gele.
Karel
Manu kon slegs getuienis lewer ten opsigte van die gebeure voordat hy
aan die slaap geraak het en die gebeure nadat die klaagster
horn kom
wakker maak het. Meer besonderhede hieroor volg later.
Die
Appelfant het 'n mondelinge pleitverduideliking gelewer en ook
getuienis afgele, tot die effek dat hy en die klaagster voorheen
in
'n seksuele verhouding was en selfs nadat sy met Karel Manu getroud
is gedurende
2001,
by geleentheid seksueel verkeer. Volgens horn het hy op die betrokke
dag, nadat Karel aan die s!aap geraak het, "ogies
gemaak"
vir die klaagster en het sy deur haar optrede aangedui dat sy
gewilJig is om weer geslagsomgang met horn te he. Hy
het toe
uitdrukEik vir haar gevra of hy weer geslagsomgang met haar kan he,
waarop sy instemmend geantwoord het Volgens horn het
sy eers seker
gemaak dat haar kinders nie teenwoordig is nie, en toe na die
slaapkamer gegaan vanwaar sy Karel se naam 'n paar
keer geroep het om
seker te maak dat hy nie sal wakker word nie. Hy het toe deur die
slaapkamer na die badkamer gegaan en in die
proses van by haar verby
loop, sy hand onder die kombers waaronder sy toe gele het gesit, en
gevoel dat sy reeds kaa! of harfkaal
is. Toe hy terugkom van die
badkamer het hy, met haar toestemming, geslagsomgang met haar gehad.
Oie feit dat die klaagster horn
van verkragting aankla, skryf hy
daaraan toe dat sy horn wou terugkry vir 'n vorige geleentheid toe
hulle gesEagsgemeenskap gehad
het en hy 'n kondoom gebruik het. Sy
was, volgens die Appellant, ontstoke daaroor en het vir horn gese dat
sy horn nooit sal vergewe
nie.
Die
Appellant se eggenote, Esthia Griffiths, se getuienis het die saak
geensins verdergevoer nie.
By
ooreenkoms tussen die Staat en die Appellant is 'n mediese verslag by
die verhoorhof ingedien waaruit dit btyk dat die klaagster
geen
beserings opgedoen het nie.
Die
geleerde verhoorlanddros het in sy uitspraak sy skuldigbevinding op
die volgende faktore baseer;
Dat
die feit dat die klaagster 'n rapport aan haar man gemaak het, nie
ooreenstemmend is met die gedrag van iemand wat toegestem
het tot
gemeenskap nie;
Dat
daar niks in die klaagster se getuienis is wat agterdog verwek het
nie, dat sy 'n goeie indruk op die Hof gemaak het, en dat
lv
...'m
soverre
haar
getuienis en die van haar man ooreenstemmend is, bet hutie mekaar
gestaaf.
(c)
Dat die Appellant se weergawe
"...gesien
in die iig van die getuienis in die geheel, nie redefik
moontiik
waar
(is) nie en dear die
Hof
venverp
word".
Gegewe
die fert dat -
(a) dit
gemene saak was dat daar seksuele omgang tussen die klaagster en die
Appellant plaasgevind het;
(b) daar
geen beserings deur die klaagster opgedoen is nie;
die
klaagster en Appellant voorheen 'n seksuele verhouding gehad het;
die
enigste geskil was of die klaagster toestemming tot seksuele omgang
gegee het al dan nie, ten opsigte van welke geskilpunt
sy 'n
enkelgetuie was; en
die
Appellant onverteenwoordeg was,
is
ek van mening dat die geleerde verhoorlanddros die klaagster se
getuienis met versigtigheid moes benader het (sfen bv.
S
v Van der Ross
2002(2}
SASV 362 (C) en
S
v
Jones
2004
(1) SASV 420 (C) te 427). Dit blyk egter nie uit sy uitspraak, of die
wyse waarop hy die getuienisvoering tydens die verhoor
hanteer het
dat die geleerde verhoorlanddros sodanige benadering gevolg het nie,
en ek is van mening dat sy versuim om dit te doen,
of ten minste haar
getuienis met 'n meer kritiese gesindheid te benader, 'n mistasting
was.
'n
Meer kritiese benadering onthul
J
n
aantal probtematiese aspekte van die klaagster se getuienis en die
Staat se saak in geheel:
Weersprekende
getuienis t.o.v. aanloop tot die beweerde verkragting
Aanvankfik
getuig die klaagster dat daar n aantal mense in die huis was, dat
sommfges toe geloop het, wat tot gevolg gehad het dat
sy, haar man
Karel, en die Appellant alleen agtergebly het. Hulle het toe gedrink
en toe hulfe klaar gedrink het, het Karel "getiep".
Sy het
toe kamer toe gegaan, die Appellant het haar gevofg en die
verkragting het toe pfaasgevind (sien
rekordbl
9:10-20)
Later
in hoofgetuienis (bl
11:10-15)
se
sy dat nadat die ander mense gefoop het, hulle drie agter gebly het,
die Appellant toe geloop het en toe weer teruggekom het.
(Haar
getuienis dat die Appellant toe vir haar vra waar Karel is
(r.
14),
maak
ook nie sin nie aangesien die Appellant sou kon gesien het Karel sit
en slaap.)
Tydens
kruisondervraging (bl
24:7-9)
getuig
sy weer dat beide die Appellant en Karel weggegaan het en dat Karel
toe voor die Appellant teruggekom het.
Laasgenoemde
weergawe word in wese in herondervraging deur die klaagster bevestig
(bl
27:9-20).
Die
klaagster se man, Karel Manu, se weergawe is weer heeltemal anders.
in hoof getuig hy eenvoudig dat huile by die huis was, saam
gedrink
het, en dat hy toe aan die slaap geraak het (bl
29:4-14).
Later
getuig hy dat hy en die Appellant mekaar by Hartenbos ontmoet het,
afgespreek het dat Appellant Jater
l
n
draai by sy huis sal kom maak, wat toe ook gebeur het, maar dat daar
nie sprake daarvan was dat hulle eers op 'n stadium weer
saam van die
huis af weggestap het nie
(bl
30:9-19).
Waarom
kon
die
klaagster
nie haar man (Karel) se hulp inroep nie?
Die
klaagster getuig
(bl
12:23)
dat
sy die heeltyd na haar man geroep het maar dat hy glad nie geantwoord
het nie. Dit blyk nie duidelik op watter stadium sy begin
het om na
horn te roep nie hoewel sy, volgens haar, ook na horn geroep het
terwyl die verkagting aan die gang was (bl
13:25
- 14:3).
Laasgenoemde
getuienis laat natuurlik die vraag onstaan waarom sy nie deur die
beweerde teenwoordigheid van 'n mes afgeskrik is
nie. Die doel van 'n
mes sou tog juis wees om haar tot swye te intimideer. Sy het wel
getuig dat, nadat die Appellant haar die
eerste keer met die mes
gedreig het, sy die mes nie weer gesien het nie, maar sy sou tog
bewus moes gewees het dat die mes nog
iewers naby die Appellant moes
gewees het.
Die
werklike vraag is egter waarom sy nie na haar man toe kon gehardfoop
het en horn wakker geskud het nie. Volgens haar getuienis
was sy op
pad kamer toe gewees, en het die Appellant haar toe gevolg en vir
seks gevra waarop sy nee gese het. Hy gaan toe terug
kombuis toe,
gaan haal
H
n
mes en se toe vir haar dat sy moet uittrek
(bl
9:18-21).
Sekerlik
sou sy 'n geleentheid gehad het, nadat sy na bewering vir die
Appellant gese het sy wil nie seks he nie, om na haar slapende
man
toe te hardloop.
Haar
getuienis
(bl
19:17-19)
blyk
te wees dat sy al vir Karel begin roep het toe die Appellant haar vir
seks gevra het. Dit was m.a.w. nog voordat hy na bewering
'n mes gaan
haal het. In plaas van om te roep na Karel, kon sy net eenvoudig na
horn toe gegaan het.
Teenwoordigheid
van klaagster se kind, Warren
Aanvanklik
getuig die klaagster eenvoudig dat die kinders nie by die huis was
nie, en eers teruggekom het toe die polisie daar kom,
d.w.s. na 20h30
die aand (bl
18:20
-19:8).
Die
ktaagster erken egter (bl
19:24
- 20:4)
dat
sy op 'n stadium vir die Appellant gevra het waar die seuntjie,
Warren is. Sy kon egter nie verduidelik waarom sy dit gevra
het nie
en hierdie getuienis neig myns insiens om die Appellant se weergawe
dat beide van hulle wou seker maak dat hulle nie gesteur
sal word
nie, te staaf.
Tydens
kruisondervraging ontken sy nie die beskuldigde se sterling dat
Warren op 'n stadium daar was nie
(bl
22:5-15),
hoewel
dit moontlik is dat die geleerde Verhoorlanddros se tussentrede op
daardie punt tot gevolg gehad het dat daardie stelling
eenvoudig
agterwee gefaat is.
Later
in kruisondervraging skep sy die indruk dat Warren tog tot op 'n
sekere stadium kort voor die voorval nog teenwoordig was
(bl
23:2-22).
Tydens
herondervraging ontken sy weer dat Warren hoegenaamd daar was
(bl
27:1-4),
hoewel
die feit dat daar nie na spesifieke stadiums verwys word
nie,
moonttik
verwarring kon skep.
Klaagster
se verhouding met Appellant
Die
klaagster het weliswaar nooit erken dat sy na haar troue met Karel in
2001 'n seksuele verhouding met die Appellant gehad het
nie, hoewel
dit blyk dat haar ontkennings
in
hierdie
verband nie heeltemal oortuigend was nie. Sien veral haar huiwering
om die geleerde verhoorlanddros vraag in hierdie verband
te antwoord
op
bl
25: 22.
'n
Meer belangrike kwessie is egter die effekvan haar aanvanklike
erkenning
(bl
18:4-9)
dat
sy by die vorige geleentheid wat hulle gemeenskap gehad het, vir die
Appellant gese het dat sy hom
nie
sal
vergewe vir die feit dat hy
l
n
kondoom gebruik het nie.
Dit
blyk uit die rekord dat haar ontkenning daarvan onmiddelfik na die
erkenning eerder 'n geval was dat sy deur die staatsaanklaer
daartoe
gelei is, as dat sy 'n bona
fide
tout
reggestel het.
Indien
'n versigtige benadering tot die klaagster se getuienis gevolg was,
sou
'n
verduideliking
vir haar aanvanklike erkenning van die stelEing sekerlik van die
kfaagster geverg gewees het. Nie net het die geleerde
verhoorlanddros
geensins na hierdie aspek in sy uitspraak verwys nie, maar uitdruklik
bevind dat daar niks in haar getuienis was
wat agterdog gewek het
nie.
Die
belang van hierdie punt is dat dit 'n motief sou kon wees vir haar
aanklag van verkragting, soos wat deur die Appellant beweer
is.
Weersprekende
getuienis t.o.v. "eerste rapport"
Die
klaagster het getuig
(bl
14:7-21)
dat,
nadat die Appellant vertrek het, sy opgestaan het, vir Karel wakker
gemaak het en vir horn gese het
u
Karel,
kyk wat het Tot met my gemaak'.
Sy
het drie maaf, op vrae van die geleerde verhoorlanddros asook die
aanklaer bevestig dat dit al woorde is wat sy gese het.
Karel
Manu se getuienis het ietwat hiervan verskil. Hy het getuig (bl
29:18-25)
dat
toe die klaagster horn wakker maak, sien hy sy staan kaal en dat sy
toe se sy is verkrag deur die Appellant. Volgens horn het
sy ook
gehuil.
Buiten
die feit dat die klaagster nie getuig het dat sy gehuil het nie en
Karel op sy beurt nie haar getuienis van die woorde wat
sy gebruik
het bevestig nie, strook Karel se getuienis dat sy kaaf was nie met
haar getuienis dat sy slegs die een kant van haar
broek en
dames-broekie uitgetrek het nie.
Verde
re
aanduidings van verhoorlanddros se versuim om
(
n
versigtige benadering te volg
Die
geleerde Verhoorlanddros se steliing aan die beskuldigde
(bl
5:23)
dat
"...as
u saamstem, hoefgns nie te bewys dat jy seks met haar gehad het,
kan
die indruk skep dat hy die saak vanuit die staanspoor nie vanuit 'n
totaal objektiewe oogpunt benader het nie. Ek
is
bereid
om te aanvaar dat die gebruik van die woord
,l
ons"
'n
blote
en onskufdige glips was, maar wil tog die ooglopende punt maak dat
regterlike beamptes sorg moet dra met woordkeuses in sulke
omstandighede.
Eerder
as om die klaagster se getuienis kilties of met versigtigheid te
benader, ondersteun die geleerde verhoorlanddros haar op
bl
10:20,
waar
hy haar in effek lei om te getuig dat sy nie dronk was nie. Die feit
dat
sy
en
haar suster saam
2
liter
"Koring jou Doring", wat blyk 'n plaaslike alkoholiese
brousel
te wees, en 'n onbekende hoeveelheid "Donker Steyn" gedrink
het, maar dat sy nie eers kan onthou hoeveel sy gedrink
het nie,
behoort die vermoede te laat onstaan het dat sy wel onder die invloed
van drank was. Die blote feit dat sy getuig het
dat sy vir die
Appellant nee gese het nadat hy vir seks gevra het, beteken tog nie
dat sy nugter moes gewees het nie.
Tydens
die Appellant se (onbeholpe) kruisondervraging ten opsigte van die
klaagster se getuienis oor die kwessie of die Appellant
en Karel die
heeltyd in die huis teenwoordig was en of hutle op 'n stadium weg was
(bl
24:2-12),
het
die geleerde landdros daardie die iyn van ondervraging gestop, terwyl
mens sou verwag het dat hy aan die onverteenwoordigde
Appellant
eerder
H
n
mate van leiding met die ondervraging gee, of ten minste meer
tegemoetkomend behandel.
Die
punte hierbo uitgeiig noop my tot die gevolgtrekking dat
H
n
meer versigtige benadering tot die klaagster se getuienis aantoon dat
haar getuienis inderdaad nie bevfedigend was nie, en moet
ek derhalwe
wat dit betref eerbied iglik van die geleerde verhoorlanddros
verskil.
Serfs
indien die
Appellant
se
getuienis as onbevredigend beskou kan word (hoewel ek nie van mening
is dat daar werklik ernstige kritiek teen sy getuienis gelewer
kan
word), beteken dit nie dat die klaagster se getuienis aanvaar moet
word nie aangesien daar steeds bepaal moet word of bo redelike
twyfet bevind kan word dat haar getuienis dat sy toestemming geweier
het, waar is (Sien:
SvM
2006
(1) SACR 135
(SCA) te para 64).
Hoewel
die verhoorlanddros gemefd het dat die klaagster
u
'n
goeie indruk" op horn gemaak het, is dit nie duidelik of hy
daardeur verwys na sy waarneming van die klaagster se houding,
of na
die inhoud van haar getuienis nie (sien bv.
S
v Gentle
2005
(1) SACR 420
(SCA) te para 16). In ieder geval is hierdie na my
mening 'n geval waar die voordele wat 'n verhoorhof geniet nie
oorskat behoort
te word nie
(SvM
(supra)
te
para 41).
Gegewe
al die bostaande, is ek van mening dat daar tog redelike twyfel moet
wees oor die vraag of die geslagtelike verkeer plaasgevind
het sonder
die klaagster se toestemming, en sou ek die volgende bevel maak:
"Die
Appellant se appel word gehandhaaf en sy skuldigbevinding op die
verkragting van Sophia Manu word tersyde gestel."
DC
JOUBERT, WnR
EK
STEM SAAM
PB
FOURIE, R
24
Oktober 2008