About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 264
|
|
Booysen and Another v S (A207/2008) [2008] ZAWCHC 264 (12 September 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER:
A207/08
DATUM: 12
SEPTEMBER 2008
In
die saak tussen:
JENINO
BOOYSEN
MAGADIEN
GRAVENHORST Appellante
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
THRING,
R
:
Die
twee appeilante in hierdie aangeteentheid het in die streekhof
voorgekom waar hulle aan moord skuldig bevind is, nadat hulle
albei
op die aanklag onskuldig gepleit het. Albei van hulle is deur
h regspraktisyn tydens hulle verhoor verteenwoordig.
Na
skuldigbevinding is hulfe albei tot 16 jaar gevangenssstraf
gevonnis. Die streeklanddros het aan die eerste appellant verfof
toegestaan om na hierdie Hof teen beide sy skuldigbevinding en
vonnis te appelleer, en aan die tweede appellant om slegs teen
sy
vonnis te appelleer.
Mej
Joubert
,
wat namens die twee appellante voor ons vandag verskyn, het die
skuldigbevinding van die eerste appellant op appel nie juis
aangeval
nie. Sy het wat dit betref haar hoofsaaklik op
1
n
aansoek om hersiening verlaat. Hierdie aansoek word deur die eerste
appellant voor hierdie Hof gebring vir 'n bevel ingevolge
waarvan sy
skuldigbevinding ter syde gestel moet word en die saak na die
streekhof terugverwys moet word vir die aanhoor van
verdere
getuienis deur albei appellante of, alternatiewetik, 'n bevel dat
die eerste appellant se skuldigbevinding ter syde gestel
word en dat
die saak na die streekhof terugverwys word vir verhoor
de
novo.
Ek
handel eerstens met hierdie aansoek. Die aansoek word onder artikel
304(4) van die Strafproseswet, No.51 van 1977, gebring.
Hierdie
sub-artikel gaan oor hersienings. Dit lui soos volg:
"Indien
dit in 'n strafsaak waarin 'n landdroshof 'n vonnis opgele het, wat
nie in die gewone loop ooreenkomstig artikel
302 aan hersiening
onderhewig is nie of waarin 'n streekhof
Yi
vonnis
opgele het onder die aandag van die provinsiate of plaasiike
afdeling wat regsbevoegdheid het of 'n regter daarvan gebring
word
dat die verrigtinge waarin die vonnis opgele is, nie ooreenkomstig
die reg was nie, het bedoelde hof of regter dieselfde
bevoegdhede
ten opsigte van daardie verrigtinge asof die oorkonde daarvan
ingevolge artikel 303 of hierdie artikel aan die hof
of regter
voorgele is."
Sub-artikel
304(2)(c) van die Wet verleen dan aan hierdie Hof die bevoegdheid,
onder andere, om 'n skutdigbevinding nietig te
verklaar of ter syde
te stel en om h saak na die landdroshof terug te verwys met 'n
opdrag om met die aangeleentheid op h wyse
te hand el wat hierdie
Hof mag goed vind. Dit is essensieel wat die eerste appellant hier
vra.
Namens
die eerste appellant word deur me]
Joubert
betoog dat hierdie Hof moet bevind dat die verrigtinge by die
verhoor van die appeilante nie ooreenkomstig die reg was nie. Albei
appeilante het beedigde verklarings ter stawing van die aansoek voor
die Hof geplaas. Hierdie verklarings is baie onlangs afgele:
hulle
is op 18 Junie 2008 gedateer. In hierdie verklaring se hulle dat die
tweede appellant aanvanklik op die aanklag van moord
skuldig wou
pleit. Toe die aanklag deur die aanklaer aan die begin van die
verhoor aan die twee appellante gestel is, het hy
immers wel skuidig
gepleit, soos op die rekord ook verskyn.
Op
aandrang van sy regsverteenwoordiger, se hy, is sy pleit egter
na onskuldig verander nadat die regsverteenwoordiger stilletjies
aan
horn gese het "dat ek onskuldig moet pleit want hy sal ons
altwee kan help". Woeer het die regsverteenwoordiger
aan die
appellante meegedeel, se" die tweede appellant, dat "nie
een van ons twee moet skuldig pleit nie want hy sal
ons altwee
loskry". Ek haas om by te voeg dat die regsverteenwoordiger wat
tydens die verhoor namens beide appellante verskyn
het, nie mej
Joubert
was nie.
Die
eerste appellant ontken dat hy aan die moord van die oorledene
skuldig is. Hy se nou in sy beedigde verklaring dat slegs die
tweede
appellant daarvoor verantwoordelik is. En sy beedigde verklaring wil
die tweede appellant nou daardie bewering onderskraag.
Hy, die
tweede appellant, erken nou dat hy skuldig is daaraan dat hy die
oorledene met 'n mes doodgesteek het. Hy en die eerste
appellant wil
nou albei getuienis voor die verhoorhof afle om hulle jongste
weergawe voor daardie Hof te le of by wyse van 'n
heropening van
hulle saak of by wyse van 'n nuwe verhoor.
Ek
handel eers met die vraag of die skuldbevinding van die eerste
appellant ooreenkomstig die reg was al dan nie. In die eerste
plek
is daar nie voor ons betoog dat daar enige onreelmatigheid op die
rekord van die verrigtinge in die streekhof sigbaar is
nie,
onderworpe aan een uitsondering waarmee ek later sal handel. Daar is
ook geen sodanige onreelmatigheid in die rekord wat
ons kan bespeur
nie. Indien daar
'n
onreelmatigheid
plaasgevind het, het dit in verband gestaan met die kommunikasies
wat tussen die twee appelfante, aan die een
kant, en hulle destydse
regsverteenwoordiger, aan die anderkant, gewissel is, en dit kon
atleenlik daaruit gespruit het.
Nou
al kommunikasies van hierdie aard wat deur die appeilante in hulle
beedigde verklarings genoem word, is die regsadviseur se
advies aan
hulle om onskuldig te pieit, want hy sal hulle kan 'help
n
en hulle altwee "loskry". Dit is natuurlik nie onreelmatig
of setfs oneties vir 'n regspraktisyn om sulke advies aan
sy klient
te gee nie. Al beskou hy homself as skuldig aan die aanklag horn ten
laste gele, staan dit enige beskuldigde vry om
desondanks onskuldig
te pleit in die hoop dat die vervolging nie daarin sal kan slaag om
sy skuld bo redeiike twyfel te bewys
nie. Of sulke advies in hierdie
geval wys of dit korrek was, is nie belangrik vir doeleindes van die
vraag of daar 'n onreelmattgheid
plaasgevind het, al dan nie. Soos
in
S
v BENNET
.
1994(1) SASV 392 (K) beslis is:
"Where
an accused has not taken any steps to withdraw his counsel's mandate
and expressed no disagreement with the conduct
of his case until
after the verdict has been given he is not entitled to challenge the
correctness of the verdict on appeaE on
the ground that his counsel
had been negligent in the conduct of his defence." (Kopstuk)
Op
398g-399b van daardie beslissing, het die geleerde Regter hom soos
volg uitgelaat:
"There
is an addition, a further principiat reason why conduct of the type
complained about in the instant case should not
be permitted to
found a submission that there's been a fatal irregularity in the
trial. It is that if complaints such as the
appellant makes about
the incompetence of counsel could found a complaint of a fatal
irregularity, there would be no finality
in any criminal trial until
the proficiency of counsel who represented the accused and which is
complained about after the event,
had also been adjudicated upon.
Regrettably one of the events which sometimes follows a conviction
is recrimination from the
convicted person who seeks to attribute
his misfortune at having been convicted not to his own guilt, but to
his counsel. In
this regard, the following passage from the judgment
in
S
v Mkhise
;
S
v Masia
;
S
v Jones
:
S
v Le Roux
T
1988(2)
SA 868 (A) at 875C-E is, in my view, apposite: 'Secondly, when
considerations of public interest are paramount, hardship
in a
particular case, should it arise, is to be regretted but cannot be
avoided. Thirdly, it would be wholy impracticable to
attempt to
determine ex
post
facto
(that
is, at some later stage when the irregularity comes to light)
whether counsel concerned was "a fit and proper person"
in
the sense that this term is applied and understood in the Act, ie
whether he is generally a person of integrity and reliability.
See
{Cf
Kaplan
v Incorporated Law Society. TransvaaJ
.
1981(2) SA 762 (T) at 782H-783H.) If, on the other hand, these words
are taken to refer to his competence in the actual conduct
of the
case the difficulty Is, if anything compounded. It would be even
more impracticable, if not impossible, for the Court
to attempt to
determine, by applying some norm of competence (and by way of an
enquiry into the merits of the case and counsel's
conduct thereof)
whether he in his defence of the accused has been proficient."
Weliswaar
het altwee appeilante na sEuiting van die staatsaak in die
getuiebank gaan staan en getuig. Daar bet albei van hulle
onder eed
gese dat alhoewel hulle op of naby die toneel van die moord was, en
dat die oorledene tot op 'n sekere stadium in hulle
teenwoordigheid
was, hy skielik uit die voertuig gespring het waarin hulle gesit het
en weggehardloop het, en dat hulle geen
kennis dra van hoe dit
gebeur het dat hy later doodgesteek is, of deur wie nie.
IndEen
wat die appeilante nou in hulle beedigde verklarings se, die
waarheid is, was hierdie verontskuldigende relaas leuenagtig.
Hulle
wil nou aan die Hof te kenne gee dat hulle atbei baie goed weet hoe
die oorledene doodgesteek is, en dat slegs die tweede
appellant
daarvoor verantwoordelik is. Volgens hulle jongste weergawe het die
eerste appellant trouens probeer om te keer dat
die tweede appellant
die oorledene steek deur tussenbeide te tree.
Nerens
in hulle beedigde verklarings verskaf enigeen van die appeilante
enige aanvaarbare of selfs verstaanbare verduideliking
van die
rede waarom hulle, volgens hulle jongste weergawe, in die
streekhof meineed gepleeg het nie. Hulle se, byvoorbeeld,
nie dat
hulle gedreig of mislei is deur enigiemand om so te doen nie, of
selfs dat huile destydse regsverteenwoordiger hulle
aangese of
aangemoedig het om dit te doen nie.
Die
enigste afEeiding wat redelikerwyse hiervan gemaak kan word, is dat
die appellante vrywilliglik, welwetend en doelbewus besluit
het om
te getuig soos hulle wef getuig het, en dat niemand hulle gedwing of
beinvloed het om dit te doen nie. Dit was natuurltk
hulle goeie reg
om in hulle verweer te
getuig.
Dat
hulle dit gedoen het, kan nie as 'n onreelmatigheid
bestempel word nie. Vir die inhoud van hulle getuienis
was hulle
self verantwoordelik. Hulle kan in hierdie omstandighede immers nie
nou aangehoor word om te kla dat die inhoud van
hulle gefuienis
onreelmatig was nie. Hulle se in elk geval nie in hulfe beedigde
verklarings dat dit so is nie.
In
soverre as wat dit betoog is dat hulle by die verhoor getuig het
soos hulle wel getuig het omdat hulle regsverteenwoordiger
hulle
beTnvloed het, is dit insiggewend, na my oordeel, dat toe die
vernaamste staatsgetuie, ene Charles Davids, in die getuiebank
was
en besig was om deur die regsverteenwoordiger gekruisondervra te
word, daar op geen stadium aan horn uitdruklik gestel is
wat presies
die twee appellante se weergawe sou wees van hoe die oorledene
doodgesteek was nie. Daar is dus nooit aan hom gestel
dat die
beskufdigdes in die getuiebank later sou se dat hulle geen kennis
gedra het van hoe die oorledene doodgesteek was nie.
Indien, soos
nou betoog word, die storie wat die beskuldigdes in die streekhof
opgedis het, die idee van die regsverteenwoordiger
was, sou Vi mens
verwag het dat hy daardie idee ook aan die staatsgetuie sou gestel
het. Dit het hy egter nie gedoen nie.
Daar
is verder deur mej
Joubert
betoog dat die optrede van die regsverteenwoordiger van die
appellante onreelmatig of onwenslik was deurdat hy versuim het om
aan Charles Davids sy polisieverklaring te stel in die sin dat,
volgens die betoog, hy die verklaring as bewysstuk voor die Hof
behoort in te gehandig het. Die regsverteenwoordiger het wel vir
Davids sekere vrae oor sy verklaring gevra, maar hy het dit
toe daar
gelaat. Ons weet nie waarom die verklaring nie ingehandig is nie:
miskien was daar goeie redes waarom die regsverteenwoordiger
besluit
het om dit nie te doen nie. Dit is natuurlik nie verpligtend om so
ft verklaring voor die Hof te plaas nie. Al was dit
moontlik takties
onoordeelkundig van die regsverteenwoordiger, was sy versuim
klaarblykltk nie 'n onreelmatigheid nie.
Mej
Joubert
het ons ook na die ongerapporteerde besissing van die Hoogste Hof
van Appel verwys in die saak van
TANDWA
EN ANDERE v S
.
(HHA) 28 Maart 2007, saaknommer 538/06. Op bladsy 5 na 6 van daardie
uitspraak het die Hof die volgende gese:
"When
an accused therefore complains about the quality of legal
representation, the focus is no longer as before the Constitution
only on the nature of the mandate the accused conferred on his legal
representative, or only on whether an irregularity occurred
that
vitiated the proceedings: the enquiry is into the quaiity of the
representation afforded."
Ons
is
glad
nie in hierdre geval oortuig dat die kwaliteit van die
regsverteenwoordiging van die twee appeilante van so 'n aard was dat
daar gese kan word dat die verrigtinge as gevolg daarvan nie
ooreenkomstig die reg was nie.
Daar
is ook sekere ander aspekte van die eerste appellant se aansoek wat,
na my oordeel, hoogs problematies is. Party van hulle
oorvleuei tot
Yi mate met wat ek reeds gese het. Hy wil he dat hierdie Hof moet
gelas dat die streekhof die verdere getuienis
van die twee
appeilante nou moet aanhoor om sy skuld of onskuld te bepaal.
Voordat die verhoorhof sulke getuienis egter sou kon
aanhoor, sou
daardie Hof moet tevrede wees dat daar aan ten minste twee vereistes
voldoen is, naamlik, eerstens, dat die nuwe
getuienis as waar
vermoedelik aanvaar sal word en, tweedens, dat daar 'n redeiik
aanvaarbare verklaring is vir die versuim van
die appellante om die
nuwe getuienis tydens die verhoor voor die Hof te plaas. (Vergelyk
artikel 309B(5)(b) van die Strafproseswet)
Aan hierdie vereistes
word myns insiens in hierdie aansoek nie voldoen nie. Eerstens, die
verdere getuienis wat die twee appellante
nou voor die Hof wil
plaas, bots (ynreg met die getuienis wat hulle albei onder eed reeds
tydens die verhoor afgeie het. In hulle
getuienis het hulle getuig
dat hulle geen kennis daarvan gedra het van hoe die oorledene beseer
of vermoor is nie. Nou wil hulle
blykbaar onder eed se dat hulle
heelwat kennis daarvan dra. Hulle se nou dat hulle albei teenwoordig
was en dat die tweede appellant
die oorledene met n mes doodgesteek
het, terwyi die eerste appellant niks daarmee te gehad het of daarby
betrokke was nie; inteendeel,
volgens hulle jongste weergawe het hy
gepoog om tussen die oorledene en die tweede appellant tussenbeide
te tree.
Daar
bestaan na my oordeel geen vermoede hoegenaamd of selfs vooruitsig
dat laasgenoemde stelling as waar deur "n Hof aanvaar
sal word
nie. Tweedens, daar word in die ondersteunende beedigde verklarings
van die appellante geen redelik aanvaarbare verklaring
verskaf vir
hulle versuim om die getuienis wat hulle nou wil afie voor die
afsluiting van die verhoor af te le nie. Hulle is
altwee eenvoudig
begerig om hulle weergawe van die relevante gebeure wat hulle by die
verhoor in groot detail onder eed opgedis
het in wesenlike opsigte
nou te verander en aan te pas omdat dit hulle nou beter sal pas. Wat
hulle eintlik wil he is dat die
Hof moet bevind is dat hulle vroeer
meineed gepleeg het. Hulle maak egter geen poging in hulle beedigde
verkiarings om te verduidelik
waarom hulle vroeer vals getuig het
nie. Soos ek reeds gese het, daar word geen bewering gemaak dat
hulle gedwing of mislei is
deur enigiemand in hierdie verband nie.
Daar
is ook uit die aard van die saak geen sprake daarvan in hierdie
geval dat die getuienis wat hulle nou voor die Hof wil plaas,
nie
vroeer aan hulle beskikbaar was nie. Dit is immers hulle eie
getuienis.
GEVOLGLIK
WORD DIE AANSOEK VAN DIE HAND GEWYS
.
Ek
gaan nou oor na die appel self. Dit is gemene saak dat die twee
appeilante en 'n derde persoon, ene Nasief, op die betrokke
aand, 13
Desember 2005, die oorledene by sy moeder se huis in Mitchell's
Pfain gaan haal het. Hy is saam met hulle in 'n motorvoertuig
daar
weg. Daar was blykbaar een of ander probleem met iemand se selfoon
wat vermis was.
Die
staat se saak is grootliks op die getuienis van die gemelde Charles
Davids gebaseer. Hy is met al twee van die appellante
bevriend. Hy
het getuig dat hy later dieselfde aand gesien het hoe een van die
twee appellante die oorledene uit die voertuig
gehaal het. Die
oorledene het probeer om weg te hardloop. Die twee appellante het
horn egter ingehaal en teen die grond platgetrek.
Die tweede
appellant het horn toe met 'n mes gesteek. Die eerste appellant het
volgens Davids die oorledene ook een of twee houe
met een of ander
voorwerp toegedien. Die getuie het nie gesien wat dit was nie. Dit
alles het Charles Davids gesien, volgens
horn.
Die
landdros het laasgenoemde se getuienis as die waarheid aanvaar. Van
horn, as getuie, het sy in haar uitspraak die volgende
gese:
"As
witness, the Court find him to be a good witness and very credible.
He had a slight problem with understanding questions
put to him, but
once the questions were explained to him, he gave very simple but
direct answers. What makes his evidence more
credible is that most
of it is corroborated, corroborated by the accused because what he
is saying is that the accused were at
Lincoln Street at 20:30 on
that day and that is exactly what the accused was saying. He said
that it was after 20:00 and looking
what the accused is saying, it
confirmed that it is also after 20:00. He says they were driving a
patched car. Accused 1 confirms
he was driving this car and it was
patched, the body of the car. It was blue but the door was raw. He
pointed out to the court
it was abeige colour."
Daar
is myns insiens geen goeie rede om hierdie
geloofwaardigheidsbevinding in twyfel te trek nie. Die landdros het
ook bevind
dat die weergawe van die appeilante nie redelik moontlik
waar kon wees nie, en sy het dit as vals verwerp. Dat die appeilante
albei leuenagtige getuies was, wie se weergawe in die streekhof vals
was, word ook nou in hulle eie aansoek om verdere getuienis
voor die
Hof te plaas, erken en bevestig. Daar bestaan by my nie die minste
twyfel dat hulle heeltemal korrek deur die landdros
aan moord
skuldig bevind is nie.
Wat
die vonnis van die tweede appellant betref: die minimum vonnis wat
deur artikel 51{2}{a) van die Strafregwysigingswet, No.
105 van
1997, gelees met Deel II van Bylae 2 daarvan, vir die appeilante
voorgeskryf word, is 15 jaar gevangenisstraf. Die landdros
het myns
insiens heeltemal tereg bevind dat daar geen weseniike en dwingende
omstandighede hier bestaan het wat die oplegging
van 'n mindere
vonnis as dit sou geregverdig het nie; inteendeel sy het bevind dat
'n swaarder vonnis as dit van pas sou wees.
Ek stem met haar saam.
Die oorledene is deur die twee appellante uit sy huis onder valse
voorwendsels gelok, in 'n motorvoertuig
gelaai en kort daarna is hy
koelbloedig en sonder enige goeie rede met Vi mes of messe of ander
skerp voorwerpe doodgesteek,
omdat daar blykbaar een of ander
dispuut oor 'n selfoon tussen die oorledene en die appellante
bestaan het. Daar is bitter min
indien enige versagtende
omstandighede.
Mej
Joubert
het betoog dat die appeliante geprovokeer is deurdat die oorledene
na bewering hierdie selfoon vroeer sou gesteel het. Ai sou
'n mens
dit as provokasie kon beskou, is dit na my oordeel nie van so 'n
aard dat dit die afkeurenswaardigheid van hierdie misdaad
tot enige
groot mate verminder nie. Hierdie tipe misdaad word a! hoe meer
algemeen in die Wes-Kaap. Dit is "n aanduiding
van hoe goedkoop
die menslike lewe in sekere gedeeltes van die gemeenskap hier geword
het.
Die
vonnisse is, na my oordeel, heeltemal van pas en geen fout kan
daarmee gevind word nie. Die landdros het ook geensins misgetas
nie.
Gevolglik word die eerste appellant se aansoek
VAN
DIE HAND GEWYS
.
en die appel van albei appellante
WORD
OOK VAN DIE HAND GEWYS
.
THRING, J
Ek
stem saam.
WEINKOVE,
WnR