Botha v S (A300/2007) [2008] ZAWCHC 252 (22 August 2008)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Involvement of suspended sentence — Appellant convicted of multiple counts of fraud and sentenced to five years' imprisonment — State sought to activate a previously suspended sentence of four years' imprisonment — Appellant argued that the activation was improper as the new convictions occurred outside the suspension period — Court held that the activation of the suspended sentence was not permissible as the appellant was not found guilty during the suspension period, leading to the setting aside of the activation order while dismissing the appeal against the original sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 252
|

|

Botha v S (A300/2007) [2008] ZAWCHC 252 (22 August 2008)

Saakno
A300/07
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
In
die saak tussen:
JOSEPH
FREDERICK BOTHA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRA
AK: 22 AUGUSTUS 2008
Griesel
R:
[1]
Die appellant is op 30 September 2005 in die streekhof skuldig bevind
op 33 aanklagte van bedrog sovvel as 13 aanklagte van
ver-valsing.
Die aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en op 14
Desember 2005 is hy gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf
met
inag-neming van die bepalings van art 276(l)(i) van die
Strafproseswet. Verlof om teen sy opgelegde vonnis te appelleer is

later op petisie aan die appellant toegestaan.
[2]
Intussen, op 13 Maart 2006, het die Staat voor 'n tweede land-dros
aansoek gedoen dat
]
n
opgeskorte vonnis van vier jaar gevange­nisstraf, opgele op 8
Julie 1999, teen die appellant in werking gestel word. Sodanige
bevel
tot Inwerkingstelling is wel op 25 April 2006 deur die tweede
landdros toegestaan.
[3]
In sy betoogpunte het die appellant se advokaat weinig aandag aan die
appel teen die opgelegde vonnis gegee en tereg so. Volgens
my oordeel
is daar geen gronde waarop hierdie hof met die opgelegde vonnis kan
inmeng nie. Die advokaat se betoog was eerder toegespits
op die
inwerkingsteUkig van die opgeskorte vonnis. Daardie bevel is egter
nie appelleerbaar nie, maar beide partye was dit eens
dat hierdie hof
wel, ingevolge sy inherente hersieningsbevoegdheid, by magte is om
daarmee in te meng, indien nodig. Beide partye
was dit verder met
mekaar eens dat, in die besondere omstandighede van die huidige saak,
daar wel met die betrokke bevel ingemeng
kan word.
[4]
In hierdie verband toon die appellant se SAP69 dat hy op 8 Julie 1999
te Pretoria weens bedrog gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf,
wat
opgeskort is vir vyf jaar. Die opskortingsvoorwaarde is soos volg
bewoord:
...
OP VOORWAARDE DAT BESK NIE WEER SKULDIG BEVIND WORD AAN BEDROG,
DIEFSTAL OF ENIGE POGING DAARTOE IN DIE TYD VAN DIE OPSKORTING.
[5]
Hieruit blyk dit dat dit die
skuldigbevinding
is
wat binne die op-skortingsperiode moet plaasvind - nie die
pleging
van
die misdaad nie. Of dit inderdaad die oogmerk was wat die eerste
vonnlsoplegger wou bereik, is debatteerbaar. Hoe dit ookal
sy, uit
die feke is dit duidelik dat die appellant meer as 6 jaar na die
vorige vonnisoplegging aan die huidige misdade skuldig
bevind is, dus
nie
*in
die tyd van die opskorting' me. Dit volg hieruit dat die tweede
landdros nie by magte was om die opgeskorte vonnis in werking
te stel
nie. Daardie bevel moet derhalwe tersyde gestel word.
[6]
Ek moet beklemtoon dat hierdie bevel, sowel as die Staat se
toe-gewing daaromtrent, berus op die veronderstelling dat die
bewoording
van die opskortingsvoorwaarde soos uiteengesit in die
SAP69 korrek is. Die Staat was nie in staat om die oorspronklike
hofbevel
waarin die vonnis vervat is te bekom voor die aanhoor van
die huidige appel nie, Dit volg dus dat indien dit later sou blyk dat

die oorspronklike op-skortbgsvoorwaarde inderdaad anders bewoord is,
dit die Staat sal vrystaan, indien aldus geadviseer, om opnuut

aansoek te doen om in­werkingstelling van die betrokke opgeskorte
vonnis,
[7]
Bygevolg word die volgende bevel uitgereik:
1.
Die
appel teen die opgelegde vonnis word van die hand
gewys.
2.
Die bevel gedateer 25 April 2006 onder Saakno 30/29/2002 tot
inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis van vier jaar
gevangenisstraf
word tersyde gestel; met dien verstande dat indien
dit sou blyk dat die betrokke opskortingsvoorwaarde anders bewoord is
as in
die SAP69 uiteengesit, dit die Staat vrystaan, indien aldus
geadviseer, om opnuut aansoek te doen om inwerkingstelling van
sodanige
opgeskorte vonnis.
B
M Griesel
Regter
Goliath
R:
Ek
stem saam.
P
L
Goliath