About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 270
|
|
Faro v S (A113/2008) [2008] ZAWCHC 270 (10 October 2008)
UITSPRAAK
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(
KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING
)
SAAK
NO
:
A113/2008
DATUM
:
10
OKTOBER 2008
In
die saak tussen:
EVAN
FARO
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
UITSPRAAK
BLOMMAERT,
AJ
:
Die
appellant is op die 31ste Julie 2007 in dre Streekhof skuldig bevind
op 'n aanklag van moord en gevonnis tot twaalf jaar direkte
gevangenisstraf.
Appellant
appefleer teen die skuldlgbevinding sowel as die vonnis. Geen
getuienis is gedurende die verhoor gelel nie en appellant
het 'n
bekentenis afgele sowel as sekere Artikel 220 erkennings soos deur sy
regsverteenwoordiger aan die Hof gemaak.
Aangesien
hierdie appel grotendeels handel oor die bekentenis sowel as die
Artikel 22 erkennings haal ek die toepaslike gedeeltes
aan. In sy
bekentenis se appellant die volgende;
"Ons
vriende wat saam met ons gedrink het, net later geloop en sy het
volgehou sy wil ook na haar keref toe. Ek het saam met
haar geloop.
Teen die pad het ek haar gese kom ons gaan huis toe, maar sy het
volgehou sy gaan na horn toe. Ons het mekaar rondegeruk
daar in die
pad, toe haal sy haar mes uit. Ek het haar mes gevat, toe het ek haar
begin steek met haar mes. Toe sy gele het, het
ek haar in die boord
ingetrek en seks met haar gehad. Toe los ek vir haar daar. Toe gaan
ek huls toe."
Die
belangrikste van die Artikel 22 erkennings is dat die appellant se
messteek die oorsaak van die dood van die oorledene was.
Hy was egter
nie bereid om te erken dat hy verantwoordelik was vir al die
beserings soos in die nadoodse verslag aangedui nie.
Dit is so dat
appellant se regsverteenwoordiger in die verhoorhof van meet af
selfverdediging gepleit het. Dit is geykte reg dat
ten einde 'n
verweer van selfverdediging te fundeer daar 'n dreigende aanval moet
wees.
Burchell
Principles of Criminal Law
.
3
rd
Edition, verduidelik op bladsy 231 die sogenaamde "Choice of
Evils Doctrine" as volg;
"The
Choice of Evils Doctrine also gives rise to the requirement that the
person who is attacked should retreat, avoid or (fee
from the attack
before resorting to force (especially deadly force) since flight is
the lesser evil."
Aangaande
die "Proportionality" benadermg definieer Burchell die
moderne benadering van ons howe as volg, op bladsy 241;
"Because
of the difficulty of consistent application of the principle of
proportionality, modern legal systems do not insist
upon strict
proportionality between the attack and the defence, believing rather
that a proper consideration is whether taking
all the factors into
account the defender acted reasonably in the manner in which he
defended himself or his property. This test
aliows the Court to
assess the defence and the context of factors such as the relative
strengths and relationship of the parties,
in respect of age, gender,
size and strength, nature and persistence of the attack, the
interests threatened and its value, the
location of the incident, the
means available to avert the attack, and the nature and the means
used in the defence, and the extent
of the harmful results of the
defence. There is no closed list of factors that can be considered in
determining proportionality
issue." Sien ook
Coetzee
v Fourie
2004 JDR bladsy 0225 SCA.
Uit
bogenoemde aanhaling uit applikant se bekentenis is dit nie eers
duidelik of daar inderdaad Yi aanval was nie. As ons aanvaar
dat daar
wel 'n aanvaE was is dit verder duidelik dat die oomblik wat
appellant die oorledene van haar mes ontneem het enige gedreigende
gevaar wat daar moontlik kon wees weggeval het. Na my mening kan 'n
verweer van selfverdediging geensins hier ter sprake wees nie.
Verder
word dit deur die appeJIant betoog dat die Staat in die gevaE nie die
nodige
mens
rae
bewys
het nie, Wat wel duidelik is, is dat appellant erken dat hy die
messteek wat volgens die nadoodse verslag tot dwarsdeur die
oorledene
se hart gegaan het veroorsaak het. Verder is dit so dat hy erken dat
hy begin steek met haar mens. Hieruit, na my mening,
kan 'n mens
moontlik aflei dat daar meer as een messteek was. Dit is inderdaad so
dat beskuldigde nie gedwing kan word om te getuig
nie. Wat egter
duidelik is, is dat indien 'n
prima
facte
saak
deur die Staat bewys is dat afleidings gemaak kan word van die
beskuldigde se stilswye.
In
S
v Boesak
2001(1) SACR 16C op bladsy 24 word die posisie as volg uiteengesit;
"The
right to remain silent has application at different stages of
criminal prosecution, and means a person is entitled to
remain silent
and may not be compelled to make any confession or admission that
could be used against that person. It arises again
at the trial stage
when the accused has a right to be presumed innocent, to remain
silent and not to testify during the proceedings.
The fact that an
accused person is under no obligation to testify does not mean that
there are no consequences attaching to a decision
to remain silent
during the trial. If there is evidence calling for an answer and an
accused person chooses to remain silent in
the face of such evidence
a Court may well be entitled to conclude that the evidence is
sufficient in the absence of an explanation
to prove the guilt of the
accused. Whether such a concEusion is justified will depend on the
weight of the evidence."
Dit
dien opgelet te word dat in hierdie geval het appellant aansoek
gedoen vir ontsfag en die geleerde verhoorlanddros het teen
appellant
bevind, en ontslag geweier. Dit is dus vir die appellant op daardie
stadium reeds duidelik dat daar 'n
prima
facie
saak
teen horn was. Hy moes dus deeglik besef het wat die gevolge van sy
gebrek om te getuig tot gevolg sou he.
Kan
daar in die onderhawige geval gese word dat die Staat nie genoegsaam
die nodige
mens
rae
bewys
het nie, na my mening is die feit dat appellant die oorledene met die
mes gesteek het en soos blyk uit die nadoods verslag
seersekerlik nie
net skrams nie, gepaardgaande met die feit dat die appellant nie die
Hof in sy vertroue geneem het om sy weergawe
van presies wat gebeur
het te vertel nie, duidelike bewys van die nodige
mens
rae.
Dit
dien verder daarop gelet te word dat appellant se gedrag na die
voorval deur eenvoudig die oorledene in die boord in te sleep
en met
haar seksuefe omgang te he en haar net daar te los, nie getuig van
iemand wat of in selfverdediging, of sonder die nodige
mens
rae
opgetree
het nie.
Die
SKULDIGBEVINDING
AAN MOORD WORD PUS 8EKRAGTIG
.
Wat vonnis betref is dit geykte reg dat die Hof van Appel slegs
sal
inmeng
met die vonnis diskresie van die verhoorhof indien daar in wese h
mistasting begaan is, en as die vonnis as ongepas beskryf
kan word.
Sien
S
v Pillav
1977(4) SA 531A;
S
v Whitehead
1971(4)
SA 613 Appefhof;
S
v Kabido
1998(2) SACR 312A bladsy 216 g-h.
In
die onderhawe geval skryf Wet 105 van 1997 'n verpligte minimum
vonnis van vyftten jaar gevangenls voor, ten sy daar wesenlike
en
drlngende omstandighede bestaan wat 'n afwyking van die voorgeskrewe
vonnis regverdig. Die landdros het tydens vonnisoplegging
bevind dat
daar wel omstandighede bestaan wat ti afwyking van die voorgeskrewe
vonnis regverdig. Die verhoorlanddros het al die
faktore wat hom in
staat gestel het om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk versigtig
oorweeg. Hy het in aanmerking geneem dat
daar drank gebruik was deur
die appellant in die aanloop tot die misdaad, en hy het verder a) die
persoonlike omstandighede van
die appellant versigtig oorweeg, sowel
as die feit dat die appellant geen vortge veroordelings het nie.
Daar
is geen faktor wat hy buite rekening gelaat het nie. Hy het geensins
die erns van die misdaad oorbeklemtoon nie, en in die
lig hiervan kan
nie gese word dat die verhoorfanddros sy diskresie nie na behore
uitgeoefen het nie. Daar kan in die lig van die
bepalings van Artikel
105 van 1997 nie gese kan word dat die vonnis buitensporig swaar is
nie spreek vanself.
In
die omstandighede is hierdie Hof nie bemagtig om horn in te meng met
die vonnis deur die verhoorhof opgele nie. Die
APPEL
WORD DERHALWE VAN DIE HAND GEWYS EN DtE VONNIS BEKRAGTIG.
BLOMMAERT, AJ
Ek
stem saam,
THRING,
J