About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 109
|
|
Theart and Another v Minnaar NO (A99/2008) [2008] ZAWCHC 109 (21 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNR:
A 99/2008
J
T THEART
1ste
Appellant
COPPERSUN
(PTY) LTD
2de
Appellant
v
DEON
MINNAAR N.O.
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP DONDERDAG, 21 AUGUSTUS 2008 CLEAVER R:
[1]
Alhoewel daar nie pertinent na die Hofreel in die respondent se
aansoek verwys is nie, is dit duidelik dat hy kragtens Reel
49(11)
van die Uniforme Hofreels aansoek doen om die uitsetting van die
appellante, hangende die appel.
[2]
Die aansoek is vir 'n bevel dat hangende die appel, die appellante
vergoeding vir hulle okkupasie van die betrokke eiendom
ten bedrae
van R22 000 per maand moet betaal vir solank as wat hulle die
betrokke eiendom okkupeer. Die appellante opponeer nie
die aansoek
nie, maar in stede van R22 000 bied hulle R17 500 per maand aan as
vergoeding vir hulle okkupasie.
[3]
Die bedrag waarvoor die respondente aansoek doen is gebaseer op 'n
waardasie van 'n eiendomsagent wat in Stellenbosch besigheid
doen,
terwyl die bedrag wat die appellante aanbied gestaaf word deur 'n
verklaring van 'n eiendomsagent wat
hoofsaaktik
in Kleinmond besigheid doen. Luidens die waardasie wat deur die
respondent
aangebied word, het die woning
"...
'n prima ligging in een van Stellenbosch se mees gesogte
woonbuurtes, dit is nuut oorgedoen en beskik oor goeie sekuriteit.
Die
waardasie lui verder
Met
in agnome die gemiddelde huur-inkomstes van ander eiendomme in
Mostertsdrift, asook ander eiendomme van dieselfde standard,
groottes ens in ander gesogte woonbuurte, kan ons hierdie geskatte
huur-inkomste bevestig."
Appellante
se agent meld slegs dat hy 'n vergelykende markanaliese gedoen het.
[4]
Die respondent se waardasie is meer aanvaarbaar as gevolg van die
agent se betrokkenheid in Stellenbosch en ook omdat die
appellante
voorheen R112 487 per maand uit hoofde van die opsiekontrak betaal
het.
[5]
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die
uitsettingsbevel wat teen die eerste en tweede appellante deur
hierdie Hof op 7 Augustus 2008 gelas is word opgeskort hangende
die
appel, maar sodanige opskorting is onderhewig daaraan dat die
appellante gesamentlik en afsonderlik 'n bedrag van R22 000
per
maand vooruit betaat as vergoeding vir die okkupasie van die
eiendom te Van der Stelstraat 65, Stellenbosch, die eerste
betaling
voor of op 1 September 2008 gemaak te word en die daaropvolgende
betalings voor of op die eerste dag van elke maand
daarna gemaak te
word.
Indien
enige betaling nie stiptelik plaasvind nie, kan die
uitsettingsbevel (soos vervat in para 3 van hierdie hof se
uitspraak
op 7 Augustus 2008) onverwyld uitgevoer word. Vir hierdie
doeleindes mag die respondent die Griffier van hierdie hof nader
(of die Klerk van die landdroshof, indien nodig, nader), deur
middel van voorlegging van 'n eedsverklaring, vir die uitreiking
van die nodige lasbrief vir uitsetting.
Die
koste van hierdie aansoek sal koste in die appel wees.
R
B CLEAVER
ZONDI,
J
Ek
stem saam
D
H ZONDI