Pietersen v S (A25/2007) [2008] ZAWCHC 263 (12 September 2008)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — First offender — Appellant convicted of multiple counts of illegal liquor trading — Sentenced to two years' imprisonment — Appellant contended sentence was harsh given personal circumstances, including being a first offender and showing remorse — Court held that first offender status does not guarantee non-custodial sentence; the seriousness of the offences and the appellant's continued illegal activities justified the sentence imposed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 263
|

|

Pietersen v S (A25/2007) [2008] ZAWCHC 263 (12 September 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFOELING)
SAAKNOMMER
:
A25/2007
DATUM
:
12
SEPTEMBER 2008
In
die saak tussen:
MARCUS
PIETERSEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
H
J ERASMUS. R:
Die
appellant het op 16 Februarie 2006 in die landdroshof te Swellendam
in saaknommer 875/2005 skuldig gepleit op vier aanklagte
van
oortreding van artikel 154(1 )(a) van die Drankwet, 27 van 1989
(hierna "die Wet"). Op dieselfde datum het hy in
dieselfde
hof In saaknommer 1394/2005 ook skuldig gepleit op twee aanklagte van
oortreding van artikel 154(1)(a) van die Wet en
op een aanklag van
poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop
van die gereg. Die ses aanklagte
van oortreding van
artikel 154(1)(a) van die Wet net betrekking op misdrywe wat gepleeg
is op 21 April 2005 (twee aanklagte), 16
Mei 2005, 15 Junie 2005, 28
Oktober 2005 en 16 Desember 2005.
In
die twee sake is
woordeliks
identiese pleitverduidelikings ingehandtg. In die
pleitverduidelikings erken die appellant dat hy die drank waarna daar

in die skedules verwys word, gekoop het met die doeJ om dit te
herverkoop teen 'n wins.
Hy
erken verder dat die SA Polisiediens beslag gele het op die drank wat
in sy besit was. In die skedules word daar erken dat daar
in totaal
beslag gele is op sowat 1 176 750ml bottels bier, 9 bottels
spirltualiee en 21 kanne 5 liter wyn. Daar word ook erkennings
gemaak
ten opsigte van kanne wyn wat half of driekwart voJ was.
Dte
verhoorlanddros het in saaknommer 875/2005 die vier aanklagte
saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant tot twee
jaar
gevangenisstraf gevonnis. In saaknommer 1394/2005 is die appellant
gevonnis tot ses maande gevangenisstraf op elk van die
drie
aanklagte. Daar is beveel dat die vonnisse wat in die twee
afsonderlike sake opgele is, samelopend uitgedien word. Die appellant

is derhalwe effektiewe gevangenisstraf van twee jaar opgele. Die
appellant kom nou, nadat hierdie Hof verlof daartoe verleen het,
in
hoer beroep teen die opgelegde vonnis.
Die
kern van die appellant se beswaar teen die vonnis wat horn opgele is,
word soos voig saamgevat in sy regsverteenwoordiger se
hoofde van
betoog:
"The
appellant submits that the sentence imposed by the learned magistrate
was harsh and severe and induces a sense of shock.
In the light of
the personal circumstances of the appellant, more particularly that
he is for intention purposes, a first offender,
has a family to
support and pleaded guilty to the charges thus showing remorse. He
should have received a non-custodial sentence."
Ingevolge
artikel 163{1)(a) van die Wet is 'n landdros bevoeg om in die geval
van oortreding van artikel 154(1)(a) van die Wet 'n
boete - en geen
perk word voorgeskryf nie - of gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar
op te le. In artikel 163(2) van die Wet bepaal
word dat enigiemand
wat binne vyf jaar weer skuldig bevind word aan oortreding van onder
meer artikel 154(1)(a) van die Wet, strafbaar
is met twee maal die
boete of gevangenisstraf wat vir daardie misdryf opgele kan word of
met daardie boete sowel as daardie gevangenisstraf.
Die
Staat het die getuienis van kaptein N A Alberts van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens ter strafverswaring aangebied. Die
appellant
het nie ter strafversagting getuig of getuienis aangebied
nie.
Kaptein
Alberts het getuig dat die appellant vir baie jare reeds onwettfge
drankhande) bedryf in Swellendam. Hy het verwys na die
groot
hoeveefhede drank wat die appellant van 'n bepaaide drankhandelaar
bestel en dat hierdie drank nie net by die appellant se
eie huis
afgelewer en gestoor word nie, maar dat van die drank wat hy bestel
ook by ander persele in die omgewing geberg word.
Hierdie
getuienis is nie aangeveg nie.
In
kruisondervraging is aan kaptein Alberts gestel dat selfs na die
appellant se arrestasie vroeg in Desember 2005, drank in sy
naam
bestel en afgelewer is. Die suggestie is vaagweg gemaak dat dit
sonder die medewete van die appellant geskied het. Kaptein
Alberts
het die aankoop en fewering van die drank na appelant se arrestasie
bevestig. Hy getuig dat hy die bestelling opgevolg
het en vasgestel
het dat die drank in die naam van die appellant bestel is en op 22
Oesember by sy perseel afgelewer is.
Kaptein
Alberts het in sy getuienis ook verwys na sosiale euwefs, veral
aanrandings en selfs h geval van moord wat in daardie omgewing
gedy
en wat hy koppel aan die onwettige drankbedryf van die appellant.
Namens
die appellant is aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas het deur
die strafverswarende getuienis wat voor die Hof geplaas
is, te
oorbeklemtoon. Dit sal dtenstig wees om hlerdie submissie te toets in
die lig van die hoofsaaklik onbetwiste feite van die
saak.
Die
appellant bedryf vir baie jare reeds onwettige drankhandel as sy
enigste bron van inkomste. Die omvang van sy bedryf blyk uit
die
hoeveelheid drank waarop daar beslag gele is
,
soos
vermeld in die skedules by sy pfeitverduidelikings, en uit die omvang
van sy aankope by slegs een drankhandelaar, soos blyk
uit die
getuienis van kaptein Alberts.
Die
misdrywe waaraan hy skuldig gepleit het, is gepleeg op 21 April 2005,
16 Mei 2005, 15 Junie 2005, 28 Oktober 2005 en 16 Desember
2005. Op
elk van hierdie datums het die polisie, volgens die appellant se ere
erkenning beslag gele op drank waarmee hy handel
gedryf
het.
Sedert
die eerste beslaglegging op 21 April 2005 en ten spyte van
gereelde beslagleggings daarna, het die appellant tot 16 Desember

voortgegaan met sy onwettige handel. Die drankhandel word na sy
arrestasie voortgesit en daar word steeds drank bestel en afgefewer.

Hierdie optrede toon 'n totale minagting van die polisie-optrede en
van die reg van die land.
Die
verhoorlanddros was deeglik bewus van die beperkinge van die
bewyswaarde van statistieke gegewens. Hy se egter tereg dat daar

kennis geneem kan word van die sosiale euwels waartoe onwettige
drankhandel in die woongebied aanleiding gee. Die landdros was
ook
daarop geregtig om
F
soos hy dit in sy uitspraak stel 'geregtellk kennisname te neem wat
in hierdie distrik aangaan". In DU TOIT EN ANDERE,
COMMENTARY
ON THE CRIMINAL PROCEDURE ACT
28/4 word daar gese dat n voorsittende beampte "is entitled to
make use of his personal or own knowledge regarding the prevalence
of
crime in his jurisdiction area".
in
die saak van
S
v MAVANGUA
1975(2) SA 83 (SWA) op 84A word gese:
"Dit
is die taak van 'n landdros om vir die gebied waarin hy in d*e amp
optree kennis te neem van die algemene voorkoms van
misdade om
daardie kennis te gebruik by die toemetrng van straf."
Daar
is, namens die appellant, aangevoer dat daar nie genoegsaam gewig
geheg is aan die feit dat die appellant skuldig gepleit en
berou
getoon het nie. Die appellant het nie getuig nie. Onder die
omstandighede is die volgende woorde van RUMPFF, AR, soos hy
indertyd
was, in
S
v SEGERS
1970(2)
SA 506 (A) op 511G van pas:
"It
was submitted to us that appellant's admission of guilt to the
detectives, his confession to the magistrate and his plea
of guilty
in die trial court, demonstrate his penitence and remorse. Remorse as
an indication that the offence will not be committed
again, is
obviously an important consideration, in suitable cases, when the
deterrent effect of a sentence on the accused is adjudged.
But in
order to be a valid consideration, the penitence must be sincere and
the accused must take the Court fully into his confidence.
Unless
that happens, the genuineness of the confession alleged cannot be
determined."
Sien
ook
S
v VAN PER WESTHUIZEN
1995(1) SASV 601 (A) op 605d en
S
v MORRIS
1972(2) SA 617 (A) op 620F tot 6218.
Die
feit dat die appellant skuldig gepleit het, dui nie noodwendig op
berou nie. Die appellant het die Hof nie in sy vert roue geneem
oor
die redes waarom hy besluit het om skuldig te pleit nie.
Uit
die getuienis wat voor die Hof geplaas is blyk dat die waarskynlike
rede waarom die appellant skufdig gepleit het, te vinde
is in die
feit dat hy by 'n vorige geleentheid 'n boete na skulderkenning
betaal het en dat ander persone wat by sy besigheid betrokke
was,
vofgens kaptein Alberts, in die verlede ook met boetes weggekom het.
Die
appellant se optrede na 21 April 20G5, toe daar vir die eerste keer
beslag gele is op drank op sy perseel, is nie die van
r
n
persoon wat berou het oor sy dade nie, inteendeel hy gaan rustig
voort met sy onwettige bedryf.
Daar
is voorts aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas het deur die
appellant as eerste oortreder direkte gevangenisstraf op
te le. Dit
is geykte reg dat die feit dat ft beskuldigde 'n eerste oortreder is,
1
n
versagtende faktor by vonnisoplegging is (sien TERBLANCHE,
THE
GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA
,
223). Daar bestaan egter geen reef wat h eerste oortreder, bloot
omdat hy of sy n persoon is wat geen vorige veroordelings het
nie,
geregtig maak op 'n vonnis wat cfirekte gevangenissetting uitsluit.
(Sien
S
v VICTOR
1970(1) SA 427 (A) op 429C). In
S
v HOLDER
1979(2) SA 70 (A) op 77H-78A word die posisie soos volg gestel:
"Die
hele benadering dat gevangenisstraf slegs in sekere gevalle
geregverdig is, kan nie aanvaar word nie en is 'n beperking
wat me by
ons straftoemeting bestaan nie.
Enige
ernstige misdaad, van watter aard ook al, kan aanleiding gee tot
gevangenisstraf en dikwels is gevangenisstraf die enigste
gepaste
straf wat opgele kan word."
Hierdie
benadering word onderskryf in
S
v PACKEREYSAMMY
2004(2)
SASV 169 (HHA) op 173f-g:
"The
submission was made that because the appellant was a first offender,
he should have been given a sentence that would ensure
that he was
kept out of jail. A first offender has no right to be kept out of
jail
It
all depends on the circumstances of each case. It has been
held that any serious offence can lead to imprisonment and
frequently
imprisonment is the only appropriate sentence that ought to be
imposed."
Alhoewel
die appellant as 'n eerste oortreder beskryf word, toon sy SAP69 dat
hy op 10 Oktober 2000 op n aanklag van oortreding
van artikei 154(1
)(a) van die Wet h boete na erkenning van skuld betaaJ het. Dit is Yi
feit waarvan hierdie Hof kennis kan neem.
Die
feit dat die appellant n eerste oortreder is, word verder getemper
deur die feit dat hy die misdrywe wat horn ten laste gele
is, oor 'n
tydperk gepleeg het. In hierdie verband sien
S
v VAN NfEKERK
1993(1) SASV 482 (NK) op 490d waarin daar verwys word na
S
v VAN NIEKERK
1981(3) SA 239 (O) op 242G-243A.
Die
landdros het korrektiewe toesig as n vonnisopsie oorweeg en, myns
insiens tereg, bevind dat die appellant nie o geskikte kandidaat

daarvoor is nie in die lig van sy volgehoue, selfs nadat die polisie
op horn begin toeslaan het, en doelbewuste oortreding van
die
betrokke Wetgewing. Daar is in die appellant se regsverteenwoordiger
se hoofde voor ons aangevoer dat die Wet daarop gemik
is om groot
spelers in die drankbedryf te beskerm teen die klein entrepreneurs
wat n eie besigheid wil begin. Die landdros, so
is aangevoer, het nie
kennis geneem van die feit dat daar Yi nasionale beweging is om
sogenaamde sjebiens te wettig nie. Daar is
geen getuienis in hierdie
verband voor die landdros geplaas waarvan hy kennis kon neem nie. Die
landdros is ook nie meegedeel dat
die appellant graag sy besigheid as
Vi wettige sjebien sou wou bedryf nie.
Hoe
dit ook al sy, na my oordeel sou een van die oogmerke van die
wettiging van sjebiens wees om die soort van onderneming wat die

appellant bedryf aan bande te le en te reguleer. Die wettiging van
sjebiens sal ongetwyfeld die lokaliteite waar sjebiens bedryf
kan
word beheer en reguleer, vereistes neerle waaraan die gebou waarin
die besigheid bedryf word, moet voldoen, voorskrifte bevat
ten
opsigte van die hou van voorraad, boekhou, die betaling van 8TW en so
meer. in
WILLEMSE
v S
2001(3) All SA (C) op 14g het COMRIE, R verwys getuienis wat voor die
verhoorhof geplaas is in 'n saak wat soortgelyk is aan hierdie
en
gese -
"...
the consequential evils associated with the unregulated dealing in
liquor, many of which were seen daily in this court
and that liquor
was sold from unsuitable premises in an unsuitable area."
Die
landdros het in sy uitspraak aandag gegee aan a 11 e relevante
oorwegings. Hy het op geen manier misgetas nie en 'n gepaste
vonnis
opgele. Alles in ag genome is daar geen gronde waarop hierdie Hof kan
inmeng met die vonnis wat die verhoorlanddros opgele
het nie.
Ek
maak derhalwe die volgende bevel:
Die
appel word van die hand gewys.
H
J ERASMUS, R
STEYN,
WnR
:
Ek stem saam.
STEYN,
WnR