Benn v S (A119/2008) [2008] ZAWCHC 271 (10 October 2008)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Conviction — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of robbery and declared a habitual criminal — Appellant's appeal against conviction dismissed, but appeal against sentence upheld — Court found that the lower court failed to adequately consider the circumstances of previous convictions and did not properly exercise its discretion in declaring the appellant a habitual criminal — Case referred back to the lower court for appropriate sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 271
|

|

Benn v S (A119/2008) [2008] ZAWCHC 271 (10 October 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A119/2008
DATUM
: 10
OKTOBER 2008
In
die saak tussen:
COLIN
BENN
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
ROUX.
WnR
:
Die
appellant is op 1 Augustus 2003 in die Bellville distrikshof skuldig
bevind aan roof. Na skufdigbevinding en bewys van die
appellant se
vorige veroordelings het die verhoorlanddros aangedui dat sy van
oordeel is dat die vorige veroordelings van die
appellant sodanig is
dat dit 'n misdryf ten opsigte waarvan hy skuldig bevind is
s
n
straf regverdig wat die landdroshof te bowe gaan of dat die
appellant *n persoon bedoel in artikel 286(a)(1) van die
Strafproseswet
is tewete 'n gevaarlike misdadiger.Sy het gevolglik
die hof se verrigtinge gestaak en die appellant na 'n streekhof
met
regsbevoegdheid vir vonnis verwys.
Appellant
het daarna in die Bellville streekhof verskyn en is op 15 September
2003 in terme van artikel 286(1) van die Strafproseswet
tot
gewoontemisdadtger verklaar.
Na
suksesvolle petisie kom die appellant in hoer beroep teen beide sy
skuldigbevinding en vonnis.
Die
slagoffer van die roof, mnr Ntanttso, getuig dat die appellant en
twee ander persone horn gekonfronteer, gegryp en toe van
ft hoender,
sy mes
F
'n sigaretaansteker en kontant
in
die
bed rag van R80,00 beroof het. Na die roof het appellant en sy twee
mededaders van die toneel gevlug, volgens horn, en is
agternagesit
in ft motor deur 'n verkeersbeampte, mnr Nopogaza, en ft werknemer
van die Bellville Stadsraad, mnr Ndzamela, wie
die rowers sien vlug
het.
Mnr
Ndzamela het die appellant en sy twee mededaders later uitgeken in
die straat en toe die appellant en sy twee makkers hulle
sien
uitspring uit die voertuig, het al drie van hulle op die vlug
geslaan. Die appellant is daarna aangekeer en na die slagoffer

teruggeneem waar hy die appellant uitgeken het.
Mnr
Ndzamela het bevestig dat hy die roof gesien gebeur het en dat die
appellant daaraan deelgeneem het. Na afloop van die roof
het hy en
van sy koltegas die appellant en sy twee mededaders probeer stop.
Hulle is deur die drie persone met messe gedreig
waarna die drie,
insluitende die appellant, weggehardloop het. Mnr Ndzamela het
verder bevestig dat hy en ft verkeersbeampte
die drie daarna
agternagesit het en die appellant aangekeer het.
Die
appellant het ook getuig. Volgens sy getuienis was hy ft onskuldige
omstander wat onwillekeurig teenwoordtg was en betrek
is by die
misdaad aangesien hy sy paroolpapiere by een van die persone wat
betrokke was in die roof probeer terugkry het. Ek
stem saam met die
verhoorlanddros se bevmding dat die appellant se weergawe tewete dat
hy bloot ft omstander was nie redeiik
moontlik waar kan wees nie
wanneer die beoordeel word teenoor die totaliteit van die getuienis
en die inherente onwaarskynlikhede
van die appellant se eie
getuienis.
Mnr
Du
Preez
,
namens die appellant, voer egter aan met verwysing na ft volledige
analise van die getuienis, dat die getuienis nie bewys dat
die
appellant die klaer vasgegryp het of horn geweld aangedoen het nie
of deurdat die appellant enige van die slagoffers se besittings

geneem het nie.
Myns
insiens blyk dit egter duidelik uit die getuienis dat die appellant
saam met die ander twee persone die slagoffer aanvanklik

gekonfronteer en vasgegryp het. Daarna het een van die aanvaflers
oenskynlik die slagoffer vasgehou terwyl die appellant en die
derde
persoon sy broeksakke en drasak "uitgeskud" het. Die
slagoffer het ook getuig dat hy geld in beide sy broeksakke
gehad
het en dat die appellant spesifiek die een broeksak visenteer het.
In
die omstandighede
r
selfs mdien dit bevind sou word dat die appellant nie die een was
wat die klaer vasgehou het terwyl sy sakke gevisenteer is en
die
goedere gesteel is nie of dat die appellant nie van die gesteelde
goedere op hom gehad het toe hy gevang is nie, was die
appellant 'n
mededader tot die roof. (Sien HiEMSTRA,
SUID-AFRIKAANSE
STRAFPROSES
.
6de Uitgawe op 402.)
Gevolglik
is ek van mening dat die appel teen die skuldigbevinding nie kan
slaag nie.
In
terme van artikel 286(1} van die Wet, alvorens ft hoerhof of 'n
streekhof ''n persoon tot h gewoontemisdadiger kan verklaar,
moet
sodanige Hof oortuig wees dat die betrokke persoon (a) uit gewoonte
misdrywe pleeg; en (b) dat die gemeenskap teen die persoon
beskerm
behoort te word.
Wat
betref die algemene maatstawwe wat toegepas word om te bepaal of die
Hof aldus oortuig kan wees, kan die volgende opgemerk
word aan die
hand van vorige uitsprake:
Die
verklaring tot gewoontemisdadiger is nie 'n straf wat toegerneet
word ten opsigte van ft nuwe misdaad waaraan die beskuldigde

skuldig bevind word nie, maar eerder ft bevinding dat die gewone
strafmiddels nie meer doelmatig is nie.
Daar
heers 'n praktyk om nie 'n beskuldigde tot ft gewoontemisdadiger te
verklaar nie
r
tensy hy vantevore gewaarsku is dat so ft vonnis opgele kan word.
Die
afwesighefd van so ft waarskuwing ontneem egter nie die Hof sy
diskresie om so ft vonnis op te le nie.
Voordat
ft beskuldigde tot gewoontemisdadiger verklaar word, behoort die
Hof te oorweeg of die oplegging van ft aans ten like
vonnis maar
wat minder is as sewe jaar, gevangenisstraf nie die uitwerking sal
he om aan dit aan die beskuldigde duidelik te
maak dat hy sy lewe
verander nie.
In
die uitoefening van die regtelike diskresie in hierdie verband mag
dit in Vi gegewe geval aangewese wees om die omstandighede

waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, vas te stel, hetsy by
wyse van ondervraging of deur die aanwending van die bepalings
van
artikel 273 van die Wet.
Die
oplegging van sodanige straf word alom beskou as 'n drastiese en
uitsonderlike straf. (Sien
R
v SWARTS
1953(4) SA 461 (A),
S
v ERASMUS
1987(4)
SA 685 (K)
r
MASISI
v S
1996M) SASV 147 (O),
S
v VAN ECK
2003(2) SASV 563 (HHA),
S
v STENGE
2008(2) SASV 27 (K).)
Bykomend
tot bogenoemde is ek van mening dat ook dit raadsaam sou wees vir 'n
Hof wat so Yi vonnis oorweeg, om die beskuldigde
dienooreenkomstig
in te lig en te waarsku ten einde die beskuldigde 'n geleentheid te
gee om relevante inligting voor die Hof
te plaas of ten minste die
Hof daaroor toe te spreek. (Sien
MASISI
v S
(supra) op 159i en S__v DYAJSM 2004(2) SASV 365 (OK) op 367c-368f.)
Uit
die streekhof se uitspraak blyk dit dat die Hof
a
quo
die
appellant se persoonlike omstandighede asook die feite van die
betrokke insident in gedagte gehou het. Die lang lys van vorige

veroordelings, die frekwensie daarvan en die stygende lyn in die
vroeere vonnisse asook die baie kort periode wat die appellant
uit
die tronk was toe die onderhawige misdryf gepleeg is, het die
streeklanddros genoop om die appellant tot 'n gewoontemisdadiger
te
verklaar. Daar is egter geen behoorlike ondersoek ingestel na die
omstandighede waaronder die misdrywe waaraan die appellant
voorheen
skuldig bevind is, gepleeg is nie. Sodanige omstandighede blyk ook
nie uit die lys van vorige veroordelings nie.
Die
streeklanddros het wef die landdros gevra of hy aan die Hof wil
verduideiik waarom hy hierdie ander misdrywe gepleeg het waarop
die
appellant bloot soos volg geantwoord het "Ek was nog dom, u
Edele, en ek het daardie dinge gedoen. Ek wil nie vir my
skoon
spreek vanmore nie." Geen vrae het egter na aanleiding hiervan
gevolg nie.
Die
streeklanddros het dit verder aan die appellant gestel dat hy al
voorheen gewaarsku is dat hy tot gewoontemisdadiger verklaar
mag
word en die appellant het dit erken. Dit blyk uit die lys van die
appellant se vorige veroordelings dat sodanige waarskuwing
aan die
appellant gerig rs in November 1993, ongeveer tien jaar vantevore.
Die
streekhof het egter nie die appellant gewaarsku dat hy dit oorweeg
om horn tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar nie. Ek is
van mening
dat die streeklanddros die appellant en sy regsverteenwoordiger moes
gewaarsku het dat hy dit oorweeg om hom tot gewoontemisdadiger
te
verklaar ten einde die appellant die geleentheid te bied om die aard
van sy vorige misdrywe te verduidelik, asook die omstandighede

waaronder dit gepleeg is, sou hy dit wou doen. Indien hy dit gedoen
het en aan die appellant verduidelik het wat die faktore
is wat in
hierdie verband in ag geneem gaan word, asook wat die gevolge is van
sodanige verklaring, sou dit die appellant heel
moontlik genoop het
om meer besonderhede van die omstandighede waaronder sy vorige
misdrywe gepleeg is voor die Hof te plaas.
Inderdaad,
tydens vonnisopiegging, toe die streeklanddros die appellant tot
gewoontemisdadiger verklaar, het hy (die appellant)
die Hof
onmiddellik onderbreek en die volgende gevra: "U Edele, die
gewone misdadiger vonnis, hoe werk dit nou?"
Ek
is voorts van mening dat die streeklanddros die omstandighede
waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, verder moes ondersoek
het.
Soos reeds genoem, bevat die lys van vorige veroordelings wat aan
die Hof voorgele is, nie werklik besonderhede van die
omstandighede
waaronder dit gepleeg is nie. In hierdie verband dien dit daarop
gelet te word dat die passasie uit
S
v MAS HAY
1980(3) SA 224 (T) te 234A-E wat met goedkeuring deur VAN SCHALKWYK,
WnR in
S
v ERASMUS
(supra) aangehaal is op 690B-F nie se dat dit nooit nodig is om so
ft ondersoek te doen nie; inteendeel dit se dat dit aangewese
mag
wees en dat van artike] 273 van die Wet gebruik kan word
r
indien "die omstandighede waaronder die vorige misdrywe gepleeg
is, nie voldoende uit die lys van vorige veroordelings blyk
nie".
In hierdie verband kan ook verwys word na die onlangse uitspraak in
hierdie afdeling van ALLIE, R met wie HLOPHE,
RP saamgestem het in
S
v STENGE
.
(supra) op 29j waar die volgende opgemerk is:
"I
cannot agree that the Court
a
quo
was
properly convinced as no evidence was adduced to support the finding
that the appellant had a force of habit to commit the
crime in
question and it is patently clear that the Court a
quo
relied
solely on the Ifst of previous convictions."
Na
my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat
daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik
is en hierdie
Hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen het nie. (Sien
S
v MASiSIS
(supra) op 160j-161a.)
Na
my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat
daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik
is en het die
hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen nie {Sien
MASISIS
v S
(supra) op 160j-161 a.)
Soos
in
MAS/SI
v S
(supral. behoort die aangeleentheid na die streekhof terug verwys te
word om aan die hand van wat hierbo opgemerk is 'n gepaste
vonnis op
te Je. Ek sou gevolglik die volgende bevel maak:
1. Die
appel teen die skuldigbevinding word van die hand gewys en die
skuldigbevinding word bekragtig;
2.
Die appel teen die vonnis slaag;
3. Die
saak word na die streekhof terug verwys om 'n gepaste vonnis op te
le.
ROUX,
WnR
CLEAVER.
R
:
Ek stem saam en dit word so beveel.
CLEAVER,
R