About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 265
|
|
Gabriel v S (A142/2008) [2008] ZAWCHC 265 (12 September 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.142/2008
DATUM
: 12
SEPTEMBER 2008
in
die saak tussen:
DONELE
GABRIEL
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
GRIESEL,
R
:
Die
appellant is in die landdroshof te Atlantis skuldig bevind op 'n
aanklag van strafbare manslag voortspruitende uit 'n motorbotsing
wat op 5 Februarie 2005 op die R27 deurpad, beter bekend as die
Weskuspad, gebeur net, by die aanslurting met Dassenbergrylaan
na
Atlantis.
Hy
is daarop gevonnEs tot twee jaar gevangenisstraf. Met verlof van
hierdie Hot toegestaan op petisie, kom die appellant trans
in hoer
beroep teen die skuldigbevinding sowet as die opgelegde vonnis.
Die
oorledene was 'n passasier in ft voertuig wat deur ene Lee- Roy
Collins bestuur is. Sy het op die agterste sitplek reg agter
die
bestuurder gesit.
Collins
was besig om met die Weskuspad te ry in 'n noordelike rigting. Dit
was reeds donker. Hy het spoed verminder om by die
aansluiting regs
te draai na Atlantis. Skielik het hy net Vi harde slag aan die
agterkant van sy voertuig gehoor toe die botsing
plaasvind. Dit blyk
dat dit die appellant se voertuig was wat met Collins se voertuig
gebots het.
Die
appellant was op pad vanaf Atlantis met
r
n
wit Hilux minibus. Volgens horn het hy by die aansluiting van die
Weskuspad spoed verminder, maar nie dood gestop nie, aangesien
hy
geen ander verkeer sien aankom het van links of regs nie. Hy het
gevolglik oor die stopstraat "gerof", soos hy dit
eufemisties gestel het, links gedraai om in die rigting van Kaapstad
te beweeg en met Coliins se voertuig gebots. Sy verduideliking
was
dat Collins se voertuig se iigte nie aangeskakel was nie, anders sou
hy ongetwyfeld die voertuig gesien het.
In
sy uitspraak het die landdros bevind dat die appellant teen Vi hoer
spoed as 20 kilometer per uur, soos deur hom getuig, die
stopstraat
verontagsaam het; dat hy oor beweeg het in die baan van aankomende
verkeer toe hy na links draai waar hy Collins se
motorvoertuig
getref het. Daarna het hy die toneel verlaat 'wetende dat die
ongeluk niemand anders as sy skuld was nie".
in
die Mg van hierdie bevindings het die landdros tot die
gevolgtrekking gekom "dat die beskuldigde se optrede grens aan
roekeloosheid en dat hy grof nalatig was in sy optrede".
Op
appel voor ons het advokaat
Smit
.
namens die appellant, in 'n deeglike betoog die verhoorhof se
uitspraak gekritiseer en het hy betoog dat dit onseker is oor
hoe
presies die ongeluk plaasgevind het en tot watter mate die appellant
nalatig was. Hy het veral klem gele op die feit dat
die landdros die
appellant se prokureur verhoed het om een van die staatsgetuies, ene
Cornelia Sam, te kruisverhoor aangaande
beweerde afwykings tussen
haar getuienis in die verhoorhof en in haar verklaring aan die
polisie.
Hierdie
punt is tereg toegegee deur advokaat
Broeksma
.
wat namens die Staat verskyn.
Volgens
my oordeel kom die landdros se benadering in hierdie opsig op 'n
onreelmatigheid neer. Die appellant se prokureur was
myns insiens
ten voile geregtig om die inhoud van die verklaring as
prima
facie
bewys
te aanvaar van wat die getuie vir die polisie sou gese het en om
tydens kruisondervraging die beweerde afwykings aan haar
te stel.
Indien sy sou ontken dat dit is wat sy aan die polisie gese het,
werp dit twyfel op die saak en kom daardie twyfel op
die Staat se
rekening, soos aangetoon deur CONRADIE, R, (DESAI, R saamstemmend)
in die saak van
THOMAS
EN 'n ANDER v S
.
Kaapse Provinsiale Afdeling, saaknommer A2090/96 gelewer op 2 Mei
1997, ongerapporteer. Dit is 'n uitspraak wat deur advokaat
Smit
onder ons aandag gebring is en waarmee ek eerbiediglik saamstem.
Soos
in daardie saak, het die landdros in die huidige saak die bewyslas
eintlik omgekeer deur te vereis dat die verdediging die
polisieman
moes geroep het om die onbetroubaarheid van die verklaring aan die
kaak te stel. CONRADIE, R het daardie benadering
verwerp en die
vofgende gese:
"Ek
meen egter dat die Staat eerder, as daar twyfel was, die polisieman
moes geroep het om die twyfel uit die weg te ruim.
Dit was immers
twyfel wat in die staatsaak ontstaan het en nie twyfel wat in die
beskuldigde se saak ontstaan het nie."
Die
landdros se benadering in die huidige saak dat dit vir die
verdediging nodig was om eers die verklaring te bewys by wyse van
'n
binneverhoor
T
alvorens die getuie daaromtrent gekruisverhoor kon word, is dus
fundamenteel verkeerd. In die lig van die feit dat die getuients
van
Cornelia Sam nie behoorlik deur kruisverhoor getoets kon word nie,
moet die saak derhalwe benader word op die basis asof
sy gtad nie
getuig het nie, soos aan die hand gedoen deur advokaat
Broeksma
.
Sien in hierdie verband
ENGLES
v HOFFMAN
1992(2)
SA 650 (K) te 6511-J.
Selfs
indien hierdie benadering gevolg sou word, sou dit myns insiens geen
verskil aan die uitslag maak nie. Op die oorblywende
getuienis,
insluitende die appellant se eie weergawe, is drt myns insiens
durdelik dat die appellant minstens grof nalatig was.
Op sy eie
weergawe het die appellant die betrokke aand nie soos Yi redelike en
versigtige bestuurder opgetree nie. Hy het versuim
om by die
stopstraat stil te hou. Hy het 'n aansluiting met Yi besige deurpad
binnegegaan sonder om behoorlik te kyk vrr aankomende
verkeer en op
n tydstip toe dit onveilig was om dit te doen. Hy het in a lie
waarskynlikheid die draai te wyd geneem en het in
die proses in
Collins se baan beland waar die botsing plaasgevind het, soos
aangedui op die polisieplan en soos gestaaf deur
die posisie van
Collins se voertuig onmiddellik na die botsing. Daarna het hy die
ongelukstoneel verlaat en homself uit die voete
gemaak, strydig met
sy wetiike verpligtinge om te stop, die omvang van skade vas te stel
en hulp te verleen of te ontbied, indien
nodig. Die afleiding is
onvermydeiik dat hy die ongelukstoneel weens 'n skuldgevoel, en nie
weens skok, verlaat het.
Teen
hierdie agtergrond is daar, volgens my oordeel, geen gronde om met
die skuldigbevinding in te meng nie.
Ek
kom nou by die opgelegde vonnis. Aangesien selfs ft Eigte graad van
nalatigheid ernstige gevoige kan meebring, is dit veral
die graad
van nalatigheid van die oortreder wat deurslaggewend is by
vonnisoplegging. Sien in hierdie verband byvoorbeeld
S
v NxUMALO
1982(3) SA 856 (A) te 861A-862A.
Met
verwysing na die huidige saak, het advokaat
Smit
betoog, dat die opgelegde vonnis eerder die gevolg as die graad van
nalatigheid straf. Hierdie betoog is egter gebaseer op die
veronderstelling wat ek reeds verwerp het, nl. dat dit onseker is
oor hoe presies die ongeluk plaasgevind het en tot watter mate
die
appellant nalatig was. Indten dit een maal aanvaar word, soos tereg
deur die landdros bevind, dat die appellant inderdaad
grof nalatig
was, verval die vernaamste steunpilaar vir die appellant se argument
ten opsigte van vonnis.
Utt
die gewysdes is dit naamlik oorvloediglik duidelik dat direkte
gevangenisstraf, selfs vir h eerste oortreder, dikwels 'n gepaste
straf is. Reeds in 1960 in
R
v BREDELL
het RAMSBOTTOM, AR die volgende gese:
"It
may be that the time has come when it is the duty of judicial
officers to exercise greater severity in passing sentence
in the
cases of the negligent use of motor vehicles. A motorcar is a most
dangerous instrument if negligently handled and it
may be that the
only way to remind drivers of their duty to use proper care, is to
magistrate sand judges to make more frequent
use of the deterrent
effect of prison sentences."
In
S
v NAICKER
1996(2) SASV 557 (A) is die appellant op 'n aanklag van strafbare
manslag gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf. Op appel het
die
appelhof genoop gevoel om met hierdie opgelegde vonnis in te meng
aangesien die verhoorhof se bevinding dat "it was
the gross
negligence of the accused, if not the recklessness which caused the
initial collision" nie deur die getuienis
gestaaf is nie. In
daardie omstandighede het F H GROSSKOFF, AR homself soos volg u
itgelaat:
"Without
attaching any label to it, I am satisfied that the appellant's
negligence, as set out above, was not of such a high
degree as to
warrant a sentence of direct imprisonment."
Met
verwysing na
R
v 8REDELL
.
waarna ek reeds vroeer verwys het, en ander ouer sake, het
GROSSKOPFF, AR die volgende gese;
"Correctional
supervision did not exist as a sentencing option in 1960 and what
was done in cases decided in the pre-correctional
supervision era
should be treated with caution when looking to them for guidance in
regard to sentence.
1
'
In
daardie omstandighede het die appelhof die opgelegde vonnis ter syde
gestel en die saak na die verhoorhof terugverwys vir die
oorweging
van korrektiewe toesig as vonnisopsie, na voldoening aan die
bepalings van artikel 276A(1)(a) van die Strafproseswet.
Uit
hierdie uitspraak kan die beginsel afgelei word dat waar die graad
van die nalatigheid van genoegsame erns is, 'n vonnis van
direkte
gevangenisstraf wel geregverdig kan wees. Hierdie benadering is meer
onlangs deur die Hoogste van Appei herbevestig in
S
v NYATI
2005(2} SASV 273 (HHA), waar die appellant op ses aanklagte van
strafbare manslag skuldig bevind is in omstandighede ten opsigte
waarvan die Hot verklaar het dat "it is hard to conceive of an
instance of road related conduct that could be considered
more
dangerous".
Na
n volledige oorsig oor toepaslike regspraak in die jongste verlede,
het CONRADIE, AR horn soos voig uitgelaat:
"Now
that the
National Road Traffic Act, 93 of 1996
, has increased the
maximum imprisonment for negligent driving from one year to three
years and for reckless driving from three
years to six, it should
surprise no one if there is an upward pressure on the custodial
penalties imposed for road accident related
culpable homicide
offences."
Die
opgelegde vonnis van vyf jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar
opgeskort ts, is gevolglik op appel bekragtig.
In
die huidige saak het die landdros in sy uitspraak oor vonnis nie
verwys na korrektrewe toesig as 'n vonnisopsie nie. Dit beteken
natuurlik nie dat hy dit nie nogtans oorweeg het nie. Hoe dit ook al
sy, in die llg van die graad van nalatigheid aan die kant
van die
appellant kan die landdros, myns insiens, nie daarvoor verkwalik
word dat hy direkte gevangenisstraf as gepaste vonnisopsie
beskou
het nie. Dit is nie die funksie van hierdie Hot om self te besluit
welke vonnis 'n gepaste een sal wees nie. Daardie funksie
berus by
die verhoorhof. Dit is geykte reg dat n hof van appel nie ligtelik
met die uitoefening van daardie diskresie sal inmeng
nie. In die
uitoefening van daardie diskresie moet die verhoorhof self besluit
welke faktore
T
n
roi behoort te speel en watter gewig aan elkeen van daardie faktore
geheg behoort te word. Soos dit gestel is in
S
v PIETERS
1987(3) SA 717 (A):
"Daar
is rurmte vir hierdie Hof om 'n verhoorhof se vonnis te verander
alieenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorlike
of
onredelike wyse uitgeoefen het."
Op
die feite van die huidige saak is ek nie oortuig dat die verhoorhof
se diskresie op 'n onbehoorlike of 'n onredelike wyse uitgeoefen
is
nie. Weens die redes deur my uiteengesit, sou ek derhalwe die
APPeL
TEEN BEIDE DIE
SKULDIGBEVINDING
EN DIE VONNIS VAN DIE HAND WYS.
STEYN,
WnR
:
Ek stem saam.
STEYN,
WnR
GRIESEL,
R:
Dit word so beveel.
GRIESEL,
R