About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 256
|
|
Direkteur van Openbare Vervolgings Kaap die Goeie Hoop v Retief (8689/08) [2008] ZAWCHC 256 (29 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:8689/08
DATUM
:
29
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
DIE
DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGINGS
KAAP
DIE GOEIE HOOP
Applikant
en
MARIANNE
JACOBA RETIEF Respondent
UITSPRAAK
(AANSOEK
OM VERLOF OM TE APPELLEER)
LOUW,
R
:
Hierdie
is 'n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A van die
Strafproseswet vtr verlof om te appefleer teen die vonnis
van nege
jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar op sekere voorwaardes
opgeskort is, wat die beskuldigde/respondent op 25 Maart
2008 in die
streekhof op SteMenbosch opgele is, nadat sy vroeer diesetfde dag op
'n pleit van skuldig op tien aanklagte van diefstal
en 24 aanklagte
van bedrog skuldig bevind is.
Die
beskuldigde staan die aansoek om verlof om te appelleer teen.
Die
beskuldigde, wat vroeer 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens was, het die misdade gepleeg terwyl sy as boekhouer
vir twee individue en hulle besighede gewerk het.
Vyf
van die aankfagte van diefstal handef met R22 346.06, wat die
beskuldigde oor 'n tydperk van Maart tot November 2003 van een
van
die werkgewers gesteel het. Die volle bedrag is egter wel later deur
die beskuldigde tot die betrokke werkgewer se krediet
aan die
Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal. Die ander vyf aankfagte
van diefstal handel met 'n totale bedrag van R73 190,96
wat die
beskuldigde oor
r
n
tydperk vanaf Julie 2002 tot Desember 2003 van die ander werkgewer
gesteel het. Ook in hierdie geval het die beskuldigde later
wel die
gemelde bedrag tot krediet van daardie werkgewer aan die
Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal.
Agt
van die aanklagte van bedrog het behels dat die beskuldigde oor die
tydperk 20 September 1999 tot 6 September 2001 vafslik
teenoor een
van haar werkgewers voorgegee het dat sy geregtig was om BTW in
totaal ten bedrae van R354,96 te hef op dienste wat
sy vir die
betrokke werkgewer gelewer het
Die
verdere aanklagte van bedrog handel met n bedrag van ongeveer R133
000 in totaal. Dit behels dat die beskuldigde die BTW-rekeninge
van
haar werkgewers gemanipuleer het en wat tot gevolg gehad het dat
hulle met verkeerde bedrae vir BTW aangeslaan is. Wat hierdie
aanklagte betref, soos ek die posisie verstaan, het die beskuldigde
geen persooolike voordeel getrek in die sin dat die geld
in haar sak
beland het nie en is die Inkomstediens waarskynlik geregtig om die
bedrag wat as gevolg van die bedrog kort betaal
is, van haar
werkgewers te verhaal.
''n
Belangrike
aspek in hierdie aangeleentheid is dat die beskuldigde 'n 39-jarige
ongetroude dame is wat 'n eerste oortreder is.
Twee verslae is voor
die landdros geplaas, een van ft sielkundige en die ander van 'n
korrektiewe beampte, waaruit dit blyk dat
die beskuldigde 'n
ontoereikende persoonlikheid het wat, onder andere, waarskynlik
verband hou met wat met haar gebeur het toe
sy as jong kind deur
twee persone verkrag is. Sy het 'n afhanklike persoonlikheid en sy
het ook in die tydperk wat van hierdie
misdrywe gepleeg is betrokke
geraak met ene Johan wat haar, so se die verslae, beinvloed het en
finansiee! op haar geteer het
en bygedra het daartoe dat sy die
bedrog en diefstal gepleeg het.
Dit
is duidelik uit die landdros se uitspraak dat hy die misdrywe wat
die beskuldigde gepleeg het, in 'n baie ernstige lig gesien
het. Hy
het horn besonder sterk uitgedruk oor die aard en die effek en die
voorkoms van hierdie tipe witboordjiemisdrywe. Die
beskuldigde se
persoonlike omstandighede het horn egter uiteindelik daartoe genoop
om ti vonnis op te le wat me direkte gevangenisstraf
behels nie.
Namens
die Staat het me
Henry
betoog dat hier verskeie mistastings by die landdros was met die
oplegging van vonnis; dat hy onder andere die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde oorbeklemtoon het; dat hy nie
behoorlike aandag gegee het aan die vraag of 'n vonnis ingevolge
artikel 276(1 )(t) van die Strafproseswet of 276(1 )(h) van die
Strafproseswet opgele moet word nie en dat 'n hof van appel die
vonnis as gevolg van hierdie mistastings van nuuts af sal kan
oorweeg. Sy het ook betoog dat die vonnis deur 'n hof van appel
as
skokkend onvanpas bevind kan word.
Die
vraag op hierdie stadium, waar daar aansoek gedoen word vir verlof
om te appelleer deur die Staat, is of daar 'n redelike
vooruitsigte
is dat die apptikant (die Staat) op appel suksesvol sa! wees met die
appel teen die vonnis en dat 'n ander en swaarder
vonnis deur 'n hof
van appel opgele sal word.
Ons
is vanoggend hier volledig toegespreek deur me
Henry
en ook deur mnr
Louwrens
namens die beskuldigde. Ons het die argumente wat in die hoofde van
argument uiteengesit is en wat hier mondelings herhaal en
verder
toegelig is, oorweeg. Na my mening is hierdie
l
n
geval waar die Staat nie aangetoon het dat daar n redelike
vooruitsig op sukses op appel sal wees nie en dat daar Vi redelike
vooruitsig is dat die hof van appel eerstens sal inmeng met die
vonnis en tweedens 'n swaarder vonnis sal ople nie.
Na
my mening moet die aansoek om verlof om te appelleer van die hand
gewys word en moet daar Yi kostebevel gemaak word ingevolge
die
bepalings van artikel 310 A (6) dat die Staat die geheel van die
beskuldigde se koste betaal wat by die bestryding van hierdie
aansoek opgeloop is.
VAN
HEERDEN, WnR
:
Ek stem saam.
VAN
HEERDEN, WnR
LOUW.
R: Dit word so beveel.
LOUW,
R